Hoofstuk IV
IV
DIT was omtrent elfuur in die mêre toe Bart se
trein op Uitdraai stilhou. Op die platform staan
sy suster Martha met haar man, Japie Labuschagne.
Bart soen sy suster, maar groet sy swaer nie baie hartlik
nie, want Labuschagne het stilgesit, alhoewel hy eers
met die rebelle saamgepraat het. Japie voel dat Bart
hom dit nog altyd verwyt en daarom hou hy hom maar
op die agtergrond. Sy vrou het bietjie gehuil toe sy
Bart omhels, maar gesels nou weer opgeruimd. ,,Ek
is so bly dat jy eindelik los is,” sê sy. Met sy rybroek
en kamaste aan lyk hy asof hy nou pas uit die veld
kom.
,,Jy het maer geword, Bart.” Sy let op sy gang wat
’n weinig geboê is, op sy somber gesig. Aan sy slape
begin hy al grys word.
Haar lippe beef en sy kyk weg, vee ongemerk haar
oê weer droog.
’n Motorkar staan en wag.
Het jy dan nou ook al ’n motorkar?” vra hy aan
Japie.
,,Ja, maar dit is die predikant s’n. Hy sal jou
wegbring."
Hulle ry deur die dorp. Bart sit langs die predikant.
Diê gesels amper aanhoudend oor die groei van die
Nasionale Party. Soms vra Martha iets, maar Bart
gee kort antwoorde, sit en kyk na al die bekende plekke
en dinge wat hy sien en na die mense wat hulle verby-
gaan. Verskeie van hulle bly staan.
,,Hulle ken jou nog goed,” sê die predikant.
[bl. 152]
,,Hoekom het jy Annekie nie saamgebring nie?”
vra Bart aan Martha.
Jy sal haar netnou sien,” sê sy.
,,Kom sy ons tegemoet?’’
,,Ja”
Hulle is nou buitekant die dorp. Bart kyk voort-
durend die pad af, want hy verwag Annekie. Toe
kom op die ronding van die eerste bult ’n lang ry
perderuiters uit.
,,Wat is dit?” vra Bart.
,,Dis rebelle daardie,” lag die predikant, en toe hulle
nader kom, hou hy stil. ,,Jy moet uitklim, neef Bart,
dis jou mense wat jou kom verwelkom.”
Bart wag hulle voor die kar in. ’n Floers van
aandoening kom oor sy o€ Voor algar uit jaag
Annekie, haar lang donker hare na agter in die wind.
Hy tel haar van die perd en binne enkele oomblikke
vergeet hy alles.
Die kommando het stilgehou en baie kêrels klim af
om hom te kom groet. Die meeste van hulle was van
sy manne uit die rebellie. Hulle het amper algar
gekom; van Kafferkraal en Welgevonden, van oor die
Witrant en die Kortrant, van anderkant die spoor tot
uit die Bosveld, Pieter en Fransoois en oom Gawie, die
broers Van der Hoven, Magiel, almal. Ook baie
vriende en familie, en sommige wat hy nie eers ken
nie, rebelle van die kommando van Rooi Martiens en
van die kommando van generaal Myburg;_stilsitters
ook en twyfelaars, selfs regeringsmense wat bekeer is;
’n mag van mense, twee-, driehonderd.
Hy kon dit nie help nie, maar die welkom gryp
hom aan; dit het te onverwags gekom; en dan veral
Annekie. Sy oê is rooi. Hy druk Kort Magiel die
hand en glimlag half beskaamd. ,,Dis die tronk,”
sê hy. ,,As mens vir ’n paar jaar lank wit brood en
[bl. 153]
uitgekookte vleis moet eet, word jy naderhand soos
’n ou tante.”
Oom Giel is ook daar maar hy hou hom agteraf.
Wat moet hy vir Bart sê? ,,Ek het Fransina gehelp
soveel as ek kon.” Beter nie nou daardie dinge
aanroer nie. As Bart hom sien, sal sy gedagtes ’n
onaangename wending neem.
,,Nou wil ek perdry, Dominee,” sê Bart.
Annekie ry langs hom; voor hulle, agter hulle, die
kommando. So kom hulle op Buffelsdrift. Wan die
stoep van Japie se huis spreek Bart die mense toe. Hy
het sy kalmte teruggekry en sy woorde kom gemaklik
en sonder stote. Hy bedank hulle. ,,Ons rebelle het
swaar gekry,” sê hy, ,,maar ons moet probeer vergeef.
Ek kan dit self ook nie aldae nie, maar ons moet pro-
beer. Generaal Botha het eenmaal gesê, in die tyd toe
ons nog baie van hom gedink het, ons moet die kwaad
wat die Engelse ons aangedoen het vergeef en vergeet.
Nou manne, ons moet die kwaad wat ons aangedoen
is ook probeer vergeef. Maar nie vergeet nie; wel
vergeef. Die rebellie het ons te veel geleer om dit
sommer weer te vergeet. Dit het ons geleer om nie
te veel op ons voormanne te vertrou nie. Dis ’n fout
van ons volk dat ons te veel opsien na ons voormanne
en ons volg hulle naderhand waar ons nie moes gevolg
het nie. Ons het ook geleer dat ons nie te veel op
mekaar moet vertrou nie, dat baie grootpraters ons
in moeilike tye verlaat. Maar dit het ons ook geleer
dat die gees van vryheid en onafhanklikheid nie dood
is onder ons volk nie.’’
,,Hoor, hoor,” roep hulle. ,,Dat die gevoel van reg
nog leef in ’n deel van ons.”—,,Hoor, hoor,” roep
hulle nog harder.
,,Ons het nie verniet gely nie, manne. Die rebellie
[bl. 154]
was soos wind wat ’n smeulende miskoek laat opvlam
het en die wêreld se gras aan die brand steek.”
Met bleek gesigte staan hulle en luister, hul o€ vas
op sy gesig. Daar staan hy, Bart, hul kommandant,
en praat die taal van hul hart.
,,Daar was in die fort ’n ou oom wat altyd vertel
het van die profeet van Lichtenburg. Eendag het die
ou siener ’n gesig gesien van twee draadkampe. In
die een kamp was ’n klein klompie skape en in die
ander ’n groot klomp; maar toe het van die groot
klomp begin deurkruip na die ander toe tot naderhand
almal in die een kamp was. Ek wou dit daar in die
tronk nie glo nie. Ek het gemeen ons klein klompie
sal ’n klein klompie bly, maar nou dat ek sien en hoor
hoe die Nasionale Party groei, hoe daar meer en meer
van die ander kant na ons oorkom, nou begin ek te
glo dat daardie profesie van die ou siener waarheid gaan
word. Ons sal bymekaar kom, broers. Ons Boere-
nasie sal eendag weer bymekaar staan en ons sal almal
rebelle wees.”
Toe bars die geesdrif los. Hulle skreeu en roep,
nie een wat stilbly nie. Martha daar agter sit en ril
van opwinding. Die predikant wat langs haar staan,
skreeu ook al iets.
Hulle gaan koffie drink en daarna ry hulle in klom-
pies die een na die ander weg.
Annekie sit by haar vader, haar arms om sy nek,
haar wang teen syne. So sit hulle teen mekaar,
swygend.
,,My Annekie,” dink hy. ,,Jou het ek darem nog.”
* * *
Dit was ’n veertien dae later op ’n voormiddag,
tussen tien- en elfuur. Bart sit op die stoep en dink.
Sy manier van doen wys dat hy in ’n ongedurige stem-
[bl. 155]
ming is. Dan staan hy en dan sit hy weer. Hy loop
die stoep af en het nouliks die paar tree van die trappie
afgestap of hy kom al weer terug en gaan weer sit om
na te dink. Martha kom van binne.
,,Jy het nie lus gehad om saam met Japie Uitdraai
toe te ry nie?" vra sy.
,,Nee, ek is moeg vir die plek.—Wat doen Annekie?”
,,Sy help my botter maak.”
,,Sy is handig, nê?”
,,O ja, sy is. Mens kan haar enige ding leer.”
Sy gaan sit. ,,Voel jy al weer uitgerus?”
,,Uitgerus?” lag hy. ,,Ek voel so uitgerus soos ’n
jong, vet perd wat nog nooit in sy lewe gewerk het nie.
