Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 4

Hoofstuk IV

IV


DIT was omtrent elfuur in die mêre toe Bart se

trein op Uitdraai stilhou. Op die platform staan

sy suster Martha met haar man, Japie Labuschagne.

Bart soen sy suster, maar groet sy swaer nie baie hartlik

nie, want Labuschagne het stilgesit, alhoewel hy eers

met die rebelle saamgepraat het. Japie voel dat Bart

hom dit nog altyd verwyt en daarom hou hy hom maar

op die agtergrond. Sy vrou het bietjie gehuil toe sy

Bart omhels, maar gesels nou weer opgeruimd. ,,Ek

is so bly dat jy eindelik los is,” sê sy. Met sy rybroek

en kamaste aan lyk hy asof hy nou pas uit die veld

kom.

    ,,Jy het maer geword, Bart.” Sy let op sy gang wat

’n weinig geboê is, op sy somber gesig. Aan sy slape

begin hy al grys word.

Haar lippe beef en sy kyk weg, vee ongemerk haar

oê weer droog.


    ’n Motorkar staan en wag.

Het jy dan nou ook al ’n motorkar?” vra hy aan

Japie.

    ,,Ja, maar dit is die predikant s’n. Hy sal jou

wegbring."


    Hulle ry deur die dorp. Bart sit langs die predikant.

Diê gesels amper aanhoudend oor die groei van die

Nasionale Party. Soms vra Martha iets, maar Bart

gee kort antwoorde, sit en kyk na al die bekende plekke

en dinge wat hy sien en na die mense wat hulle verby-

gaan. Verskeie van hulle bly staan.

    ,,Hulle ken jou nog goed,” sê die predikant.


[bl. 152]


    ,,Hoekom het jy Annekie nie saamgebring nie?”

vra Bart aan Martha.

Jy sal haar netnou sien,” sê sy.

    ,,Kom sy ons tegemoet?’’

    ,,Ja”


    Hulle is nou buitekant die dorp. Bart kyk voort-

durend die pad af, want hy verwag Annekie. Toe

kom op die ronding van die eerste bult ’n lang ry

perderuiters uit.

    ,,Wat is dit?” vra Bart.

    ,,Dis rebelle daardie,” lag die predikant, en toe hulle

nader kom, hou hy stil. ,,Jy moet uitklim, neef Bart,

dis jou mense wat jou kom verwelkom.”


    Bart wag hulle voor die kar in. ’n Floers van

aandoening kom oor sy o€ Voor algar uit jaag

Annekie, haar lang donker hare na agter in die wind.

Hy tel haar van die perd en binne enkele oomblikke

vergeet hy alles.


    Die kommando het stilgehou en baie kêrels klim af

om hom te kom groet. Die meeste van hulle was van

sy manne uit die rebellie. Hulle het amper algar

gekom; van Kafferkraal en Welgevonden, van oor die

Witrant en die Kortrant, van anderkant die spoor tot

uit die Bosveld, Pieter en Fransoois en oom Gawie, die

broers Van der Hoven, Magiel, almal. Ook baie

vriende en familie, en sommige wat hy nie eers ken

nie, rebelle van die kommando van Rooi Martiens en

van die kommando van generaal Myburg;_stilsitters

ook en twyfelaars, selfs regeringsmense wat bekeer is;

’n mag van mense, twee-, driehonderd.


    Hy kon dit nie help nie, maar die welkom gryp

hom aan; dit het te onverwags gekom; en dan veral

Annekie. Sy oê is rooi. Hy druk Kort Magiel die

hand en glimlag half beskaamd. ,,Dis die tronk,”

sê hy. ,,As mens vir ’n paar jaar lank wit brood en


[bl. 153]


uitgekookte vleis moet eet, word jy naderhand soos

’n ou tante.”


    Oom Giel is ook daar maar hy hou hom agteraf.

Wat moet hy vir Bart sê? ,,Ek het Fransina gehelp

soveel as ek kon.” Beter nie nou daardie dinge

aanroer nie. As Bart hom sien, sal sy gedagtes ’n

onaangename wending neem.

    ,,Nou wil ek perdry, Dominee,” sê Bart.


    Annekie ry langs hom; voor hulle, agter hulle, die

kommando. So kom hulle op Buffelsdrift. Wan die

stoep van Japie se huis spreek Bart die mense toe. Hy

het sy kalmte teruggekry en sy woorde kom gemaklik

en sonder stote. Hy bedank hulle. ,,Ons rebelle het

swaar gekry,” sê hy, ,,maar ons moet probeer vergeef.

Ek kan dit self ook nie aldae nie, maar ons moet pro-

beer. Generaal Botha het eenmaal gesê, in die tyd toe

ons nog baie van hom gedink het, ons moet die kwaad

wat die Engelse ons aangedoen het vergeef en vergeet.

Nou manne, ons moet die kwaad wat ons aangedoen

is ook probeer vergeef. Maar nie vergeet nie; wel

vergeef. Die rebellie het ons te veel geleer om dit

sommer weer te vergeet. Dit het ons geleer om nie

te veel op ons voormanne te vertrou nie. Dis ’n fout

van ons volk dat ons te veel opsien na ons voormanne

en ons volg hulle naderhand waar ons nie moes gevolg

het nie. Ons het ook geleer dat ons nie te veel op

mekaar moet vertrou nie, dat baie grootpraters ons

in moeilike tye verlaat. Maar dit het ons ook geleer

dat die gees van vryheid en onafhanklikheid nie dood

is onder ons volk nie.’’

    ,,Hoor, hoor,” roep hulle. ,,Dat die gevoel van reg

nog leef in ’n deel van ons.”—,,Hoor, hoor,” roep

hulle nog harder.

    ,,Ons het nie verniet gely nie, manne. Die rebellie


[bl. 154]


was soos wind wat ’n smeulende miskoek laat opvlam

het en die wêreld se gras aan die brand steek.”

    Met bleek gesigte staan hulle en luister, hul o€ vas

op sy gesig. Daar staan hy, Bart, hul kommandant,

en praat die taal van hul hart.

    ,,Daar was in die fort ’n ou oom wat altyd vertel

het van die profeet van Lichtenburg. Eendag het die

ou siener ’n gesig gesien van twee draadkampe. In

die een kamp was ’n klein klompie skape en in die

ander ’n groot klomp; maar toe het van die groot

klomp begin deurkruip na die ander toe tot naderhand

almal in die een kamp was. Ek wou dit daar in die

tronk nie glo nie. Ek het gemeen ons klein klompie

sal ’n klein klompie bly, maar nou dat ek sien en hoor

hoe die Nasionale Party groei, hoe daar meer en meer

van die ander kant na ons oorkom, nou begin ek te

glo dat daardie profesie van die ou siener waarheid gaan

word. Ons sal bymekaar kom, broers. Ons Boere-

nasie sal eendag weer bymekaar staan en ons sal almal

rebelle wees.”


    Toe bars die geesdrif los. Hulle skreeu en roep,

nie een wat stilbly nie. Martha daar agter sit en ril

van opwinding. Die predikant wat langs haar staan,

skreeu ook al iets.


    Hulle gaan koffie drink en daarna ry hulle in klom-

pies die een na die ander weg.


    Annekie sit by haar vader, haar arms om sy nek,

haar wang teen syne. So sit hulle teen mekaar,

swygend.

    ,,My Annekie,” dink hy. ,,Jou het ek darem nog.”


* * *


    Dit was ’n veertien dae later op ’n voormiddag,

tussen tien- en elfuur. Bart sit op die stoep en dink.

Sy manier van doen wys dat hy in ’n ongedurige stem-


[bl. 155]


ming is. Dan staan hy en dan sit hy weer. Hy loop

die stoep af en het nouliks die paar tree van die trappie

afgestap of hy kom al weer terug en gaan weer sit om

na te dink. Martha kom van binne.

    ,,Jy het nie lus gehad om saam met Japie Uitdraai

toe te ry nie?" vra sy.

    ,,Nee, ek is moeg vir die plek.—Wat doen Annekie?”

    ,,Sy help my botter maak.”

    ,,Sy is handig, nê?”

    ,,O ja, sy is. Mens kan haar enige ding leer.”

Sy gaan sit. ,,Voel jy al weer uitgerus?”

    ,,Uitgerus?” lag hy. ,,Ek voel so uitgerus soos ’n

jong, vet perd wat nog nooit in sy lewe gewerk het nie.

Ek weet nie meer wat om met myself aan te vang nie.

