Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 5

Hoofstuk V

V


OF Steenkoolbank, in die Hoêveld, woon op ’n stuk

huurgrond ’n arm jong boer, Gert Maritz. Hy

woon daar al enkele jare, het daar ’n huisie gebou,

ook ’n waenhuis van sink, wat hy kan afbreek ingeval

hy sou wegtrek, het daar ’n kraal gemaak en het selfs

’n paar perskepitte geplant. Die eienaar van die grond

leen hom wa en osse en gereedskap en vir alles betaal

hy met die helfte van sy oes. Op sy fiets ry hy na Oogies

en na sy bure of na die eienaar as hy iets wil hê. As

sy vrou êrens heen wil gaan, span hy tien of twaalf osse

voor die wa en ry met haar daarheen.


    Hulle het nie kinders nie en as die man die dag van

die huis af weg is, sit sy vrou die hele dag alleen. Die

naaste bure is twintig minute met die voet van hulle af

en daar kom maar selde iemand hulle besoek. Soms

dink die vrou dat dit beter sou wees om weg te trek na

’n plaas waar daar meer mense is of na ’n dorp of stad,

maar dan sê haar man dat hulle wel gou ’n kar en perde

sal kan koop en dat hy ’n tweede slaapkamer aan die

huis sal bou en dat die lewe dan heelwat aangenamer

sal word. Hy hou nie van ’n stad nie, en hy weet van

geen ander plaas waar hy sou kan heengaan nie. Hy

vind dit daar ook nie te eensaam nie, want hy kan altyd

op sy fiets klim en na iemand toe ry as hy behoefte

voel om weer ’n slag mense te sien.


    So woon hulle nou al drie jaar daar. Soms gaan

sy na haar ma, wat twee dae met die wa van hulle af

woon, om daar ’n paar weke te bly, maar voor daar

agt dae om is, begin sy haar te bekommer oor haar


[bl. 186]


man wat daar nou so eensaam is en verlang sy al weer

na die huis.


    Langsaan die grond wat hulle bewoon, lê ’n groter

stuk wat ook te huur is en hele aande kan hulle daaroor

sit en gesels wie miskien daardie grond sal huur. Mis-

kien kom diê een daar woon en dit sou waarskynlik

wel aangenaam wees. Ten minste, so dink die vrou.

Die man vrees half die koms van so ’n buurman. Van

bure het mens soms meer las as plesier en hy vind die

eensame lewe wat hy voer aangenaam. Vroeêr het

daar mense gewoon, maar diê het weggetrek kort voor

hulle daar gekom het. Die ou verwaarloosde huisie

met ’n paar vernielde perskebome en ’n vervalle kraal,

staan daar nog.


    Een dag kom Maritz tuis met die berig dat die grond

verhuur is; die huurder is Bart Nel. Hy kom reeds ’n

week later, alleen met sy dogtertjie, ’n meisie van

twaalf jaar.


    Hy en Maritz kom goed met mekaar oor die weg.

In die rebellie het Maritz by die huis gebly. Hy wou

gerebelleer het, maar kon geen maat kry om saam met

hom die rebellekommando’s te gaan soek nie, en so

het daar toe niks van gekom nie. Toe hulle hom kom

opkommandeer, was hy nie by die huis nie, en toe daar

later nog ’n keer ’n paar man van ’n regeringskommando

na hom toe ry, kry hulle weer niemand daar nie. ,,Hy

kruip weg,” dink hulle en laat hom verder met rus.

Hulle was dus, wat die politiek betref, eensgesind en

dikwels kom Bart daar by hom gesels of gaan hulle na

hom toe.


    Annekie hou van die jong vrou en as sy klaar is

met haar werk, loop sy gewoonlik daarheen of kom die

vrou na haar toe. So was hulle al gou groot vriende.

Die tweede Sondag het Maritz aan Bart kom vra of

hulle saam sou boekevat, maar dit wou Bart liewer


[bl. 187]


nie doen nie; dit doen hy liewer met Annekie alleen.

Annekie vra hom dan gewoonlik oor wat hy gelees

het en dan het hulle lang gesprekke oor God en Sy

wil en oor allerhande dinge in die Bybel. Dit wou

Bart nie verloor nie, en daarom sê hy dat elkeen maar

self boeke moet vat. Dit vind Maritz onvriendelik,

maar sy vrou kan dit verstaan.


