Hoofstuk 2
VOORDAG
O SILWRE vreugde, kom,
uit hierdie silwer dag:
my hart is oop en dorstig
hier waar ek gaan en wag
— 'n skadu en 'n roering
in ligter skaduwees -
in huiwering en verlange,
swaar vir jou koms bevrees,
maar maatloos in begeerte
na jou en na jou mag,
en bang en altyd banger
vir iedere dorre dag.
Maart 1935
[bl.2]