As ek nie gou werk kry nie, weet ek nie.”

    ,,Jy moet maar Japie se voorstel aanneem, Bart.

Dit sal vir ons lekker wees as jy naby ons bly. En ons

plaas is tog eenmaal te groot vir ons alleen. Japie

kan tog nie van hom maak wat hy daarvan behoort

te maak nie. As jy nou die deel wat hy sê, huur, sal

dit vir ons goed wees en vir jou ook, dink ek.”

    ,,Julle meen dit goed, Martha; julle wil my weer

ophelp, maar ek het daaroor gedink en ek glo nie dat

ek dit moet doen nie. Hierdie omgewing druk my.”

    ,,Hier by ons?” vra sy verskrik.

    ,,Nee, natuurlik nie, man; verstaan jy nie. Ek

meen die hele omgewing hier, Uitdraai se omgewing.”

    ,,O, ek sien.”

    ,,Ek moet ’n plek hê ’n ent hiervandaan waar dit

weer heeltemal nuut is vir my, waar ek nie aldag

plekke en mense raakloop wat my aan alles herinner

nie.”

    ,,Ek verstaan,’ sê Martha. ,,Waar wil jy dan

heengaan ?”

    ,,Ek het gedink aan die Hoêveld. Ek hoor oom


[bl. 156]

    ,,

Jan Volschenk het grond wat hy wil verhuur. Ek sit

juis daaraan en dink of ek nie maar. na hom toe sal

ry nie en kyk of daardie grond iets vir my kan wees.”

    ,,Ek is regtig jammer, Bart. Dit sou so aangenaam

gewees het as jy nou hier gebly het; en ek raak al

tegtig geheg aan Annekie.”

    ,,Het jy haar vandag nodig?”

    ,,Nee, ek het haar nie nodig nie. Sy help my wel,

maar dis sommer. Hoekom?”

    ,,Dan wou ek vandag nog ry en Annekie saamneem;

so gou as Japie terug is. Dis te sê as hy my sy kar

en perde wil gee. Dis dan vir Annekie ook weer bietjie

’n verandering. Dan slaap ons vanaand by Vaal

Willem en is ons mêremiddag by oom Jan. Sê dan

maar vir Annekie dat sy gaan aantrek, want Japie kan

enige tyd kom.”

    ,,Hier kom hy al, lyk my,” sê Martha.

    Op die naaste bult, oorkant die rivier, sien hulle

die swart vlekkie van ’n motorkar.

    ,,Dan span ek maar solank in,” sê Bart, ,,hy sal dit

wel goedvind.”

    ,,O ja, natuurlik. Ek sal Annekie gou help aantrek."

’n Rukkie later ry hulle.

    ,,Wat gaan Pappie by daardie oom maak?” vra

Annekie.

    ,,Ek wil kyk of ek nie by hom grond kan huur nie.

Daarom vat ek jou saam, want jy moet ook jou opinie

gee.”


    Sy lag vrolik. ,,Ek het mos nie kennis daarvan

nie, Pappie.”

    ,,Nee, maar jy kan tog sê of die plek jou geval,

want as hy jou nie geval nie, wil ek hom nie hê nie.”

    ,,Dan soek Pappie ’n ander plek?”

    ,,Ja, dan kyk ek weer rond na iets anders.”


[bl. 157] * Bart Nel - 11


    ,,En as Pappie die plek vat, dan bly net ons twee

daar?”

    ,,Ja, dan sal jy die huis moet versorg.’’


    Sy lag vrolik. ,,Dink Pappie ek sal dit kan doen?”

    ,,O ja, jy sal. Jy is mos al groot, en slim.”


    Annekie raak in gedagte en ’n tyd lank ry hulle

sonder woorde, Dis ’n warm dag, maar met die kar se

tent op, is dit lekker. Toe hulle eers die lang op-

draende oorkant die rivier uit is, draf die perde

gemaklik.

    ,,Laat my bietjie leisels hou, Pa.”

    ,,Goed, moet net nie die kar omgooi nie.”

    ,,Pappie dink ek is nog dom. Ek het al baiemaal

leisels gehou by oom Japie."

    ,,O, jy het, nê?”

    ,,Ek het al ’n paar maal die motor bestuur ook.”

    ,,Mastig, dan ken jy al meer dinge as ek.”


    Weer sit hulle ’n ruk sonder iets te sê. Dan gesels

hulle weer. Elke paar uur span hulle uit. Hoe verder

hulle gaan, hoe korter word die bulte en hoe digter en

korter die gras. Geweldige groot mielielande lê oor

die bulte.

    ,,Hier is net twee dinge,” sê Bart, ,,mielies en skape."

    ,,Hoekom wil Pa dan so graag hier kom boer?”

    ,,oommer, jong; mens voel nooit lank tevrede op

een plek nie.”

    ,,En oom Japie dan, Pa? Hy sê hy is op Buffelsdrift

gebore en hy wil daar ook begrawe wees.”

    ,,Ja, sulke mense kry jy ook,” sê Bart.


    Annekie sit en dink aan haar ma. ,,Hoekom het

Mammie dan vir Pappie weggesmyt?’’ vra sy onver-

wags.


    Dit duur ’n paar oomblikke voor Bart antwoord gee.

    ,,sBasson het haar seker oorrompel,” sê hy.

    ,,Hoekom skiet Pappie hom nie dood nie?”


[bl. 158]


    ,,Ja, dit sou mens moet doen. As dit jou sou toe-

gelaat wees, sou die wêreld baie beter wees.”

    ,,Sal Mammie nie weer by Pappie kom woon nie?”

    ,,Nee, Annekie, ek glo nie.—Verlang jy na jou

mammie?”

    ,,Ja, Pappie. Maar ek bly liewer by Pappie,” voeg

sy daarby.


    ’n Ruk lank ry hulle weer sonder om te gesels. ’n

Diep swye omhul die twee. Annekie kry naderhand

vaak.

    ,,Rus nou bietjie teen my aan, dan slaap jy bietjie.

So. Trek jou bene op die kussing.”


    Die son staan halfpad op sy hoogste. Oor ’n uur

kan hulle by Vaal Willem wees. Annekie se kop lê

op sy been. Hy hou sy voet teen die voorplank

sodat sy gemaklik lê. Nou en dan kyk hy na die

slapende kind. Hy sug diep, byna van welbehae. Hy

gaan ’n nuwe toekoms tegemoet. ’n Lewe met Annekie

by hom om vir hom te sorg. Dis of ’n tyd van rus vir

hom gaan aanbreek. Hy gaan hard werk om weer

’n boerdery op te bou. Annekie is nog klein. As

alles goed gaan, kan sy nog baie jare by hom bly.

Verder kyk hy nie. Die son sak laer. Die wolke

wat eers wou saampak, dryf weer uitmekaar. Opge-

stapelde ronde hope, wit en goud. Die groen veld

blink. Annekie slaap. LEgalig draf die twee perde.

Stil sit Bart die wêreld en beskou.


* * *


    Dit is nou al ’n jaar dat Ferdinand Basson en

Fransina getroud is. Dis somer, nog vroeg in die

mêre, maar altwee is al op en doenig. Basson moet

weer vir besigheid van die huis af en werk buitekant

aan sy kar en Fransina haas haar met die klaarmaak

van die ontbyt. Die twee kinders is nog in bed, Boetie,


[bl. 159]


nou amper vyf jaar en Ousus, Basson se dogtertjie,

’n meisie van ses. Fransina loer in hul kamer. Hulle

is altwee nog aan die slaap. Dit sou jammer wees om

hulle al wakker te maak, dink sy. Sy gaan na die

voorstoep en staan en kyk na haar man wat die wiele

se bande oppomp.

    ,,Kan ek die kos al op tafel laat bring, Ferdinand?”

vra sy.

    ,,Ja goed, ek kom nou.”


    Sy gaan weer na binne en dra saam met die bediende

die kos op die tafel. Sy sien daar amper nog net so uit as

drie jaar gelede, lyk heelwat jonger as wat sy is; haar

bewegings rustig, vlug en seker. Alles wat sy doen,

gaan asof dit haar geen moeite of oorleg kos nie. Toe

sy klaar het, sit sy en wag, haar o€ dwalend oor die

dinge op die tafel. Sy neem ’n servet en waai daarmee

om die vlieê van die kos af weg te hou. Soos sy daar

sit, lyk sy kalm en tevrede.


