Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 3

Hoofstuk III

III


DIE dag na die oorgawe bring hulle Bart en oom

Gawie na Pretoria. Oom Gawie het gehoop dat

hulle hom daar na ’n kort ondersoek sou los, maar

daar was van ondersoek geen sprake nie. Wan die

stasie was dit reguit tronk toe. Daar word hulle

name toe ingeskryf met enkele besonderhede, waar

hulle wapen neergelê het en so meer en daarmee was

dit klaar. Hy het nog probeer duidelik maak dat hy

geen offisier was nie, maar hulle onderbreek sy ver-

duidelikings met te sê dat dit alles dinge was waarmee

hulle niks te doen het nie en dat elke geval later sou

ondersoek word.


Hulle word toe in ’n groot vierkantige sel gebring

waar alreeds ’n stuk of ses ander gevangenes was.

Dit was daar warm en bedompig en algar lê lui op

die plankvloer. Slegs een enkele venster, hoog en

klein laat van die warm omgewing bietjie lug inkom.

    ,,Het julle ook jul bek verbygepraat?”’ vra een van

die manne aan Bart.

    ,,Ja, te veel gepraat en te veel gedoen,” antwoord

Bart. Hy het nie veel lus vir geselskap nie.

    ,,Waaroor is julle gevang?” vra die man weer. Dit

was ’n Duitser.

    ,,Ons is rebelle.”’

    ,,So?” antwoord die man met bewondering. ,,Ek

is nou jammer dat ek ook nie gerebelleer het nie.

Hulle het my gevang oor ek gesê het dat oral waar die

Engelse vlag waai, armoede is. Een van my maats


[bl. 136]


het my gaan verkla; maar so gou ek loskom, gaan

ek hom bydam.”


    Bart draai hom om om te slaap. Hulle het diê mêre

vroeg ingekom en hy was vaak. Nog voor hy slaap,

moes hulle egter na buite. Op die klein binneplein

staan verskeie manne lusteloos rond. Daar was ook

geen saamhorigheid, geen broederskap soos by die

rebelle nie, niks bind hulle tesame nie, behalwe ’n

swak vyandige gevoel teen die regering. Die ruimte

was tussen hoê geboue, en vensters kyk van bo op

hulle af. Bart het op ’n bank gaan sit en sy kop laat

sak. Elke maal half ingedommel, sit hy daar. Die

koelte langs die mure krimp en die hitte neem toe.

    ,,Dis nou die tronk,” dink hy dof. Sy gedagtes

kruip. Hy sien die dinge sonder hulle goed te begryp,

en sonder belangstelling. By ’n oop deur staan party

na binne en kyk asof hulle staan en luister. Hy slenter

daarheen. In ’n klein kamertjie sit manne op die vloer

met hul rd teen die muur en luister na ’n ou plaasboer

wat daar staan en preek. In die bedompige vertrek

vol warm mense staan die man en preek uit die Bybel.

Sy gesig is mooi van erns. Die manne by die deur

sluit die opening byna af. Dit lyk benoud daar binne-

kant. Die spreker se siel is in sy woorde. MHulle

vergeet die hitte en bedompigheid van die kamertiie,

geboei deur die toespraak. ,,Wie is hy?” vra Bart toe

die preek verby is, maar niemand wis dit nie.


    In die namiddag word Bart en oom Gawie deur

twee manne in kakie-uniform na die stasie gebring en

klim hulle in die trein. Daar sit al ’n Engelse offisier

met nog twee ander Engelse, maar toe hulle inkom,

soek die drie dadelik ’n ander kompartement.


    Bart en oom Gawie sit en kyk oor die groen veld

wat, pragtig in die laaste sonstrale, soos ’n land van

vrede en voorspoed by hulle verbydraai.


