Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 2

I. DIE KOMS VAN RAKA

DIE vroue het hom die eerste gewaar 

in die loom namiddag toe die arbeid klaar 

was aan die stampblok, in die jong-groen landerye

en hulle gedrie, geviere, in dun rye 

met kruik en geel, wind-ligte kalbas 

op heup en skouer deur die stekerige gras 

rustig gestap het na die koel seekoegate 

om daar te drentel tot die bruin en laat 

skemering en die eerste sterre, met klam sand 

en sagter modder om die enkels, in die hand, 

[bl. 1]

om te veel te lag en ure te praat, 

of skugterig soms een-een uit te waad 

deur die taai waterblomme, naak en blink ...

Raka, die aap-mens, hy wat nie kan dink, 

wat swart en donker is, van been en spier 

'n lenige boog, en enkeld dier. 

Oorkant die water het hy uitgestap 

uit die gebreekte riete, en soos 'n kind wat om die grap

van 'n bont kalbassie tandeloos en stil lag, 

wit gegryns en, neergehurk, gewag. 

Die vroue het sku digter by mekaar

gekruip en oor die stil stroom gestaar: 

het hy êrens deur die groot moerasse gekom 

waar die ryk waters vlakker óm en óm 

in vuil skuim maal en onder die son lê en blink 

dagreise breed, en die opdrifsels stink, 

verrottend, in die biesies en warm riet? 

Hy was geen boorling van dié ruim gebied 

[bl. 2] 

van oerwoud en groot groen riviere. 

Maar nou het hy met 'n kabbeling in sy spiere 

opgerys en oor die grys sand 

'n vreemde dans gevoer uit sy land: 

geil van begeerte, van wilde vlug en vang 

en paring en uitskree onder die dwang 

van drifte wat geen naam of doel meer ken; 

en toe, soos 'n naelloper na die wit lint ren, 

die water afgeskiet en weggeraak 

waar die bosse ver-weg blou gange maak…

maar teruggekom terwyl die vroue nog stil 

was van die wonder een het geril 

asof die poele skielik kouer 

was tussen die kanette en oor sy skouer 

'n jong bok gedra waarvan die keel 

vars uitgeskeur was met 'n hand, en die geel 

huid, vol trilling nog, besmeer 

met bloed; dié het hy skuwerig neer 

laat gly op die sand, oorkant die water, 

[bl. 3] 

en vriendelik gelag, met oog en tand 

en rooi tong soos van 'n hond; daarby 

vrugte en neute en soet riet wat hy 

met 'n taai afbeur van die takke gepluk 

het, of mét die bleek wortels uitgeruk; 

maar woorde het hy geen enkele gesê. 

Toe het die vroue die geskenke laat lê 

en deur die skemerte die paadjie na die kraal 

gevat, die kruike op die kop, traag en skraal, 

en langer in die dun skemerlig, 

gewieg op heup en voet, in lenige ewewig; 

maar min gepraat, want elkeen was ontrus 

oor die mooi dier en die vreemde lus 

wat sy diep in haar hart maar sterk voel roer het 

soos 'n kind wat speel en áfloer 

in die oog van 'n droë bron, miskien 

swart water en blink paddas sien... 

sy hart bly ongerus in die son en by die spel, 

deur die vermoede van 'n vreemde land gekwel 

[bl. 4] 

so 't hulle deur die jong aand uit die riet 

opgekom. En dié nag was raaisel en lied 

stil rondom die kole, maar laat 

was die duister nog lewend en luid van die praat. 

Die kinders het sku en wyd-oog gesit 

en wakker nog toe die as wit 

van die laaste stompe val. 

Die ander dag 

toe die blou visvanger stil was na sy jag 

oor die gladde, warm seekoegate, 

en klein geslaap het aan 'n takkie oor die water, 

het die kinders hom gesien Raka, die swart dier: 

nou 't hy oor die sand vir hulle plesier 

gebuitel, soos 'n perd gerol, gegryns, gespring, 

met 'n mank dans gehuppel in 'n kring,  

en skielik in die water weggeplas 

waar hy glad en vinnig soos 'n otter was. 

