Tema
Teksgrootte
18px

Bart Nel

1942 5 hoofstukke Afrikaans
Die 1936-uitgawe van Bart Nel, de opstandeling is oorspronklik meestal in Nederlands met Afrikaanse dialoog gepubliseer, wat sy duale linguistiese identiteit as skrywer illustreer. Later het hy die werk self ten volle in Afrikaans herskryf – eerstens as En ek is nog hy (1942) en daarna weer as Bart Nel in ’n volledige Afrikaanse uitgawe.
Hoofstuk 1

Hoofstuk I

I


BART NEL het vroeêr op Kafferkraal gewoon, ’n

plaas in die distrik van Pretoria. Hy het nie

van kleins af daar gewoon nie, maar het sy grond daar

gekoop. Hy was daar tussen ’n klomp Vermaaks en

Le Rouxs, algar familie van mekaar, broers en swaers

en_neefs. Maar dit het hom nie gehinder nie, en hy_

het hom heeltemal tuis gevoel tussen hulle. As iemand

hom _soms_gevra het: ,,Hoe leef jy tussen die Ver-

make?” of ,,Hoe geval dit jou tussen die klomp Le

Rouxs?” dan sê hy: ,,Lekker. Ek leef lekker tussen

hulle. Hulle is goeie mense; ek kom goed met hulle

klaar. Hulle is nie volmaak nie, maar dit is ek ook

nie.”


    ,,Om jou die waarheid te sê: woon ek liewer hier as

by my skoonvader,” dink hy dan daarby. ,,So ’n

skoonvader meen party dae dat hy jou moet raad gee

en as jy dan nie sy raad opvolg nie, voel hy altemits

gekrenk. Nee, so is dit net goed. Hulle bly na genoeg

dat ons hulle so nou en dan kan gaan sien en ver

genoeg dat hul nabyheid nie tot ’n las word nie.”


    Oor sy eie vader en moeder sou hy nie so gedink

het nie.maar hulle was beide lankal dood.


    Daar staan op Kafferkraal nog ’n stuk of sewe of

agt ander huise, want dis ’n vrugbare plaas, met sterk

fonteine en baie besproeibare grond. Die hele plaas

is amper vyfduisend morge en daarvan het Bart ses-

honderd gehad, waarvan twintig morge onder water,

en die orige droê grond, meeste weiveld. Met hard

te werk en ’n bietjie voorspoed het hy daar ’n goeie

bestaan gehad, maar die laaste jare was hy dikwels

in sorge, want hy het toe baie geld in sy boerdery


[bl. 1]


gesteek. Hy het ’n vangdam gemaak; hy het sy grond

omhein, en hy het kampe gemaak vir sy vee sodat hy

hulle sonder wagter kon laat wei en laat buitekant

slaap as hy dit verkieslik gevind het. Dit was algar

verbeteringe wat hulself mettertyd wel sou betaal, maar

hy het daardeur hoê verbande op sy grond gehad

waarop hy hoê rente moes betaal. Daaroor het hy

hom toe dikwels sit en bekommer.


    As alles sou goed gaan, was daar geen gevaar nie,

dan sou hy stadigaan sy skuld kon afbetaal, maar as

hy misoeste sou hê of as daar ander groot teenspoed

sou kom, kon dit altemit verkeerd loop. Maar so

gaan dit met ’n wakker man, hy waag allig te veel.


    Dit was toe 1914, die jaar van die rebellie, Dit was

mooi, lekker dae. Dit het mens nie altyd in Oktober

nie. As dit gaan soos dit teenswoordig gaan, dan is

Oktober een van die onaangenaamste maande, warm

en droog en met baie wind. Die gras kan nie uitloop

nie en die vee gaan dood van maerte. Nee, Oktober

is nie altyd die lieflike maand waarvoor hy gehou word

nie. Maar Oktober 1914 was mooi. Daar het diê

jaar vroeg reên geval en die boere het hul veld gebrand

en in die groot, swart brande het die gras vinnig uit-

geloop. Op so ’n tyd is Transvaal ’n lus om te sien.

Dan is die hele uitsig van laagtes en bulte, van rante

en rae groen, heldergroen wat in die verte blou word.

Dan lyk die hele wêreld soos ’n mooi plaas. En dan

is dit gewoonlik stil ook, want as dit eenmaal goed

gereên het, hou die wind meestal op met waai. En die

grond ruik lekker en die bome blom, die vrugtebome

en die mak bome sowel as die wilde bome in die veld

en alles wat jy sien lyk vrolik en onbesorg. So was

dit in Oktober 1914, die maand toe die rebellie uit-

gebreek het. i


    Bart Nel se huis het gestaan by ’n laagte, ’n breê


[bl. 2]


laagte van swart grond, die beste grond van die plaas,

“‘n lap vrugbare, gelyke aarde wat daar tussen die skuins-

tes van die sandbulte 1ê asof ’n rivier van modder

eenmaal daar opgedroog het. Deur die laagte stroom

’n watertjie, Kafferkraal se loop, soos hulle sê. Dit

kom uit fonteine van die Dwarsrant wat Kafferkraal

in die weste begrens, uit plekke vleierige veld waar die

water onsigbaar opkom en waar fyn straaltjies en

gedrup hulle verenig tot ’n stroompie, sterk genoeg

om die gesamentlike dam van die sewe of agt boere

van Kafferkraal vol te maak sodat hulle selfs gedurende

die droogste jare altyd nog genoeg water het om hul

lande nat te lei.


    Die hele laagte se lande het vol koring gestaan, nog

groen maar alreeds in die aar. As daar ’n windjie

opstaan en oor die laagte stryk, gly daar oor die lande

’n silwer glinstering, sag en weelderig soos alles in die

natuur.


    Kafferkraal 1€ tussen twee lae rante, tussen die

Witrant in die suide en die Rooirant in die noorde,

terwyl hulle op die westelike grens van Kafferkraal

saamkom met ’n lae dwarsrant wat hulle die Kort-

rant noem. So 1ê die plaas in ’n hoek, van drie kante

deur rante omsluit, maar na sonop se kant is die uitsig

onbelemmer en sien jy tot aan die ver einders die lae,

breê bulte agter mekaar wegraak soos die rie van ’n

trop beeste. WVanuit die sitkamer van die huis waar

Bart gewoon het, kyk jy op die Rooirant, ’n rant van

roeskleurige blou ysterklip wat ’n byna regte lyn teen

die lug aftrek, en vanuit die eetkamer en die kombuis

kyk jy oor die laagte na die Witrant, ’n rant van sand-

steen, waar die reên die grond van tussen die rotse

weggespoel het en grillige klipstapelinge ’n getande lyn

laag teen die lug afteken. Op die rant is oorblyfsels

van ou Bantoedorpe en daarvandaan het Kafferkraal


[bl. 3]


sy naam gekry. ’n Groot plaas, Kafferkraal, vierkantig,

met sy bakens op die Witrant en sy ander bakens op

die Rooirant.


    Bart se vrou het in die sitkamer gesit en werk by

haar masjien. Ondanks die drie vensters is daar van-

weê die breê oordakte stoep nie te veel lig in die kamer

nie, en daarom het sy haar masjien tot voor een van die

vensters getrek om voldoende lig op haar werk te hê.

Sy is ’n jong vrou met lang witvaal hare, welig en glan-

send, en met ligblou oê wat verdonker en ligter word

by die gang van haar gedagtes. Behendig beweeg haar

hande oor haar werk en haar voete trap vinnig die

masjien. Met die eerste oogopslag sien jy al wat sy is, ’n

vrou wat lief kan wees as jy haar ’n kans gee en een wat

haar wil kan laat gelde as jy teen haar sin gaan.


    Die deur van die slaapkamer staan oop en sy hou

nou en dan op met trap om te luister of haar seuntjie

miskien al wakker is. Na ’n tydjie hoor sy hom gaap

en ’n paar snikkies gee. ,,Huil maar eers bietjie,” sê

sy half luid, maar toe die kind begin te huil, staan sy

op en kom met hom op haar arm terug in die sitkamer.


    ,,So nou, skattie,”’ sus sy, ,so nou. — Het my

seuntjie lekker geslaap? En is hy nou honger?”


    Die kind is al agtien maande, maar sy voed hom

nog altyd.


    ,,Speen tog die kind,” sê Bart dikwels. ,,Hy hou jou

brandmaer.”’


    ,,Nee wat, laat ek hom maar nog ’n rukkie self voed,

hy is miskien my laaste,’’ sê sy dan.


    ,,Hoe so, jy is nog jonk genoeg, dink ek?”


    ,,Kyk hoe lank is ons al getroud en ons het nog maar

net die twee.”


    As sy dit sê, swyg hy altyd.


    Sy lê die rooigeslaapte gesiggie van die seuntijie teen


[bl. 4]


haar bors en laat hom drink. Toe hy genoeg het, roep

sy na die meid: ,,Sara, vat vir Oubaas.”’


    ’n Jong skepsel kom binne en dra die kind na buite

om hom in die koelte van die huis te laat speel. Me-

vrou Nel gaan weer voort met haar werk en onderwyl

loop haar gedagtes na die gebeurtenisse van die laaste

tyd, die uitbreek van die Groot Oorlog in Europa, twee

maande gelede. Daarna het die ope brief verskyn van

die Duits-Wes-Ferreira’s wat die Boere aanraai om op te

staan vir hul vryheid. Daar gaan moeilikhede kom,

dit kan mens as ’t ware voel. Maar alles sal afhang

van die regering. As diê stil sit, sal die hele volk stil

sit, maar as die regering sou optree, sal die Boere

opstaan soos een man. Dan sal daar weer oorlog wees

in die land en ’n groot oorlog daarby, alhoewel dit dan

seker nie lank sal duur nie, want soos die mense

teenswoordig oorlog voer, sal nie een dit lank kan

volhou nie, dit sê almal.


    ,,Maar ek glo nie die regering sal rebelleer nie,”

dink sy. ,,Hulle sal liewers wag om te sien hoe dinge

in Europa gaan afloop tot hulle sien dat Engeland gaan

verloor. — Oom Gawie sê dat Botha en Smuts vir

Engeland sal help. Dis maar oor hy nou kastig

Nasionalis is. Hy is mos ’n Hertzogiet. — Ek kan nie

die Hertzogmanne verdra nie. Hulle is mense wat net

maar weer wil twis soek. So is die Boerenasie mos.

Hulle moet altyd onder mekaar twis, anders is hulle

nie tevrede nie. Dat Botha vir Hertzog uitgeskop het

uit die kabinet, is maar goed. As hy nie met hom kan

klaarkom nie, moet hy met hom wegdoen, dink ek.