Ek weet nie meer wat om met myself aan te vang nie.
As ek nie gou werk kry nie, weet ek nie.”
,,Jy moet maar Japie se voorstel aanneem, Bart.
Dit sal vir ons lekker wees as jy naby ons bly. En ons
plaas is tog eenmaal te groot vir ons alleen. Japie
kan tog nie van hom maak wat hy daarvan behoort
te maak nie. As jy nou die deel wat hy sê, huur, sal
dit vir ons goed wees en vir jou ook, dink ek.”
,,Julle meen dit goed, Martha; julle wil my weer
ophelp, maar ek het daaroor gedink en ek glo nie dat
ek dit moet doen nie. Hierdie omgewing druk my.”
,,Hier by ons?” vra sy verskrik.
,,Nee, natuurlik nie, man; verstaan jy nie. Ek
meen die hele omgewing hier, Uitdraai se omgewing.”
,,O, ek sien.”
,,Ek moet ’n plek hê ’n ent hiervandaan waar dit
weer heeltemal nuut is vir my, waar ek nie aldag
plekke en mense raakloop wat my aan alles herinner
nie.”
,,Ek verstaan,’ sê Martha. ,,Waar wil jy dan
heengaan ?”
,,Ek het gedink aan die Hoêveld. Ek hoor oom
[bl. 156]
,,
Jan Volschenk het grond wat hy wil verhuur. Ek sit
juis daaraan en dink of ek nie maar. na hom toe sal
ry nie en kyk of daardie grond iets vir my kan wees.”
,,Ek is regtig jammer, Bart. Dit sou so aangenaam
gewees het as jy nou hier gebly het; en ek raak al
tegtig geheg aan Annekie.”
,,Het jy haar vandag nodig?”
,,Nee, ek het haar nie nodig nie. Sy help my wel,
maar dis sommer. Hoekom?”
,,Dan wou ek vandag nog ry en Annekie saamneem;
so gou as Japie terug is. Dis te sê as hy my sy kar
en perde wil gee. Dis dan vir Annekie ook weer bietjie
’n verandering. Dan slaap ons vanaand by Vaal
Willem en is ons mêremiddag by oom Jan. Sê dan
maar vir Annekie dat sy gaan aantrek, want Japie kan
enige tyd kom.”
,,Hier kom hy al, lyk my,” sê Martha.
Op die naaste bult, oorkant die rivier, sien hulle
die swart vlekkie van ’n motorkar.
,,Dan span ek maar solank in,” sê Bart, ,,hy sal dit
wel goedvind.”
,,O ja, natuurlik. Ek sal Annekie gou help aantrek."
’n Rukkie later ry hulle.
,,Wat gaan Pappie by daardie oom maak?” vra
Annekie.
,,Ek wil kyk of ek nie by hom grond kan huur nie.
Daarom vat ek jou saam, want jy moet ook jou opinie
gee.”
Sy lag vrolik. ,,Ek het mos nie kennis daarvan
nie, Pappie.”
,,Nee, maar jy kan tog sê of die plek jou geval,
want as hy jou nie geval nie, wil ek hom nie hê nie.”
,,Dan soek Pappie ’n ander plek?”
,,Ja, dan kyk ek weer rond na iets anders.”
[bl. 157] * Bart Nel - 11
,,En as Pappie die plek vat, dan bly net ons twee
daar?”
,,Ja, dan sal jy die huis moet versorg.’’
Sy lag vrolik. ,,Dink Pappie ek sal dit kan doen?”
,,O ja, jy sal. Jy is mos al groot, en slim.”
Annekie raak in gedagte en ’n tyd lank ry hulle
sonder woorde, Dis ’n warm dag, maar met die kar se
tent op, is dit lekker. Toe hulle eers die lang op-
draende oorkant die rivier uit is, draf die perde
gemaklik.
,,Laat my bietjie leisels hou, Pa.”
,,Goed, moet net nie die kar omgooi nie.”
,,Pappie dink ek is nog dom. Ek het al baiemaal
leisels gehou by oom Japie."
,,O, jy het, nê?”
,,Ek het al ’n paar maal die motor bestuur ook.”
,,Mastig, dan ken jy al meer dinge as ek.”
Weer sit hulle ’n ruk sonder iets te sê. Dan gesels
hulle weer. Elke paar uur span hulle uit. Hoe verder
hulle gaan, hoe korter word die bulte en hoe digter en
korter die gras. Geweldige groot mielielande lê oor
die bulte.
,,Hier is net twee dinge,” sê Bart, ,,mielies en skape."
,,Hoekom wil Pa dan so graag hier kom boer?”
,,oommer, jong; mens voel nooit lank tevrede op
een plek nie.”
,,En oom Japie dan, Pa? Hy sê hy is op Buffelsdrift
gebore en hy wil daar ook begrawe wees.”
,,Ja, sulke mense kry jy ook,” sê Bart.
Annekie sit en dink aan haar ma. ,,Hoekom het
Mammie dan vir Pappie weggesmyt?’’ vra sy onver-
wags.
Dit duur ’n paar oomblikke voor Bart antwoord gee.
,,sBasson het haar seker oorrompel,” sê hy.
,,Hoekom skiet Pappie hom nie dood nie?”
[bl. 158]
,,Ja, dit sou mens moet doen. As dit jou sou toe-
gelaat wees, sou die wêreld baie beter wees.”
,,Sal Mammie nie weer by Pappie kom woon nie?”
,,Nee, Annekie, ek glo nie.—Verlang jy na jou
mammie?”
,,Ja, Pappie. Maar ek bly liewer by Pappie,” voeg
sy daarby.
’n Ruk lank ry hulle weer sonder om te gesels. ’n
Diep swye omhul die twee. Annekie kry naderhand
vaak.
,,Rus nou bietjie teen my aan, dan slaap jy bietjie.
So. Trek jou bene op die kussing.”
Die son staan halfpad op sy hoogste. Oor ’n uur
kan hulle by Vaal Willem wees. Annekie se kop lê
op sy been. Hy hou sy voet teen die voorplank
sodat sy gemaklik lê. Nou en dan kyk hy na die
slapende kind. Hy sug diep, byna van welbehae. Hy
gaan ’n nuwe toekoms tegemoet. ’n Lewe met Annekie
by hom om vir hom te sorg. Dis of ’n tyd van rus vir
hom gaan aanbreek. Hy gaan hard werk om weer
’n boerdery op te bou. Annekie is nog klein. As
alles goed gaan, kan sy nog baie jare by hom bly.
Verder kyk hy nie. Die son sak laer. Die wolke
wat eers wou saampak, dryf weer uitmekaar. Opge-
stapelde ronde hope, wit en goud. Die groen veld
blink. Annekie slaap. LEgalig draf die twee perde.
Stil sit Bart die wêreld en beskou.
* * *
Dit is nou al ’n jaar dat Ferdinand Basson en
Fransina getroud is. Dis somer, nog vroeg in die
mêre, maar altwee is al op en doenig. Basson moet
weer vir besigheid van die huis af en werk buitekant
aan sy kar en Fransina haas haar met die klaarmaak
van die ontbyt. Die twee kinders is nog in bed, Boetie,
[bl. 159]
nou amper vyf jaar en Ousus, Basson se dogtertjie,
’n meisie van ses. Fransina loer in hul kamer. Hulle
is altwee nog aan die slaap. Dit sou jammer wees om
hulle al wakker te maak, dink sy. Sy gaan na die
voorstoep en staan en kyk na haar man wat die wiele
se bande oppomp.
,,Kan ek die kos al op tafel laat bring, Ferdinand?”
vra sy.
,,Ja goed, ek kom nou.”
Sy gaan weer na binne en dra saam met die bediende
die kos op die tafel. Sy sien daar amper nog net so uit as
drie jaar gelede, lyk heelwat jonger as wat sy is; haar
bewegings rustig, vlug en seker. Alles wat sy doen,
gaan asof dit haar geen moeite of oorleg kos nie. Toe
sy klaar het, sit sy en wag, haar o€ dwalend oor die
dinge op die tafel. Sy neem ’n servet en waai daarmee
om die vlieê van die kos af weg te hou. Soos sy daar
sit, lyk sy kalm en tevrede.