'n Blink vis het hy uit op die sand gegooi, 

lank soos 'n man se skeen en rooi 

en geel gevlek bo die wit maag; ...

[bl. 5]

maar meer as hul vrees het hy hulle behaag 

met sy mal spronge; hulle het gevlug 

lag-lag die biesies uit, maar lag-lag trug 

gekyk oor hy so snaaks was; en bo in die kraal 

met lag en skrik die ding verhaal. 

Die manne het daarna sy krag bemerk 

aan die tekens van die groot bosse: sy werk 

moes dit gewees het as die swart buffelbul 

wat die bosgange en grasruigtes vul 

met hees snuiwe en bulk, smôrens styf 

in die voetpad gelê het waar die swaar lyf 

in die knieë geknak het; as die krokodil 

hoog op die sand uit gelê het en ril 

soos 'n klein akkedissie wat die kinders met 'n stok 

of die ou spiesvegter, die gensbok. 

geslaan het; of die ou spiesvegter, die gensbok.

oordwars, gebreek, stil tussen die polle was; 

as die vlakvark gelê het in die gras; 

met sy wit lemme, en sy oë soos 'n vis 

se oë styf. Die jagters wis 

wat krag was en hulle het gevrees. 

[bl. 6]

Maar in die rooi nag by die wilde fees 

met bier en bloed en dans en trom 

het elkeen soos vuur aan sy voete voel kom 

die nuwe jag – 

en blind was die oë, wit van die waan, van 'n nuwe krag 

en 'n nuwe dans; en duister woorde 

het opgeskuim in 'n vreemd-verstoorde 

gesang, soos vuil water wat ópwolk 

as die magtige seekoei onder in 'n kolk 

sy donker vaart vat . . . .

Net een was stom 

en het ver buite die digte drom 

en die rooi glans gestaan in die nag : 

Koki, die ratsste op sy voete in die jag, 

die slank speler met die spies, hy wat 

'n jong bul op sy skuins skouers vat 

en wegdra soos 'n hond – hy 't nie gesing 

aan die swart lied wat uit die kring 

in die rook en stof gestyg het, maar gedink 

aan die ou en helder verdriet wat klink 

[bl. 7]

in die vroeër, yler liedere, en vermoed 

dat daar veel kwaad in aantog deur die bloed 

van sy besete mense was. 

Maar nou 

het Raka soos 'n hond pal om die kraal gehou: 

geeneen het bedags die klein voetpaaie 

gevat wat kronkel deur die draaie 

van die blou bosse, of die grasruigtes of palmiet, 

en nie sy swart lyf sien roer in die riet 

of kreupelhout, of êrens soos 'n skildwag gestel – 

maar in die nag as die bosapies skel 

uit die donker klae, het hy om die kraal 

soos die ritseling van klein nagdiere gedwaal; 

as die wit mis uit die water styg 

en in die donkerte gras en blaar en twyg 

langs die klam paaie tot 'n vaalte bind 

wat soos lang drade beweeg met die wind, 

het Raka uit sy lêplek opgekom en gegluur 

na die gloed en die rooi strepe van die vuur 

tussen die pale deur; en dan het hulle gehoor 

[bl. 8] 

ver en verdrietig, in die mis verloor, 

sy huil soos van 'n dier, of skielik ná 

en skerp sy strandjut-lag, dan klae 

en sagte snorke weer, en laat 

as die kole koud was en die rokie slaat 

af grond-toe van die swaar mis en smoor 

die kraal en hutte bitter, het hulle gehoor 

hoe hy hard in die nag aan die dun pale snuif. 

'n Vrou het dan soms onrustig rondgeskuif 

op haar matte, swaar van droom, en uit die stil 

hut skielik helder uitgegil 

van wellus en skrik, en daarna in halwe waak 

geweet dat die groot dier naak 

en rusteloos buite in die donker was.