Maar die Nasionaliste is nou vir Botha so kwaad dat

hulle geen goeie woord vir hom het nie. Botha is nou

’n Engelsman. Botha gaan Boerebloed offer vir Enge-

land — Aag wat, laat die arme goed praat; ek steur

my nie aan hulle nie.” Sy kyk na die horlosie en sien


[bl. 5]


dat dit drie-uur is. ,,Ek sal maar vir my alleen koffie

maak,” dink sy. ,,Bart kan nog lank wegbly. Die

mans is nou met die oorlog so op hul perd dat hulle

net aan politiek dink. Bart sit seker weer by Pieter of

by Fransoois. Dit kan nog lank duur eer hy kom.”


    Sy gaan na die kombuis om koffie te maak, neem uit

’n kas beskuit en sit daarvan op ’n bord. Toe kyk sy

of sy Bart nog nie sien kom nie. ’n Besorgde uitdruk-

king is op haar gesig. Die toekoms lyk donker. Dis

glad nie onmoontlik dat daar oorlog gaan kom nie.


    Aan die ander kant van die laagte, omtrent tien

minute met die voet van hulle af, staan die huis van

Pieter Vermaak, byna onsigbaar tussen bome; ’n klein

boord perskebome, ’n klompie swarthoutbome, en ’n

enkele hoê bloekomboom.


    Die koffie is nou gereed en sy skink vir haar in en

maak Sara se beker ook vol. ,,Sara,” roep sy oor

die onderdeur, ,,kom kry jou koffie.”


    Sy gaan met haar koffie en beskuit weer na binne en

gaan sit by die tafel en eet. Onderwyl bekyk sy die

kamer. Dis ’n netjiese vertrek, vrolik met ’n helder-

kleurige tapyt op die vloer en papier met blommetiies

op die mure. Daar staan ’n riempiesbank en riempie-

stoele, almal regte boerestoele wat Bart self gemaak het.

Daar is portrette aan die mure, vergrotings van haar

ouers en skoonouers, ook ’n portret van generaal

Botha. Dis ’n gesellige kamer met wildbokvelle op

die vloer en oor die leuning van die riempiesbank ’n

tiervel. Op die tafel, op ’n gehekelde kleedjie, staan

’n blompot met takke perskebloeisels. Sy sit en dink

hoe sy die kamer nog meer sou kan opvrolik en mooier

maak. As sy die geld daarvoor sou hê, sou sy dit wel

weet. Dan was dit maklik. Dan sou sy ’n mooi tafel

koop en ’n paar leunstoele waarin jy lekker kan rus, en

ook ’n groter buffet. Die een wat nou daar staan, is nie


[bl. 6]


na haar sin nie, te klein en nie mooi genoeg nie. Sy sou

’n groter een wil hê met meer glas en die hout meer

bewerk.


    Sy hoor hoe Bart buite by die kombuis die grond

van sy skoene afskop; daaraan weet sy dat hy van

Pieter Vermaak kom, deur die lande en deur die loop

met sy swart modder.


    Toe hy inkom, sien sy sommer dadelik dat hy kwaad

is. Dis ’n lang sterkgeboude man. Hy is in sy werks-

hemp, die moue opgerol en die hals oop. Bokant sy

breê bors staan sy donker kop dapper en hoogmoedig.

Daar smeul op die oomblik ’n somber lig in sy donker

oê.


    ,,Dag, Fransina,” sê hy. Hy smyt sy hoed op ’n stoel

en gaan langs die tafel sit. ’n Paar oomblikke bekyk sy

hom aandagtig. Sy mooi, bruingebrande gesig, swaar-

benig en gespierd, met sy ferme lippe en sy byna swart

onversaagde oê, lyk hy stug en nors. Op sy wange en

ken skemer sy baard blou deur. Met die sweem van

’n glimlag sit sy hom en beskou. Sy sien hom graag so,

met so ’n half verborge dreiging.


    Hy kyk haar aan. ,,Kry ek dan nie koffie nie?” vra

hy nors. Sy staan op en toe sy haar omdraai, kom ’n

fyn laggie op haar gesig.


    ,,Was jy by Pieter?” vra sy toe sy terugkom.


    ,,Ja, en daar het ek my so vererg dat ek kan bars.”


    ,,Hy is seker ook al aangesteek deur die Nasiona-

liste?”


    ,,Dit kan jy glo. Vanmiddag het hy gepraat of hy in

Hertzog se eie nes uitgebroei is.”


    ,,Wat sê hy?”


    ,,Hy sê dat Botha plan het om ons vir Engeland te

laat veg. Ek sê vir hom: ,Man, as daar een opregte

Boer is, dan is dit generaal Botha.’ — Ek was nader-

hand vuurwarm.”


[bl. 7]


    ,,Wat weet hy?” sê Fransina skamper.


    ,,Ons sit hier naderhand in ’n nes van Nasionaliste,”

sê hy.


    Vir ’n paar minute eet hy swygend sy beskuit met

koffie.


    ,,Nee, van Botha moet hulle geen slegte woord sê

nie,” sê hy; ,,dan is ek sommer op die plek die duiwel

in.”


    ,,Ja, want hy het baie vir ons volk gedoen.”


    ,,Nie een het nog soveel vir ons gedoen as hy nie,”

antwoord hy. Hulle hoor perdepote en loer na buite.


    ,,Oom Giel,’’ sê hulle.


    Bart staan op om die besoeker in die huis te nooi en

kom binne met ’n bejaarde man van tussen die vyftig

en sestig, kort en dik, met ’n vaal puntbaard en klein,

loerige blou o€. Sy stem is sag en dof. Hy groet slap,

sonder hartlikheid.


    ,,Hoe gaan dit nog met julle?” vra hy.


    ,,Goed, Oom. Net kwaad,’”’ antwoord Bart.


    ,,Jy sal nog kwater word, wag maar.”


    ,,Hoekom, Oom?”


    ,,Het jy dan nog nie gehoor wat die regering wil doen

nie?”


    ,,Nee!’”’


    ,,Hulle wil Duits‘Wes gaan aanval.”


    ,,Wie sê so, Oom?”


    ,,Dit staan in die koerant.”


    ,,Het Oom dit self gesien?”


    ,,Nee, maar Piet Prins was daar by my en hy sê hy

het dit gelees.”’


    ,,As dit waar is, het ek klaar met hom, Oom.”


    ,,Met wie?”


    ,,Met Botha, Oom. —- As generaal Botha vir Enge-

land gaan veg, dan het ek klaar met hom.”


    ,,Ek weet nog nie, jong,” antwoord oom Giel ver-


[bl. 8]


sigtig. ,,Mens moet eers nog sien waarom hy dit wil

doen. Ek dink altyd jy moet eers ’n man homself laat

verdedig aleer jy hom veroordeel. Hy mag goeie redes

daarvoor hê.”


    ,,Hoe kan hy goeie redes hê?” vra Bart heftig.


    ,,Nee, ek weet ook self nie; maar daarom sê ek, laat

ons eers wag en sien wat sê die koerant.”


    Fransina staan op om koffie te gaan inskink en

ondertussen sit die twee mans daar swygend, Bart

somber, oom Giel berustend, met sy twee hande gevou

op sy maag, regop op sy stoel teen die muur.


    ’n Meisie van ’n jaar of nege kom binne, haar voor-

skoot vol kuikens, ’n meisie met donker o€ en lang,

bruin hare. Haar gesiggie straal.


    ,,Kyk, Pappie,” sê sy, haar voorskoot oop.


    Verstrooid kyk hy na die piepende broeisel wit

kuikentjies. Dit duur ’n oomblik voor hy sy aandag

daarby kan bepaal.


    ,,Alla!” sê hy en steek sy hand tussen die kuikens in,

    ,,is dit die swart hen s’n?”


    ,,Ja, Pappie, dis algar hare. Hulle is nou myne, nê,

Pappie?”


    ,,Ja, jong, dit spreek vanself; die swart hen is joue en

haar kuikens natuurlik ook.”


    ,,Ja, Pappie, ek weet; ek vra maar net.”


    Oom Giel lag. ,,Kinders is darem snaaks,

Fransina kom ook weer binne.


    ,,Hoekom is die kuikens algar wit en die hen is dan

swart?’’ vra Annekie.


    ,,Dis maar oor die haan wit is,”’ sê Bart.


Annekie swyg en vra nie verder nie.


    ,,Sit hulle nou weer by hul ma, my kind,” sê Fran-

sina, ,,die arme hen sal al onrustig word oor hulle.”


    ,,Man, as dit waar is, dan weet ek nie meer wie in

die wêreld moet ek nog vertrou nie,” sê Bart. ,,Maar


[bl. 9]


dit sê ek vir Oom, as Botha ons in die oorlog wil insleep

vir voordeel van Engeland, dan het ek klaar met hom,

hoeveel goed hy ook al gedoen het vir die land, maar

dan het ek klaar met hom.”


    Daar is ’n lang stilte. Fransina staar na buite en oom

Giel sit maar stil en rook. ’n Sonkol wat deur die

venster aan die westekant op die vloer skyn, het ver-

skuif tot by die tafel en raak Fransina se voete. Buite-

kant is die hoenders na hul middagrus aan rondstap

en jy hoor hulle daar te kere gaan; ’n haan wat iets te ete

gevind het en sy henne roep om dit te kom oppik, ’n

kloekende hen met haar trop kuikens wat verbykom,

’n paar jong haantjies wat baklei.


    Hulle hoor iemand by die agterdeur die modder van

sy voete skop en na binne kom. Dis Pieter. Dis ’n

jong man van so vyf-en-twintig, ligvaal, sy gesig rooi

verbrand. In sy uitpeulende o€ is daar altyd, ook as

hy ernstig is, ’n sweem van ’n lag. Hy het ’n koerant

wat hy vir Bart op die tafel smyt.


    ,,Lees dit, man,” sê hy seêvierend, ,,en sê my wie was

teg, ek of jy?”


    Fransina, en oom Giel ook, kom nader en al vier kyk

in die oop koerant. Daar staan dit. Die regering het

besluit om Duits-Wes aan te val.


    ,,Wat sê jy nou, ou broer?” sê Pieter. ,,Wat sê jy

nou?” .


    Maar Bart sê niks nie. Hy sit ’n paar minute op die

koerant en staar en gee geen antwoord nie. Toe staan

hy op en gaan na die muur waar die portret van generaal

Botha hang en haal dit daar af. Hy gaan daarmee na die

kombuis en hulle hoor hom roep na Sara. ,,Vat dit,”

sê hy, ,,slaan dit stukkend en steek dit in die vuur.”