[bl. 137]


    Toe hulle in Johannesburg afklim, was die son al

’n rukkie onder. Die twee soldate staan en wag. Bart

en oom Gawie vat hul bondels en stap tussen hulle

die stasie uit in die rigting van die fort. Hulle loop

met stil strate en die toenemende skemering bied reeds

’n welkom skuiling, maar tog bly verbygangers telkens

staan om hulle agterna te kyk. Bo by die fort kyk

hulle oor die hele stad wat daar in halwe duisternis

dof-blou en pers, onduidelik in die laagte lê. Alleen

die groot geboue met hul torings, rys duidelik bokant

laer huise uit. Agter die stad lê die groot gryswit

mynhope soos reghoekige koppe, hul westekant nog

goed sigbaar in die flou lig. Die lanterns flikker reeds

duidelik. In die perlemoenblou lug dryf ’n paar swart

wolke. Dit was maar ’n paar oomblikke, toe staan

hulle voor die groot tronkdeur van die fort om binne

te gaan.


    In ’n ondergrondse vertrek, agter ’n hoê tafel, onder-

vra ’n klerk hulle. Hy gee hulle elk ’n paar komberse

en ’n bewaarder bring hulle na hul sel oorkant die

straat, ’n sinkgebou vol slapende manne. Die lug

binnekant was benoud en van agter ’n skerm aan die

ander end kom ’n vuil stank. Stilswyend gooi hulle

hul komberse op die sementvloer oop en gaan lê.

Vae gestaltes lê op hul elmboê na hulle en kyk, maar

niemand praat nie.

    ,,Hier sal ons bars,’’ sê Bart.

    ,,Ja,’ s& oom Gawie.

    ,,Dit stink hier soos in die hel.”

    ,,Ons sal dit netnou minder gewaar,” troos oom

Gawie. ,,Dis ’n tronk vir die Swartes,” voeg hy daarby,

dit sou my nie verbaas as hier luise ook is nie.”


    Die man langsaan hulle begin uitvra. Dit was mense

van Rooi Martiens en al gou was daar ’n groep nuus-

kieriges om hulle gehurk. Hulle praat gedemp.

[bl. 138]


    ,,Julle moes nie van ons weggegaan het nie,” sê een.

    ,,Dit sou geen verskil gemaak het nie,”’ antwoord

Bart.

    ,,Jy kon ons kommandant en generaal Myburg

miskien gewaarsku het.”

    ,,Ek het jul kommandant gewaarsku, maar hy wou

nie hoor nie. Ek is ook gevang, maar ek het in elk

geval my skote onder hulle geskiet.”

    ,,Ja, ons het daarvan gehoor. Wat is die laaste nuus?

Waar is generaal Beyers?”’


    So bly hulle nog ’n tyd gesels tot gemopper van

die ander hulle beweeg om ook weer te gaan lê.


    Bart 16 nog en dink. Hy dink aan Fransina. Die

eerste wat sy sal sê as hulle mekaar weer sien, sal seker

wees: ,,Sien jy, dit het gekom soos ek jou gesê het;

jy wou mos nie na my luister nie.”


    Toe hy die volgende mêre wakker word, was dit al

heeltemal lig. ,,Nou begin ek eers te slaap,” dink hy.

Hy kyk na oom Gawie. Diê slaap ook nog. Party

rebelle was besig om hul komberse op te vou, maar die

meeste van hulle lê nog. Teenoor hom sit ’n ouerige

mannetjie met ’n bril op, op sy bed, sy bolyf kaal.

Met sy smal bors en sy dun arms sien hy daar armlik

uit. Hy sit aandagtig sy onderhempie en deursoek.

    ,,Wat maak Oom?” vra Bart.

Met ’n glimlag kyk hy op. ,,Ek soek luise,”’ sê hy.

Bart skrik. ,,Is hulle hier in?”

    ,,Ja, nie baie nie, maar hulle is op ons. Dis mos

’n tronk waarin ons is. Hier moet jy maar elke

dag vang.—Dit gee jou darem iets om te doen,”

voeg hy daarby.


    Oom Gawie het wakker geword en lê in sy sak-

Bybeltjie en lees. Daar was meer van hulle. Bart het

nie een saamgeneem toe hy van die huis af weggegaan

het nie; die gedagte daaraan het nie by hom opgekom


[bl. 139]


nie, en by Fransina nog minder. ,,Jammer,” dink hy,

    ,,dan sou ek nou iets gehad het om in te lees. Ek sal

oom Gawie s’n maar so nou en dan leen.”