    Vir Annekie was dit ’n stil lewe om vir dae met

niemand as die bediende of mev. Maritz te gesels nie.

Maar sy het dit gou gewoond geword, trots daarop

dat sy haar vader se huis versorg.

So het ’n jaar verbygegaan.


* * *


    Dit was op ’n voormiddag. Annekie, bietjie verwaar-

loos in haar uiterlik, sit by die tafel die sokkies van

haar vader en stop. Die deur staan oop en elke maal

kyk sy na buite oor die somerveld.

    ,,Liesbet,” roep sy met luide en enigsins gebiedende

stem,

    ,,Nonnie?”

    ,,Moenie die vuur vergeet nie, hoor. En kyk of die

vleis en boontjies nie kan aanbrand nie.”

Ja; Nonnie."


    Annekie gaan weer aan met haar werk, maar staan

na ’n tyd op om te kyk of sy haar vader nog nie sien

kom nie. Sy sien hom, nog klein, van die land af

aankom.

    ,,Liesbet, ek sien die baas kom.”


    Sy neem die sokkies en al die ander goed van die

tafel en smyt dit op ’n stoel. Toe maak sy danspasse;

maar effens en begin dan die tafel te dek. Uit ’n kas

neem sy ’n tafeldoek, borde, lepels en vurke en lê alles

op hul plek. Sy doen dit handig, ’n weinig onpresies,

maar tog met blykbare plesier daarin. ’n Oomblik


[bl. 188]


staan sy toe die tafel en beskou, skop onderwyl haar

lang bene uit en swaai haar arms rond. ,,Ons gaan

vandag lekker kos eet,” sê sy. ,,Vleis, boontjies,

ertappels, rys, brood, melk, poeding."


    Die skepsel maak die kombuisdeur oop en steek haar

kop om die hoek; ’n ou, bruin gesig, gerimpel soos

’n uitgedroogde ertappel, met klein, diep ogies soos

bruin krale. ,,Is die baas al hier, Nonnie?”

    ,,Nee, die baas kom aan.” Sy spring na die deur.

,,Die baas is nou by die kamp.”

    ,,Met wie praat jy dan so?” skree Liesbet skril,

maar tog vriendelik.

    ,,Aag, ek het sommer met myself gepraat.”

    ,,O." Liesbet maak die deur weer toe.

    ,, Wat het ek nog vergeet?” sê Annekie. ,,O ja,

blomme.”


    Liesbet kom binne en gaan na die deur om te kyk

of Bart aankom en sien Annekie na Maritz se huis

hol. Sy slaan skrillaggend haar hande op haar maag.

    ,,Seker weer blomme gaan vra; verspotte kind.” Sy

kry skottels en borde uit die kas en gaan daarmee na

die kombuis. Kort daarna kom Annekie terug, ’n

groot bos blomme in haar hande en gaan daarmee na

die kombuis om hulle in die water te sit. Toe sy daar-

mee terug is, kom Bart juis binne.

    ,,Dag, Pappie," sê sy bly en slaan haar arms om hom.


    Bart, in sy werkhemp, met groot sweetplekke onder

sy arms, trek haar tussen sy knieê. ,,Alla, blomme ook

al,” sê hy. ,,Word tante Koba nie al vies nie dat jy

so baie maal blomme kom vra?”

    ,,Nee, Pa, tante Koba sê ek kan maar kom pluk, sy

het te veel.”


    Liesbet kom in met die kos. ,,Middag, Baas.”

    ,,Middag, Liesbet."

    Moeg sit Bart op sy stoel, sê vir ’n rukkie niks.


[bl. 189] * Bart Nel - 13 


Annekie help die skepsel met die kos inbring en Bart

staan op om hom te was. Toe sny hy brood en gaan

sit, Annekie regoor hom.

    ,,Kom ons bid eers,’ ’ sê hy.

    ,,Maar dis mos ’n heerlike eetmaal, Annekie."

    ,,Ja, Pa, maar dis mos my verjaarsdag, En Pa moet

nie te veel brood eet nie, want ons kry nog poeding

ook.”