Toe hy weer terugkom, gaan hy moedeloos op die

bank sit. Almal sit na hom en kyk. Sy donker gesig


[bl. 10]


is bleek en sy hande beef terwyl hy sy tabaksak uithaal

en sy pyp stop.

    Dit duur ’n hele ruk voor iemand iets sê.


* * *


    Die volgende dag lei Bart water. Dit was sy dag.

Hy, Pieter Vermaak, Fransoois le Roux, oom Gawie

le Roux en lang Doors Vermaak het gesamentlik ’n

dam op die bo-ent van die laagte.


    Dit was omtrent tienuur. Kaalvoet, ’n graaf in sy

hand, staan hy tussen die koring en waterlei. Twee

volk help hom en die een akker na die ander lei hulle

nat. Dis ’n heerlike dag, lentewarm en lentegeurig.

Sonder wolke staan die blou hemel bo die blink, grys-

groen koringlande en die. blougroen veld. Hy sien

Pieter op sy blou perd verbykom en hy het Fransoois

op sy vos sien wegry in die rigting van oom Gawie.

Oom Giel is met sy kar dorp toe.


    ,,Die Boere ry vandag rond,’’ dink hy, ,,hulle soek

algar nuus. — Nou kan ons Boere vir Engeland veg,”

dink hy bitter. ,,Nou kan ons kinders, wat die kampe

oorleef het hul bloed vir Engeland gee.”


    Omtrent twaalfuur lig Fransina met ’n spieêl dat hy

moet kom eet. Hy stap huis toe.


    Kafferkraal lyk verlate; niemand is te sien nie. In

die warm dag staan alles wat groei bladstil. Nietig in

die groot ruimte wei hier en daar troppe vee, beeste

of skape of kafferbokke. Met ’n gewoer kom ’n swerm

vinke oorgevlieg en stryk neer in die koring. Hy bly

staan om hulle agterna te kyk. ,,As hulle nou nog sou

wag tot die koring ryp is,” dink hy. ,, Vervlakste vinke.

Kon mens hulle maar saam met Botha en Smuts algar

Engeland toe stuur.”


    Toe hy in sy huis kom, sien hy dadelik aan Fransina

dat sy om een of ander rede in ’n onvriendelike stem-


[bl. 11]


ming is. Sy het seker weer iets teen hom, want as sy

sou kwaad wees vir Sara of vir die kombuisjong,

dan sou sy met hom daaroor praat, maar nou sit sy

daar sonder om ’n woord te sê. Dit kan hom op die

oomblik egter min skeel. ,,Sy is weer ’n skoot kwaad,”’

dink hy. ,,Dit is sy so nou en dan. Dit moet glo so

wees in die getroude lewe; goed in die aand en kwaad

in die mêre, of goed in die mêre en kwaad in die aand.””


    Hy het buitendien ander sorge.


    ,,Jy is ’n maklike een om 6m te praat, nê?”’ sê sy

meteens.


    Hy begryp dadelik waarop sy doel; weet dat sy hom

die hele mêre geloop en verwyt het.


    ,,Wie het my omgepraat?”’


    ,,Pieter, natuurlik.”’


    Hy lag onaangenaam. ,,Pieter? Jy sien die ding mis,

jong. Niemand het nodig gehad om my 6m te praat nie.

Die aanval op Duits-Wes het vir my laat draai. Ek was

altyd vir Botha. Nou is ek teen hom. Nie deur Pieter

nie en nie deur Fransoois nie en nie deur iemand in die

wêreld nie, maar omdat ek weet dat geen egte Boer sal

wil sien dat ons volk vir Engeland in ’n oorlog gaan nie.

Nee, weet jy wat Botha is? Hy is niks meer as ’n werk-

tuig in die hande van Engeland nie. Hy was miskien

eenmaal ’n goeie Afrikaner gewees, dit wil ek wel glo,

maar nou is hy dit nie meer nie. Die Engelse het die

Boer in hom baasgeraak en nou is hy nie meer ’n Boer

nie. — O, die Engelse is slim, jong. Te slim vir ons

Boere. Hulle het geweet hulle kan Botha nie omkoop

nie, en toe probeer hulle op ’n ander manier. Hulle

vereer hom. Hulle prys hom hemelshoog. So ’n

dapper vegsman. So ’n groot staatsman. Hulle gee

hom eregrade. Hulle gee hom ’n mooi uniform. Hulle

sê daar was nog nie so ’n Afrikaner soos Botha nie. So

het hulle hom gevang.”


[bl. 12]


    Sy lag skamper. ,,Jy is te dom om ’n man soos

Botha te verstaan, jong. Wie sê jou dat dit nie in

belang van Suid-Afrika is nie?”


    ,,Dit het hulle hom gemaak glo, ja. Dit kon hulle

doen omdat Botha nie meer ’n Boer is nie; omdat hy

die verlede begrawe het; omdat hy vergeet het wat

Engeland teen ons volk gedoen het van die dag af dat

ons ’n volk geword het. Hy kan dit doen omdat die

Boer in hom dood is. Hy is soos ’n bees wat tulpe

gevreet het. Botha het Engelse tulpe gevreet en die

Boer in hom het gevrek.”’


    ,,Jy is te onnosel,” sê sy.


    ,,O?”


    ,,Ja, en te eiesinnig. As Botha nie loop waar jy loop

nie, dan deug hy nie; dan is hy ’n man wat sy volk ver-

laat. Ek het aan Botha geglo en ek glo nog aan hom.

Hy weet meer as ons almal, en al verstaan ons nou nog

nie hierdie ding nie, gaan ek nie dadelik van hom af

weg nie. Dis onmanlik; dis ontrou; dit is nie lojaal nie.

’n Man moet by sy leiers staan.”


    ,,Ek sweer nie by ’n mens nie.”


    ,,En wat dan van al die ander parlementslede wat met

hom saamstem?”


    ,,O, hulle?”


    ,,Ja, hulle. Hulle is seker ook niks werd nie? Hulle

het seker ook Engelse tulpe gevreet!’’


    ,,Wie weet!”


    ,,Jy…”


    ,,Aag, bly tog liewers stil. Ek is al genoeg die duiwel

in; moet my nou nie nog kwater maak as wat ek al is

nie.”


    Sy gee nie antwoord nie en swyend eet hulle verder,

praat nie meer met mekaar nie tot hy weer na sy werk

teruggaan. Oom Giel het teruggekom van die dorp;

Pieter en Fransoois is ook weer by die huis. Omtrent


[bl. 13] * Bart Nel - 2


drie-uur sien hy met die paadjie van oom Giel se huis

iemand te perd aankom.


    ,,As dit nie ’n aansêer is nie, sal dit my verbaas,”’

dink hy. ,,Hy ry rond met ’n boodskap, dit is seker.

—Ja, van nou af kan jy allerhande dinge te wagte

wees.”


    ,,Dis nou beroerd,”’ dink hy, ,,dat ons twee in hierdie

kwessie moet verskil. Die ding is tog al naar genoeg,

maar dat ons moet rusie kry hieroor, is Botha met sy

hele gevolg van papbroeke nie werd nie.”


    Teen sononder was die laaste akker natgelei en styf

en moeg stap hy na die dam om dit toe te maak. Dit

was donker toe hy by sy huis kom.


    ,,Naand,” sê hy.


    ,,Naand,” antwoord sy halfhartig.


    ,,Wie was vanmiddag hier?”


    ,,Hier was ’n kêrel van Onbekend om kennis te gee

van ’n publieke vergadering wat daar mêreoggend sal

gehou word,”


    ,,’n Protesvergadering?”’


    ,,Hy sê dis nie juis ’n protesvergadering nie.”


    ,,Gaan jy daarheen?” vra sy.


    ,,Ja, wat dink jy dan?”


    ,,Ek wens jy wil liewer nie gaan nie, Bart.”


    ,,A nee a, jong, hoe praat jy dan nou? Ek was nog

nooit een wat agterbly nie.”


    ,,Dis juis die ding. Ek sien die gevaar. Jy sal jouself

sommer in moeilikheid bring. Jy sal sommer te veel

sê. Ek is bang, Bart; ek sien wat gaan kom. Jy gaan

teen die regering wees en jy sal te ver gaan.”” Sy kom

by hom staan. —,Weet jy, Bart, jy is veldkornet en

hulle sal jou voorstoot. As daar iets besluit word om

te doen, sal hulle jou kies.”


    ,,Daar sal niks gedoen word nie. Daar sal net ’n


[bl. 14]


besluit geneem word dat ons die beleid van die regering

afkeur; dis al.”


    ,,O, jy weet nie. As dinge eenmaal aan die loop is,

weet mens nie waar gaan dit heen nie. Ek wens jy wil

by die huis bly en jou nie met die dinge bemoei nie.

Ons het alreeds so baie sorge; as daar nog ander

moeilikhede bykom, weet ek nie hoe gaan ons deurkom

nie.”


    ,,Jong, jy praat verniet. Teen ‘Alendie gemene affêre

gaan ek protesteer.””


    Sy gaan van hom weg en gaan by die venster staan.

,,By die mans kom die politiek altyd eerste; die belange

van hul familie moet agterstaan.”


    ,,Na hierdie vergadering ry ek. Jy keer my nie. As

ek nie ook gaan protesteer nie, dan wil ek nie meer my

naam hê nie. Dan wil ek nie meer Bart Nel wees nie.”


    ,,Jy praat groot, nê?” sê sy skamper. ,,Was jy ’n

reggeaarde man, dan sou jy eers aan my dink voor jy

iets gaan aanvang.”


    ,,Wil jy ’n man hê wat agter ander mans wegkruip?”

vra hy en wil sy arm om haar middel sit.


    Maar sy druk hom weg. ,,Dis jou plig om eers aan

jou familie te dink en dan aan die politiek; nie eerste

aan die politiek nie. — Maar ek weet ek praat verniet.

Jou kop is van yster; mens kan hom nie breek nie.

Wat jy wil doen, doen jy. Maar ek sê jou, op my

simpatie hoef jy nie te reken nie as jy in die moeilikheid

kom.”


    Hy staan ’n rukkie na haar weggedraaide gesig en kyk

en gaan toe sonder om nog iets te sê na buite.


    Die jong maan gaan juis agter die Kortrant onder. ’n

Groot stilte 1ê oor die aarde en jy hoor niks anders as

die gewone geluide van krieke en paddas nie. Die jong

bome op die werf, die klein boord vrugtebome, die ry


[bl. 15]


bloekombome, die enkele sierboom, staan roerloos in

die beweginglose lug.