    Toe Basson klaar het, was hy sy hande in die water-

voor en kom na binne. Hy het ouer geword; sy

skouers hang bietjie vorentoe en hy lyk kleiner. Wel

is sy gesig nog blosend en glad, maar sy mooi blou

oê agter sy bril het van hul helderheid verloor. Met

haastige stappe loop hy met die gang deur na die eet-

kamer.

    ,,Jammer om jou te laat wag, Fransina,” sê hy.

    ,,Ek is glad nie haastig nie,” antwoord sy, ,,dis nog

baie vroeg.”


    Hulle eet. Hy sit effens sy hand op hare en sy

glimlag hom toe.

    ,,Sal jy vroeg terug wees?” vra sy.

    ,,Ek kan nie sê nie, my hart. In besigheid weet

jy nooit of dit lank sal neem of kort nie. Moontlik

sal ek nie eers vannag terugkom nie.”

    Sy gee geen antwoord nie. lyk ewe tevrede.


[bl. 160]


    ,,Ek sal darem probeer om gou te maak.”

Sy knik.

Hy sien dat dit haar nie veel kan skeel of hy van-

aand kom of mêre nie. Onder die praat oor die

rit wat hy gaan doen en oor sy besigheid in verband

daarmee, eet hulle hul ontbyt. Die venster staan oop

en mens kyk daardeur op die klein blomtuin agter die

huis.


    Toe hy klaar geêet het, loer hy in die kamer van

die kinders.

    ,,Ek is jammer om hulle wakker te maak,” sê hy.

Hy soen haar.

    ,,Moenie vir my wakker bly nie, skat.”

    ,,Nee.”


    Sy gaan saam met hom tot op die stoep en waai

terug toe hy wegry.


    Sy gaan weer na binne. Dis ’n flinke huis, na die

Driejarige-oorlog deur Ferdinand se pa deur ’n vakman

laat bou. Dit kyk uit na die ooste oor ’n wye vergesig

van lae bulte. Skuinsregs is die krale, die beeskraal,

die skaapkraal; ’n gerieflik aangelegde plaas en goed

bewerk. Na ’n rukkie gaan sy na die slaapkamer van

die kinders om hulle wakker te maak. Sy skud Ousus

lag-lag heen en weer en soen haar toe sy wakker is.

,Jou laatslaper,” sê sy vriendelik, ,,kom staan op en

trek jou aan, dan mag jy vir my help koek bak.” Toe

neem sy Boetie uit sy bedjie en soen sy slaperige

gesig. ;

    ,,O, kyk hoe gaap hy.” Sy steek haar vinger in sy

mond en trek dit gou terug. ,,Ampertjies het jy my

gebyt.”” Die kind lag en word wakkerder.

    ,,Kom, laat ek jou nou gou was, dan kan jy lekker

buitekant speel."


    Toe die kinders gewas is en klaar geêet het, gaan sy

die kamers deur. Sy pluk blomme vir die sitkamer.


[bl. 161]


Sy kyk of die swartes hul werk gedoen het en gaan dan

koek bak. Aan Ferdinand dink sy nie. Aan Bart dink

sy ook nie. Sy weet dat hy los is en dat hulle hom met

’n groot kommando ontmoet het, maar sy dink liewer

nie aan hom nie. Dit wek onaangename herinneringe

op. Sy verlang nie om hom weer terug te sien nie. Hoe

minder sy van hom hoor, hoe beter. Dit is nou een-

maal verby en sy is nou Ferdinand se vrou. Ferdinand

is goed vir haar. Dit sou nie mooi wees om sy goedheid

te geniet en onderwy] aan haar eerste man te dink nie.

Annekie is by Martha Labuschagne. Sy gaan af en

toe soontoe om haar te sien, maar Annekie vra dan

altyd na haar pappie, begin elke maal weer oor hom

gesels solank as sy daar is. Dit is nie aangenaam nie.

Daarom gaan sy maar nie baie nie. Annekie was ook

al ’n paar keer by haar op Bassons Rust, maar dan

is dit dieselfde ding; telkens begin sy weer oor haar

pa. Vra en van vroeêr vertel. Vir Ferdinand sowel

as vir haar is dit so pynlik dat sy haar maar selde meer

laat kom. As jy ’n nuwe lewe begin, moet jy probeer

die vorige lewe vergeet. Sy verlang nie na Bart terug

nie. Hy het haar van hom af weggestoot en haar trots

is diep gekrenk. Dis ’n man wat haar nooit regtig

liefgehad het nie. Hy kan miskien nie regtig baie van

iemand hou nie. Sommige mense is so. Dit bly opper-

vlakkig. Hul eie persoon, hul eie wense kom altyd

eerste en as jy daarmee in botsing kom, hou hul liefde

op om te bestaan. Sy moet Bart vergeet, nie aan hom

dink nie, tot die tyd die verlede toegegroei het soos

gras en bossies ’n ou pad toegroei. Boetie lyk gelukkig

by haar. Annekie laat haar altyd aan Bart dink, haar

donker oê, haar donker hare, haar bruinerige vel.


    Sy bak koek en Ousus help haar. ’n Liewe meisie,

Ousus, so wit, met sulke gesonde rooi wangetjies en


[bl. 162]


sulke pragtige blou o€. ’n Sagte, liewe, gehoorsame

kind. Sy hou al baie van Ousus.


* * *


    Basson in sy kar sit en dink aan Fransina. Hy is

nie_gelukkig met haar nie. Hy gevoel teenoor haat

soos ’n hond wat nie genoeg kos kry nie en altyd deur

lê en vra. Sy is goed,sy—is_vriendelik, hartlik byna,

maar tog_ontbreek daar iets. Sy sorg vir sy huis en

is goed vir sy kind, skyn opgeruimd te wees en tevrede

en is dankbaar bly as hy haar een of ander verrassing

bring. Sy bespreek met hom sy sake en sy sorge en

leef met hom saam. Maar sy is nie verlief nie. As hy

by haar gaan sit, sy arm om haar skouers, vind sy dit

goed, en as hy haar soms op sy skoot trek, bly sy daar

sit, maar_tog bly sy op ’n_ n_afstand. Aleyd is sy, hoe

kan mens nie sê nie, maar altyd is sy ’n entjie van hom

af.


    Nou, vanmêre ook weer. Of hy nou vanaand by

die huis kom of mêreaand, dit is vir haar amper die-

selfde. Sou sy by Bart ook so gewees het? So ’n

mooi vrou altyd by jou en van wie jy so magtig veel

hou en wat tog altyd ’n ent van jou af is, dit is ’n

kwelling wat ’n mens afmat. Altyd verlang, altyd half

teleurgesteld wees. Sy is joune-en-sy-is.tog nie heelte-

mal joune nie. Sou sy altyd so gewees het? Sou sy by

“Bart ook so gewees het? Aan hom dink sy nie veel

meer nie. Verlang in elk geval nie na hom terug nie.

Dan sou sy anders wees. Dan sou daar dae wees dat

sy hom nie kon verdra nie, en onaangename dinge sou

sê. Nee, hy het nie nodig om op Bart jaloers te wees

nie. Bart is nie in haar gedagte nie.

    ,,Sy is-seker-maar-so~’n-koel_mens," dink hy.


    Dit was ’n hele ent wat hy moes ry. Daar was

êrens ’n verkoping waar hy hoop om ’n span osse


[bl. 163]


goedkoop in die hande te kry. Miskien was daar meer

wat hy kon gebruik. Hy sou maar nie haastig wees

nie. Dit kon geen kwaad doen as hy vir ’n keer bietjie

lank van die huis af weg is nie. Hy moes liewers nog

meer weg wees. Miskien sou sy dan bly wees as hy

kom.

    ,,Party vrouens is so,” dink hy. ,,Dis vir hulle

lekker om ’n tydjie alleen te wees tot hulle begin

verlang,”    


    Die verkoping het langsamer gegaan as wat hy ver-

wag het, en dit was laat voor hy sy sake gereêl het.

Hy het die osse gekoop en reêlings getref om hulle

op sy plaas te kry, maar toe was die son ook al byna

onder. Vlak by woon familie van hom wat hom seker

weer gtaag sou sien. Die hele dag het hy homself

voorgeneem om daar te gaan slaap, maar toe hy met

sy besigheid klaar was en hy wegry, toe, in plaas van

die pad te vat na daardie familie, hou hy reguit.

    ,,Miskien sit sy vir my en wag,” dink hy.