    Toe word die deur oopgemaak en gaan hulle na

buite in ’n lang sanderige, deur sinkmure omringde

binneplein. Al dadelik staan hulle in die middel van

’n digte klomp luisteraars. Dit vermoei hulle om elke

maal weer dieselfde vrae te beantwoord.


    Traag beweeg die gevangenes deurmekaar. Die

meeste van hulle is lusteloos. Daar was niks vir

tydkorting nie, geen boeke, geen spel om te speel nie,

niks nie.


    ’n Ouerige Joodjie, afgesonder van die ander, sit

mismoedig op ’n bank. Dis ’n man wat in die buurt

van Mooiplaats ’n winkel het. Bart ken hom goed.

    ,,Hoe kom jy hier?” vra hy verwonderd.

    ,,Ag, mnr. Nel jou regering maak darem nie goed

nie,” sê die Jood.

    ,,Nee,” sê Bart. ,,Dit weet ek. Ons het die vrotste

regering wat daar in die wêreld bestaan.”

    ,,Dis waar,” sê die Jood. ,,Jy ken oom Danie van

Tonder daar by ons op Mooiplaats?”

yal”

    ,,Hy is mos veldkornet?”

    ,,So?”

    ,,Ja. Nou hy skuld bietjie geld by my. Dit is al

lank. Ek het baie geduld, mnr. Nel; ek sal nie

sommer ’n man moeite aandoen nie. Ek wag; ek

wag; ek praat mooi met oom Danie. Ek sê, oom

Danie, help my nou asseblief; betaal my nou. Al is

dit nie alles nie, betaal my ’n deel. Ek het die geld

nodig; ek moet die mense van wie ek my goed kry,

betaal. Hulle wil nie langer wag nie; betaal my tog

asseblief. Maar hy laat my praat. Hy beloof my hy


[bl. 140]


sal betaal; hy sal betaal as hy sy mielies verkoop

het; hy sal betaal as hy sy koring verkoop het; hy

sal betaal as hy sy wol verkoop het. Maar hy betaal

nie. Toe ek sien hy wil my nie betaal nie, toe laat ek

hom aanskrywe. Wat kon ek doen, mnr. Nel? Jy

weet mos ook wat is besigheid. Dit was ’n week voor-

dat die rebellie ook daar by ons kom. Toe generaal

Myburg daar kom en toe julle kêrels rebelleer, en toe

die hele wêreld in ’n verwarring is, toe kom daar een

middag vier kêrels van die regering by my winkel.

Jy moet saamgaan, sê hulle, die veldkornet wil jou

sien. Wie is jul veldkornet? vraek. Oom Danie van

Tonder, sê hulle. Toe hulle my dit sê, mnr. Nel, toe

weet ek sommer die man gaan ’n vuil spel met my speel.

Wat wil hy maak met my? vra ek. Nee, hulle weet

nie. Goed, ek ry met hulle saam na hul kamp. Oom

Danie was daar. Hy sê vir my dat daar klagtes oor my

ingekom het dat ek die mense ophits en dat ek gesê

het dat die rebelle sal wen. Ek sê, maar mnr. Van

Tonder, hoe kan jy so iets glo? Ek praat mos nie

politiek nie. Ek is ’n besigheidsman; ek probeer ’n

paar sjielings maak, maar ek bemoei my nie met

politiek nie; die mense wat so sê, lieg; hulle wil my

net in ’n moeilikheid bring. Ek kan nie help nie, sê hy;

die klagtes is daar en die saak moet ondersoek word.

Wie is die mense wat so sê? vra ek. Dit kan hy my

nie sê nie, sê hy. Dit sal ek later verneem. Ek sien

toe die man soek om my kwaad aan te doen en ek

bly toe maar stil. Hulle het my daarvandaan na die

trein gevat en daarvandaan sommer meteens na die

tronk, en hier sit ek nou. My familie weet van niks

nie. My vrou sal doodgaan van ongerustheid. Ek

mag ook nie skryf nie. Ag, mnr. Nel, dis darem nie

goed nie soos hulle maak om eerlike mense wat geen

kwaad gedoen het nie, in die tronk te sit.”


