Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 24

NIETZSCHE


JY gaan jou gees bly oor my soos 'n wolk 

op hoë berge, met die sing van magtige winde 

om die krans. Met ligte en blinde 

oë staar ek uit die duister volk 

daar waar die ligskuim van jou baan nog waai. 

Jy het jou sterreblydskap soos 'n band 

en kroon van vlam rondom my kop laat brand 

en my trug na die wondere aarde toe laat draai. 

Moet op my hoof die las van wete bly? 

Net winde en water en die swaar geweld 

van daardie gees en roeping roer om my; 

maar, is my krans deur stroom en blits geskeur, 

luider as oor die leegtes en die veld 

fluit die ewige winde van ons wil daardeur. 


Februarie 1937 


[bl. 38]


📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…