Toe Basson klaar het, was hy sy hande in die water-
voor en kom na binne. Hy het ouer geword; sy
skouers hang bietjie vorentoe en hy lyk kleiner. Wel
is sy gesig nog blosend en glad, maar sy mooi blou
oê agter sy bril het van hul helderheid verloor. Met
haastige stappe loop hy met die gang deur na die eet-
kamer.
,,Jammer om jou te laat wag, Fransina,” sê hy.
,,Ek is glad nie haastig nie,” antwoord sy, ,,dis nog
baie vroeg.”
Hulle eet. Hy sit effens sy hand op hare en sy
glimlag hom toe.
,,Sal jy vroeg terug wees?” vra sy.
,,Ek kan nie sê nie, my hart. In besigheid weet
jy nooit of dit lank sal neem of kort nie. Moontlik
sal ek nie eers vannag terugkom nie.”
Sy gee geen antwoord nie. lyk ewe tevrede.
[bl. 160]
,,Ek sal darem probeer om gou te maak.”
Sy knik.
Hy sien dat dit haar nie veel kan skeel of hy van-
aand kom of mêre nie. Onder die praat oor die
rit wat hy gaan doen en oor sy besigheid in verband
daarmee, eet hulle hul ontbyt. Die venster staan oop
en mens kyk daardeur op die klein blomtuin agter die
huis.
Toe hy klaar geêet het, loer hy in die kamer van
die kinders.
,,Ek is jammer om hulle wakker te maak,” sê hy.
Hy soen haar.
,,Moenie vir my wakker bly nie, skat.”
,,Nee.”
Sy gaan saam met hom tot op die stoep en waai
terug toe hy wegry.
Sy gaan weer na binne. Dis ’n flinke huis, na die
Driejarige-oorlog deur Ferdinand se pa deur ’n vakman
laat bou. Dit kyk uit na die ooste oor ’n wye vergesig
van lae bulte. Skuinsregs is die krale, die beeskraal,
die skaapkraal; ’n gerieflik aangelegde plaas en goed
bewerk. Na ’n rukkie gaan sy na die slaapkamer van
die kinders om hulle wakker te maak. Sy skud Ousus
lag-lag heen en weer en soen haar toe sy wakker is.
,Jou laatslaper,” sê sy vriendelik, ,,kom staan op en
trek jou aan, dan mag jy vir my help koek bak.” Toe
neem sy Boetie uit sy bedjie en soen sy slaperige
gesig. ;
,,O, kyk hoe gaap hy.” Sy steek haar vinger in sy
mond en trek dit gou terug. ,,Ampertjies het jy my
gebyt.”” Die kind lag en word wakkerder.
,,Kom, laat ek jou nou gou was, dan kan jy lekker
buitekant speel."
Toe die kinders gewas is en klaar geêet het, gaan sy
die kamers deur. Sy pluk blomme vir die sitkamer.
[bl. 161]
Sy kyk of die swartes hul werk gedoen het en gaan dan
koek bak. Aan Ferdinand dink sy nie. Aan Bart dink
sy ook nie. Sy weet dat hy los is en dat hulle hom met
’n groot kommando ontmoet het, maar sy dink liewer
nie aan hom nie. Dit wek onaangename herinneringe
op. Sy verlang nie om hom weer terug te sien nie. Hoe
minder sy van hom hoor, hoe beter. Dit is nou een-
maal verby en sy is nou Ferdinand se vrou. Ferdinand
is goed vir haar. Dit sou nie mooi wees om sy goedheid
te geniet en onderwy] aan haar eerste man te dink nie.
Annekie is by Martha Labuschagne. Sy gaan af en
toe soontoe om haar te sien, maar Annekie vra dan
altyd na haar pappie, begin elke maal weer oor hom
gesels solank as sy daar is. Dit is nie aangenaam nie.
Daarom gaan sy maar nie baie nie. Annekie was ook
al ’n paar keer by haar op Bassons Rust, maar dan
is dit dieselfde ding; telkens begin sy weer oor haar
pa. Vra en van vroeêr vertel. Vir Ferdinand sowel
as vir haar is dit so pynlik dat sy haar maar selde meer
laat kom. As jy ’n nuwe lewe begin, moet jy probeer
die vorige lewe vergeet. Sy verlang nie na Bart terug
nie. Hy het haar van hom af weggestoot en haar trots
is diep gekrenk. Dis ’n man wat haar nooit regtig
liefgehad het nie. Hy kan miskien nie regtig baie van
iemand hou nie. Sommige mense is so. Dit bly opper-
vlakkig. Hul eie persoon, hul eie wense kom altyd
eerste en as jy daarmee in botsing kom, hou hul liefde
op om te bestaan. Sy moet Bart vergeet, nie aan hom
dink nie, tot die tyd die verlede toegegroei het soos
gras en bossies ’n ou pad toegroei. Boetie lyk gelukkig
by haar. Annekie laat haar altyd aan Bart dink, haar
donker oê, haar donker hare, haar bruinerige vel.
Sy bak koek en Ousus help haar. ’n Liewe meisie,
Ousus, so wit, met sulke gesonde rooi wangetjies en
[bl. 162]
sulke pragtige blou o€. ’n Sagte, liewe, gehoorsame
kind. Sy hou al baie van Ousus.
* * *
Basson in sy kar sit en dink aan Fransina. Hy is
nie_gelukkig met haar nie. Hy gevoel teenoor haat
soos ’n hond wat nie genoeg kos kry nie en altyd deur
lê en vra. Sy is goed,sy—is_vriendelik, hartlik byna,
maar tog_ontbreek daar iets. Sy sorg vir sy huis en
is goed vir sy kind, skyn opgeruimd te wees en tevrede
en is dankbaar bly as hy haar een of ander verrassing
bring. Sy bespreek met hom sy sake en sy sorge en
leef met hom saam. Maar sy is nie verlief nie. As hy
by haar gaan sit, sy arm om haar skouers, vind sy dit
goed, en as hy haar soms op sy skoot trek, bly sy daar
sit, maar_tog bly sy op ’n_ n_afstand. Aleyd is sy, hoe
kan mens nie sê nie, maar altyd is sy ’n entjie van hom
af.
Nou, vanmêre ook weer. Of hy nou vanaand by
die huis kom of mêreaand, dit is vir haar amper die-
selfde. Sou sy by Bart ook so gewees het? So ’n
mooi vrou altyd by jou en van wie jy so magtig veel
hou en wat tog altyd ’n ent van jou af is, dit is ’n
kwelling wat ’n mens afmat. Altyd verlang, altyd half
teleurgesteld wees. Sy is joune-en-sy-is.tog nie heelte-
mal joune nie. Sou sy altyd so gewees het? Sou sy by
“Bart ook so gewees het? Aan hom dink sy nie veel
meer nie. Verlang in elk geval nie na hom terug nie.
Dan sou sy anders wees. Dan sou daar dae wees dat
sy hom nie kon verdra nie, en onaangename dinge sou
sê. Nee, hy het nie nodig om op Bart jaloers te wees
nie. Bart is nie in haar gedagte nie.
,,Sy is-seker-maar-so~’n-koel_mens," dink hy.
Dit was ’n hele ent wat hy moes ry. Daar was
êrens ’n verkoping waar hy hoop om ’n span osse
[bl. 163]
goedkoop in die hande te kry. Miskien was daar meer
wat hy kon gebruik. Hy sou maar nie haastig wees
nie. Dit kon geen kwaad doen as hy vir ’n keer bietjie
lank van die huis af weg is nie. Hy moes liewers nog
meer weg wees. Miskien sou sy dan bly wees as hy
kom.
,,Party vrouens is so,” dink hy. ,,Dis vir hulle
lekker om ’n tydjie alleen te wees tot hulle begin
verlang,”
Die verkoping het langsamer gegaan as wat hy ver-
wag het, en dit was laat voor hy sy sake gereêl het.
Hy het die osse gekoop en reêlings getref om hulle
op sy plaas te kry, maar toe was die son ook al byna
onder. Vlak by woon familie van hom wat hom seker
weer gtaag sou sien. Die hele dag het hy homself
voorgeneem om daar te gaan slaap, maar toe hy met
sy besigheid klaar was en hy wegry, toe, in plaas van
die pad te vat na daardie familie, hou hy reguit.
,,Miskien sit sy vir my en wag,” dink hy.
