DOSTOJEWSKI
DEUR watter stiltes moes hy gaan
van daadlose vernedering,
tot hierdie vreemde diep bestaan:
dat só sy deemoed hom omring
-'n wit kelk van geborgenheid
waarin hy lê, van alle drang
en trots vervreemd en wil tot stryd -,
dat só in hom die stroom en dwang
van mens-wees tot die yswit stand
man van roerlose waatre kon verloop.
Geen smaadwoord beef tot deur die wand
waaragter hy skuil teen die Hoop
en al haar laatre bitterheid;
want alles het gegroei in hom
tot dié geduld-in-lydsaamheid
waaraan die goue vreugde blom.
[bl. 13]