    ,,Wat? Jy sal maak dat ek vanmiddag nie kan werk

nie; ek sal te veel eet.”


    Sy lag vrolik. ,,.Maar Pappie moet ook nie: van-

middag werk nie.”

    ,,Ek moet, jong; ek moet baie ploeg, want ek wil

volgende jaar baie mielies plant.”

    ,,Geelbooi kan maar alleen aangaan."

    ,,Jy kan lekker praat. Hy kan tog nie alleen met

twee ploeê werk nie!"

    ,,Een ploeg sal genoeg wees vir vanmiddag, Pa. Dan

kan Pa bietjie rus en met my ’n speletjie speel."

    ,,More is dit Sondag, dan kan ek uitrus."


    Annekie sê niks meer daaroor nie, en hulle eet stil

deur. Meteens spring sy op. ,,Ag, amper het ek dit

vergeet.” Sy gaan na die kas en kry daar ’n botte]

wyn uit.

    ,, Wat is dit?” vra Bart verwonderd.

    ,,Wyn,” sê sy trots,

    ,, Waar kry jy dit?”

    ,,Ek het oom Gert dit laat saambring. Ek wil hê

Pa moet op my gesondheid drink.”

    ,,Mastig, jy is darem baie oulik, nê? Maar jy moet

darem met my saamdrink, jong.”


    Toe gaan altwee staan. ,,Nou, Annekie, dat ek nog

baie, baie jare op jou gesondheid sal mag drink.”

    ,,Dankie, Pa,” toe gaan hulle weer sit.

    ,, Het Wagter nie saamgekom nie, Pa?”


[bl. 190]


    ,,Nee, hy pas my baadjie op.”

    ,,Sal hy nie honger word nie?”

    ,,Ek sal hom netnou huis toe stuur om te kom kos

kry.”


    Na ’n rukkie sê Bart: ,,Jy sal nooit raai watter

present ek vir jou gekoop het nie.”

    ,,Het Pa ’n present vir my gekoop? Waar is dit,

Pa?

    ,,Nee, ek sal dit netnou vir jou gee.”

    ,,loe Pa, sê my wat is dit.” Maar Bart skud sy kop.

    ,,ls dit ’n boek?”

    ,,Nee, dit is nie ’n boek nie.”

    ,,ls dit klere?”

    ,,Nee, klere ook nie.”

    ’n Paar oomblikke sit sy en dink. ,,Is dit ’n lewendige

iets, Pa?”

    ,,Ek gaan jou dit tog nie sê nie, jong. Jy kan maar

gerus ophou met vra. Jy sal moet wag tot ons klaar

geêet het.”

En nou wil ek my poeding hê. Wag, gee my eers

nog ’n bietjie wyn.”

    ,,Liesbet.””

    ,,Nonnie?”

    ,,Bring die poeding.”

    ,,Mastig, maar dis mos ’n eersteklas poeding,” sê

Bart toe hy daarvan geproe het. ,,Maar jong, jy sal

my tog nie vertel dat jy hom allenig gemaak het nie?

Tante Koba het jou seker gehelp?”

    ,,Regtig, Pa,” antwoord sy tegelyk verontwaardig en

gestreel.

Gert Maritz kom in die deur.

    ,,Kom in, neef Gert, sit maar.”

    ,,Eet julle nog?”

    ,,Ja, Maar ons is amper klaar. Wil jy nie saameet

nie?"


[bl. 191]


    ,,Nee dankie, ek het nou net geêet.””

    ,,Maar jy kan darem gerus van Annekie se poeding

proe, net om te sien hoe lekker sy kan poeding maak.”

    ,,Nou ’n klein bietjie dan, net maar om te sien of

sy ook al iets weet van kos kook.”


    Annekie, met ’n rooi kleur, skep in.

    ,,Ai, nie so baie nie, jou pa wil ook nog hê.” Hy

proe langsaam. ,,Mastig ja, die poeding is regtig lekker.

Jou dogter weet darem al iets van kos klaarmaak, Bart.”

    ,,Ek sou so dink.”


    Maritz wenk geheimsinnig met sy oê na agter. Bart

knik.

    ,,En nou sal jy tog seker ook ’n bietjie wyn drink op

Annekie se gesondheid?”