Dit was amper sewe-uur toe hy daar wegry en dit
sou hom minstens twee uur neem. ,,Kom, ek jaag,"
dink hy. ,,Nege-uur moet ek daar wees.”
Terwyl hy tog goed oplet, gaan sy gedagtes oor
ander dinge. Bart was weer los. Sou dit iets aan
Fransina doen? Sou sy, as sy hom weer sou sien,
aan hom gaan dink? Mens kan nooit weet nie. Hoe
sal hy self maak as hy vir Bart ontmoet? Die een of
ander dag sal dit tog gebeur. Wel, dit sal afhang van
Bart se houding. Hy het niks teen hom nie. Hy wens
hom alles wat goed is. Maar Bart is ’n ander soort
man. Die beste was om soveel moontlik uit sy pad te
bly.
Hy ken die pad en dis goed. Elke maal is daar ’n
haas wat verbouereerd deur die kar se ligte, bang
gaan sit. ,,Kyk daar, Baas,” sê die skepsel wat by
[bl. 164]
hom is dan in die hoop dat hy sal stilhou. Maar hy
doen dit nie. Sy haelgeweer is in die kar, maar hy
gun hom nie die tyd om die haas te skiet nie.
,,Binne twee uur kan ek dit afry,’’ dink hy. ,,Nege-
uur kan ek daar wees. Altemit sit Fransina vir my
en wag.”
Dit was ewenwel tog byna halftien toe hy op
Bassons Rust aankom. Die huis was donker.
yy Slaap al,” dink hy.
Toe die hond blaf en sy kar voor die huis kom,
maak Fransina oop. ,,O, jy het darem gekom,” sê sy.
,,Dis gaaf. Ek het al geslaap.”
,,Jy het tog nie vir my gewag nie?”
,,Nee, want jy het mos gesê dat ek nie moes opbly
nie. Ek het vroeg gaan slaap. Ek het nie lus gevoel
om te lees nie, en ek was moeg.”
,,Nee, dis ook reg, Fransina. Ek was nie seker of
ek kon terug wees nie.”
Hy ry sy kar in die motorhuis en toe hy terugkom,
staan sy en wag.
Sal ek gou vir jou bietjie tee maak?” vra sy. ,, Wil
jy nie nog iets eet nie?”
,,Nee, dankie, gaan maar weer lê. Ek sal bietjie
wyn drink, ek is moeg.”
Sy gaan weer lê en in die spens skink hy bietjie
wyn vir hom in. ,,Jammer dat ek tog maar nie na
swaer Jan toe gery het nie,” dink hy.
* * *
Toe Basson en Fransina een WVrydagmiddag na
Uitdraai ry, kom hulle, net toe hulle ’n hoek omgaan,
Bart verby. Met sy rybroek en kamaste aan, sien hy
daar amper net so uit as die dag toe hy van Kafferkraal
weggery het. Een oomblik het hy opgekyk, maar toe
dadelik weer sy o€ vorentoe gedraai. Hy loop met
[bl. 165]
sy gewone lang pas. Sy gesig is maerder en somberder
en hy is ook nie meer so regop nie. Basson skrik
effens en loer in die spieêltjie na Fransina. Sy het
bleek geword en kyk strak na Bart, draai haar kop om _
hom nog agterna te kyk. ’n Straat verder toe hulle
uitklim, dink hy: ,,Dit was darem ’n skok vir haar
gewees, lyk dit my.”
Op die pad huis toe gee sy op sy vrae en vertelle
slegs kort en verstrooide antwoorde en meestal sit sy
ingedagte. Sy sien aldeur Bart soos hy daar geloop
het, ouer, so somber. Meteens het sy hom verstaan;
sy verdriet so trots gedra, sy leed oor haar. Sy het ook
ander rebelle gesien wat lank in die tronk was, maar
hulle het nie die swaarmoedigheid van Bart gehad nie,
hulle was vrolik, en hoogmoedig op hul ervaringe.
Toe hulle die hoek omgegaan-het-en Bart-daar-aankom,
toe het sy hom meteens gesien-as~’n-man- wat veel
moeilike en gevaarlike paaie alleen geloop het en wat
verdriet het, verdriet oor haar. Sy het dit meteens
gesien asof hy self haar dit met woorde gesê het. Sy
wou sommer uitklim na hom toe.
,,O, ek kry hom so jammer,” dink sy.
Die volgende dae was sy stil en treurig en afgetrokke.
en mens kon soms sien dat sy gehuil het. Basson
maak asof hy dit nie opmerk nie, en gaan baie weg.
Dis maklik om elke maal ’n verskoning te vind.
,,Daar is twee ramme van my weg,” sê hy die tweede
dag. ,,Ek moet hulle gaan soek.”
Hy wis al dat die ramme by sy buurman was en
dat hy net maar ’n jong hoef te stuur om hulle te laat
haal, maar hy wou van die huis af weg wees. ,,Moont-
lik kom ek eers in die agtermiddag terug,’’ sê hy.
Dit was nog vroeg en na ’n nag van reên waai daar
.’n koel wind. Die gras begin al lank word en staan
plekke al in die saad. In die laagtes en hier en daar
[bl. 166]
op die skuinstes is mielielande, die mielies nog jonk
maar sterk en donkergroen en veelbelowend. Na al
die kante rys en daal die veld na die blou einders,
behalwe in die noorde waar die Witrant steil opstaan.
Van bo die eerste ronding af sien hy al die huis van sy
buurman, maar in plaas van daarheen te ry, hou hy
regs, ’n laagte in na waar ’n riviertjie onder ’n klip-
rantjie verbygaan. Op daardie punt was ’n hoê
rotswal van waar mens in die donker water van ’n
klein seekoeigat kyk. Daar het hy soms gaan sit
as hy rustig wou dink. Onder die wal, vlak by die
water, gaan hy sit.
,,Die beste is om haar nou ’n tydjie aan haarself
oor te laat,” dink hy. ,,Hulle sê as jy bid wil jy alleen
wees en as jy vloek wil jy maats hê. Daar is tye dat
mens alleen sy saligheid moet uitwerk. Hierdie ding
moet sy alleen uitveg. Ek moet my nie daarin moei
nie.”
Hy neem ’n sigaret en sit stil en rook, sy o€ gerig
op die water voor hom, na die gewemel van al die
klein waterdiertjies wat mens in so ’n stil gat water
sien; groepe ronde, swart, glansende diertjies wat daar
oor die water sirkel; klein dinge soos muskiete wat
soos skaatsryers oor die oppervlak gly; vissies wat
verbyskiet. Met sy o€ daarop staan sy gedagtes ’n
tyd lank botstil.
,,Nou kan daar drie dinge gebeur," dink hy na ’n
tuk. ,,Die ding kan oorgaan en sy sal weer word soos
sy was, nie meer aan Bart dink nie. Of sy kan na
hom teruggaan en hy sal haar weer vat! Of sy kan
na hom terug wil gaan en hy sal haar nie weer wil hê
nie. As die eerste gebeur, is dit goed, dan het ek die
saak gewen. As die tweede gebeur, is dit ook goed,
dan het ek verloor, maar dan gee ek nie om nie. As
sy nog altyd meer van hom hou as van my, laat haar
[bl. 167]
dan maar gaan. ’n Vrou wat by my is en aan ’n
ander dink, wil ek nie hê nie. Maar as die derde
gebeur, sal dit ’n bars gaan; dan sal dit ’n beroerde
lewe word.”
Hy sit daar weer ’n ruk en kyk en hy dink: ,,’n
Dier leef darem lekkerder as ’n mens. Soos die vissies
daar nou. Hulle het nie bande wat die een aan die
ander bind nie; hulle het geen gevoel vir mekaar nie;
elkeen dink net aan homself. As hulle doodraak, as
hulle opgevreet word of as die water opdroog, dan is
dit klaar met hulle, maar solank as die lewe duur, is
hulle gelukkig. Amper is ek spyt dat ek haar getrou
het,” dink hy. ,,Regtig, ’n sukses is dit tog nie. ’n
Mens verwag van diê dinge veel meer as wat dit jou
gee. Ek is ook nie die regte man vir haar nie. Sy
pas, lyk my, amper beter by Bart. ’n Vrou soos sy,
hou, dink ek, meer van ’n drifkop en van ’n man wat
vir geen duiwel padgee nie; nie ’n goedsak soos ek
nie. Ek is nog altyd so verlief op haar dat ek kan
huil, maar as ek eerlik moet wees, het ek met my eerste
vrou nog gelukkiger geleef as met haar. Bowendien
het ek my nog stink gemaak by baie mense.—Nou ja,
mens maak foute.—En tog, as ek dit weer moes doen,
sou ek dit miskien weer waag. Ek het haar darem
gehad.”
