Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 22

NOG IN MY LAASTE WOORDE


NOG in my laaste woorde sal jy wees, 

nog in die laaste skeemring van my dink 

en weet, as ek alleen in die bitter vrees 

van sterwe lê, en al die mindre sink 

in my deur vaal vergetenheid: veel haat, 

veel liefde wat kon waag om min te vra, 

ure wat rus geken 't, of blote daad, 

en nie die teken van jou onrus dra, 

o jy wat vlam was: skoon en sterk en blind 

vir smart; wat alles tot jou beeltnis brand; 

wat áls kon eis en nooit volkome vind 

versadiging! Dán weet ek het jou hand 

my jeug se oopgelate kring voltooi: 

mooi is die lewe en die dood is mooi. 


[bl. 35]



📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…