    Dit was amper sewe-uur toe hy daar wegry en dit

sou hom minstens twee uur neem. ,,Kom, ek jaag,"

dink hy. ,,Nege-uur moet ek daar wees.”


    Terwyl hy tog goed oplet, gaan sy gedagtes oor

ander dinge. Bart was weer los. Sou dit iets aan

Fransina doen? Sou sy, as sy hom weer sou sien,

aan hom gaan dink? Mens kan nooit weet nie. Hoe

sal hy self maak as hy vir Bart ontmoet? Die een of

ander dag sal dit tog gebeur. Wel, dit sal afhang van

Bart se houding. Hy het niks teen hom nie. Hy wens

hom alles wat goed is. Maar Bart is ’n ander soort

man. Die beste was om soveel moontlik uit sy pad te

bly.


    Hy ken die pad en dis goed. Elke maal is daar ’n

haas wat verbouereerd deur die kar se ligte, bang

gaan sit. ,,Kyk daar, Baas,” sê die skepsel wat by


[bl. 164]


hom is dan in die hoop dat hy sal stilhou. Maar hy

doen dit nie. Sy haelgeweer is in die kar, maar hy

gun hom nie die tyd om die haas te skiet nie.

    ,,Binne twee uur kan ek dit afry,’’ dink hy. ,,Nege-

uur kan ek daar wees. Altemit sit Fransina vir my

en wag.”


    Dit was ewenwel tog byna halftien toe hy op

Bassons Rust aankom. Die huis was donker.

yy Slaap al,” dink hy.


    Toe die hond blaf en sy kar voor die huis kom,

maak Fransina oop. ,,O, jy het darem gekom,” sê sy.

    ,,Dis gaaf. Ek het al geslaap.”

    ,,Jy het tog nie vir my gewag nie?”

    ,,Nee, want jy het mos gesê dat ek nie moes opbly

nie. Ek het vroeg gaan slaap. Ek het nie lus gevoel

om te lees nie, en ek was moeg.”

    ,,Nee, dis ook reg, Fransina. Ek was nie seker of

ek kon terug wees nie.”


    Hy ry sy kar in die motorhuis en toe hy terugkom,

staan sy en wag.

Sal ek gou vir jou bietjie tee maak?” vra sy. ,, Wil

jy nie nog iets eet nie?”

    ,,Nee, dankie, gaan maar weer lê. Ek sal bietjie

wyn drink, ek is moeg.”


    Sy gaan weer lê en in die spens skink hy bietjie

wyn vir hom in. ,,Jammer dat ek tog maar nie na

swaer Jan toe gery het nie,” dink hy.


* * *


    Toe Basson en Fransina een WVrydagmiddag na

Uitdraai ry, kom hulle, net toe hulle ’n hoek omgaan,

Bart verby. Met sy rybroek en kamaste aan, sien hy

daar amper net so uit as die dag toe hy van Kafferkraal

weggery het. Een oomblik het hy opgekyk, maar toe

dadelik weer sy o€ vorentoe gedraai. Hy loop met


[bl. 165]


sy gewone lang pas. Sy gesig is maerder en somberder

en hy is ook nie meer so regop nie. Basson skrik

effens en loer in die spieêltjie na Fransina. Sy het

bleek geword en kyk strak na Bart, draai haar kop om _

hom nog agterna te kyk. ’n Straat verder toe hulle

uitklim, dink hy: ,,Dit was darem ’n skok vir haar

gewees, lyk dit my.”


    Op die pad huis toe gee sy op sy vrae en vertelle

slegs kort en verstrooide antwoorde en meestal sit sy

ingedagte. Sy sien aldeur Bart soos hy daar geloop

het, ouer, so somber. Meteens het sy hom verstaan;

sy verdriet so trots gedra, sy leed oor haar. Sy het ook

ander rebelle gesien wat lank in die tronk was, maar

hulle het nie die swaarmoedigheid van Bart gehad nie,

hulle was vrolik, en hoogmoedig op hul ervaringe.

Toe hulle die hoek omgegaan-het-en Bart-daar-aankom,

toe het sy hom meteens gesien-as~’n-man- wat veel

moeilike en gevaarlike paaie alleen geloop het en wat

verdriet het, verdriet oor haar. Sy het dit meteens

gesien asof hy self haar dit met woorde gesê het. Sy

wou sommer uitklim na hom toe.

    ,,O, ek kry hom so jammer,” dink sy.


    Die volgende dae was sy stil en treurig en afgetrokke.

en mens kon soms sien dat sy gehuil het. Basson

maak asof hy dit nie opmerk nie, en gaan baie weg.

Dis maklik om elke maal ’n verskoning te vind.

    ,,Daar is twee ramme van my weg,” sê hy die tweede

dag. ,,Ek moet hulle gaan soek.”


    Hy wis al dat die ramme by sy buurman was en

dat hy net maar ’n jong hoef te stuur om hulle te laat

haal, maar hy wou van die huis af weg wees. ,,Moont-

lik kom ek eers in die agtermiddag terug,’’ sê hy.

    

    Dit was nog vroeg en na ’n nag van reên waai daar

.’n koel wind. Die gras begin al lank word en staan

plekke al in die saad. In die laagtes en hier en daar


[bl. 166]


op die skuinstes is mielielande, die mielies nog jonk

maar sterk en donkergroen en veelbelowend. Na al

die kante rys en daal die veld na die blou einders,

behalwe in die noorde waar die Witrant steil opstaan.

Van bo die eerste ronding af sien hy al die huis van sy

buurman, maar in plaas van daarheen te ry, hou hy

regs, ’n laagte in na waar ’n riviertjie onder ’n klip-

rantjie verbygaan. Op daardie punt was ’n hoê

rotswal van waar mens in die donker water van ’n

klein seekoeigat kyk. Daar het hy soms gaan sit

as hy rustig wou dink. Onder die wal, vlak by die

water, gaan hy sit.

    ,,Die beste is om haar nou ’n tydjie aan haarself

oor te laat,” dink hy. ,,Hulle sê as jy bid wil jy alleen

wees en as jy vloek wil jy maats hê. Daar is tye dat

mens alleen sy saligheid moet uitwerk. Hierdie ding

moet sy alleen uitveg. Ek moet my nie daarin moei

nie.”


    Hy neem ’n sigaret en sit stil en rook, sy o€ gerig

op die water voor hom, na die gewemel van al die

klein waterdiertjies wat mens in so ’n stil gat water

sien; groepe ronde, swart, glansende diertjies wat daar

oor die water sirkel; klein dinge soos muskiete wat

soos skaatsryers oor die oppervlak gly; vissies wat

verbyskiet. Met sy o€ daarop staan sy gedagtes ’n

tyd lank botstil.

    ,,Nou kan daar drie dinge gebeur," dink hy na ’n

tuk. ,,Die ding kan oorgaan en sy sal weer word soos

sy was, nie meer aan Bart dink nie. Of sy kan na

hom teruggaan en hy sal haar weer vat! Of sy kan

na hom terug wil gaan en hy sal haar nie weer wil hê

nie. As die eerste gebeur, is dit goed, dan het ek die

saak gewen. As die tweede gebeur, is dit ook goed,

dan het ek verloor, maar dan gee ek nie om nie. As

sy nog altyd meer van hom hou as van my, laat haar


[bl. 167]


dan maar gaan. ’n Vrou wat by my is en aan ’n

ander dink, wil ek nie hê nie. Maar as die derde

gebeur, sal dit ’n bars gaan; dan sal dit ’n beroerde

lewe word.”

    Hy sit daar weer ’n ruk en kyk en hy dink: ,,’n

Dier leef darem lekkerder as ’n mens. Soos die vissies

daar nou. Hulle het nie bande wat die een aan die

ander bind nie; hulle het geen gevoel vir mekaar nie;

elkeen dink net aan homself. As hulle doodraak, as

hulle opgevreet word of as die water opdroog, dan is

dit klaar met hulle, maar solank as die lewe duur, is

hulle gelukkig. Amper is ek spyt dat ek haar getrou

het,” dink hy. ,,Regtig, ’n sukses is dit tog nie. ’n

Mens verwag van diê dinge veel meer as wat dit jou

gee. Ek is ook nie die regte man vir haar nie. Sy

pas, lyk my, amper beter by Bart. ’n Vrou soos sy,

hou, dink ek, meer van ’n drifkop en van ’n man wat

vir geen duiwel padgee nie; nie ’n goedsak soos ek

nie. Ek is nog altyd so verlief op haar dat ek kan

huil, maar as ek eerlik moet wees, het ek met my eerste

vrou nog gelukkiger geleef as met haar. Bowendien

het ek my nog stink gemaak by baie mense.—Nou ja,

mens maak foute.—En tog, as ek dit weer moes doen,

sou ek dit miskien weer waag. Ek het haar darem

gehad.”