[bl. 141] * Bart Nel - 10


    ,,Die slag was die ou Boer vir die Jood te slim,”

lag Bart.

    ,,Nee, mnr. Nel, moenie so sê nie, man, ek: kry

baie swaar.”

    ,,Ja, ek verstaan,” sê Bart. ,,Ek kry jou darem

jammer, want jy het niks met die rebellie te doen nie.

Maar ja, die regeringsmense maak nou net wat hulle

wil.”

    ,,Ag ja,” sug die Jood, ,,hulle maak nou net soos

hulle wil. Hier sit ek en my familie weet nie eers waar

ek is nie. En my besigheid, wat word daarvan?”


    Treurig bly hy daar sit.


    Moeisaam sleep die tyd voort tot hulle om twaalfuur

weer moes ingaan.

    ,,Hoe kry mens die tyd hier om?” vra Bart aan sy

buurman.

    ,,Dit weet jy self nie,” antwoord die man. ,,Maar

dis darem of jy dit na ’n tydjie gewoond word. Jy

doen alles stadiger. Jy dink ook stadiger en sodoende

is ’n uur naderhand nie meer ’n uur nie. Maar die

beste is maar om baie te slaap.”

    ,,Maak dit jou nie baie pap nie?”

    ,,Dit maak jou pap, ja, maar sommer sit maak jou

ook pap.”

    ,,Hier sal ons soos ’n klomp ou ploegskare lê en

verroes,”’ sê Bart.


    Maar reeds na twee dae word hy en oom Gawie

na die fort oorgebring. Daar sit hulle by die offisiere.

Hier is dit beter, hier mag mens ook rook.


    Dit was meeste rebelle uit die Vrystaat.

    ,,Nee, die ding is oor,” sê hulle. ,,Generaal De Wet

het sy mense huis toe gestuur en hy is net met ’n paar

man weg na Duits-Wes. As hy daar sal kom? Die

ou het ook nie regtig geveg nie. Toe sy seun dood-


[bl. 142]


geskiet is, het dit eers gelyk of hy wou, maar dit was

weer gou oor.”


    ’n Ouerige man uit Lichtenburg was daar ook, oom

Koert; diê het altyd vertel van die profeet. ,,Netnou

is die gras in die sate,” sê hy; ,,die ou siener het gesê

dat as die gras in die sate is, sal alles oor wees.”

    ,,Alles is al oor,” dink Bart.


    Hulle was tien in ’n groot sel op ’n lang smal binne-

plein waar hulle die grootste deel van die dag deurbring.


    Vroeg die middag het dit begin reên en teen die

muur gedruk onder ’n oorhangende dakgeut, staan

hulle en luister na die geluid. Hoe lekker sou hulle

nou kan ploeg en hoe mooi sou die mielies groei in

die nat grond. Hulle sien in gedagte hul vee, die rooi

Afrikaners en die swartbont Friese en mowwe, dik-

gevreet, kraal toe kom.

    ,,Dit sal lank duur eer ons Kafferkraal se rante weer

sien,” sug oom Gawie.


    In die mêre en in die agtermiddag gaan die rebelle

uit ’n aangrensende saal altyd verby. Dan hoor hulle

soms in die gouigheid een of ander berig, maar verder

leef hulle daar soos in ’n pot. Soms smokkel een van

die bewaarders ’n koerant by hulle in, maar die nuus

daarin was nie daarna om hulle-op te ruim nie. Jopie

Fourie is doodgeskiet. Generaal De Wet sit in die

fort ’n paar mure van hulle af. Maar Kemp het in

Duits-Wes aangekom. Oom Koert was daar erg

opgewonde oor. ,,Ek het geweet hy gaan deurkom,”

sêhy. ,,Die ou profeet is mos by hom. Hy sien altyd

waar die gevaar is. Hy is my ou buurman. Snaakse

ou man.”


