Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 8

DOSTOJEWSKI


DEUR watter stiltes moes hy gaan 

van daadlose vernedering, 

tot hierdie vreemde diep bestaan: 

dat só sy deemoed hom omring 

-'n wit kelk van geborgenheid 

waarin hy lê, van alle drang 

en trots vervreemd en wil tot stryd -, 

dat só in hom die stroom en dwang 

van mens-wees tot die yswit stand 

man van roerlose waatre kon verloop. 

Geen smaadwoord beef tot deur die wand 

waaragter hy skuil teen die Hoop 

en al haar laatre bitterheid; 

want alles het gegroei in hom 

tot dié geduld-in-lydsaamheid 

waaraan die goue vreugde blom. 


[bl. 13]



📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…