    Hy sug. ,,Hierdie paadjie sal ek alleen moet loop,”

dink hy.


* * *


    Van Welgevonden, van Mooiplaats, van Zwartspruit

en Vlaklaagte, van oorkant die Witrant en van ander-

kant die Rooirant, tot van Uitdraai af, kom die Boere te

perd en met karre na die vergadering op Onbekend.

Bart ook, met Pieter en Fransoois.


    Fransoois is bruin en maer en sy donker oê is groot

en vermoeid, maar sy spraak is luid en opgewek. Diê

mêre was hy in ’n vrolike stemming. Daar is op-

winding in die lug; daar gaan iets gebeur.


    ,,’n Boer is ’n snaakse ding,” sê hy, ,,jy weet nooit

wat hy gaan maak nie. As jy altemit dink hy is nou

morsdood, dan is hy skielik springlewendig, en as jy

dink hy gaan nou alles maak en breek, dan sak hy

miskien sommer inmekaar soos ’n gepunkjerde baaisie-

keltjoep. Kyk nou vir generaal Botha. Ons het ge-

meen hy haat die Engelse soos pes, en nou staan hy aan

hul kant.”


    ,,Wat gaan jy maak, Pieter? Gaan jy Duits-Wes vat?”


    ,,As daar net een is in die hele Transvaal wat weier,

weier ek ook,”’ sê Pieter.


    Skuins regs, onder teen die Witrant, staan die bome

van Welgevonden en verder, agter ’n breê bult, nog

onsigbaar, 1ê Onbekend. ’n Kar kom van regs voor in

die pad. ,,Dis boet Gawie,”’ sê Fransoois.


    ,,50u oom Giel dan nie kom nie?” vra Bart.


    ,,Man, ek wonder,” sê Pieter. ,,Die ou is baie ver-

sigtig. Hy sit seker op die muur en dink na watter kant

toe hy hom moet laat afval.”


    ,,So sal daar baie wees, glo vir my,” sê Fransoois.


[bl. 16]


    Van Welgevonden kom daar ook ’n paar karre vol

mans.


    ,,Die Boere het geskrik,” sê Pieter. ;,Hulle is so

wakker soos ’n trop hoenders waaroor ’n valk gevlieg

het. Wie ry daar op die swart perd? Oom Kootijie

sowaar! Maar hy ry net om die mense te kalmeer.

So is die ou mos. Nou ja, sulkes moet daar ook wees,

want as almal voel soos ek vandag voel, dank ons mêre

die regering af.”


    Verby Welgevonden kyk hulle bo van die bult af

neer op Onbekend. Die ou werwe van die Bredenbachs

1ê daar; die huise onsigbaar agter hoê ou bome. Dis

nege-uur; die kleure het nog die opgewektheid van die

jong dag en die veld het nog die frisheid van die jong

somer. Party bome blom nog, wit peerbome, ligrooi

perskebome. Van die teenoorgestelde kant, van die

rivier af, kom drie karre. Van die Witrant af ry vier

perderuiters langs mekaar deur die veld, in die rigting

van oom Koert Bredenbach se huis. Links is mense;

voor hulle; agter hulle.


    ,,Ha, die Boere,”’ sê Pieter. ,,Nou sal julle sien, Ons

nasie is darem nie sommer ’n klomp ou vroue nie,

jong. Die Boere laat hulle nie sommer koudlei nie.

Nou gaan ons die regering uitdaag. Hy sal moet trap

of ingee.”


    Hulle trek hul longe vol lug en strek hul bene in die

stiebeuels na vore. So sit hulle en kyk.


    By oom Koert sit die stoep en die kamer vol mans

en die kamp loop vol gekniehalterde perde; karre staan

uitgespan onder die bome. Maar dinge lyk snaaks. In

plaas van luid en onbeskroomd die regering te be-

skuldig, sit die mense daar agterdogtig en wag. Klein

groepies staan eenkant en mompel.


    Stoele, vir oom Koert en nog ’n paar ou ooms, word

aangedra onder die bome voor die huis en in ’n groot


[bl. 17]


halfsirkel staan en hurk die ander aanwesiges daarom-

heen.


    ,,Op Vyesloot is vandag ook ’n vergadering,” hoor

Bart sê.


    ,,Ja, en op Donkerhoek ook, en op Klipplaat.”


    ,,Seker oral maar.”


    Daniël Bredenbach, oom Koert se seun, open die

vergadering en verklaar waarom hy die mense opgeroep

het. Niemand het hom daartoe gemagtig of daarom

gevra nie; hy het dit heeltemal op eie houtjie gedoen,

omdat hy meen dat dit goed sal wees as die volk hom

oor die beleid van die regering uitspreek, hetsy om die

regering te steun en sy hande te sterk, hetsy om hom

te waarsku dat hy op ’n verkeerde weg is en handel

teen die wense van die publiek.


    Oom Kootjie staan op. Hy wil die mense op die

hart druk om tog kalm te bly en gematig te wees in

hul woorde, nie onnodig mekaar se gevoelens seer te

maak nie.


    Hulle hoor hom stil aan. Dit is oom Kootjie, alme-

lewe ’n man wat onaangenaamhede wil voorkom, ’n

vredestigter.


    Bart doen ’n stap vorentoe. ,,Ek wil net hê dat ons

moet protesteer teen die politiek van ons regering,”

sê hy. ,,Met diê doel het ek na hierdie vergadering

gekom om my afkeuring uit te spreek oor die besluit

van die regering om ons in ’n oorlog te dompel met

’n nasie wat ons nog nooit enige kwaad gedoen het nie,

tot voordeel van Engeland, wat ons, vandat ons ’n nasie

geword het, vervolg en uitgeroei het.”


    ’n Gemompel van instemming gee hom antwoord.


    Daar was egter ook van diê wat ’n ander mening

het en hulle vra ook die woord. Meer en meer word

die gesindhede openbaar, kom die gevoelens uit. Die

taal word heftig. Dikwels word die spreker in die rede


[bl. 18]


geval, praat soms twee of drie tegelyk. Die voorsitter

het moeite om die orde te bewaar. Die gesigte is bleek

en die aandag gryp aan die woorde van die sprekers.

Skampere gelag of luide geroep van instemming val

op die toesprake. Telkens weer staan een van die ou

ooms op om kalmte aan te raai. ’n Hele paar verdedig

die regering. Die mense moet Botha en Smuts vertrou.

Hulle beoog die goeie. In die verlede het hulle bewys

gelewer dat hulle die belange van die Afrikaner op hul

hart dra.


    ,,As hulle my kommandeer, weier ek,” roep een.


    ,,Die regering sal jou maak gaan, ouboet,” ant-

woord daar een smalend.


    ,,Dan wys ons hom die donkerbek.”


    ’n Stilte val op hierdie woorde. Almal kyk na die

een wat dit geroep het. Dis Kort Magiel, ’n jong man

van Welgevonden.


    Oom Flippie Prins van Mooiplaats staan van sy stoel

op.


    ,,Wie praat daar van donkerbek?” vrahy. ,,As hier

mense is wat praat van donkerbek, wil ek met hierdie

vergadering niks te doen hê nie. Dit is nie nou die tyd

om van donkerbek te praat nie. Die een wat van

donkerbek praat, praat onverantwoordelik. Waar

moet dit heengaan as ons sulke woorde praat?”’


    Kort Magiel gee geen antwoord nie, kyk met sy grys,

diep 0ê fel na oom Flippie, sy hoed agter op sy wit kop.

Uitdagend staan hy daar.


    ,,Tog sal dit so kom soos Kort Magiel gesê het,” sê

Fransoois toe hulle drie weer huis toe ry; ,,ons sal die

ding met die geweer moet uitveg.”’


    ,,Dit lyk my ook so,” antwoord Bart somber.


    ,,Ja, die gort is gaar,” sê Pieter. ,,Hy brand al; ek

tuik dit.”


[bl. 19]


    ,,Ons Boere is weer verdeel,” sê Fransoois, ,,ons is

nou al weer in twee partye.”

    ,,Dit kry die Engelse altyd reg,” sê Bart.


* * *


    Dit was in die mêre, teen tienuur. Bart sit in sy

koringland en loer na ’n swerm vinke wat heen en weer

swenk asof hulle onseker is waar hulle wil neerstryk.

Soos hy daar op sy hurke tussen die koring sit, gewaar

hulle hom nie en hulle val nie ver van hom af nie in

sy land neer. Die klein, mooi, bont voêltjies hang aan

die koringhalms en suig die nog sagte korrels uit.

Vinnig bekruip hy hulle. ,,Koe-ieie!” skree hy en

skiet. Toe hy die dooies en gekwestes gaan optel, tel

hy ’n veertig.


    Met die klompie voêltjies in sy hand stap hy huis toe.

    ,,Ek is al weer lus vir koffie,” dink hy.


    Elke stap wat hy nader aan sy huis kom, laat die

opgeruimdheid wat in die koringland in hom gekom

het, minder word. Fransina loop daar met ’n stugge

gesig en praat byna geen woord nie. Sy soek geen twis

nie, maar sy vermy hom, sê slegs die allernodigste en

maak verder of hy daar nie is nie. Soms dink hy: ,,Sy

is kwaad,” en dan dink hy weer: ,,Sy is bang, sy sien dat

dinge na ’n klimaks toe loop en nou bekommer sy

haar.”


    Hy lê die hopie vinke op die kombuisvloer neer en

gaan na binne. Fransina is daar doenig, maar sodra hy

inkom, gaan sy na die kombuis om koffie vir hom in te

skink. Toe sy hom diê gebring het, gaan sy weer weg.


    Hy sien in die voetpaadjie wat deur die lande na

Pieter gaan, ’n pikkenien aankom. Hy dra ’n koerant.

Dis ’n pikkenien van oom Gawie. Die ou was seker

winkel toe vir pos. Effens later kom Fransina in, gooi


[bl. 20]


sonder ’n woord daarby te sê die koerant op die tafel

en gaan weer terug na die kombuis.


    ,,Voor ek lees, wil ek nou my bedanking instuur,”

dink hy. Hy gaan sit by ’n tafeltjie in die hoek van die

kamer waarop papier en ink is en begin te skryf.


    Iemand klop. ,,Kom in, Fransoois,” sê hy sonder

om op te staan.


    ,,O, jy skryf al weer,” sê Fransoois. ,,Toe maar

maak maar eers klaar, ek is nie haastig nie. Ek kom

net bietjie gesels.”’


    ,,Ek stuur nou my bedanking as veldkornet in.”


