Hoofstuk 11
RYLIEDJIE
DIE hoenders kraai, my pad lê ver,
kyk waar staan die môrester;
kom die rooidag uit, dan ry ek,
ry ek deur die koelte ver.
Ait, my vosperd, wegspring!
Kyk die môre lê en wag;
sê dit weer al is dit sag,
liefie, dat ek dit kan hoor
ín my, ín my deur die dag.
Ait, my vosperd, wegspring!
[bl. 16]
*