    ,,Wat, verjaar sy dan?”

    ,,Ja, Oom, ek word dertien.”

    ,,So, so man, jy wil my nou dronkmaak, lyk dit.”

Hy gaan staan. ,,Annekie, op jou gesondheid."

    ,,Dankie, oom Gert.”

    ,,Neef Bart, en dat hierdie dogter van jou nog baie

jare lekker poedings vir jou mag maak.”


    Hulle lag al drie vrolik.

    ,,sal Pa niks meer gebruik nie?”

    ,,Nee dankie, ek het my nou trommeldik geêet.”


    Sy begin die tafel afdek. Bart en Maritz gaan na

buite, maar dadelik daarna kom Bart weer terug.

    ,,Annekie, kom kyk.”


    Sy storm na buite. Agter die waenhuis staan Maritz

met ’n opgesaalde perd, klein en mak. Bart gee

Annekie die teuels. ,,Hier is jou present,” sê hy.


    Sy staan eers spraakloos. Toe vlieg sy Bart om sy

nek. Haar oê straal en sy is bloedrooi.

    ,,Is sy regtig myne, Pa? — Is sy eerlik waar myne?”

    ,,Ja, Annekie, dis vir jou verjaarsdag; ek hoop jy sal

lekker op haar ry.”


[bl. 192]


    Sy stryk die klein merrie oor haar neus en klop

haar op die nek; druk haar gesig in haar maanhare.

    ,,Sy is baie mak, nê, Pa?”

    ,,Ja, sy is baie mak.”

    ’n Tydjie staan hulle sonder woorde. Annekie is

nog altyd oorbluf, — staan en kyk asof sy dit nog nie

glo nie. Bart en Maritz bekyk haar met ’n glimlag.

    ,,Ek sal haar nou maar afsaal,” sê Bart. ,,Dan bring

ons haar in die kamp.’" Annekie hol na binne. ,,Lies-

bet, Liesbet,” jubel sy in die sitkamer, ,,Pa het vir my ’n

perd gekoop.”

    ,,Nee, Nonnie, jy lieg.”

    ,,Regtig, kyk daar bring hulle haar kamp toe.”

    ,,Nee, Nonnie, dis sommer baas Gert se perd wat

hy gekoop het.”


    Sy lag luid toe sy sien hoe dat Annekie skrik.

    ,,Jy speel maar net, nê, Liesbet ?"

    ,,Ja, Nonnie, ek speel maar. Ek wis dit al. Jou pa

het my al gesê.””

    ,,Nou sal ek die wêreld afry," roep Annekie.

    ,,Moet net nie te wild ry nie.”

    ,,Ek sal met haar jaag dat die grond sommerso dreun

as ek verbykom.”

    ,,Nee, jy sal afval. Jy kan nog nie goed ry nie. En

as jy jou nek breek, kan jy nooit weer ry nie.”


    Annekie spring die agterdeur al weer uit, haar pa

en Maritz tegemoet. Liesbet skreeu: ,,Nee, Nonnie;

nee a jong; help jy dan nie vir my die skottelgoed was

nie?”

    ,,O, ek het glad vergeet.””

    Sy hoor haar pa en Maritz weer inkom. In die sit-

kamer sit die twee ernstig en rook.

    ,,n Kind is darem ’n groot aantreklikheid in die

huis," sê Maritz.

    ,,Ja,” antwoord Bart. ,,My suster hou aan dat ek


[bl. 193]


haar by hulle moet laat bly, maar ek sien nie kans nie.

Jy weet self, Gert, sy is soos ’n maat vir my. Ons kan

ure lank oor alles sit en gesels, want sy is so slim soos

’n grootmens. Sy laat my by rukke al my swarigheid

vergeet, maar as sy sou moet weggaan, dan weet ek nie

hoe hou ek dit uit nie.”

    ,,Nee, Bart, hou haar by jou. Jy het haar nodig, man

Jy kan haar nie laat weggaan nie; nou nog nie.”


    Annekie kom binne en sê opgewonde: ,,Pa, hier kom

’n motorkar. Dis seker tante Martha. Nou sal Pa mos

nie vanmiddag kan werk nie. En wat word van Wag:

ter? Hy sal mos baie honger word.”