    ,,Dit moes jy al gedoen het, want dalk kommandeer

hulle jou nog voor hulle die brief het.”


    Fransina bring koffie. Fransoois kyk aandagtig na

haar terwyl hy met haar praat, maar sy antwoord nie

veel nie, staan en wag tot hy niks meer te sê het nie.

Haar gesig veral is nou maerder as gewoonlik, nou die

kind van haar al so groot word, maar origens is sy eerder

geset as iets anders; nou nog is haar arms rond en sag.

Haar kleur is blank soos ’n deurgesnyde appel. Die

uitdrukking van haar blou o€ geval hom vandag nie.

    ,,Sy maak nou die lewe vir Bart swaar, ek sien dit,”

dink hy. ,,’2 Mooi vrou,” dink hy terwyl hy haar

agternakyk as sy weer na die kombuis gaan, ,,maar

ongemaklik, lyk dit my, as dit nie gaan soos sy dit

wil hê nie.”


    ,,Die vinke word nou kwaai,”’ sê hy toe Bart klaar

geskryf het. ,,Ek het vanmêre ’n paar skote onder

hulle geskiet, en jy ook, het ek gesien.”


    ,,Ja, maar dit help nie veel nie. Ek wil van vandag

af voêljaers huur,” sê Bart.


    ,,O ja, dit sal.”


    ,,As ons in die broeityd hul neste in die rivier

verniel, sou dit baie help.”


    ,,As daar net ’n valk naby die land kom, is hulle


[bl. 21]


gou skoonveld,” sê Fransoois. ,,Ek het altyd die valke

geskiet oor hulle die kuikens vang, maar nou skiet ek

hulle nie meer nie.”


    ,,Wat is nuus?” vra Bart.


    ,,Het jy nog nie die koerant gesien nie? Ek sien

daar 1ê hy nog net so.”


    ,,Ek wou nog nie kwaad word so vroeg in die dag

nie.”


    Fransoois lag.


    ,,Ek het gesien dat krygswet afgekondig is.”


    ,,Die hou-jou-bek-wet.”


    ,,Ja, die hou-jou-bek-wet.”


    ,,Daar was te veel protesvergaderings na die regering

se sin,” sê Bart.


    ,,Dis die ding.”


    ,,En wat nou?”


    ,,Nou weet ek nie. As jy nie meer vergaderings mag

hou nie, en as jy nie meer kan sê wat jy wil nie, dan

word die ding lastig.”’


    ,,Boet Gawie se seun is ook gekommandeer,”’ vertel

Fransoois verder.


    ,,En? Sal hy gaan?”


    ,,Nee; boet Gawie het geskryf dat hy siek is.”


    ,,Hy sal nie daarmee verbykom nie.”


    ,,Hy sal nie. Maar hy wou nou nie reguit sê dat

hy weier nie, sien jy.—Hulle het ’n paar kêrels van

Mooiplaats se skietvereniging ook gekommandeer, het

ek gehoor.—Hulle het gegaan.”’


    ,,Dinge loop nou na ’n kant toe,” sê Bart. ,,Netnou

sal die mense begin spook, jy sal sien.”


    ,,Het jy gehoor dat Manie Maritz met sy mense

oorgeloop het na die Duitsers?”


    ,,Nee.”


    ,,Nou ja, man, maar jy moet daardie koerant van

jou oopmaak dat jy ook kan weet wat aangaan.”’


[bl. 22]


    ,,Hier is Ouboet,” sê Fransoois.


Oom Gawie kom binne. Hy het sy haelgeweer by

hom. ,,My geweer is ongelaai,”’ sê hy en sit dit teen

die muur. ,,Ek wou probeer of ek nie die vinke kon

bykom nie, maar hulle is te wild. Ek het nogal koring

om my hoed gedraai, maar verniet.”


    ,,Hulle ruik vir Oom,” sê Bart. ,,Ek het al vir

Oom gesê, Oom moet nie die sterk tabak rook nie,

hulle sal vir Oom ruik.”


    Oom Gawie glimlag floutjies. Hy is ’n man van

nog geen vyftig nie, maar al spierwit. ’n Groot man,

geset, met ’n grys puntbaard. Sy rooi, gesonde, nog

jeugdige wange pas nie by sy grys hare nie.


    ,,Ek hoor Oom se seun is ook gekommandeer.”


    ,,Ja, maar hy kan nie gaan nie; hy is te sieklik die

laaste tyd.”


    ,,Wat makeer hom?”


    ,,Hy kry elke maal in die nag kouekoors.”


    Fransoois en Bart kyk mekaar skuins aan, maar hulle

sê niks nie. Fransina bring koffie en ook oom Gawie

kyk haar aandagtig aan en toe hy sien dat Bart na die

vloer kyk, wissel hy met Fransoois ’n blik van ver-

standhouding.


    ,,Hulle maak dit vir generaal Beyers en generaal

Muller nou lastig daar op Pretoria,’”” sê oom Gawie.

,,Hulle kry elke maal dreigbriewe van die Engelse.”’


Bart mompel ’n halwe vloek.


    ,,Daar gaan so ’n praatjie dat Beyers al na sy plaas

in Potchefstroom gevlug het. Maar dis seker maar

tiemtelegramme.”


    Fransina staan in die kombuis en luister. _,,Hier

sit hulle nou en gesels pleks van hul boerdery te

behartig,” dink sy nydig. ,,Hulle laat die vinke die

koring opvreet en hulle sit hier in die huis en gesels.”


,,Daar was gister ’n bruilof op Donkerhoek,”’ vertel


[bl. 23]


Fransoois. ,,Daar was baie mense. Toe hulle van

Uitdraai af kom, het hulle die Vierkleur op die perde-

wa gehad.”


    ,,Dit sal netnou ook al verbode wees,” sê oom

Gawie; ,,dan sal jy net die bontlap van Engeland

mag waai.””


    Hulle hoor perdepote. Dis Pieter wat van Uitdraai

af kom.


    Vrolik kom hy binne. ,,Baie nuus,” roep hy op-

gewonde.


    ,,Laat hoor, man, laat hoor,” sê oom Gawie.


Pieter gaan sit. Fransina kom in die deur staan

om te luister.


    ,,Die eerste is dat generaal Beyers op sy plaas lê

met ’n kommando van seshonderd man.”


    ,,Mastig, is dit waar?”


    ,,Daar op Uitdraai was ’n kêrel wat van Pretoria

af kom en hy sê dis positief. Hulle sê dat hy plan het

om op te trek na Pretoria. Daar sit op Pretoria ook

vyfhonderd Hollanders klaar om aan te sluit. Maar

wat daarvan waar is, weet ek nie.”


    ,,Alla, nou is die vuur in die gras,”’ sê oom Gawie.


    ,,Jong, Bart, sal ons nie na Beyers toe ry nie,” roep

Fransoois opgewonde.


    Fransina word bleek van woede, draai om en gaan

weer in die kombuis, maar niemand steur hom aan

haar nie.


    ,,Wat verder?” vra Bart nuuskierig.


    ,,Generaal De Wet het ook gerebelleer en hy het

die hele Vrystaat agter hom. Hy het ’n mag van drie-

duisend man. Conroy is ook daar met ’n kommando,

en ene Prinsloo, en nog meer, ek weet nie wie al nie.

Die Vrystaat is vol rebelle. Generaal De Wet het ’n

ultimatum aan die regering gestuur dat hy die aanval

op Duits-Wes moet laat vaar of aftree.”’


[bl. 24]


    ,,Aits, dinge loop nou vinnig,” sê oom Gawie.


    ,,Ja, man, dinge loop nou vinnig,”’ sê Pieter. ,,Hulle

loop nou soos ’n haas vir ’n hond.”


    ,,Jammer dat generaal De la Rey nou net dood-

geskiet is,” sê Fransoois. ,,As hy nog sou gelewe het,

was die hele Westelike Transvaal nou ook in die veld.”


    ,,Hy kon nie op ’n slegter tyd doodgegaan het nie,”

sê Bart.


    ,,O, Beyers sal die ding regmaak,” antwoord Pieter.


    ,,Van nou af moet ons klaar sit, kêrels,” sê Bart.


    ,,Man, ek is nou so ongeduldig dat ek sit en opwip

op my stoel,” sê Pieter. ,,As ek nou net hoor dat

daar iewers ’n klomp rebelle is, jaag ek soontoe.”


    Oom Gawie sit ernstig en kyk.


    ,,Wat moet ons doen?” sê Bart. ,,Ons moet woel,

kêrels; ons moet hierlangs ook organiseer. As die

mense oor die hele land opstaan, sal die regering moet

ingee. Dan sal dit miskien nie eers nodig wees om

te skiet nie.”


    ,,O nee, dit moet jy nie dink nie,” antwoord oom

Gawie. ,,Botha sal veg, daar is ek seker van. Dit

gaan ’n kwaai ding afgee, kêrels. Boer teen Boer.

Dis ’n lelike ding.”


    ,,Ons kan nie anders nie,’’ sê Bart.


    ,,Dis reg, Bart; ons moet, dis ons plig, maar dis

nie speletjies nie; dis ’n lelike ding. En Botha en

Smuts sal nie aftree nie, hulle sal skiet.””


    ,,Ons kan mos ook skiet,” sê Fransoois.


    ,,Ja natuurlik; en ons sal ook; maar darem, ek

sê maar.”


    Op sy wit perd kom oom Giel van sy huis teen die

Rooirant. Hy het Pieter van die dorp sien kom en

verlang nou om te hoor wat se nuus hy het. In

bedrukte stemming sit hy en dink. Die regering is op

’n verkeerde weg, dit het hy dadelik gesê. Die Drie-


[bl. 25]


jatige oorlog was nog maar twaalf jaar gelede en hoe

kon hulle nou verlang dat die Boere hul kinders sou

gee om vir die eer en die voordeel van Engeland te veg?

Maar dit gee jou nog geen reg om teen die gesag op

te staan nie. Die regering het volkome wettig gehandel.

Hy het die parlement laat beslis en dit het met groot

meerderheid vir die aanval op Duits-Wes gestem. Jy

kan nou daarteen wees, jy kan kwaad en treurig daaroor

voel, maar daar moet jy jou aan onderwerp. Solank

die regering handel volgens die wet, mag jy jou nie

teen hom verset nie. Dit is ook volgens die Bybel.

’n Mens moet aan die magte wat oor jou gestel is,

gehoorsaam wees. Dat baie mense bitter voel, was

natuurlik. Dit kon ook nie anders nie, maar as daar

sou wees wat teen die regering wil opstaan, dan

sou hy nie daarmee saamgaan nie. Hyself sou gelukkig

nie op kommando hoef te gaan nie. Hy was al vyf-en-

vyftig en hy kon daarby altyd sê dat hy te bekwaald

was om lank aaneen perd te ry. Hulle sou hom wel

ongehinderd laat.