DIE vroue het hom die eerste gewaar 

in die loom namiddag toe die arbeid klaar 

Was - aan die stampblok, in die jong-groen landerye -, 

en hulle gedrie, geviere, in dun rye 

met kruik en geel, wind-ligte kalbas 

op heup en skouer deur die stekerige gras 

rustig gestap het na die koel seekoegate 

om daar te drentel tot die bruin en laat 

skemering en die eerste sterre, met klam sand 

en sagter modder om die enkels, in die hand, 

[bl. I]

om te veel te lag en ure te praat, 

of skugterig soms een-een uit te waad 

deur die taai waterblomme, naak en blink 

Raka, die aap-mens, hy wat nie kan dink, 

wat swart en donker is, van been en spier 

'n lenige boog, en enkeld dier. 

Oorkant die water het hy uitgestap 

uit die gebreekte riete, en soos 'n kind 

wat om die grap van 'n bont kalbassie tandeloos en stil lag, 

wit gegryns en, neergehurk, gewag. 

Die vroue het sku digter by mekaar g

ekruip en oor die stil stroom gestaar: 

het hy êrens deur die groot moerasse gekom 

waar die ryk waters vlakker óm en óm 

in vuil skuim maal en onder die son lê en blink 

dagreise breed, en die opdrifsels stink, 

verrottend, in die biesies en warm riet? 

Hy was geen boorling van dié ruim gebied 

[bl. 2] 

van oerwoud en groot groen riviere. 

Maar nou het hy met 'n kabbeling in sy spiere 

opgerys en oor die grys sand 

'n vreemde dans gevoer uit sy land: 

geil van begeerte, van wilde vlug en vang 

en paring en uitskree onder die dwang 

van drifte wat geen naam of doel meer ken; 

en toe, soos 'n naelloper na die wit lint ren, 

die water afgeskiet en weggeraak 

waar die bosse ver-weg blou gange maak…. 

maar teruggekom terwyl die vroue nog stil 

was van die wonder - een het geril 

asof die poele skielik kouer 

was tussen die kanette - en oor sy skouer 

'n jong bok gedra waarvan die keel 

vars uitgeskeur was met 'n hand, en die geel 

huid, vol trilling nog, besmeer 

met bloed; dié het hy skuwerig neer 

laat gly op die sand, oorkant die water, 

[bl. 3] 

en vriendelik gelag, met oog en tand 

en rooi tong soos van 'n hond; daarby 

vrugte en neute en soet riet wat hy 

met 'n taai afbeur van die takke gepluk 

het, of mét die bleek wortels uitgeruk; 

maar woorde het hy geen enkele gesê. 

Toe het die vroue die geskenke laat lê 

en deur die skemerte die paadjie na die kraal 

gevat, die kruike op die kop, traag en skraal, 

en langer in die dun skemerlig, 

gewieg op heup en voet, in lenige ewewig; 

maar min gepraat, want elkeen was ontrus 

oor die mooi dier en die vreemde lus 

wat sy diep in haar hart maar sterk voel roer het 

-soos 'n kind wat speel en áfloer 

in die oog van 'n droë bron, miskien 

swart water en blink paddas sien 

sy hart bly ongerus in die son en by die spel, 

deur die vermoede van 'n vreemde land gekwel 

[bl. 4] 

so 't hulle deur die jong aand uit die riet 

pgekom. En dié nag was raaisel en lied 

stil rondom die kole, maar laat 

was die duister nog lewend en luid van die praat. 

Die kinders het sku en wyd-oog gesit 

en wakker nog toe die as wit 

van die laaste stompe val. 

Die ander dag 

toe die blou visvanger stil was na sy jag 

oor die gladde, warm seekoegate, 

en klein geslaap het aan 'n takkie oor die water, 

het die kinders hom gesien - Raka, die swart dier: 

nou 't hy oor die sand vir hulle plesier 

gebuitel, soos 'n perd gerol, gegryns, gespring, 

met 'n mank dans gehuppel in 'n kring, - 

en skielik in die water weggeplas 

waar hy glad en vinnig soos 'n otter was. 

