O SUIWER HART
O SUIWER hart wat honger was
in al jou lang deurwaakte nagte
na lewe en versadiging
van trane en lag en wilde klagte;
wat so 'n hoë gang wou gaan
en al Gods denke wou deurskou
soos water in jou hand gekelk
en in die witte son gehou;
wat alle vreugde wou besit
en al wat die aarde aan skoonheid het
of sonde of smart, soos silwer vis
vang met die lyf se brose net;
-o bloed wat brand, o trotse hart,
nog roer om jou soos wind die smart,
maar in jou donker en hoë wil
word dit soos in 'n kamer stil
[bl. 18]
nou dat die bitter trots gaan skuil
in deernis, soos 'n klippie sink
deur die grys-wit water van 'n kuil
en bewend daal deur kring ná kring
van altyd sterker skemering t
ot daardie stil en diep bestaan
waaroor die sware waters gaan.
[bl. 19]