    Bart hou nie van die siener nie. Die man maak

die mense bly met niks; gee elke maal hoop wat

teleurgestel word. Bart was amper nooit opgeruimd

nie. Daar lê hy nou in die tronk en tuis het hy ’n


[bl. 143]


Tipperêrievrou wat seker bly is oor die oorwinning van

die regering. Dit kwel oom Gawie om Bart voort-

durend so swartgallig te sien. Dikwels sien mens hulle

twee heen en weer loop die lang smal binneplein op

en af, lang tye, sonder om een woord te sê.

    ,,Jy het nog nie aan jou vrou geskryf nie?’ vra oom

Gawie eendag nadat hulle daartoe verlof gekry het.

    ,,Nee nog nie.”

    ,,Dryf jy dinge nie te ver nie, Bart?”

    ,,Ek weet nie, maar ek is nou so. As ek eenmaal

’n grief het teen een dan gaan dit nie sommer gou

oor nie.”

    ,,Maar dis jou eie vrou, man.”

    ,,Ja, en ek is haar eie man.—As sy goed is, is ek

ook goed en as sy verkeerd is, is ek ook verkeerd.”


    Oom Gawie sug. ,,Moet nou nie kwaad bly nie,

Bart,” sê hy oorredend, ,,hard teen hard, dit sal nooit

gaan nie. Sy kry ook swaar, weet jy.”

    ,,Ek is ’n man wat moeilik vergewe, oom Gawie,

en veins kan ek nie.”


    Toe hy Malherbe se brief kry, laat hy oom Gawie

dit lees,

    ,,Dink jy dan dis nodig om te verkoop?”’ vra die ou.

    ,,Dit lyk amper die beste.”


    Hy dink aan al die werk wat hy daar gedoen het,

die vangdam, die draadkampe, die nuwe woonhuis,

nuwe lande, die vrugteboord. Daar lê soveel uitge-

voerde planne; en dit het alles so belowend gelyk.

Het hy nog een of twee goeie jare gehad, dan sou hy

die grootste moeilikhede deur gewees het. Nou sal

dit alles gaan. Hy dink daaraan hoe Fransina daar

was; hulle twee dikwels soos ’n paar duiwe op mekaar

verlief. Daar was wel nou en dan onenigheid gewees,

maar die eerste jare tog nooit nie. Later het partykeer

wolke voor die son gekom, want hy het somtyds kwaai


[bl. 144]


buie en sy het ook nie vir hom stilgebly nie, maar dit

was gewoonlik tog weer gou oor. Annekie is daar

gebore. Boetie ook natuurlik, maar veral Annekie.

Wat was hy toe bly gewees. So bly kan mens miskien

maar een maal in sy lewe wees. Dit het alles daar

gebeure. Daar het hy saans met Fransina op die stoep

gesit en luister na die nag. Al daardie liewe dinge

was daar gewees en dit alles lê daar en staan daar,

gegroei soos gras en bome in die grond. Nou moet

dit alles gaan.


    Voor hul peinsende oê vervaag die binneplein en die

aanwesigheid van die tafel met manne gewaar hulle nie

meer nie; voor hul oê is Kafferkraal met sy vrugbare

laagte en die rante wat die vlakte omsluit.

    ,,Sonder Bart is Kafferkraal nie meer Kafferkraal

nie,” dink oom Gawie.


    Bart dink: ,,Laat_ die grond—-maar_.gaan, _ Die

mooiigheid is daar nou tog af. As jy nie meer vir

mekaar omgee nie, dan is van jou huis, en jou grond,

van alles die mooi af.’—Die herinneringe aan die

gelukkige dae wat hy daar deurgebring het, het nou

’n wrang smaak.


    Selfs Annekie is ’n ander Annekie. Nog altyd die

liefste besitting wat hy het, maar tog nie meer alleen

die kind van Fransina van toe nie, maar ook die kind

van Fransina soos sy nou is. Laat die plaas maar gaan.

Dit kan hom nou alles nie meer skeel nie. Hoeveel .

jaar hy nog daar sal moet sit, dit traak hom ook nie.

    ,,Ek is jammer, neef Bart,” sê die ander offisiere

toe hulle hoor dat hy sy plaas moet verkoop.