    Toe Bart hom deur die oop deur sien aankom, sê

hy: ,,Hier is oom Giel ook.”


    ,,Nou kan ons nie meer sê wat ons wil nie,” sê

Fransoois,


    Oom Gawie knik.


    ,,Nou ja, maar kyk, kêrels,” sê Bart, ,,laat ons nou

solank bietjie onderlangs organiseer en uitvind watter

mense met ons sal saamgaan, dan is ons gereed as

daar iets gebeur.”’


    Oom Giel klim af en Bart nooi hom binne.


    Oom Giel gaan met ’n sug sit. ,,Dit word al warm,”

sê hy.


    ,,Ja, Oom, dit word al weer warm.”


    ,,En toe? Wat se nuus het julle?”


    ,,Nee, Oom, nie eintlik veel nie,” sê Pieter. ,,Beyers


[bl. 26]


is nou op sy plaas, sê hulle. Hy het weggevlug uit

Pretoria. Die Engelse bedreig hom daar. Hulle sê

dat hulle sy twee honde in die nag doodgesteek het.”


    ,,Dit moes hulle nie gedoen het nie,”’ sê oom Giel.

,,Sulke dinge moes hulle nie gedoen het nie. Daar

gaan ek nie mee saam nie.”


    Daar was ’n stilte. Oom Gawie staan op. ,,Ek

moet weer loop,” sê hy.


    Fransoois staan ook op. ,,Dan loop ek met Ouboet

saam.””


    Pieter bly nog ’n rukkie. Bart praat weer oor die

vinke. Toe gaan Pieter ook weg.


    ,,Tye is moeilik,” sug oom Giel. ,,As die mense

maar sou begryp dat geweld tog nie sal baat nie.”


    Bart bly stil. Hy moet so weinig moontlik van sy

gevoelens laat blyk. Oom Giel was in hierdie dinge

nie te vertroue nie.


    ,,Ja, Oom, ek dink ook so,” sê Fransina. ,,Mens

moet nie teen jou regering gaan nie.”


    Oom Giel gee daar geen antwoord op nie. Hy

wil self ook nie te veel sê nie; wil nie graag onnodig

kwaaivriendskap met sy bure hê nie.


    Hulle gesels weer oor die gewone daaglikse dinge,

maar Bart sê maar min. Hy sit onder die gesprek deur

aan sy planne en dink en gee kort antwoorde. Na ’n

halfuur ry oom Giel weer.


    ,,Wat gaan jy maak?” vra Fransina toe hy weg is.

,,Gaan jy ook rebelleer?”


Ek dink so.”


    Sy kyk hom kwaad in die 0€. ,,En jy sal my hier

laat sit om vir die boerdery te sorg?”’


    ,,Jy is mos ’n boervrou; jy kan mos dinge reghou

vir ’n tydjie.”


    ,,Jy wil in die veld gaan en oorlog maak en jou

boerdery verwaarloos?—Wat van al ons skuld?”


[bl. 27]


    ,,Dit sal regkom.”


    ,,Nie sê nie.”


    ,,Wat wil jy dan?”

    ,,Dat jy stil sit.”

    ,,Nee jong, ek was nog altyd ’n man gewees, hoop

ek.”


    ,,Maar ek gaan ook weg. As jy in die veld gaan,

bly ek nie hier nie. Dan gaan ek na my ouers; dan

laat ek hier alles na die hoenders gaan.”


    ,,Maak soos jy wil,” antwoord hy onverskillig.

,,Eers maak ons hierdie ding reg en dan maak ek met

jou reg.”


    ,,O, jy met my regmaak?—Ek sal nog met jou

regmaak, ja.”


    ,,Gee my kos,” antwoord hy, ,,want ek wil ry.”


    Woedend loop sy na die kombuis. Daar staan sy

en huil en hy hoor dit wel, maar gaan op die stoep

oor die veld staan en kyk.


* * *


    Dié middag ry Bart op sy perd die Witrant oor na

Mooiplaats; Fransoois is na Welgevonden; Pieter ry

na Vyesloot anderkant die Kortrant en oom Gawie

het op Zwartspruit vertroubare vriende wat hy gaan

besoek. So ry hulle dan dadelik na die middagete

uit om te organiseer.


    Oom Giel sien van sy stoep af die een na die ander

wegry. Sy huis staan nogal hoog uit; jy kan van daar

die hele Kafferkraal sien en dikwels sit hy daar met

’n verkyker en kyk. Daar staan geen enkele boom

aan die voorkant van sy huis nie, want hy wil sy uitsig

onbelemmerd hou en van ver al sien mens sy groot

wit huis daar op die skuinste teen die Rooirant staan.

Daar sit hy baie dae en kyk na wat op die paaie verby-


[bl. 28]


gaan, of sy volk wel werk, en of daar geen vee in

die lande kom nie.


    In daardie stil omgewing was daar tog vir een wat

die mense en toestande goed ken, altyd iets belang-

wekkends op te merk. Hy het Pieter in die mêre sien

wegry en hy het vermoed dat hy Uitdraai toe is, en

toe hy by die terugkom by Bart aanry in plaas van reg

deur te ry na sy huis, begryp oom Giel dat daar

belangrike nuus te bespreke moes wees. Daarom het

hy sy perd opgesaal en na onder gery om te hoor

wat dit was.


    Daarna het hy geweet wat die politieke gevoelens

van sy bure was. Mens hoor baie in ’n enkele woord

en begryp veel uit ’n swye. Pieter, Fransoois en Gawie

sowel as Bart was algar rebelsgesind, daarvan was hy

nou seker. Daar ry hulle nou—Bart na Mooiplaats,

Fransoois na Welgevonden of Onbekend, Pieter die

Kortrant oor en hier kom Gawie op sy swartbles.

Gawie ry na Zwartspruit. As hy daarheen gaan, kom

hy gewoonlik met die paadjie tot by oom Giel en van

daar dan reguit deur ’n kloof met ’n voetpaadjie oor die

rant. Dan klim hy meestal af om ’n paar minute te

gesels. Maar vandag kom hy nie met die pad nie,

maar ty deur die veld sodat hy oom Giel se huis ’n

ent aan die regterkant verbygaan. Dit sê baie. Oom

Gawie wil nie by sy swaer Giel aanry nie. Hy het

iets wat hy wil wegsteek. Hy, Giel, word deur die

ander nie meer vertrou nie. Dit maak hom seer. Daar

het nog niks gebeur nie, en alreeds is daar ’n gevoel

van vervreemding en van wantroue onder hulle. Hy

sug. Sulke dinge grief hom.


    Toe Bart die aand weer by die huis kom, was dit al

donker.


    ,,Waar was jy gewees?’”’ vra Fransina. Sy vra dit

nors, maar tog was dit ’n poging tot toenadering.


[bl. 29] * Bart Nel - 3


    ,,Ek was bietjie na ou Sprinkaan om voêljaers te

huur,” sê hy, ,,en toe het ek sommer deurgery na

Mooiplaats, na com Daantjie-hulle.”


    ,,Wat het jy daar gaan maak?”


    ,,sommer. Nuus soek, hoor wat aangaan en so.”


    Sy begryp uit die manier waarop hy haar antwoord

gee dat hy iets vir haar wil wegsteek en sy vra nie meer

uit nie.


    Bart dink: ,,Ek moet versigtig wees met die vrou

van my, sy het nie nodig om alles te weet nie. Sy

sal naderhand nog party dinge uitlap.”


    Sy praat nie veel meer nie, help vir Annekie en die

bediende met die tafeldek. Daar is ’n bedrukte stem-

ming en Annekie kyk besorg en bang dan na die een en

dan na die ander. ,,Pappie, Pappie,’’ liefkoos sy.


    ,,My kind?” vra hy. Maar sy druk slegs haar koppie

in sy hals en sê niks nie. Toe gaan sy na haar ma

om diê te liefkoos. Dit was haar manier van vrede

maak. En so het hul rusies gewoonlik ook nie lank

geduur nie. Maar diê aand was daar ’n hardheid in

haar vader en moeder wat sy nie kon vermutwe nie.


    ,,Ek kan die vrou van my nie vertrou nie,” dink

Bart; ,,my eie vrou kan ek nie eers vertrou nie. Sy

kan moontlik teen my gaan. Sy kan miskien praat

en dinge uitlap wat my planne verydel.”


    Fransina dink: ,,Hy vertrou my nie. Hy sit en

lieg vir my. Hy is bang dat ek hom in moeilikheid

sal bring.”


    Met ’n verbitterde en tegelyk treurige blik in haar

sprekende blou oê sit sy stil en eet. Bart sê af en toe

iets aan Annekie, en Fransina sê ook so nou en dan

iets aan die kind, maar met mekaar praat hulle nie.


    Na die ete sê Bart: ,,Ek loop bietjie oor na oom

Gawie.”’


[bl. 30]


    Sy gee geen antwoord nie, en sonder nog iets verder

te sê, stap hy uit.


    Daar by oom Gawie was ook Pieter en Fransoois,


    ,,Het jy gehoor dat Jopie Fourie ook gerebelleer

het?” vra oom Gawie. ,,Dit vertel hulle daar by

Zwartspruit langs.””


    ,,Ons het ook so gehoor,” sê Pieter. ,,Hy moet

daar iewers in Waterberg wees met ’n kommando.”


    ,,Ja,”’ s& oom Gawie, ,,en Kemp is in Lichtenburg,

sê hulle. Die Profeet is ook by hom.”


    ,,Watter profeet?” vra Fransoois.


    ,,Daardie ou siener, ou Van Rensburg. Het jy dan

nog nie van hom gehoor nie?”


    ,,O, is hy ook by? Ja, van hom weet ek.”


    ,,As jy hom het, kan jy gerus wees,” sê Pieter. ,,Hy

sien mos die hele loop van sake dae vooruit. As hy

sê jy gaan deurkom, dan kan jy maar gaan, dan sal

jy deurkom ook, maar o hete, as hy sê jy sal nie deur-

kom nie, dan spook jy verniet.” Hy lag; die saak

lyk vir hom grappig.


    ,,Maar hierlangs op die hoêveld en in die Oostelike

Transvaal sit hulle nog stil, lyk dit,” sê Bart.


