Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 18

SLUIT TOE JOU HART


SLUIT toe jou hart en laat die hoop daarbuite; 

veel het jy nie- en tog die suiwer wete 

in jou diep oë, in jou bleek en verbete 

mond, verwring soos lig deur natte ruite: 


dat jy geen deel aan hul begeertes het 

en rein van ál hul deug en wysheid staan, 

maar dat jou wit woorde soos veroweraars gaan 

en vir hul bestes word tot harde wet; 


dat jou verskriklike vreugde en al die haat 

en hoon en skoonheid wat jou eensaam hart 

deurwaai, rondom hul, duister en verward 

deur alle jare soos windstote slaat. 


[bl. 25]



📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…