    ,,ls Wagter nog by die mielieland?” vra Maritz.

    ,,Ja, hy pas my baadjie op.”

    ,,Nou ja, maar dan sal ek dit gaan haal, dan kan hy

maar kom eet.”

    ,,Ja, as jy dit wil doen, maar anders kan hy maar

wag.”

    ,,Nee, hy is mos ook honger.” Hy roep Annekie

nader en fluister: ,, Tante Koba het gesê jy moet netnou

bietjie oorkom; sy het ook ’n klein passella vir jou.

Sy kan nie self kom nie, want sy bak beskuit.”

    ,,Ja, Oom.”


    Maritz gaan weg en ’n rukkie later kom die motor

voor die deur.

    ,,Dis gaaf,” sê Bart. ,,Julle kom juis op die regte”

    ,,Ja,” sê Japie, ,,dis mos Annekie se verjaarsdag.

Veels geluk, Annekie, veels geluk, Bart.”

    ,,O,” lag hy, ,,ek het wyn saamgebring om op

Annekie se geluk te drink, maar jy het darem ook,

sien ek.”

    ,,Ja, maar die bottel is al byna leeg.”

    ,,Dan sal ek eers myne gaan kry, want drink moet


[bl. 194]


ons. Op ’n verjaarsdag moet ’n mens drink, anders is

dit nie ’n verjaarsdag nie.”

    ,,Dis darem gaaf," sê Bart weer. ,,Ons het al begin

uitkyk na julle.”

    ,,Die plan het sommer skielik opgekom. Gister sê

Martha vir my, mêre verjaar Annekie, want sy onthou

mos al die verjaarsdae. Ek sê toe: Nou maar dan

kan ons gerus bietjie na Bart toe ry. En toe vergeet

ons nog om ’n present te koop.”

    ,,O, dis niks nie, oom Jaap. Oom Jaap, Pappie het

vir my ’n perd gekoop. Dis ’n merrie.”

    ,,Nou maar dan verstaan ek dat jy al heeltemal

tevrede is.”


    Annekie staan teen haar tante geleun, haar arm om

haar nek.

    ,,Maar oom Jaap jok darem,” sê Martha. ,,Ons het

wel iets vir jou gebring." Sy haal ’n dosie uit; ’n

horlosie. ,,Pas dit nou mooi op, hoor.”


    Annekie word rooi van verrukking. ,,O, tante

Martha, baie, baie dankie.”

    ,,Wat is dit, jong," vra Bart. Verruk gaan sy na hom

toe. Hy neem dit uit die dosie en sit dit aan haar pols.

    ,,Dis pragtig, Annekie." Sy gaan voor die spieêl staan

om te kyk hoe dit by haar pas. Sy is eers stil. Maar

meteens klap sy haar hande en draai rond soos ’n

dwarrelwind. ,,Ek is die rykste mens in die wêreld.”

    ,,Jy kry nou te veel presente,” pla Bart. ,,Het ek dit

geweet, dan kon ek met die perd gewag het tot ander

jaar.”


    Annekie kyk teleurgesteld. ,,Dis nie waar nie, nê,

Pappie? Pappie speel maar?”

    

    Hy lag. ,,Jy is nog dom, nê, om dit te glo.”

    ,,En tante Koba het ook nog ’n present vir my.

Alla, ek kry vandag baie presente. Dis die lekkerste

 

[bl. 195]


verjaarsdag wat ek nog gehad het. Sal ek gou vir

tante Koba my presente gaan wys, Pa?’’

    ,,Wys hulle mêre. Nou moet jy eers hare gaan kry.”

    ,,Ja, Pa, dis beter, nê? Ek sal gou terugkom.” Sy

hol weg.

    ’n Paar minute sit al drie ingedagte.

    ,,Het jy ons brief gekry?" vra Martha.

    ,,Ja. Ek weet ek behoort jul aanbod aan te neem,

maar waarlik, ek sien nie kans nie. As ek hier allenig

moet bly, dan weet ek nie hoe sal ek dit uithou nie.

Dis waar, as ek aan Annekie se toekoms dink, dan

moet ek sê, laat haar by julle gaan bly. Maar ek is

te veel geheg aan haar. Miskien later as dinge bietjie

geslyt het.”