Hy klim die wal uit en kyk waar sy perd is; diê
loop nog altyd en vreet. Hy stap daarheen en klim
op. Langsaam ry hy na sy buurman. Van daar ry
hy verder na ’n ander plaas. Eers laat in die middag
kom hy by sy huis.
,,Die ramme het ek darem gekry,’’ sê hy vir Fransina.
,,Ja,” sê sy.
Na ’n tydjie sê sy: ,,Ferdinand, kan jy my nie
bietjie na Koffiefontein bring dat ek ’n paar dae by
[bl. 168]
Mea-hulle kuier nie? Ek verlang om hulle weer bietjie
te sien.”
,,Met plesier,” sê hy.
Die volgende dag ry hulle daarheen. Boetie was
by haar, maar Ousus het sy op Bassons Rust agter
laat bly. Sy gesels nogal, maar heeltemal van harte
gaan dit tog nie. Basson is ook stiller as gewoonlik.
Hy kom nie graag by haar ouers nie. Hulle ontvang
hom almelewe koel en hy bly daar altyd so kort moont-
lik. Nog maar twee- of driemaal was hy daar gewees om
Fransina daarheen te bring. Dan gaan hy dadelik
terug en kom haar later weer haal. Oom Kasper het
’n onverhole teensin in hom. Dat hy sy dogter
verlei het om van haar wettige man te skei, kon hy
hom nie vergeef nie. Al sou hy vroeêr graag gesien
het dat Fransina hom geneem het in plaas van Bart,
so was hy nou tog erg teen hul huwelik gewees. Die
ding was ’n diep vernedering vir hom. ’n Dogter te
hê wat van haar man geskei is, was vir hom ’n groot
skande. So iets gebeur ook nie veel onder die plaas-
boere nie. Fransina was altyd sy liefste kind. Sy lyk
ook heeltemal na hom, alleen was hy nogal kort, maar
sy het sy oê en hare en sy blank kleur. Nou het sy
dit gedoen. Haar eie man verlaat om ’n ander een
te neem. lLaag en gemeen. Nog laer omdat sy dit
gedoen het toe haar man haar die meeste nodig gehad
het, toe hy arm was en in die tronk. Hy hou nog altyd
net soveel van haar as voorheen, maar op ’n ander
manier. Hy dink nie meer met trots aan haar nie,
alleen met verdriet. Maar tog bly sy sy liefste kind,
al het sy skande oor sy huis gebring en hom in een
jaar meer verdriet berokken as al die ander dinge
gedurende sy hele lewe tesame. Maar Ferdinand
Basson was die hoofskuldige. Op ’n oomblik toe sy
moedeloos was en verbitterd het hy haar kom ompraat.
[bl. 169]
Hy kon die vent nie sien nie. Dit kos hom moeite
om een beleefde woord teen hom te spreek. Dit sien
Ferdinand en as hy daar kom, omdat hy nie bra anders
kan nie, praat hy by die binnekom al van weggaan.
Haar ma is vriendeliker. Maar hy vermoed dat sy
hom tog ook liewers sien vertrek as kom. ’n Vrou-
mens kan so goed veins; vriendelik weer ter wille van
die vrede; sy kan ook beter berus in die onvermyde-
like.
Aan die twee skoonouers van hom sit hy en dink.
,, Wil jy nie bietjie bestuur nie?” vra hy aan Fransina.
,,Nee, ry jy maar.”
,, Wat wil sy by haar ouers gaan maak?” dink hy
weer. ,,Sou sy net van my wil weg wees, of sou sy
wil tyd hê om rustig te dink ?—Of sou sy planne maak
om Bart te gaan sien?”
Die gedagte voel hy tog soos ’n steek. ,,Man, sou
sy dit wil doen? Dan kan sy maar loop ook.”
Sy trots kom in opstand. Oor die moontlikheid
daarvan het hy kon redeneer, maar noudat dit soos
’n werklikheid voor hom staan, kwets dit hom diep.
Dit maak hom vir ’n oomblik hard en wreed.
,,Dan hoop ek dat hy haar terugvat en dat hy haar
hel gee,’ dink hy.
Hy ry lank sonder om ’n woord te sê en sy kyk
verwonderd na sy gesig. Dat daar iets is wat hom
hinder, kan sy wel sien. Seker sit hy aan Bart en dink.
Maar dit laat haar koud.
* * *
Oom Kasper van Tonder van Koffiefontein was een
van die grootste mielieboere en skaapboere in sy
omgewing. Hy woon op die Hoêveld waar die grond
vrugbaar is, waar die gras dig aanmekaar staan soos
’n kombers en waar die veld glad is en sonder klippe.
[bl. 170]
Daar lê die bulte soos groot miershope teenmekaar met
diep, smal laagtes tussenin. Daar lê die werwe nie
in die spruite nie, soos in die ranteveld, maar hulle
1€ hoog bo-op die droê bulte. Ver lê die mielielande
uitgestrek van die een plaas na die ander, liggroen of
blougroen in die somer of dor en geel in die winter.
Daar woon oom Kasper, die vader van Fransina, die
knapste boer in sy omgewing. Van boerdery wis hy
alles af en hy kon iemand altyd goeie raad gee. Hy
het indertyd Bart ook wil raai en die wou daar niks
van hoor nie. Daarom het hy uit die Hoêveld wegge-
trek en het op Kafferkraal gaan woon, ver genoeg van sy
skoonouers om ongehinderd te kan boer soos hy self
wou, en nie te ver om daarheen te gaan nie as Fransina
na die huis verlang het.
In die rebellie het oom Kasper by die regering
gestaan. Hulle was in die Vrystaat ook ’n paar maal
aanmekaar gewees, maar by sulke geleenthede het hy
gesorg om mis te skiet. Nou in die laaste tyd hel hy
oor na die Nasionale Party.
Sy huis staan halfpad teen die skuinste van ’n kop,
’n groot, goeie huis, gebou van geweldige groot, gesaag-
de sandklippe, uit ’n steengroef op sy grond. Dit kyk
uit op ’n groot pan, ’n ronde water. Hier boer tante
Johanna met eende en ganse en maak daar heelwat
geld mee. Oom Kasper het dit nie nodig nie; sy
mielies en sy ertappels en sy wol bring hom veel in.
So was hy ’n ryk man, een van die rykste boere in sy
omgewing.
Hy het kort na die rebellie al ’n vermoede gekry
dat dit met Bart se geldsake nie te goed staan nie, en
graag sou hy gehelp het, maar Bart nog Fransina het
hom iets daarvan gesê. As sy net maar met ’n enkele
woord daarop sou gesinspeel het, sou hy dadelik hulp
aangebied het. Hy het daarop gesit en wag, daarna
[bl. 171]
verlang. Eenmaal toe Fransina daar kom kuier het,
het hy haar selfs daarna gevra, maar sy het toe ont-
wykend geantwoord. Toe hy hoor dat Bart sy grond
verkoop het, het hy baie gegrief gevoel. Waarvoor
was hy dan haar vader? En sy het wel geweet dat sy
maar net met ’n enkele woord daarop hoef te doel.
Maar te trots natuurlik. Hy kon tog ook nie agter
hulle aanloop nie om te vra of hy tog asseblief mog
help. Daarvoor was hy nou weer te trots. Hy het
daar so bitter oor gevoel dat hy Fransina nooit daarna
gevra het nie, en nog steeds bly dit ’n seer plek in sy
herinnering.
Dit was eenuur en hulle het pas geêet, hy en sy
vrou en sy twee kinders wat nog ongetroud is. Met sy
pyp in sy mond staan hy op die stoep oor die omge-
wing en kyk, oor die werf, op die pan en na die bult
oorkant en tegelyk oordink hy die werk wat hy die
middag wil doen.
Bo-op die bult waarna hy staan en kyk, op die pad
wat daar afkom, kom ’n motorkar te voorskyn.