    ,,Ek slaan ’n goeie slag,” antwoord hy.

    ,,Was dit nog ’n rebel gewees wat jou grond gekoop

het,” sê oom Gawie.


    Toe hulle mense mog ontvang, was oom Gawie se

vrou een van die eerstes wat hom kom besoek. Toe


[bl. 145]


sy vir die tweede keer kom, sê hy: ,,Bart se vrou was

nog nie hier nie.”

    ,,Nee, ons weet.”

    ,,Het sy dan nie plan om ook bietjie te kom nie?”

Ek weet nie.” Tante Katrina aarsel of sy dit sal

sê of nie, maar sy kon dit nie langer vir haarself hou

nie. ,,Ferdinand Basson kuier daar,’’ sê hy.

    ,, Wat?”

    ,,Ja, ek meen nie iets slegs nie, maar tog, hy kom

daar vir sy boerdery sogenaamd en dan sit hy daar by

haar en gesels.—Moet niks vir Bart sê nie, hoor.”

    ,,Ek vrees dit gaan verkeerd,” sug oom Gawie.

    ,,Ek vrees dit self.”

    ,, Bart lyk so mismoedig. Sy plaas is nou al verkoop

en as dit nou ook nog moet gebeur.”

    ,,Miskien is dit niks nie,” sê tante Katrina, ,,maar

tog, mens maak al gou gedagtes.”


* * *


    Dit was weer ’n more in die sel. Dit sou nog wel

’n uur duur voor hulle na buite kon gaan, maar tog

sit hulle reeds almal klaar en wag. Oom Koert vertel

al weer van die profeet. ,,Hy sê hy sien twee kampe

en in die een kamp is ’n klein klompie skape en in

die ander ’n groot klomp, maar dan begin van die

groot klomp elke maal klompies deurkruip na die

ander klomp tot naderhand almal in een kamp is.”

    ,,Dis seker die Sappe wat na ons toe oorkom?”

vra een,

Dit moet seker wees,” sê oom Koert. ,,Maar die

ou gee nooit ’n verklaring nie; hy sê net wat hy sien.”

    ,,As dit maar nie die Boere is wat almal Engelse

word nie,” sê Bart skamper, maar oom Koert gee

geen antwoord nie.

    ,,Nee, neef Bart,” sê hy na ’n rukkie, jy glo nou


[bl. 146]


nie aan die ou profeet se gesigte nie, maar ek sê jou

dis ’n siener en dis die Here wat hom die dinge laat

sien.” 

    ,,Hoekom kom daar dan niks van uit nie?”

    ,,sover het alles nog uitgekom.”

    ,,Dit lyk nie so nie.”

    ,, Wag net. Dit mag nog lank duur, maar ons gaan

wen. Hy sê mos hy sien ’n donker wolk oor die land

trek en dit word al donkerder, maar die wolk trek

verby en dit word weer lig. Vandag is die donker wolk

oor ons.”

    ,,Daardie slag het hy reg gesien,’”’ sê Bart.

Die ander glimlag, maar oom Koert lyk gesteur.

    ,,En het hy nie die groot oorlog van vandag drie

maande vooruit gesien nie? Dit weet ons tog almal.”

    ,,Ja, maar die uitslag, oom Koert. Wat gaan die

uitslag wees? Hy sien ’n blou bul wat ’n rooi bul

stoot dat hy op sy knieê sak. Luister nou vir my,

oom Koert: ek gaan vanmêre ook profeteer. Die

blou bul is Duitsland, nê? En die rooi bul is Engeland.

En die blou bul stoot die rooi bul dat hy op sy knieê

sak. Maar ek sê jou die rooi bul gaan weer opkom

en hy sal sy horings onder in die blou bul se pens

instoot. Dit sê ek; ek Bart Nel. Engeland wen

altyd, fairplay of nie fairplay nie, alleen of met hulp

van ander, maar hy wen; hy kry wat hy wil hê. En

ek glo wel dat die ou buurman van oom gesigte sien

en visioene, maar uitlê kan hy hulle nie en ons lê hulle

self uit en ons lê hulle so uit dat dit goed is vir ons

kant en dis juis alles andersom; dit kom alles presies

anders as ons wil hê. Daarom glo ek nie aan daardie

profeet nie. Hy gee jou vir ’n oomblik moed en jy

gaan groot dinge verwag maar jy kom teleurgesteld uit.