    ,,Ja, man,” sê Jaap, ,,ek verstaan dit alte goed. Sy is

vir die oomblik die een wat jou moed gee.”


    Toe sit hulle weer en dink. Toe sê Martha: ,,Ons

het die voorstel gemaak*vir Annekie se ontwil natuurlik.

Daar is baie dinge wat sy hier nie het nie. Hier in

die huis is dit net jy. Daar is geen vroumens nie. Die

mense wat hier by jou bly, is, lyk my goeie en ordentlike

mense, maar tog mense wat maar min vir haar op-

voeding sal kan doen. Hier is geen maters vir haar

nie. Hoe gaan sy so opgroei? En sy kan tog baie

kom kuier; en jy vir haar. Ons bly darem tog ook nie

so vreeslik ver nie. Vir ons met die motor is dit gou.

Jy kan haar maklik een maal in die week of een maal

om die veertien dae sien.”


    Bart staan op en gaan in die deur staan, sy o€ op

die veld. Japie en Martha sit doodstil en wag.

    ,,Goed,” sê Bart somber. ,,Ek sal haar laat saam-

gaan, maar as dit vir my te swaar word, moet sy terug-

kom.”

O ja, natuurlik.”


[bl. 196]


    ,,Ons kan eers ’n rukkie probeer," sê.Martha. ,,Dit

kan ook wees dat sy self liewers weer wil terugkom.”

    

    Wagter kom binne en hulle hoor Annekie aankom.

    ,,Hier is Pappie se baadjie,” sê sy. ,,O0om Gert het

dit gebring.”

    ,,Dankie. Gee nou eers vir Wagter kos.”

    ,,Hy het al by tante Koba kos gekry. Kyk, Pa, wat

tante Koba vir my gegee het.”” Sy wys hulle ’n ring

wat sy al aan haar vinger het. ,,Dis mooi,” sê Bart

verstrooid. Ook Japie en Martha wys nie die belang-

stelling wat sy verwag het nie. Sy kyk verwonderd.

Algar lyk so ernstig. Sy gaan weer teen haar tante

staan en kyk na die gesigte, sien dat daar iets skeel.

    ,,Annekie, wil jy graag met tante Martha en oom

Japie saamgaan om ’n rukkie daar te bly?”

    ,,O ja, Pa, dit sal lekker wees,’ maar toe vra sy

weifelend: ,, Vir hoe lank, Pa?"

    ,,Ek weet nie. Jy sal daar moet skoolgaan; maar jy

sal darem baie vir my kom kuier.”

    ,,En Pappie?” vra sy bedruk. ,,Pappie sal mos veels

te allenig wees hier?’ Sy gaan na hom toe.

    ,,Dit is baie lekker by tante Martha. Daar is maters

vir jou. Jy sal leer om op tante Martha se musiek

te speel en oom Jaap sal jou leer motorkar bestuur. Jy

sal baie perdry ook. Ek sal jou perd bring. En tante

Martha sal jou allerhande dinge leer wat ’n meisiekind

moet ken. Dit sal baie goed vir jou wees om vir ’n ruk

daar te gaan bly.”

    ,,Maar ek sal te veel na Pappie verlang."

    ,,Ek sal baie vir jou kom kuier. Dit sal ook nie vir

altyd wees nie.”


    Martha maak die kombuisdeur oop asof sy iets soek

en gaan toe deur die agterdeur na buite. Japie staan

ook op. ,,Ek wil net kyk of daar nog genoeg water in

my kar is,’’ sê hy.


[bl. 197]


    ,,Wat dink jy, Annekie?” vra Bart. Sy leun tussen

sy knieê, haar arms agteroor om sy nek.

    ,,Ek weet nie, Pappie," antwoord sy bedruk. ,,Wil

Pappie hê dat ek moet gaan?”

    ,,Ja, Annekie, gaan maar. Jy kom tog gou weer by

my terug en dis vir jou beter.”

    ,,Sal Pappie baie verlang?”

    ,,Ja, ek sal baie verlang, maar ek wil graag die beste

vir jou hê.”

    ,,Arme Pappie.”

    ’n Rukkie swyg hulle.

