Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 10

OMDAT JY SELF


OMDAT jy self blink is soos staal, 

deursigtig is soos suiwer glas 

in al jou woorde, al jou dink, 

en in jou voete aardevas, 

sodat jy seker, onbewus 

gaan soos die wind en die waterringe - 

daarom buig jy my duistere wil 

tot alle sterk en helder dinge. 


Oktober 1935 


[bl. 15]

*




📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…