,,Ek wonder of dit broer Andries is wat na my toe
kom,” dink hy. Hy kry sy verkyker van die muur
in die gang.
,,Die een ken ek nie,” dink hy. Tot hy meteens
aan. Ferdinand Basson dink. Daar is ook ’n vroumens
in die kar.
,,Dit is hulle,’ dink hy. Hy wag nog ’n oomblik
om te sien of die kar van die grootpad afdraai na sy
huis toe en toe loop hy haastig na binne, gryp sy hoed
en kierie en loop deur die kombuis agter uit.
,,Ek loop bietjie na broer Koos,” sê hy sonder om
te wag.
Tante Johanna kyk verwonderd op. ,,Kasper lyk
meteens so haastig,” dink sy, maar toe sy effens later
[bl. 172]
die kar hoor en sien wie daar aankom, verstaan sy
die haastigheid van haar man. Dit ontstem haar.
,,Hy hoef nou darem nie te vlug as hulle ’n enkele
maal hier kom nie," dink sy.
Sy gaan die stoep af en omhels haar dogter hartlik.
Sy soen ook vir Ferdinand. Daar kon sy moeilik aan
ontkom; dit is nou eenmaal so die manier.
,,Dis onverwags,” sê sy vriendelik, ,,maar die spreek-
woord sê, onverwagte vreugde is dubbele vreugde.”
Sy is ’n lang vrou, ’n weinig swaar ook, maar haar
gesig is maer met ’n bleekbruin kleur en met veel
rimpels; haar oê het hul kleur verloor. ’n Beskaafde,
innemende vrou. Sy sien dadelik aan Fransina dat
daar iets verkeerd is, maar sy praat deur asof sy dit
nie opmerk nie, bewonder Boetie wat slaap. ,,Ons lê
hom solank maar op die bed,” sê sy.
,, ,,Waar is Pa?” vra Fransina.
,,Hy is bietjie na swaer Koos. Hy sal seker nie te
lank weg wees nie. Ons het net klaar geêet, maar daar
is nog kos oor; wil julle nou eers eet, want julle is
seker honger?"
,,Ek sal nie eet nie, Ma, dankie,” sê Basson. ,,Ek
moet weer dadelik terug. Ek het net Fransina gebring
om ’n paar dae te kom kuier, maar ek wil liewer som-
mer weer ry.” :
Sy kyk verwonderd. ,,So gou?” sê sy.
,,Ja, Ma, ek is jammer, maar ek het so baie te doen
by die huis, dat ek onmoontlik lank kan versuim. Die
werk is daar opgehoop.”
,,Ag nee, maar jy kan nie nou al ry nie. Eet darem
eers. Anders sal jy tog maar langs die pad moet stilhou
om iets te gebruik. Dan help dit tog ook nie.”
,,Nou ja, Ma, dankie, dan sal ek saam met Fransina
eet, maar dan moet Ma my verskoon, dan wil ek
dadelik ry.”
[bl. 173] * Bart Nel - 12
,,Nou goed, as jy dan so doodhaastig is. Wonderlik,
Fransina, dat die mans altyd baie werk het as hulle
nie die man by die huis kry nie. Hulle wil nie graag
met ons vroumense gesels nie.”
,,Nee, Ma, dis nie dit nie; dit weet Ma goed,”
antwoord hy verleê.
Tante Johanna bring weer kos op die tafel en
gesels intussen oor allerhande dinge. Sy bekyk die
twee aandagtig. ,,Wat sou daar nou weer wees?”
dink sy beangs.
,,Dit reên hierlangs mooi,’ sê sy. ,,Die mielies is
tog te pragtig.”
,,Ja, Ma,” sê Ferdinand, ,,dis ’n plesier om nou
hier in die hoêveld te kom en die mielies so te sien.”
Fransina doen af en toe ’n vraag aangaande die
twee kinders wat nog tuis is of oor die ander familie.
,,Daan vry nou straf,” sê haar moeder. ,,En Teunis
ry ook al rond om vrou te soek.”
Sy gaan tee maak en toe hulle klaar geêet het, sê
Ferdinand: ,,Dit lyk nou sleg, Ma, maar ek wil nou
weer ry. Ma moet maar vir Pa groetnis sê. ’n Vol-
gende geleentheid kan ek altemit langer versuim.”
Hy soen Fransina en tante Johanna en gaan na
buite. Fransina gaan nie saam tot by die kar nie,
maar kyk van die stoep af hoe hy wegry. Hy haal sy
hoed nog ’n maal af en tante Johanna waai met haar
hand.
* * *
Na ’n paar uur kom oom Kasper terug. ,,O, hy is
gelukkig weg,’’ dink hy, toe hy die kar nie meer voor
die huis sien nie. ,,So verstandig is hy ten minste dat
hy kan sien dat hy by my onwelkom is. Hy het seker
Fransina kom bring.”
,,Dag, Fransina,” sê hy hartlik toe hy inkom. ,,Dis
[bl. 174]
gaaf, my kind, dat jy ons weer bietjie kom opsoek.
Is Ferdinand al weer weg?”
,,Ja, Pa, hy sê groetnis, maar hy kon nie vir Pa
wag nie.”
Oom Kasper gee daarop geen antwoord nie. ,,Waar
is jou kinders?” vra hy.
,,Ousus het daar gebly, maar Boetie is hier, Pa. Hy
slaap.”
Op sy tone gaan hy die slaapkamer in om te kyk.
,,’n Regte Van Tonder,” sê hy toe hy terugkom,
,,hy sal nog ’n mooi seun word, net soos sy oupa was.”
Tante Johanna lag. ,,As hy dan maar nie net so
lelik word in sy ou dae nie.”
Omdat Fransina so stil en treurig lyk, gesels hy
maar aanhoudend, oor die mielies, die skape, die weer,
die familie. Elke maal vra hy aan homself: ,,Wat se
geneuk sou daar nou weer wees? As hierdie tweede
man van haar haar sleg behandel, maak ek hom nog
dood.”
Hy wis dat hy ’n vertroulike gesprek tussen Fransina
en haar ma gesteur het, en daarom gaan hy na ’n
halfuur weer weg. ,,Ons kan later weer verder gesels,”
sê hy, ,,maar nou moet ek gou bietjie gaan kyk hoe die
volk met die skoffelry aangaan.
Voor hulle die aand in hul kamer was, kry oom
Kasper geen geleentheid om met sy vrou te praat nie,
maar sodra hy die deur agter hulle toegemaak het, vra
hy: ,,En nou? Wat is dit nou weer met Fransina?”
,,Sy wil terug na Bart.”
,,Is Basson dan nie goed vir haar nie?"
,,Hy is baie goed vir haar, sê sy. Sy sê hy doen
wat hy kan om haar die lewe aangenaam te maak.
Sy hou ook wel van hom, sê sy. Op ’n manier dan
altyd. Nie soos sy een tyd van Bart gehou het nie,
maar tog, sy hou wel van hom. Maar sy wil terug.
[bl. 175]
Sy sê sy kry Bart jammer. Sy wil na hom terug dat
hy weer sy kinders en haar by hom het.”
,, Wil hy haar weer hê?”
,,Dit weet sy nie.”
,,Hy het haar nie geskryf nie?”
,,Nee.”
Oom Kasper gaan op ’n stoel sit en trek langsaam
sy skoene uit. ,,Wat dink jy daarvan?” vra hy
eindelik.
,,Ek weet nie, Kas. Maar sy hou nog van hom,
ek sien dit. Sy hou, lyk dit my, nou meer van hom
as ooit. Daarom het ek maar niks gesê nie, al lyk dit
my gevaarlik.”
,,Hoe, gevaarlik?”
,,Nou ja, verstaan jy nie, Kas. Sy het nou ’n man
wat goed is vir haar. Maar sal dit goed gaan met
Bart? So ’n ding tussen hulle kan maklik maak dat
hulle naderhand soos kat en hond lewe. Die eerste
ruk gaan dit miskien goed, maar later sal hy haar
moontlik gaan verwyt. Dit sal altyd ’n gevaar bly.”
,,Ja, dis waar. Dit sal ’n vasvalplek bly wat nooit
sal opdroog nie.”