'n Blink vis het hy uit op die sand gegooi, 

lank soos 'n man se skeen en rooi 

en geel gevlek bo die wit maag; . . . .

[bl. 5]

maar meer as hul vrees het hy hulle behaag 

met sy mal spronge; hulle het gevlug 

lag-lag die biesies uit, maar lag-lag trug 

gekyk oor hy so snaaks was; en bo in die kraal 

met lag en skrik die ding verhaal. 

Die manne het daarna sy krag bemerk 

aan die tekens van die groot bosse: sy werk 

moes dit gewees het as die swart buffelbul 

wat die bosgange en grasruigtes vul 

met hees snuiwe en bulk, smôrens styf 

in die voetpad gelê het waar die swaar lyf 

in die knieë geknak het; as die krokodil 

hoog op die sand uit gelê het en ril 

soos 'n klein akkedissie wat die kinders met 'n stok 

of die ou spiesvegter, die gensbok. 

geslaan het; - of die ou spiesvegter, die gensbok.

oordwars, gebreek, stil tussen die polle was; 

- as die vlakvark gelê het in die gras; 

met sy wit lemme, en sy oë soos 'n vis 

se oë styf. Die jagters wis 

wat krag was en hulle het gevrees. 

[bl. 6]

Maar in die rooi nag by die wilde fees 

met bier en bloed en dans en trom 

het elkeen soos vuur aan sy voete voel kom 

die nuwe jag – 

en blind was die oë, wit van die waan, van 'n nuwe krag 

en 'n nuwe dans; en duister woorde 

het opgeskuim in 'n vreemd-verstoorde 

gesang, soos vuil water wat ópwolk 

as die magtige seekoei onder in 'n kolk 

sy donker vaart vat . . . .

Net een was stom 

en het ver buite die digte drom 

en die rooi glans gestaan in die nag : 

Koki, die ratsste op sy voete in die jag, 

die slank speler met die spies, hy wat 

'n jong bul op sy skuins skouers vat 

en wegdra soos 'n hond – hy 't nie gesing 

aan die swart lied wat uit die kring 

in die rook en stof gestyg het, maar gedink 

aan die ou en helder verdriet wat klink 

[bl. 7]

in die vroeër, yler liedere, en vermoed 

dat daar veel kwaad in aantog deur die bloed 

van sy besete mense was. 

Maar nou 

het Raka soos 'n hond pal om die kraal gehou: 

geeneen het bedags die klein voetpaaie 

gevat wat kronkel deur die draaie 

van die blou bosse, of die grasruigtes of palmiet, 

en nie sy swart lyf sien roer in die riet 

of kreupelhout, of êrens soos 'n skildwag gestel – 

maar in die nag as die bosapies skel 

uit die donker klae, het hy om die kraal 

soos die ritseling van klein nagdiere gedwaal; 

as die wit mis uit die water styg 

en in die donkerte gras en blaar en twyg 

langs die klam paaie tot 'n vaalte bind 

wat soos lang drade beweeg met die wind, 

het Raka uit sy lêplek opgekom en gegluur 

na die gloed en die rooi strepe van die vuur 

tussen die pale deur; en dan het hulle gehoor 

[bl. 8] 

ver en verdrietig, in die mis verloor, 

sy huil soos van 'n dier, of skielik ná 

en skerp sy strandjut-lag, dan klae 

en sagte snorke weer, en laat 

as die kole koud was en die rokie slaat 

af grond-toe van die swaar mis en smoor 

die kraal en hutte bitter, het hulle gehoor 

hoe hy hard in die nag aan die dun pale snuif. 

'n Vrou het dan soms onrustig rondgeskuif 

op haar matte, swaar van droom, en uit die stil 

hut skielik helder uitgegil 

van wellus en skrik, en daarna in halwe waak 

geweet dat die groot dier naak 

en rusteloos buite in die donker was.

[bl. 9]

📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…