    ,,Sal jy elke dag in jou Bybel lees?”

    ,,Ja, Pappie.”


    Weer swyg hulle lank. Annekie se 0ê raak vol trane.

    ,,Maak jou klere en goed dan bymekaar, want julle

sal netnou moet ry.”

    

    Martha kom weer binne en help vir Annekie alles

bymekaar soek. Japie en Bart sit swygend na die vloer

en kyk.

    ,,Ons het nou alles, dink ek,’’ sê Martha.

Hulle staan op en gaan na buite.

    ,,Moet ek nie eers vir tante Koba gaan groet nie, Pa?”

    ,,Ons kan daarlangs ry,’’ sê Japie.

    ,,Dag, Pappie," sê Annekie ernstig. Hy soen haar en

sy gaan in die kar sit. ,,Dag, Wagter.””


    Sy bly aldeur na haar vader kyk tot hulle wegry,

waai nog ’n paar maal uit die kar. By Maritz hou hulle

’n rukkie stil en dan verdwyn die kar om die skuinste

van ’n bult. Toe sien Bart dat sy hond langs hom staan.

    ,,Ja, Wagter, nou is dit nog net ons twee,” sê hy.


    Hy gaan die huis in waar die wyn en glase nog op

die tafel staan en gaan sit. Hoe stil is dit in die huis.

Met sy gesig op sy hand sit hy en staar.

    

    Hy hoor iemand buitekant loop en trek homself reg.

,,Kom maar binne, Gert.”


[bl. 198]


Maritz gaan sit. ,,Sy is nou weg?” sê hy.

    ,,Ja, sy is weg.”

    ,,Dit sal baie leeg wees.”

    ,,Ja, dit sal baie leeg wees.”


    Maritz sit hom ’n tydjie en bekyk. ,,Nou_het jy.

niks meer nie,” sê hy om Bart te troos...,,Alles is. nou

weg,”

    ,,Ja alles het-hulle-nou,” sê Bart.

    ,,Hulle?”” vra Maritz.


    Maar Bart swyg.

    ,,Hulle het nou alles,” sê Bart. ,,Net my het hulle

nog nie.”

    ,,Hè?” vra Maritz asof hy nie goed verstaan het nie.

    

    Maar Bart gee geen antwoord nie.

    ,,Hoe meen jy?” vra Maritz weer.


    Maar Bart sê niks; sit en kyk deur die oop deur na

die verte, sit en kyk na alles wat hy verloor het, sit en

kyk na die ding waarvoor hy veg. Na ’n rukkie staan

hy op.

    ,,Hulle het nou alles,” sê hy half uitdagend,_ able

het my grond, my vrou, my kinders. Maar my-het

nie. Hulle kan maar kom, hulle kan my maar in die

tronk gooi en hulle kan maar my grond vat; hulle-kan

my maar doodskiet ook, maar my sal hulle nie kry nie.”

    

    Maritz kyk na hom, verskuif op sy stoel, draai sy oë

na die oop deur.

    ,,My kry hulle nooit,” sê Bart. ,,Ek is Bart Nel van

toe af, enek is nog hy.”


    Maritz dink: ,,Hy praat snaaks, die man, vanmid-

dag,” en hy staan op en gaan in die deur staan.

    ,,Dit lyk my of die beeste al aankom,” sê hy. ,,Ek

wil dan maar loop. Naand, Bart.”


    Bart bly heen en weer loop in die klein kamertijie,

van die buitedeur na die kombuisdeur en van die


[bl. 199]


kombuisdeur na die buitedeur. Hv sê sy gedagtes half

luid.

    ,,Ek kan nou sê soos Job,” sê hy. ,,Kaal het ek op

die wêreld gekom en kaal sal ek daaruit gaan.”


    Hy gaan in die deur staan en kyk oor die veld wat

hom reeds onder skemer gaan verskuil, na die goud-wit

einder van die westerhemel, en hy sien in verbeelding

homself daar loop oor die donker veld, swaar en swart,

vermoeid, alleen_in die wye. eensaamheid,_maar_al-

gaande na die ver ruim-lig;.en-sy.siel.in hom.


[bl. 200]


📖

Einde van die Boek

Dankie dat jy Bart Nel gelees het.

📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…