    Hy klim die wal uit en kyk waar sy perd is; diê

loop nog altyd en vreet. Hy stap daarheen en klim

op. Langsaam ry hy na sy buurman. Van daar ry

hy verder na ’n ander plaas. Eers laat in die middag

kom hy by sy huis.

    ,,Die ramme het ek darem gekry,’’ sê hy vir Fransina.

    ,,Ja,” sê sy.


    Na ’n tydjie sê sy: ,,Ferdinand, kan jy my nie

bietjie na Koffiefontein bring dat ek ’n paar dae by


[bl. 168]


Mea-hulle kuier nie? Ek verlang om hulle weer bietjie

te sien.”

    ,,Met plesier,” sê hy.


    Die volgende dag ry hulle daarheen. Boetie was

by haar, maar Ousus het sy op Bassons Rust agter

laat bly. Sy gesels nogal, maar heeltemal van harte

gaan dit tog nie. Basson is ook stiller as gewoonlik.

Hy kom nie graag by haar ouers nie. Hulle ontvang

hom almelewe koel en hy bly daar altyd so kort moont-

lik. Nog maar twee- of driemaal was hy daar gewees om

Fransina daarheen te bring. Dan gaan hy dadelik

terug en kom haar later weer haal. Oom Kasper het

’n onverhole teensin in hom. Dat hy sy dogter

verlei het om van haar wettige man te skei, kon hy

hom nie vergeef nie. Al sou hy vroeêr graag gesien

het dat Fransina hom geneem het in plaas van Bart,

so was hy nou tog erg teen hul huwelik gewees. Die

ding was ’n diep vernedering vir hom. ’n Dogter te

hê wat van haar man geskei is, was vir hom ’n groot

skande. So iets gebeur ook nie veel onder die plaas-

boere nie. Fransina was altyd sy liefste kind. Sy lyk

ook heeltemal na hom, alleen was hy nogal kort, maar

sy het sy oê en hare en sy blank kleur. Nou het sy

dit gedoen. Haar eie man verlaat om ’n ander een

te neem. lLaag en gemeen. Nog laer omdat sy dit

gedoen het toe haar man haar die meeste nodig gehad

het, toe hy arm was en in die tronk. Hy hou nog altyd

net soveel van haar as voorheen, maar op ’n ander

manier. Hy dink nie meer met trots aan haar nie,

alleen met verdriet. Maar tog bly sy sy liefste kind,

al het sy skande oor sy huis gebring en hom in een

jaar meer verdriet berokken as al die ander dinge

gedurende sy hele lewe tesame. Maar Ferdinand

Basson was die hoofskuldige. Op ’n oomblik toe sy

moedeloos was en verbitterd het hy haar kom ompraat.


[bl. 169]


Hy kon die vent nie sien nie. Dit kos hom moeite

om een beleefde woord teen hom te spreek. Dit sien

Ferdinand en as hy daar kom, omdat hy nie bra anders

kan nie, praat hy by die binnekom al van weggaan.

Haar ma is vriendeliker. Maar hy vermoed dat sy

hom tog ook liewers sien vertrek as kom. ’n Vrou-

mens kan so goed veins; vriendelik weer ter wille van

die vrede; sy kan ook beter berus in die onvermyde-

like.


    Aan die twee skoonouers van hom sit hy en dink.

    ,, Wil jy nie bietjie bestuur nie?” vra hy aan Fransina.

    ,,Nee, ry jy maar.”

    ,, Wat wil sy by haar ouers gaan maak?” dink hy

weer. ,,Sou sy net van my wil weg wees, of sou sy

wil tyd hê om rustig te dink ?—Of sou sy planne maak

om Bart te gaan sien?”


    Die gedagte voel hy tog soos ’n steek. ,,Man, sou

sy dit wil doen? Dan kan sy maar loop ook.”


    Sy trots kom in opstand. Oor die moontlikheid

daarvan het hy kon redeneer, maar noudat dit soos

’n werklikheid voor hom staan, kwets dit hom diep.

Dit maak hom vir ’n oomblik hard en wreed.

    ,,Dan hoop ek dat hy haar terugvat en dat hy haar

hel gee,’ dink hy.


    Hy ry lank sonder om ’n woord te sê en sy kyk

verwonderd na sy gesig. Dat daar iets is wat hom

hinder, kan sy wel sien. Seker sit hy aan Bart en dink.

Maar dit laat haar koud.


* * *


Oom Kasper van Tonder van Koffiefontein was een

van die grootste mielieboere en skaapboere in sy

omgewing. Hy woon op die Hoêveld waar die grond

vrugbaar is, waar die gras dig aanmekaar staan soos

’n kombers en waar die veld glad is en sonder klippe.


[bl. 170]


Daar lê die bulte soos groot miershope teenmekaar met

diep, smal laagtes tussenin. Daar lê die werwe nie

in die spruite nie, soos in die ranteveld, maar hulle

1€ hoog bo-op die droê bulte. Ver lê die mielielande

uitgestrek van die een plaas na die ander, liggroen of

blougroen in die somer of dor en geel in die winter.

Daar woon oom Kasper, die vader van Fransina, die

knapste boer in sy omgewing. Van boerdery wis hy

alles af en hy kon iemand altyd goeie raad gee. Hy

het indertyd Bart ook wil raai en die wou daar niks

van hoor nie. Daarom het hy uit die Hoêveld wegge-

trek en het op Kafferkraal gaan woon, ver genoeg van sy

skoonouers om ongehinderd te kan boer soos hy self

wou, en nie te ver om daarheen te gaan nie as Fransina

na die huis verlang het.


    In die rebellie het oom Kasper by die regering

gestaan. Hulle was in die Vrystaat ook ’n paar maal

aanmekaar gewees, maar by sulke geleenthede het hy

gesorg om mis te skiet. Nou in die laaste tyd hel hy

oor na die Nasionale Party.


    Sy huis staan halfpad teen die skuinste van ’n kop,

’n groot, goeie huis, gebou van geweldige groot, gesaag-

de sandklippe, uit ’n steengroef op sy grond. Dit kyk

uit op ’n groot pan, ’n ronde water. Hier boer tante

Johanna met eende en ganse en maak daar heelwat

geld mee. Oom Kasper het dit nie nodig nie; sy

mielies en sy ertappels en sy wol bring hom veel in.

So was hy ’n ryk man, een van die rykste boere in sy

omgewing.


    Hy het kort na die rebellie al ’n vermoede gekry

dat dit met Bart se geldsake nie te goed staan nie, en

graag sou hy gehelp het, maar Bart nog Fransina het

hom iets daarvan gesê. As sy net maar met ’n enkele

woord daarop sou gesinspeel het, sou hy dadelik hulp

aangebied het. Hy het daarop gesit en wag, daarna


[bl. 171]


verlang. Eenmaal toe Fransina daar kom kuier het,

het hy haar selfs daarna gevra, maar sy het toe ont-

wykend geantwoord. Toe hy hoor dat Bart sy grond

verkoop het, het hy baie gegrief gevoel. Waarvoor

was hy dan haar vader? En sy het wel geweet dat sy

maar net met ’n enkele woord daarop hoef te doel.

Maar te trots natuurlik. Hy kon tog ook nie agter

hulle aanloop nie om te vra of hy tog asseblief mog

help. Daarvoor was hy nou weer te trots. Hy het

daar so bitter oor gevoel dat hy Fransina nooit daarna

gevra het nie, en nog steeds bly dit ’n seer plek in sy

herinnering.


    Dit was eenuur en hulle het pas geêet, hy en sy

vrou en sy twee kinders wat nog ongetroud is. Met sy

pyp in sy mond staan hy op die stoep oor die omge-

wing en kyk, oor die werf, op die pan en na die bult

oorkant en tegelyk oordink hy die werk wat hy die

middag wil doen.


    Bo-op die bult waarna hy staan en kyk, op die pad

wat daar afkom, kom ’n motorkar te voorskyn.

    ,,Ek wonder of dit broer Andries is wat na my toe

kom,” dink hy. Hy kry sy verkyker van die muur

in die gang.