,,Daar is ek ook bang voor dat dit ’n seer kan wees
wat nie wil toegaan nie.”
Hy sug en begin hom uittrek. Op hul rug lê hulle
na die plafon en kyk, in twyfel, in vrees.
,,As dit sou gebeur, sou dit weer ’n gepratery en
geskendery afgee van die ander wêreld,” sê hy.
,,Og, Kas, dit traak my nou nie. As ek net maar
wis wat die beste is vir Fransina.”
,,Nie wat die beste is nie, maar wat die eerlikste is.
Die beste kan sy nie meer vra nie. Sy het daardie
fout gemaak en moet daarvoor boet, dit kan nie anders
nie. Dis die wêreld se beloop. Vir jou sondes moet
jy ly, daar kan jy nie aan ontkom nie. Maar wat is die
[bl. 176]
eerlikste, dis wat ek nie weet nie. Wie van die twee
mans het die meeste reg op haar?”
,,Bart, volgens my opinie, want hy is tog na regte
haar eie man.”
,,En is Basson dan nie haar eie man nie?”
,,Hy is, ja, maar tog Bart was eers haar man. Sy
het van hom af weggegaan, maar as sy nou spyt is
daaroor en hy wil haar weer hê, dan meen ek het hy
die meeste regte.”
,,Ek weet nie, Johanna. Die ding is nie so eenvoudig
nie. ’n Vrou steel, is nie ’n perd steel nie.”
,,Wat wil jy haar dan raai, Kas?”
,,As sy kan klaarkom met Basson, sou ek sê, laat
sy liewers bly waar sy is. Dit is ’n smerige affêre,
maar so word dit nog smeriger.”
,,En die kinders, moet mens ook nie met hulle
rekening hou nie?”
,,Nee, met die kinders moet mens nie rekening hou
nie.”
,,Maar, Kas, hoe kan jy dit sê?”
,,Hulle het baie te doen met die wenslikheid van
die ding, maar nie met die eerlikheid daarvan nie. Ek
praat nou van die regverdigheid van die saak, sien jy.
Ek wil eers weet wat is die eerlikste en regverdigste,
en daarby bly die kinders buite rekening.” ©
,,Nee, Kas, mens kan ook te regverdig wees.”
,,Nie sommer nie.”
Hulle lê weer en dink. Die kers staan op ’n tafeltjie
by sy kop. Die groot kamer met stoele en groot
klerekas, die wastafel met waskom, dit staan alles met
hul ligkante en donker skaduweekante asof dit alles
staan en luister. Hy gaan orent sit, reik na sy baadjie
wat oor ’n stoel hang en kry sy pyp.
,,Verniet om nou te wil slaap,” sê hy. Hy steek
[bl. 177]
sy pyp op by die kers en raak diep in gedagte.
Eindelik sê tante Johanna:
,,Sy wil hê dat jy met Bart gaan praat.”
Sy sê dit bang, uit vrees vir ’n kwaai antwoord.
Maar dit kom nie; oom Kasper bly swyg. Toe sê
hy na ’n rukkie: ,,Wil sy haarself so verneder?—
Maar sy verdien dit ook.”
,,Hoe hard kan jy oordeel, Kas; en dit nogal oor
jou eie kind.”
,,Jy weet self hoe ek van Fransina hou, maar reg
is reg. Sy het Bart baie gemeen behandel."
,,Hy het ook wel aanleiding gegee.”
,,Nie tot so iets nie. Dat sy ontevrede was en kwaad,
dit kan ek verstaan, maar Bart het haar nooit rede
gegee tot so iets nie. En as sy nou die minste wil wees
en haarself aanbied om terug te kom, dan is die ver-
nedering niks meer as wat sy verdien nie. Dit moet
haar baie hard val, want sy het ’n baie trotse en hoog-
moedige natuur, maar tog is dit niks meer as wat sy
verdien nie.”
,,Wat meen jy dan? Moet sy dit doen?”
,,Ek sou dit nie doen as ek sy was nie. Ek sal haar
dit ook afraai, maar as sy dit beslis wil doen, dan moet
sy dit self weet. Sy moet dan maar doen wat sy meen
wat goed is.”
Hulle luister omdat hulle iets hoor. Deur die muur
heen hoor hulle Fransina. Dit gaan of sy huil. Tante
Johanna staan op, maak versigtig die deur oop en gaan
die gang in om by Fransina se deur te luister. Dit
was donker in haar kamer, daar is geen streep lig onder
die deur nie, maar sy hoor hoe Fransina hardop lê
en snik. ’n Rukkie staan sy en luister daarna, gaan toe
weer soetjies weg. Oom Kasper sit met sy pyp in
sy hand sonder om te rook, sy gesig bleek van
medelyde.
[bl. 178]
,,Jy moet maar gaan, Kas,” fluister tante Johanna.
,,Toe dan maar,” sê sy. Hy dink: ,,Vir sover ek
Bart ken, sal hy haar tog nie terugvat nie. Bart is een
van diê as jy hom eenmaal ’n skop gegee het, vergeet
hy dit nooit nie.”
Hy took tot sy pyp uitgebrand is en druk toe die
kers dood. Na’nkwartier roer hy nie meer nie. Tante
Johanna ook nie. Hy hoor die horlosie in die sit-
kamer, tien-, elf-, twaalfuur slaan, maar hy beweeg nie.
Sy vrou skyn te slaap, maar hy is daar nie seker van
nie. Soms meen hy dat hy gesluimer het. ’n Haan
kraai en ’n ander een gee slaperig antwoord.
,,Dis netnou dag,” dink hy.
Daar fluister sy vrou: ,,Slaap jy dan nie, Kas?”
,,Nee, ek kan nie slaap nie. Het jy al geslaap?”
,,Nee, ek kan ook nie aan die slaap raak nie.”
Hy draai hom om en stryk met sy hand liefkosend
oor haar maer sagte gesig. ,,My stomme ou vrou,”
sê hy, ,,jy kry swaar, nê?”
Sy buig haar kop teen sy hals, maar gee geen ant-
woord nie.
* * *
,,Dus, dan moet ek net vra of hy jou wil sien a
vra oom Kasper.
,,Ja, Pa,” sê Fransina.
Hulle staan agter die huis aan die ingang van die
vrugteboord buite die gehoor van mense in die huis.
Dit was in die mêre en oom Kasper was aangetrek
om uit te ry.
,,Jy meen jy doen goed?”
,,Ja, Pa.”
Hulle staan weer ernstig en dink. Soos die twee
altyd mekaar verstaan het, was daar geen ander twee
in die huis nie. En tog was sy so ver van hom af dat
[bl. 179]
sy hom toentertyd nie eers wou sê dat hulle in geldelike
moeilikhede was nie, net omdat hy een tyd half teen
hul huwelik was. Maar hyself was net so. Hy staan
daar nou weer aan en dink. Dit was seker ook
medeoorsaak dat sy Basson geneem het.
,,Hoekom het jy my toe nooit gevra om vir julle
te help nie, Fransina, toe Bart verplig was om sy grond
te verkoop?” vra hy.
,,Ek glo nie Bart sou dit wou gehad het nie, Pa.”
,,Hoekom nie? Is ek dan ’n vreemdeling van julle
dat ek julle nie eers mag help nie?”
,,Nee, Pa, maar ’n man soos Bart sal altyd probeer
alleen deurkom sonder dat hy iemand hoef te vra.”
,,Maar hy kon nie deurkom nie. Dat hy sukkel
solank as hy kan, dit kan ek verstaan, so is enige man
maar ‘wat eergevoel het, maar as dit eenmaal sover is
dat jy hulp nodig het, wat se oneer steek dan daarin
om jou ouers te gaan vra? Julle het my baie seer-
gemaak daarmee.”
,,Ek is jammer, Pa, maar Pa weet ook, dis nie Pa
en Ma alleen nie, daar is die broers en susters ook.”
,,Maar is ek dan nie nog baas oor al my goed nie.
Wat het hulle daarmee te doen wat ek met my geld
maak?”
,,Ja, Pa, dis waar, maar tog, dis nie lekker nie as jy
weet dat ander jaloers is en meen dat jy meer kry as
hulle. Mens sien dit tog maar alte baie.”
,, By ons is dit, hoop ek, nog nie so nie.”
