Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 6

LUCIFER

SO het hy toe gestort in blinde 

nag-angstelike vaart deur alle 

verdiepinge van sterre en winde, 

deur leegtes, wissling van kristalle 

gedaantes, skeemring, duisternisse 

afgrondelik diep verborge van 

die hoë lig, langs die gewisse 

steil vallyn van die smart, verban 

van die heldre vreug waarheen hy wou 

met roei van blanke vlerk bo vlerk 

opstyg in saligheid en vou 

die magtige vleuels tot rus in God. 

Net soos die hoë winde sterk 

terugslaat van die kranse, tot 

die blou klowe neerwaarts fluit 

van snelle ruising - so sy val; 


[bl. 7]


magtloos, en droewig om die hoon 

van Hom wat Sig in enkelheid ál 

hoe grimmiger geskulp, gesluit 

het en so eensaam woon 

dat niks Hom ooit genaak, 

en al die liefde en gebede 

van dié wat blind bemin en bid, 

'n ewige branding óm Hom maak, 

maar nêrens deur sy sonnevrede 

'n ingang vind- 

hy het sy wit, 

vermoeide vlerke dig gevou 

en toornig weggestort.... 


[bl. 8]


📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…