    ,,Die een ken ek nie,” dink hy. Tot hy meteens

aan. Ferdinand Basson dink. Daar is ook ’n vroumens

in die kar.

    ,,Dit is hulle,’ dink hy. Hy wag nog ’n oomblik

om te sien of die kar van die grootpad afdraai na sy

huis toe en toe loop hy haastig na binne, gryp sy hoed

en kierie en loop deur die kombuis agter uit.

    ,,Ek loop bietjie na broer Koos,” sê hy sonder om

te wag.


    Tante Johanna kyk verwonderd op. ,,Kasper lyk

meteens so haastig,” dink sy, maar toe sy effens later


[bl. 172]


die kar hoor en sien wie daar aankom, verstaan sy

die haastigheid van haar man. Dit ontstem haar.

    ,,Hy hoef nou darem nie te vlug as hulle ’n enkele

maal hier kom nie," dink sy.


    Sy gaan die stoep af en omhels haar dogter hartlik.

Sy soen ook vir Ferdinand. Daar kon sy moeilik aan

ontkom; dit is nou eenmaal so die manier.

    ,,Dis onverwags,” sê sy vriendelik, ,,maar die spreek-

woord sê, onverwagte vreugde is dubbele vreugde.”


    Sy is ’n lang vrou, ’n weinig swaar ook, maar haar

gesig is maer met ’n bleekbruin kleur en met veel

rimpels; haar oê het hul kleur verloor. ’n Beskaafde,

innemende vrou. Sy sien dadelik aan Fransina dat

daar iets verkeerd is, maar sy praat deur asof sy dit

nie opmerk nie, bewonder Boetie wat slaap. ,,Ons lê

hom solank maar op die bed,” sê sy.

    ,,    ,,Waar is Pa?” vra Fransina.

    ,,Hy is bietjie na swaer Koos. Hy sal seker nie te

lank weg wees nie. Ons het net klaar geêet, maar daar

is nog kos oor; wil julle nou eers eet, want julle is

seker honger?"

    ,,Ek sal nie eet nie, Ma, dankie,” sê Basson. ,,Ek

moet weer dadelik terug. Ek het net Fransina gebring

om ’n paar dae te kom kuier, maar ek wil liewer som-

mer weer ry.” :


    Sy kyk verwonderd. ,,So gou?” sê sy.

    ,,Ja, Ma, ek is jammer, maar ek het so baie te doen

by die huis, dat ek onmoontlik lank kan versuim. Die

werk is daar opgehoop.”

    ,,Ag nee, maar jy kan nie nou al ry nie. Eet darem

eers. Anders sal jy tog maar langs die pad moet stilhou

om iets te gebruik. Dan help dit tog ook nie.”

    ,,Nou ja, Ma, dankie, dan sal ek saam met Fransina

eet, maar dan moet Ma my verskoon, dan wil ek

dadelik ry.”


[bl. 173] * Bart Nel - 12


    ,,Nou goed, as jy dan so doodhaastig is. Wonderlik,

Fransina, dat die mans altyd baie werk het as hulle

nie die man by die huis kry nie. Hulle wil nie graag

met ons vroumense gesels nie.”

    ,,Nee, Ma, dis nie dit nie; dit weet Ma goed,”

antwoord hy verleê.


    Tante Johanna bring weer kos op die tafel en

gesels intussen oor allerhande dinge. Sy bekyk die

twee aandagtig. ,,Wat sou daar nou weer wees?”

dink sy beangs.

    ,,Dit reên hierlangs mooi,’ sê sy. ,,Die mielies is

tog te pragtig.”

    ,,Ja, Ma,” sê Ferdinand, ,,dis ’n plesier om nou

hier in die hoêveld te kom en die mielies so te sien.”


    Fransina doen af en toe ’n vraag aangaande die

twee kinders wat nog tuis is of oor die ander familie.

    ,,Daan vry nou straf,” sê haar moeder. ,,En Teunis

ry ook al rond om vrou te soek.”


    Sy gaan tee maak en toe hulle klaar geêet het, sê

Ferdinand: ,,Dit lyk nou sleg, Ma, maar ek wil nou

weer ry. Ma moet maar vir Pa groetnis sê. ’n Vol-

gende geleentheid kan ek altemit langer versuim.”


    Hy soen Fransina en tante Johanna en gaan na

buite. Fransina gaan nie saam tot by die kar nie,

maar kyk van die stoep af hoe hy wegry. Hy haal sy

hoed nog ’n maal af en tante Johanna waai met haar

hand.


* * *


    Na ’n paar uur kom oom Kasper terug. ,,O, hy is

gelukkig weg,’’ dink hy, toe hy die kar nie meer voor

die huis sien nie. ,,So verstandig is hy ten minste dat

hy kan sien dat hy by my onwelkom is. Hy het seker

Fransina kom bring.”

    ,,Dag, Fransina,” sê hy hartlik toe hy inkom. ,,Dis


[bl. 174]


gaaf, my kind, dat jy ons weer bietjie kom opsoek.

Is Ferdinand al weer weg?”

    ,,Ja, Pa, hy sê groetnis, maar hy kon nie vir Pa

wag nie.”


    Oom Kasper gee daarop geen antwoord nie. ,,Waar

is jou kinders?” vra hy.

,,Ousus het daar gebly, maar Boetie is hier, Pa. Hy

slaap.”


    Op sy tone gaan hy die slaapkamer in om te kyk.

    ,,’n Regte Van Tonder,” sê hy toe hy terugkom,

,,hy sal nog ’n mooi seun word, net soos sy oupa was.”


    Tante Johanna lag. ,,As hy dan maar nie net so

lelik word in sy ou dae nie.”


    Omdat Fransina so stil en treurig lyk, gesels hy

maar aanhoudend, oor die mielies, die skape, die weer,

die familie. Elke maal vra hy aan homself: ,,Wat se

geneuk sou daar nou weer wees? As hierdie tweede

man van haar haar sleg behandel, maak ek hom nog

dood.”


    Hy wis dat hy ’n vertroulike gesprek tussen Fransina

en haar ma gesteur het, en daarom gaan hy na ’n

halfuur weer weg. ,,Ons kan later weer verder gesels,”

sê hy, ,,maar nou moet ek gou bietjie gaan kyk hoe die

volk met die skoffelry aangaan.


    Voor hulle die aand in hul kamer was, kry oom

Kasper geen geleentheid om met sy vrou te praat nie,

maar sodra hy die deur agter hulle toegemaak het, vra

hy: ,,En nou? Wat is dit nou weer met Fransina?”

    ,,Sy wil terug na Bart.”

    ,,Is Basson dan nie goed vir haar nie?"

    ,,Hy is baie goed vir haar, sê sy. Sy sê hy doen

wat hy kan om haar die lewe aangenaam te maak.

Sy hou ook wel van hom, sê sy. Op ’n manier dan

altyd. Nie soos sy een tyd van Bart gehou het nie,

maar tog, sy hou wel van hom. Maar sy wil terug.


[bl. 175]


Sy sê sy kry Bart jammer. Sy wil na hom terug dat

hy weer sy kinders en haar by hom het.”

    ,, Wil hy haar weer hê?”

    ,,Dit weet sy nie.”

    ,,Hy het haar nie geskryf nie?”

    ,,Nee.”


    Oom Kasper gaan op ’n stoel sit en trek langsaam

sy skoene uit. ,,Wat dink jy daarvan?” vra hy

eindelik.

    ,,Ek weet nie, Kas. Maar sy hou nog van hom,

ek sien dit. Sy hou, lyk dit my, nou meer van hom

as ooit. Daarom het ek maar niks gesê nie, al lyk dit

my gevaarlik.”

    ,,Hoe, gevaarlik?”

    ,,Nou ja, verstaan jy nie, Kas. Sy het nou ’n man

wat goed is vir haar. Maar sal dit goed gaan met

Bart? So ’n ding tussen hulle kan maklik maak dat

hulle naderhand soos kat en hond lewe. Die eerste

ruk gaan dit miskien goed, maar later sal hy haar

moontlik gaan verwyt. Dit sal altyd ’n gevaar bly.”

    ,,Ja, dis waar. Dit sal ’n vasvalplek bly wat nooit

sal opdroog nie.”

    ,,Daar is ek ook bang voor dat dit ’n seer kan wees

wat nie wil toegaan nie.”

    Hy sug en begin hom uittrek. Op hul rug lê hulle

na die plafon en kyk, in twyfel, in vrees.