,,Og, ons weet ook nie, Pa. Jou eie broers en susters
miskien nie, maar jou swaers en skoonsusters is altemit
wel so. Buitendien, Pa, ons was nie uitverkoop nie.
Bart het ’n goeie prys gekry; beter as wat hy kon ver-
wag.”
,,Nou ja, dis verby, maar ek dink so by myself dat
[bl. 180]
daardie dinge ook ’n stoot gegee het om dinge na ’n
punt te laat loop.”
,,Nee, Pa, dit was nie dit nie.”
Weer staan hulle sonder om iets te sê.
,,Nou ja, dan sal ek maar ry,” sê hy. Hulle gaan om
die huis waar die kar klaar staan en hy klim in. Pein-
send staan sy hom en agternakyk. ,,Hy sal dan in elk
geval weet dat ek nog van hom hou,” dink sy.
Oom Kasper in sy kar dink: ,,Op so ’n ongelukkige
boodskap was ek nog nooit uitgestuur nie. Dis ’n
vernedering. Hier moet ek my dogter vir ’n man gaan
aanbied wat sal weier so seker as wat. Maar vir
Fransina sal ek baie doen.”
Dit was ’n kleine veertig myl na Japie Labuschagne.
Dit sal hom seker twee uur neem. ,,As hy nou maar by
die huis is,” dink hy. Toe hy nog ’n paar myl van Japie
Labuschagne se huis af is, kom hy by ’n perderuiter.
Dit was Bart. Hy hou stil en verwonderd klim Bart af.
,,Dag, Pa,” sê hy kalm.
,,Dag, Bart. Swartbooi, loop jy vooruit," sê oom
Kasper vir die jong wat by hom was. ,,Kom sit so ’n
bietjie by my in die kar, Bart, ek wil graag met jou oor
iets gesels."
Bart maak sy perd vas en kom in die kar sit.
,,Hoe gaan dit nog, Bart?”
,,Nog goed, Pa. En met Pa-hulle?"
,,Ook nog goed. Ek is bly dat jy eindelik weer
los is.””
Bart gee daar geen antwoord op nie. Wat sou sy
skoonvader van hom wil hê?
,,Fransina stuur my,” sê oom Kasper.
,,Ja?” vra Bart koel.
,,Sy vra of sy jou kan sien; sy wil graag met jou
praat."
[bl. 181]
Bart bly ’n rukkie stil, toe sê hy nors: ,,Wat wil sy
van my hê?”
’n Woede staan meteens in oom Kasper op. Sy
kop swel en hy bly stil. Die kêrel gaan dit vir hom nog
onaangenamer maak as wat dit reeds is. Bart swyg ook,
sit skynbaar onverskillig en wag. Met moeite bedwing
oom Kasper homself om nie ’n stekelige antwoord te
gee nie.
,,Sy wil weer na jou terugkom,”
,,Behandel Basson haar dan nie goed nie?” Sy
donker oê skiet meteens vol haat en hy kyk sy skoon-
vader aan asof hy Basson sien.
,,Nee, dit nie, hy is goed vir haar; dit moet ek eerlik
sê, al kan ek nou die vent ook nie meer verdra nie.”
,,Nou ja, waarom sal sy dan van hom weggaan?”
Sy sê sy hoort by jou.”
,,Nou nie meer nie.”
Oom Kasper swyg, en ’n paar minute sit hulle stil na
die pad en kyk, na die jong wat daar lui voortstap.
Oom Kasper soek na wat hy nou moet sê.
,,Vat haar weer, Bart,” sê hy oorredend. ,,Julle sal
weer goed klaarkom, ek sien dit. Julle weet self nie
hoeveel julle van mekaar hou nie.”
Maar Bart skud sy kop.—.[is te laat, Pa. Dat ek-nog
altyd_van_haar hou, is so, God_alleen weet hoeveel,
maar ek kan haar nie weer terugvat nie.
,,Dink jy ook nie aan die kinders nie?”
,,Ek dink aan hulle, maar dit sal my ook nie beweeg
om weer met haar te leef nie.”
,,Kan jy haar nie vergewe nie?”
,,Ek kan_vergeef,.maarek kan nie_vergeet_nie. —
Kyk, Pa,” vervolg hy hartstogtelik en hy draai hom na
oom Kasper om hom aan te kyk: ,, Van Fransina het ek
gehou soos min mans yan hul vrouens hou, En nou
Nog, nou nog hou ek van haar, en as ek sou dink dat sy
[bl. 182]
n slegte lewe sou hê by daardie vent, dan sou ek haar,
dink ek, weer terugvat, maar nou nie. As ek haar
terugvat, is dit die een gruwel op die ander.”
Oom Kasper bly stil.
,,pa sou dit ook nie doen nie.”
,,Dit weet ek nie. Mens moet self so iets ondervind
om daaroor te kan oordeel. Maar dis nie die kwessie
wat ek sou doen in so ’n geval nie, maar die vraag is wat
die Here wil hê dat jy moet doen.”
,,Ek dink die Here sou dit afkeur, Pa. Dit is ’n
dubbele hoereerdery.”
Oom Kasper swyg. Bart was reg. Hy sien dit soos
hy dit self ook sien.
,,Jy wil nie nog daaroor dink nie?” vra hy na’n stilte.
,,Nee, Pa.”
,,Ek is baie jammer,” sê oom Kasper treurig, ,,ek is
baie jammer. Ek het gehoop dat julle dit weer sou
goedmaak tussen julle, dat alles dan weer op ’n manier
sou reggemaak gewees het.”
,,Nee Pa, dit kan nie.”
’n Tyd lank sit hulle daar langs mekaar, denkend aan
Fransina.
Bart klim langsaam uit en gee sy pa die hand. ,Dag,
Pa," sê hy moedeloos.
,,Dag, Bart. Ek is self ook jammer dat ek jou verloor
het, seun.” Bart gee geen antwoord nie, maak sy perd
los en klim op. Die kar gaan hom verby, maar hy
kyk nie weer op nie.
* * *
Fransina was weer terug op Bassons Rust. Sy doen
haar werk en gesels met Ferdinand soos voorheen,
ywerig en vriendelik. Basson maak asof hy geen
verandering aan haar sien nie, gesels en maak grappies,
bedink vriendelikhede en neem haar uit soos altyd,
[bl. 183]
en laat nie merk nie dat hy wel sien dat sy verdriet
het. Fransina is stiller, ernstiger, meer ingetoê. Daar
kom amper nooit meer ’n driftige woord uit haar mond
nie, ndg teen hom of teen die kinders, ndg teen die
bediendes. En sy was liewer teenoor Basson. As hy
haar aanhaal, lê sy met haar kop teen sy nek. Soms as
sy teen hom leun, het sy trane in haar oê.
Een aand, na ete, toe die kinders slaap, sit hulle
nog in die sitkamer. Daar brand net een kers en in
die groot vertrek is die hoeke half donker. Hy het sy
stoel langs hare getrek en sit met haar hand in syne.
Haar kop rus teen sy skouer.
,,My hart,” sê hy en stryk met sy wang oor haar
hare. Sy kruip digter teen hom aan.
,,Hou jy baie van my?” vra hy.
Sy knik.
Die aand was Basson nie meester van homself nie.
Sy vrae kom teen sy wil uit.
,,Meer as van Bart?”
Sy skud haar kop.
,,Sou jy dan liewers by Bart wil wees?”
Sy knik.
Maar hy word nie kwaad nie. Waarom sou hy
kwaad word? Hy wis dit mos lankal.
,,Wil jy weer na hom terug?”
,,Hy wil my nie meer hê nie.”
Hy swyg, maar hulle bly so sit. Sy stryk met haar
hand oor sy gesig. ,,Arme Ferdinand.”
So sit hulle weer ’n tyd sonder iets te sê, maar deur
Basson gaan ’n weemoedige vreugde, want hy voel dat
hulle nog nooit so dig bymekaar was nie.
Sy druk met haar hand sy kop vaster teen hare aan.
,,Jou het ek darem,” fluister sy. ,,Jy wil my hê.”
[bl. 184]
Hulle praat nog nie van opstaan nie.
,,Ons lyk soos twee jong mense wat opsit,” dink
Basson met ’n opflikkering van sy gewone vrolikheid;
maar toe dryf hy weer terug in ’n wye weemoed.
[bl. 185]