Tema
Teksgrootte
18px

Die Halwe Kring

Digbundel 1937 27 hoofstukke Afrikaans
Hoofstuk 1

OPDRAG

Jy was my jeug, jy het gegee 

ál wat ek ken van vreugde en leed; 

en nou bly van ons volheid nog 

net stiltes wat geen woorde weet. 


Toe moes ek nuwe woorde vind 

vol swaar vermoede, as gebed 

vir een wat driftig nog die jeug 

en skoonheid om te leef, wou red; — 


neem dié vir jou; maar ek wat gaan 

waar hoër, kouer paaie lê, 

wil weinig troos en geen gebed 

en min, maar suiwer woorde hê.


[bl. 1]







📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…