    ,,As dit sou gebeur, sou dit weer ’n gepratery en

geskendery afgee van die ander wêreld,” sê hy.

    ,,Og, Kas, dit traak my nou nie. As ek net maar

wis wat die beste is vir Fransina.”

    ,,Nie wat die beste is nie, maar wat die eerlikste is.

Die beste kan sy nie meer vra nie. Sy het daardie

fout gemaak en moet daarvoor boet, dit kan nie anders

nie. Dis die wêreld se beloop. Vir jou sondes moet

jy ly, daar kan jy nie aan ontkom nie. Maar wat is die


[bl. 176]


eerlikste, dis wat ek nie weet nie. Wie van die twee

mans het die meeste reg op haar?”

    ,,Bart, volgens my opinie, want hy is tog na regte

haar eie man.”

    ,,En is Basson dan nie haar eie man nie?”

    ,,Hy is, ja, maar tog Bart was eers haar man. Sy

het van hom af weggegaan, maar as sy nou spyt is

daaroor en hy wil haar weer hê, dan meen ek het hy

die meeste regte.”

    ,,Ek weet nie, Johanna. Die ding is nie so eenvoudig

nie. ’n Vrou steel, is nie ’n perd steel nie.”

    ,,Wat wil jy haar dan raai, Kas?”

    ,,As sy kan klaarkom met Basson, sou ek sê, laat

sy liewers bly waar sy is. Dit is ’n smerige affêre,

maar so word dit nog smeriger.”

    ,,En die kinders, moet mens ook nie met hulle

rekening hou nie?”

    ,,Nee, met die kinders moet mens nie rekening hou

nie.”

    ,,Maar, Kas, hoe kan jy dit sê?”

    ,,Hulle het baie te doen met die wenslikheid van

die ding, maar nie met die eerlikheid daarvan nie. Ek

praat nou van die regverdigheid van die saak, sien jy.

Ek wil eers weet wat is die eerlikste en regverdigste,

en daarby bly die kinders buite rekening.” ©

    ,,Nee, Kas, mens kan ook te regverdig wees.”

    ,,Nie sommer nie.”


    Hulle lê weer en dink. Die kers staan op ’n tafeltjie

by sy kop. Die groot kamer met stoele en groot

klerekas, die wastafel met waskom, dit staan alles met

hul ligkante en donker skaduweekante asof dit alles

staan en luister. Hy gaan orent sit, reik na sy baadjie

wat oor ’n stoel hang en kry sy pyp.

    ,,Verniet om nou te wil slaap,” sê hy. Hy steek


[bl. 177]


sy pyp op by die kers en raak diep in gedagte.

Eindelik sê tante Johanna:

    ,,Sy wil hê dat jy met Bart gaan praat.”


    Sy sê dit bang, uit vrees vir ’n kwaai antwoord.

Maar dit kom nie; oom Kasper bly swyg. Toe sê

hy na ’n rukkie: ,,Wil sy haarself so verneder?—

Maar sy verdien dit ook.”

    ,,Hoe hard kan jy oordeel, Kas; en dit nogal oor

jou eie kind.”

    ,,Jy weet self hoe ek van Fransina hou, maar reg

is reg. Sy het Bart baie gemeen behandel."

    ,,Hy het ook wel aanleiding gegee.”

    ,,Nie tot so iets nie. Dat sy ontevrede was en kwaad,

dit kan ek verstaan, maar Bart het haar nooit rede

gegee tot so iets nie. En as sy nou die minste wil wees

en haarself aanbied om terug te kom, dan is die ver-

nedering niks meer as wat sy verdien nie. Dit moet

haar baie hard val, want sy het ’n baie trotse en hoog-

moedige natuur, maar tog is dit niks meer as wat sy

verdien nie.” 

    ,,Wat meen jy dan? Moet sy dit doen?”

    ,,Ek sou dit nie doen as ek sy was nie. Ek sal haar

dit ook afraai, maar as sy dit beslis wil doen, dan moet

sy dit self weet. Sy moet dan maar doen wat sy meen

wat goed is.”


    Hulle luister omdat hulle iets hoor. Deur die muur

heen hoor hulle Fransina. Dit gaan of sy huil. Tante

Johanna staan op, maak versigtig die deur oop en gaan

die gang in om by Fransina se deur te luister. Dit

was donker in haar kamer, daar is geen streep lig onder

die deur nie, maar sy hoor hoe Fransina hardop lê

en snik. ’n Rukkie staan sy en luister daarna, gaan toe

weer soetjies weg. Oom Kasper sit met sy pyp in

sy hand sonder om te rook, sy gesig bleek van

medelyde.


[bl. 178]


    ,,Jy moet maar gaan, Kas,” fluister tante Johanna.

    ,,Toe dan maar,” sê sy. Hy dink: ,,Vir sover ek

Bart ken, sal hy haar tog nie terugvat nie. Bart is een

van diê as jy hom eenmaal ’n skop gegee het, vergeet

hy dit nooit nie.”


    Hy took tot sy pyp uitgebrand is en druk toe die

kers dood. Na’nkwartier roer hy nie meer nie. Tante

Johanna ook nie. Hy hoor die horlosie in die sit-

kamer, tien-, elf-, twaalfuur slaan, maar hy beweeg nie.

Sy vrou skyn te slaap, maar hy is daar nie seker van

nie. Soms meen hy dat hy gesluimer het. ’n Haan

kraai en ’n ander een gee slaperig antwoord.

    ,,Dis netnou dag,” dink hy.


    Daar fluister sy vrou: ,,Slaap jy dan nie, Kas?”

    ,,Nee, ek kan nie slaap nie. Het jy al geslaap?”

    ,,Nee, ek kan ook nie aan die slaap raak nie.”


    Hy draai hom om en stryk met sy hand liefkosend

oor haar maer sagte gesig. ,,My stomme ou vrou,”

sê hy, ,,jy kry swaar, nê?”


    Sy buig haar kop teen sy hals, maar gee geen ant-

woord nie.


* * *


    ,,Dus, dan moet ek net vra of hy jou wil sien a

vra oom Kasper.

    ,,Ja, Pa,” sê Fransina.


    Hulle staan agter die huis aan die ingang van die

vrugteboord buite die gehoor van mense in die huis.

Dit was in die mêre en oom Kasper was aangetrek

om uit te ry.

    ,,Jy meen jy doen goed?”

    ,,Ja, Pa.”


    Hulle staan weer ernstig en dink. Soos die twee

altyd mekaar verstaan het, was daar geen ander twee

in die huis nie. En tog was sy so ver van hom af dat


[bl. 179]


sy hom toentertyd nie eers wou sê dat hulle in geldelike

moeilikhede was nie, net omdat hy een tyd half teen

hul huwelik was. Maar hyself was net so. Hy staan

daar nou weer aan en dink. Dit was seker ook

medeoorsaak dat sy Basson geneem het.

    ,,Hoekom het jy my toe nooit gevra om vir julle

te help nie, Fransina, toe Bart verplig was om sy grond

te verkoop?” vra hy.

    ,,Ek glo nie Bart sou dit wou gehad het nie, Pa.”

    ,,Hoekom nie? Is ek dan ’n vreemdeling van julle

dat ek julle nie eers mag help nie?”

    ,,Nee, Pa, maar ’n man soos Bart sal altyd probeer

alleen deurkom sonder dat hy iemand hoef te vra.”

    ,,Maar hy kon nie deurkom nie. Dat hy sukkel

solank as hy kan, dit kan ek verstaan, so is enige man

maar ‘wat eergevoel het, maar as dit eenmaal sover is

dat jy hulp nodig het, wat se oneer steek dan daarin

om jou ouers te gaan vra? Julle het my baie seer-

gemaak daarmee.”

    ,,Ek is jammer, Pa, maar Pa weet ook, dis nie Pa

en Ma alleen nie, daar is die broers en susters ook.”

    ,,Maar is ek dan nie nog baas oor al my goed nie.

Wat het hulle daarmee te doen wat ek met my geld

maak?”

    ,,Ja, Pa, dis waar, maar tog, dis nie lekker nie as jy

weet dat ander jaloers is en meen dat jy meer kry as

hulle. Mens sien dit tog maar alte baie.”

    ,, By ons is dit, hoop ek, nog nie so nie.”

    ,,Og, ons weet ook nie, Pa. Jou eie broers en susters

miskien nie, maar jou swaers en skoonsusters is altemit

wel so. Buitendien, Pa, ons was nie uitverkoop nie.