Ek loop nie agter profesieê_nie; ek loop met my_eie

o€ by die lig wat ek het.”


[bl. 147]


    Almal swyg na hierdie uitbarsting, maar toe vertel

oom Koert verder asof Bart niks gesê het nie. ol¥

weet twee dae voor die dood van generaal De la Rey

was ek by oom Niklaas in sy huis en hy sê vir my:

Neef Koert, ek sien ’n treurige ding; ek sien oom

Koos sonder hoed.—Dit meen dood? vra ek vir hom.

Ja, sê hy, dit meen dood.—Twee dae later skiet die

polisie die generaal in Johannesburg dood.”


    Hulle kyk almal na die venster, want hulle hoor

die rebelle uit die ander sel aankom.

    ,,Ja,” peins een na, ,,gesigte sonder ’n goeie uitleg

help nie veel nie.”


* * *


    Dae lank na Bart die brief van Fransina gekry het,

praat hy. nie ’n woord nie; maak asof daar niemand

as net hy in die tronk is nie, en almal laat hom doodstil

staan, oom Gawie net so wel as die ander. Fransina

skryf hom dat Basson haar gevra het om te skei. Asof

sy wou sê: ,,Wat dink jy Bart? Sou dit nie maar

beste wees nie? Ek dink so.” Sy wou skei oor Basson,

haar vryer van vroeêr, haar dit voorstel. Daar is

moord in sy gedagte. Hy sien Basson daar by hom op

Kafferkraal en hy slaan hom die kop in met ’n hamer

of met die handbyltjie. Hy het hom aan sy keel en

verwurg hom. Hy skiet hom met die haelgeweer vol

in sy gesig.


    Hy dink: ,,Jy wil skei, nê? Goed, want jy het tog

nooit regtig van my gehou nie. So gou daar teenspoed

gekom het en moeilike dae was jou liefde vir my op

’n end. Ons pas nie by mekaar nie, ek sien dit. Jy

moet ’n man hê soos Basson, een wat ryk is, een wat

nie rebelleer nie, een wat staan waar dit veilig en

gemaklik is, ’n man wat saf is soos ’n kussing. So

*n man moet jy hê. Vat hom tog. Net jammer dat


[bl. 148]


iy hom nie al twaalf jaar gelede gevat het nie. Of het

jy hom al gevat? Die ding is seker al so ver tussen

julle dat hy jou al het, al weet ons dit nie.”


    As hy sulke woorde mompel, is dit of die duiwel

in hom gevaar het. Dan dink hy dat hy haar ook

wel sou kan vermoor. Soms in die nag word hy week

en swak. Fransina vir wie hy so baie liefgehad het,

dat sy hom nou, nou_hy_platgeslaan is, op sy hart

kom trap., Hy het haar nooit goed geken nie. Sy is

laag, gemeen. So is die mooi vrouens, selfsugtig en

hard. Oom Gawie se vrou, tante Katrina, staan in

alles by haar man. Maria, die lelike, onooglike Maria,

van Pieter, is honderdmaal meer begerenswaardig as

sy. Dat hy so ’n vrou moes trou; iemand wat met

jou getroud kan wees, en lief wees tien, twaalf jaar

lank, by wie jy kinders het en wat op ’n oomblik dat

jy hulpeloos is, jou verraai; luister na die voorstelle

van ’n voormalige vryer; hom nie wegja nie, maar

aanmoedig en oor sy woorde nadink. By haarself sê:

Miskien is dit beter. Ek sal dit aan Bart voorstel.

Laat haar dan maar gaan. Laat sy Basson maar vat.

Ek wil geen vrou hê wat nie met haar hart by my is

nie, wat na ’n ander man verlang as sy langs my sit.

Ek kan alleen wees... Ek kan alleen staan. Alleen sal

ek my pad deur die beroerde wêreld loop.