    ,,Ons het hierlangs nie een groot kêrel wat die

voortou wil vat nie, sien jy,’ sê oom Gawie. ,,Oom

Danie Wolmarans is glo daarop teen dat ons geweld

gebruik. Hy meen dat ons meer sal bereik met lydelike

verset. Hy is buitendien ook al oud, weet jy.”


    ,,Wat sê generaal Hertzog?”


    ,,Dié praat net soos oom Danie. Hy is teen gewa-

pende verset. Hy meen dat ons dit met die naaste

verkiesing moet regmaak.”


    ,,Dan is die kwaad gedoen,” sê Bart, ,,dan is dit te

laat.””


    ,,En hoe het julle toe gevaar?” vra oom Gawie.

,,Daar op Zwartspruit is ’n hele paar mense wat sal


[bl. 31]


opstaan as hier net ’n goeie man kom.—Bart sal

voorlopig maar die leier moet wees tot ons in die

geleentheid is om een te kies.”


    Die ander knik. Hulle was almal nogal tevrede

oor hul eerste pogings, al het dit wel geblyk dat die

regeringsmense sterker was as wat hulle gedink het

Van die merendeel kon mens egter nog nie sê watter

party hulle sou steun nie, maar volgens betroubare

inligting kon hulle wel seker wees van vyftig of sestig

man in hul skietvereniging alleen.


    ,,As ons net in die begin ’n bietjie gelukkig mag

wees, dan kom algar wat op die draad sit na ons toe,”

meen Fransoois, ,,dan sal jy sien, loop ons die regerings-

manne plat.”


    ,,O ja,” sê Bart, ,,maar as dit nie so gaan nie, draai

hulle almal teen ons.”


    ,,Hulle sit ook klaar,” sê oom Gawie se vrou met

’n beweging van haar kop na die twee seuns wat daar

stil sit en luister sonder om aan die gesprek deel te

neem.


     ,,Ek wil hê een moet liewers by die huis bly,” sê

oom Gawie. ,,As een gaan, is dit genoeg. Daar moet

tog een by die huis bly om na alles te kyk. Jan is nog

bietjie jonk ook.”


    ,,Nee wat, hulle moet altwee gaan,” sê sy vrou.

»Ek kan wel alleen na die boerdery kyk. Dit sou nie

reg wees nie as een moet gaan en die ander by die

huis sit. Die Here kan hulle net so goed beskerm in

die veld as hier by die huis.”


    ,,Ja, dis reg genoeg, maar mens moet darem ook

rekening hou met omstandighede,”’ meen oom Gawie.


    Dit was tienuur voor hulle loop.


    Toe Bart by die huis kom, 1ê Fransina nog wakker,

maar sy vra hom na niks nie en maak of sy slaap


[bl. 32]


    ,,Slaap gerus,”’ sê hy terwyl hy hom omdraai, maar

sy gee geen antwoord nie.


* * *


    Twee dae later, nog voor die son uit was, loop

Bart al in sy land. Die vinke is al weer daar en ’n

swerm wat vir ’n skoot van oom Gawie geskrik het,

kom oor sy land swenk en stryk na ’n tydjie te aarsel in

die koring neer.


    Die voêljaers is nog nie daar nie, en hy staan en

kyk of hulle nog nie kom nie.


    ,,Die goed is altyd laat,” dink hy wrewelig.


    Van Welgevonden se kant kom ’n perderuiter op ’n

harde galop aan. Die son is net aan opkom en perd

en ruiter is grys teen die ligblou, newelige agtergrond

van die verte.


    ,,Diê een kom seker na my toe,” dink hy. ,,Dit lyk

vir my amper na Kort Magiel; die perd lyk ten minste

na sy rooivos.”


Hy loop terug na die huis en net toe hy daar aan-

kom, ry Kort Magiel die werf op. Sy perd is nat

gesweet van die vinnig ry en hyself sien daar uit of hy

belangrike nuus het.


    ,,Môre, Donkerbek,” roep Bart vrolik. ,,Afsaal?”


    ,,Kom bietjie hier, Bart,” sê hy.


    ,,Generaal Myburg lê met ’n kommando rebelle by

Bronkhorstspruit,” sê hy opgewonde. ,,Hy het om-

trent honderd-en-vyftig man by hom. Dit is nou

betroubare nuus, want toe ek gister daarvan hoor, het

ek ’n jong op ’n baaisiekel met ’n brief na hom

gestuur. Ek wou positief seker wees. Ek het hom

geskryf dat hierlangs kêrels is wat wil aansluit en

gevra waar ons hom kan kry. Gisteraand laat kom

die jong toe terug en hier is die antwoord.”


     Hy gee Bart ’n klein briefie met net ’n paar haastig-


[bl. 33]


geskrewe woorde. ,,Julle is baie welkom. Ons is nou

op Nooitgedacht, maar trek vanaand verder.—Generaal

Myburg.”


    ,,Dan moet ons gou maak,” sê Bart. ,,Sal jy ons

mense op Welgevonden laat weet? En iemand oor-

stuur na Onbekend?”


    ,,Goed,” sê Magiel.


    ,,Sê dat ons mêrevroeg bymekaarkom in die doring-

bome van Zwartspruit. Ons ry sewe-uur daarvan-

daan vort.”


    ,,Goed.”


Bart staan diep en dink.


    ,,ls dit al?’ vra Kort Magiel.


    ,,Ja, dis al. Op Zwartspruit kies ons ’n komman-

dant.”


    ,,Goed.” Hy staan langs sy perd klaar om op te

klim. ,,Dis al, nê?”


    ,,Ja.”


    Op ’n galop ry Kort Magiel vort, terwyl Bart na

die stal gaan om sy perd op te saal. Dis ’n groot bruin

perd, ses jaar oud, vurig en betroubaar. Hy het nog

nooit ’n beter perd gehad nie.


    Op ’n perd in ’n tyd soos hierdie is baie werd,”

dink hy.


    Sonder iets aan Fransina te sê ry hy na Pieter.


    Dié was in sy land. Hy sien hom daar sit en loer,

maar toe hy met sy hoed waai, kom hy haastig nader.


    ,,Goed,” sê Pieter, ,,ek gaan nou opsaal en sal ons

mense op Vyesloot aansê; hulle kan dit dan verder

bekend maak.”


    Met haastige stappe volg hy Bart wat vortry na

Fransoois en na oom Gawie en toe Bart weer terug-

kom, sien hy al drie in verskillende rigtings deur die

veld ry.


[bl. 34]


    ,,Nou wys ons hulle die donkerbek soos Kort

Magiel gesê het,” dink hy.


    Toe hy by die huis kom, sê hy vir Fransina: ,,Maak

my goedjies bymekaar, want mêrevroeg ry ek na die

tebelle.”


    Sy staan hom ’n paar oomblikke stokstyf met

oopgesperde oê en aankyk, maar gaan sonder om nog

iets te sê, doen wat hy gevra het. Dae lank het sy die

ding sien aankom, maar nou val dit tog soos ’n slag

op haar. Maar probeer om hom te beweeg om sy plan

te laat vaar, doen sy nie. Dit sou tog vergeefs wees.


    ’n Paar maal diê dag kom daar nog manne om

sekerheid te kry wat daar gedoen moet word, en ook

oom Giel kom.


    ,,Gaan julle rebelleer?”” vra oom Giel.


Ja, Oom,” sê Bart. Hy kon dit nou tog nie meer

geheim hou nie, en dit was ook nie nodig nie.


    ,,Ek stem nie met julle saam nie,” sê oom Giel.


    ,,Ja, Oom,” sê Bart, ,,dis nou ’n tyd dat elkeen moet

maak soos hy dink dat reg is.”


    ,,Maar as ek iets vir jou kan doen, terwyl jy van

die huis af weg is, as ek jou vrou met raad of daad

kan help, moet sy net sê.”


    ,,Dankie, Oom. Sy sal klaarkom, dink ek, maar ek

sal haar sê.”


    ,,Weet jy, Bart,” sê oom Giel neerslagtig, ,,dat ek

julle amper beny dat julle so beslis is, so seker van

julself om te weet wat julle moet doen. Dis nie maklik

om stil by die huis te sit nie, Bart. As ek sou dink

dat julle die regte ding gaan doen, sou ek saamgaan,

so oud en bekwaald as ek is, maar ek meen dat mens

hom aan sy regering moet onderwerp.”


    ,,Daar is hoêr bevele as diê van jou regering, Oom.”


    ,,Ja, ek weet, Bart. Maar daaroor wil ek nou nie

met jou stry nie. Ek hoop net dat alles nog goed mag


[bl. 35]


afloop en ek hoop vir julle alles van die beste.” Hy

sug. ,,Mag die Here ons arme land help,” sê hy.


* * *


    Die volgende mêre, toe die rooidag uitkom, staan

Bart op. Hy het sleg geslaap; het ook dikwels Fran-

sina wakker hoor lê; het haar ook ’n maal hoor huil.


    ,,Hoe eerder ek wegkom, hoe beter,” dink hy, ,,want

hierdie onenigheid met Fransina maak my kapot.”


    Dit was van sy huis na die doringbome van Zwart-

spruit nie meer as ’n uur te perd nie, maar hy wou een

van die eerstes daar wees. Sy seuntjie slaap nog en

versigtig, om hom nie wakker te maak nie, soen hy

hom vaarwel. Maar Annekie was al wakker. Sy was

sy liefling en hy het van haar meer gehou as van die

seuntjie. Hy druk die klein lyfie so styf teen hom aan

dat sy na haar asem hyg.


    ,,Waar gaan Pappie heen?” vra sy.


    ,,Ek gaan na generaal Myburg, my kind.”


    ,,Pappie moet gou terugkom, hoor.”


    ,,Ja Annekie, ek hoop om gou terug te kom.—

Sal jy baie soet wees? Mooi luister vir jou mammie?”


    ,,Ja, Pappie.”


    ,,Slaap nou maar nog bietjie, my kind.’” Hy soen

haar nog ’n maal, trek haar weer toe en gaan na die

sitkamer. Fransina staan daar bleek en styf, haar mooi,

blank gesig bleek en droewig. Hy sit sy hande op haar

skouers om afskeid te neem en hul o€ kyk in mekaar.


    ,,Dit_vergeef ek jou _nooit, Bart,” sê sy.


    ,,Moet nou nie sulke dinge sê nie, Fransina,” sê

hy ernstig, ,,dis oorlog, jong; wat gaan gebeur, weet

geen mens. Moet nou nie dinge sê waaroor jy miskien

later spyt is nie.”


