Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 13

O SUIWER HART


O SUIWER hart wat honger was 

in al jou lang deurwaakte nagte 

na lewe en versadiging 

van trane en lag en wilde klagte; 

wat so 'n hoë gang wou gaan 

en al Gods denke wou deurskou 

soos water in jou hand gekelk 

en in die witte son gehou; 

wat alle vreugde wou besit 

en al wat die aarde aan skoonheid het 

of sonde of smart, soos silwer vis 

vang met die lyf se brose net; 

-o bloed wat brand, o trotse hart, 

nog roer om jou soos wind die smart, 

maar in jou donker en hoë wil 

word dit soos in 'n kamer stil 


[bl. 18]


nou dat die bitter trots gaan skuil 

in deernis, soos 'n klippie sink 

deur die grys-wit water van 'n kuil 

en bewend daal deur kring ná kring 

van altyd sterker skemering t

ot daardie stil en diep bestaan 

waaroor die sware waters gaan. 


[bl. 19]


📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…