    Eennag word oom Gawie wakker en merk dat Bart

se bed leeg is. Toe kyk hy rond en sien sy donker

gestalte voor die venster staan, sy hande aan die tralies

en sy kop gebuig op sy arm. Aan sy staan, so vaag-

swart teen die swak lig daarbuite, sien oom Gawie dat

dit van verdriet is dat hy so staan. Moet hy na hom

toe gaan? Dit is of hy hom hoor kreun. Wat sou dit

wees? Bart het diê dag tog geen brief gekry nie. Die

laaste brief wat hy gekry het, is al van byna ’n week

gelede. Soetjies staan hy op en gaan na hom toe.


[bl. 149]


Bart het hom seker hoor kom, want hy los die tralies

en ruk homself reg.

    ,,Wat is dit, Bart?” fluister oom Gawie. ,,Is daar

iets?”

    ,,Ja, oom Gawie, ek voel baie naar. Ek rook te veel,

dink ek. Ek wil my hier in die tronk morsdood rook.”


    Oom Gawie wis nie wat om te sê nie.

    ,,,Dit doen soms goed om met iemand te praat,”

sê hy.

    ,,Ja, Oom, dis waar. Ek is dankbaar dat oom Gawie

gekom het. Ek voel al beter. Hier by die venster is

dit minder bedompig. Ek wil nou bietjie water drink

en dan maar weer gaan lê.”


    Oom Gawie doen nie meer moeite nie en gaan ook

lê. Hy lê lank wakker. ,,Dis oor Fransina,” dink hy.

’n Paar dae later skryf Bart sy antwoord. ,,As jy

wil, skei, my goed.’’ Daarna kom daar stilte in hom.


    Voor hom uit, soos iemand wat ’n lang reguit pad

afkyk, sien hy sy plig. Hom nie laat neerslaan nie,

nie gaan lê en deur verdriet en wraaksug verpletter

word nie, maar regstaan en sy werk van vader doen.

Sy kinders wag vir hom. Vir hulle moet hy leef en

sorg. ’n Man wees, ’n verstandige man, wat ’n tuiste

het waar hulle graag sal wees, wat hulle raad kan gee

en met wie hulle graag sal omgaan. Voor die verlede

moet hy ’n dik gordyn ophang ter wille van Annekie

en ook van-die kleine Boet.


    So het hy skynbaar weer soos eers geword en leef

hy met sy maters die tronklewe mee. 


* * *


Die somer gaan verby en die winter kom, die kort

dae waarin hulle die son soek en die lang nagte waarin

hulle hul in die komberse toevou. Generaal Kemp

het hom oorgegee. Die profeet is in die fort. Daar


[bl. 150]


eet hy geelperskes soos hy eenmaal gesien het in ’n

droomgesig wat hy nie kon verstaan nie. Die manne

van die ander sel word minder en verdwyn met groot

aantalle tegelyk. En eindelik word ook die sake van

die offisiere behandel. Hulle kry een, twee, vyf jaar

tronkstraf en boetes van twee-, driehonderd pond.

Maar die Helpmekaarbeweging was in volle gang en

die boetes en kommandeerskulde word betaal. Hulle

kry ook besoek van dames uit die stad. Diê bring vir

hulle leesstof en vrugte of lekkernye. Hulle kry hout

en gereedskap en saag en skaaf die tyd om. Bart

maak stoele, vir Annekie, vir sy suster Martha en vir

homself. So gaan in die fort in Johannesburg die

tyd verby. Oom Gawie het een jaar gekry en gaan

toe sy tyd om is, weg. Hy laat sy Bybel agter. Daarin

lees Bart meer as vroeêr, want in die Bybel vind ’n rebel

veel troos, meer nog as ander mense.


    Oom Koert hou maar aan vertel van oom Niklaas,

die siener van Lichtenburg, bly vashou aan die oor-

tuiging dat alles nog sal regkom soos die profeet gesien

het.


    Ook hy het ten slotte weggegaan.

Maar eindelik word die ander ook losgelaat.


[bl. 151]


📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…