Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 17

AANRAKING VAN DIE DOOD


NET raaklings oor my hare het gestryk 

die wind van Sy vleuelslag, en Sy skaduwee 

was koelte rondom my; ek kon nie kyk 

of Hy vernietiging of lewe gee, 

ek kon geen laaste, dapper woorde vind; 

ek 't net gebuig, en óm my was 'n wand 

van vrees, tot ek kon luister, glad verblind, 

hoe Hy vér weggeruis het oor die land. 

Maar toe die vrees gewaai het van my oë, 

het alles nuut gestaan, van vreemde smart 

deuraar en diep verbind deur alle tyd; 

groot liefde was in my, en mededoë, 

en wete van die duistre in ons hart, 

want alles was deurweek van sterflikheid. 


[bl. 24]



📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…