Bart het ’n goeie prys gekry; beter as wat hy kon ver-

wag.”

    ,,Nou ja, dis verby, maar ek dink so by myself dat


[bl. 180]


daardie dinge ook ’n stoot gegee het om dinge na ’n

punt te laat loop.”

    ,,Nee, Pa, dit was nie dit nie.”


    Weer staan hulle sonder om iets te sê.

    ,,Nou ja, dan sal ek maar ry,” sê hy. Hulle gaan om

die huis waar die kar klaar staan en hy klim in. Pein-

send staan sy hom en agternakyk. ,,Hy sal dan in elk

geval weet dat ek nog van hom hou,” dink sy.


    Oom Kasper in sy kar dink: ,,Op so ’n ongelukkige

boodskap was ek nog nooit uitgestuur nie. Dis ’n

vernedering. Hier moet ek my dogter vir ’n man gaan

aanbied wat sal weier so seker as wat. Maar vir

Fransina sal ek baie doen.”


    Dit was ’n kleine veertig myl na Japie Labuschagne.

Dit sal hom seker twee uur neem. ,,As hy nou maar by

die huis is,” dink hy. Toe hy nog ’n paar myl van Japie

Labuschagne se huis af is, kom hy by ’n perderuiter.

Dit was Bart. Hy hou stil en verwonderd klim Bart af.

,,Dag, Pa,” sê hy kalm.

    ,,Dag, Bart. Swartbooi, loop jy vooruit," sê oom

Kasper vir die jong wat by hom was. ,,Kom sit so ’n

bietjie by my in die kar, Bart, ek wil graag met jou oor

iets gesels."


    Bart maak sy perd vas en kom in die kar sit.

    ,,Hoe gaan dit nog, Bart?”

    ,,Nog goed, Pa. En met Pa-hulle?"

    ,,Ook nog goed. Ek is bly dat jy eindelik weer

los is.””


    Bart gee daar geen antwoord op nie. Wat sou sy

skoonvader van hom wil hê?

    ,,Fransina stuur my,” sê oom Kasper.

    ,,Ja?” vra Bart koel.

    ,,Sy vra of sy jou kan sien; sy wil graag met jou

praat."


[bl. 181]


    Bart bly ’n rukkie stil, toe sê hy nors: ,,Wat wil sy

van my hê?”

    ’n Woede staan meteens in oom Kasper op. Sy

kop swel en hy bly stil. Die kêrel gaan dit vir hom nog

onaangenamer maak as wat dit reeds is. Bart swyg ook,

sit skynbaar onverskillig en wag. Met moeite bedwing

oom Kasper homself om nie ’n stekelige antwoord te

gee nie.

    ,,Sy wil weer na jou terugkom,”

    ,,Behandel Basson haar dan nie goed nie?” Sy

donker oê skiet meteens vol haat en hy kyk sy skoon-

vader aan asof hy Basson sien.

    ,,Nee, dit nie, hy is goed vir haar; dit moet ek eerlik

sê, al kan ek nou die vent ook nie meer verdra nie.”

    ,,Nou ja, waarom sal sy dan van hom weggaan?”

Sy sê sy hoort by jou.”

    ,,Nou nie meer nie.”


    Oom Kasper swyg, en ’n paar minute sit hulle stil na

die pad en kyk, na die jong wat daar lui voortstap.

Oom Kasper soek na wat hy nou moet sê.

    ,,Vat haar weer, Bart,” sê hy oorredend. ,,Julle sal

weer goed klaarkom, ek sien dit. Julle weet self nie

hoeveel julle van mekaar hou nie.”


    Maar Bart skud sy kop.—.[is te laat, Pa. Dat ek-nog

altyd_van_haar hou, is so, God_alleen weet hoeveel,

maar ek kan haar nie weer terugvat nie.

    ,,Dink jy ook nie aan die kinders nie?”

    ,,Ek dink aan hulle, maar dit sal my ook nie beweeg

om weer met haar te leef nie.”

    ,,Kan jy haar nie vergewe nie?”

    ,,Ek kan_vergeef,.maarek kan nie_vergeet_nie. —

Kyk, Pa,” vervolg hy hartstogtelik en hy draai hom na

oom Kasper om hom aan te kyk: ,, Van Fransina het ek

gehou soos min mans yan hul vrouens hou, En nou

Nog, nou nog hou ek van haar, en as ek sou dink dat sy


[bl. 182]


n slegte lewe sou hê by daardie vent, dan sou ek haar,

dink ek, weer terugvat, maar nou nie. As ek haar

terugvat, is dit die een gruwel op die ander.”


    Oom Kasper bly stil.

    ,,pa sou dit ook nie doen nie.”

    ,,Dit weet ek nie. Mens moet self so iets ondervind

om daaroor te kan oordeel. Maar dis nie die kwessie

wat ek sou doen in so ’n geval nie, maar die vraag is wat

die Here wil hê dat jy moet doen.”

    ,,Ek dink die Here sou dit afkeur, Pa. Dit is ’n

dubbele hoereerdery.”


    Oom Kasper swyg. Bart was reg. Hy sien dit soos

hy dit self ook sien.

    ,,Jy wil nie nog daaroor dink nie?” vra hy na’n stilte.

    ,,Nee, Pa.”

    ,,Ek is baie jammer,” sê oom Kasper treurig, ,,ek is

baie jammer. Ek het gehoop dat julle dit weer sou

goedmaak tussen julle, dat alles dan weer op ’n manier

sou reggemaak gewees het.”

    ,,Nee Pa, dit kan nie.”

    ’n Tyd lank sit hulle daar langs mekaar, denkend aan

Fransina.


    Bart klim langsaam uit en gee sy pa die hand. ,Dag,

Pa," sê hy moedeloos.

    ,,Dag, Bart. Ek is self ook jammer dat ek jou verloor

het, seun.” Bart gee geen antwoord nie, maak sy perd

los en klim op. Die kar gaan hom verby, maar hy

kyk nie weer op nie.


* * *


    Fransina was weer terug op Bassons Rust. Sy doen

haar werk en gesels met Ferdinand soos voorheen,

ywerig en vriendelik. Basson maak asof hy geen

verandering aan haar sien nie, gesels en maak grappies,

bedink vriendelikhede en neem haar uit soos altyd,


[bl. 183]


en laat nie merk nie dat hy wel sien dat sy verdriet

het. Fransina is stiller, ernstiger, meer ingetoê. Daar

kom amper nooit meer ’n driftige woord uit haar mond

nie, ndg teen hom of teen die kinders, ndg teen die

bediendes. En sy was liewer teenoor Basson. As hy

haar aanhaal, lê sy met haar kop teen sy nek. Soms as

sy teen hom leun, het sy trane in haar oê.


    Een aand, na ete, toe die kinders slaap, sit hulle

nog in die sitkamer. Daar brand net een kers en in

die groot vertrek is die hoeke half donker. Hy het sy

stoel langs hare getrek en sit met haar hand in syne.

Haar kop rus teen sy skouer.

    ,,My hart,” sê hy en stryk met sy wang oor haar

hare. Sy kruip digter teen hom aan.

    ,,Hou jy baie van my?” vra hy.


    Sy knik.


    Die aand was Basson nie meester van homself nie.

Sy vrae kom teen sy wil uit.

    ,,Meer as van Bart?”


    Sy skud haar kop.

    ,,Sou jy dan liewers by Bart wil wees?”


    Sy knik.


    Maar hy word nie kwaad nie. Waarom sou hy

kwaad word? Hy wis dit mos lankal.

    ,,Wil jy weer na hom terug?”

    ,,Hy wil my nie meer hê nie.”


    Hy swyg, maar hulle bly so sit. Sy stryk met haar

hand oor sy gesig. ,,Arme Ferdinand.”


    So sit hulle weer ’n tyd sonder iets te sê, maar deur

Basson gaan ’n weemoedige vreugde, want hy voel dat

hulle nog nooit so dig bymekaar was nie.


    Sy druk met haar hand sy kop vaster teen hare aan.

    ,,Jou het ek darem,” fluister sy.     ,,Jy wil my hê.”


[bl. 184]


Hulle praat nog nie van opstaan nie.

    ,,Ons lyk soos twee jong mense wat opsit,” dink

Basson met ’n opflikkering van sy gewone vrolikheid;

maar toe dryf hy weer terug in ’n wye weemoed.


[bl. 185]



📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…