NIETZSCHE
JY gaan jou gees bly oor my soos 'n wolk
op hoë berge, met die sing van magtige winde
om die krans. Met ligte en blinde
oë staar ek uit die duister volk
daar waar die ligskuim van jou baan nog waai.
Jy het jou sterreblydskap soos 'n band
en kroon van vlam rondom my kop laat brand
en my trug na die wondere aarde toe laat draai.
Moet op my hoof die las van wete bly?
Net winde en water en die swaar geweld
van daardie gees en roeping roer om my;
maar, is my krans deur stroom en blits geskeur,
luider as oor die leegtes en die veld
fluit die ewige winde van ons wil daardeur.
Februarie 1937
[bl. 38]