Wie en wat ons isHierdie forum het ontstaan uit ’n verklaring waarin 48 progressiewe Afrikaners hul kommer uitgespreek het oor disinformasie dat Afrikaners slagoffers van ’n beweerde volksmoord is en oor die algemeen in Suid-Afrika te na gekom word. Hierdie doelbewuste disinformasie word misbruik deur die Trump-administrasie in Amerika, wat hoofsaaklik wit Suid-Afrikaners as vlugtelinge verwelkom. Die verklaring stel dit uitdruklik dat sulke disinformasie "nie in ons naam" as Afrikaners versprei word nie. Die aanvanklike verklaring is reeds gesteun deur 1 651 mede-ondertekenaars, of hulle hull