Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 12

JY WAS 'N KIND


JY was 'n kind, en al die helder wete 

van bloed en maagdelikheid was in jou oë; 

jou liefde was 'n suiwer-afgemete 

deel van jou aardse blydskap, en die hoë 

gang van jou hare en borste teen die wind 

was skugter met 'n ver, oú aardse vrees; 

jy het die weg van alle vreug gevind, 

en waar jy was, moet altyd vreugde wees. 

Daarom is jy (in duistere vermoede), 

soos in die aarde donker waters staan, 

in al my dink, in al my dowwe woede 

teen mens-wees en die lot, in al my waan 

van mooier dinge, en menslike verdriet: 

'n laaste kuil van stilte tussen riet.

-Februarie 1936-


[bl. 17]

*


📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…