    Sy gee nie antwoord nie; laat hom wel toe dat

hy haar soen, maar soen hom nie terug nie. Met ’n


[bl. 36]


sug gaan hy na buite en klim op sy perd. Fransina

staan hom en agternakyk, die uitdrukking van haar

gesig hard en bitter. Bart kyk nie weer om nie. Hy

ry regdeur die veld en sy bly hom staan en agternakyk

tot hy bo-op die Rooirant, ’n klein donker stip,

verdwyn. Toe eers sien sy dat Pieter en Fransoois en

oom Gawie met sy twee seuns, algar met hul geweer

en bandelier om, van die huis af wegry in die rigting

van Zwartspruit.


    Toe Bart die huis van oom Giel op ’n klein afstand

verbygaan, sien hy die ou daar op sy stoep na hom

staan en kyk. Oom Giel hou sy hoed bokant sy kop

en Bart waai terug. ,,Stilsitter of draadsitter, ek weet

nog nie wat hy is nie,” dink hy, ,,maar hy sal in elk

geval vir Fransina wil help waar dit nodig mog wees.”


    Bo-op die Rooirant hou hy stil en neem sy verkyker

om te sien of hy perderuiters in die rigting van Zwart-

spruit sien ry. Hy sien Pieter en Fransoois en oom

Gawie met sy twee seuns, maar verder geeneen van

Kafferkraal nie.


    ,,Op Lang Doors en Dik Martiens en Vaal Hans

het ek ook nie gereken nie,” dink hy. ,,Dit sal my

niks verwonder nie of hulle sal nog na ons skiet. Dit

sal hierdie slag seker nie gaan soos vanmelewe nie,

soos die oumense my vertel het, toe hulle na mekaar

geskiet het om mis te skiet, net om mekaar skrik te

maak. As hulle met geweld van my ’n tommie wil

maak, dan moet hulle weet.”


    Van die kant van Welgevonden sien hy ’n paar

perderuiters en onderkant die Witrant sien hy ook

iets, maar dit was te ver om te kan vasstel wat dit is.

Sy moed begin te sak. ,,Dis darem nog vroeg,”

sê hy.


[bl. 37]


    Die Rooirant loop aan die ander kant met verdrag na

die vlakte af. Voor hom 1ê Zwartspruit en daaragter

Mooirivier en na links en na regs ander plase, een

groot vlakte van lang, lae bulte wat agter mekaar oprys

soos die deinings van ’n see, tot waar ’n paar uur

te perd verder ’n blou rant met ’n regte lyn die vergesig

afsluit. Die groen veld is blouglinsterend van die dou

en hier en daar hang wit newels oor die laagtes. Die

donker boomgroepe by die huise 1ê daar soos ver-

spreide eilandjies in ’n meer.


    Van sonop se kant, van Onverwacht, nader ook

drie ruiters, en toe hy sy verkyker op hulle rig, sien hy

dat hulle gewapen is. Van diê kant het hy geen onder-

steuning verwag nie, want Onverwacht val nie onder

sy skietvereniging nie, en vir sover hy weet, het ook

niemand die mense daar gaan aansê nie.


    Naby die doringbome kom hy by hulle in die

pad. Hy ken hulle wel. Dis jong manne, armoedig

aangetrek.


    Toe hulle op die afgesproke plek kom, was daar

nog niemand nie, maar stadigaan daag daar meer op

tot hulle teen sewe-uur omtrent vyf-en-twintig man

sterk was. Die getal is ontmoedigend, maar niemand

praat van teruggaan nie. Swygsaam en teleurgesteld

staan hulle en kyk of daar uit die een of ander rigting

nie nog meer rebelle kom nie, en onderwyl vra hulle

mekaar waarom hierdie een of daardie een nie gekom

het nie. ’n Paar het skielik siek geword; ander sal

later agternakom, maar moes eers nog een of ander

besigheid regmaak; party wat opgekommandeer is, het

gegaan.


    ,,Ons kan nie meer wag nie,’

opsaal.”’


    Hy roep die manne bymekaar. Hulle staan daar

swygend, mismoedig. Bart praat sonder geesdrif, ont-


[bl. 38]


moedig deur die swak opkoms; ook druk op hom

nog die bittere woorde van sy vrou.


    ,,Ek wil nie voorgee dat die toestand nie ernstig is

nie,” sê hy. ,,Ons gaan nie baie wees nie, lyk dit

my. Ons gaan ’n klein klompie wees. Daarom, diê

wat meen dat hulle nie kans sien nie, moet nou hier

omdraai. As ons eenmaal gegaan het, moet ons vol-

hou. Ons moet op mekaar kan reken. Ek sal nie-

mand kwalik neem as hy nou besluit om nie saam te

gaan nie.”


    Hulle hoor hom swygend aan.


    ,,Ek was tot hiertoe jul veldkornet,” vervolg hy,

,,maar nou wil ek hê dat ons ’n ander leier moet kies.”


    ,,Ons moet daarmee wag, dink ek,’’ sê oom Gawie.

,,Ons sal later meer word, hoop ek, en dan kan ons

kies as ons wil.”


    Toe klim hulle op hul perde en op ’n gang ry hulle

in die rigting van generaal Myburg, na die noordooste.

Voortdurend sit hulle en kyk na alles wat in die verte

beweeg. Dis besonder stil op die paaie; dit lyk of

die mense by hul huise wegkruip.


    Die weer verander, wolke begin vorm, en kort-kort

ty hulle in die koelte. Besorg kyk die manne na die

lug. Die wolke word dikker en meer en sluit aan-

mekaar tot ’n grys bedekking wat die blou hemel

verberg.


    By die huise waar hulle verbykom, is die mans

meestal nie daar nie, en slegs nou en dan is daar ’n

enkele een wat by hulle aansluit.


    In die middag ontmoet hulle vyf perderuiters wat

op pad is na Witkoppies, die regeringskamp. Bart

probeer hulle ompraat, en na ’n rukkie te aarsel, sluit

hulle by die rebelle aan.


    Teen die aand begin dit te reêm. ’n Sagte reên


[bl. 39]


wat maar nie wou ophou nie. Bart het in ’n swarthout-

plantasie afgesaal en in hul jasse en komberse sit die

tebelle by die vuurtjies en gesels. Die perde is gespan

en word by die kant van die bos opgepas; wagte is

uitgesit. Hulle is nou omtrent vyftig man. Baie van

hulle is sonder die allernodigste dinge; buitendien het

byna niemand voldoende patrone nie. Daar kon hy

niks aan verander nie, maar vir die ander dinge sou

hy sorg. Die volgende dag sal hy by die eerste winkel

aanry en alles kommandeer wat hulle nodig het.


    Hy lê nog oor al die dinge en dink, terwyl die ander

om hom al algar aan die slaap is. Die vure is dood;

die reên val eentonig, sonder swakker of sterker te

word. Hy hoor die gestrompel van die gespande

perde en nou en dan die gedempte gepraat van die

wagte. Hy twyfel nou of hy wel ’n goeie slaapplek

uitgesoek het, of dit nie veiliger sou gewees het om

in die oop veld af te saal nie. ’n Vyand kan hulle

hier alte maklik vaskeer. Hy het hom laat gerusstel

deur die algemene bewering dat daar hierlangs nog

geen regeringskommando’s is nie. Buitendien is dit

hier beter skuiling. Maar nou is hy spyt dat hy nie

versigtiger was nie. Dit alles hou hom lank wakker.

Van ’n tak begin die water op sy hoed te drup; sy

kombers word al hoe swaarder. Gelukkig is sy jas

dig, maar tog begin hy langsamerhand koud word.

Onrustig 1ê hy en luister. Hy het gehoor dat die eerste

wag afgelos is en nog slaap hy nie. Hy staan op. Dit

is swart daar onder die bome en met die reên nog

daarby, stikdonker, maar sy 0€ is goed en deur versigtig

sy weg te voel, kan hy sy paadjie regkry. By die

dowwe lig van ’n amper dooie vuur sien hy twee manne

inmekaar gekrimp onder een kombers lê. Die kombers

is heeltemal te klein vir twee en hulle is nog sonder

jas daarby. Hy gaan terug na sy plek en bring sy eie


[bl. 40]


kombers. Een van die twee lig sy kop op. ,,Baie

dankie,” sê hy terwyl sy tande opmekaar slaan.


    Toe stap hy tot by die wagte.


    ,,Luister tog mooi, kêrels,” sê hy. ,,As julle iets

hoor, maak my dadelik wakker.” Toe gaan hy weer

1ê met sy kop in sy saal, sy hoed op sy gesig. Hy

kry koud. Met sy hande in sy sakke gedruk en sy

knieê opgetrek tot amper teen sy bors, raak hy eindelik

aan die slaap. Na enkele ure word hy egter al weer

wakker en hy staan op om sy verkluimde bene ’n

weinig beweging te gee. Daar is meer wat nie kan

slaap nie, en een van hulle kom hom vra of hulle mag

vuurmaak. Hy aarsel, want die vrees is nog in hom,

maar toe gee hy sy toestemming.


* * *


    Teen die mêre hou dit op met reên en toe dit lig

word, begin die wolke hulle in die lug op te los en

’n halfuur nadat die son uit is, beskyn hy al hier en

daar die veld. Die rebelle is druk besig met hul perde

skoonmaak, pap kook en vleis braai en hul jasse en

komberse oor die takke in die son te hang om droog

te word. Bart gaan na oom Gawie en sê weer dat die

mense nou ’n veldkornet moet kies. ,,Goed,” sê oom

Gawie, ,,maar hulle wil jou hê. Maar ek sal hulle sê.”


    Na ’n rukkie kom hy weer by Bart terug. ,,Hulle

wil nie kies nie,” sê hy, ,,hulle is tevrede met jou.”


    ,,Toe dan maar,” sê Bart. ,,Maar hulle sou beter

doen om ’n ou gryskop soos jy is, te kies,” lag hy.


    Die eienaar van die grond het hulle ’n slagkoei

gegee en hulle verdeel nou die vleis. Hulle kan nog

’n koei kry as hulle wil hê, het hy gesê. Ja, meegevoel

met die rebelle was daar wel, maar daar het mens nie

veel aan nie. By die regeringstroepe is daar baie wat


[bl. 41]


net soos hulle gesind is, maar wat help dit? As daar

moet geveg word, sal hulle tog ook maar na jou skiet.


    Dit was sewe-uur toe hulle opklim. Die hele familie

van die boer was daar om hulle voorspoed toe te

wens. Die man en sy vrou groet vir Bart met die hand

en waai vaarwel aan die manne terwyl hulle verbykom.

Hul gesigte lyk ernstig, byna treurig asof hulle nie

hoop het nie. Hulle roep wel bemoedigende woorde,

maar hul gesigte weerspreek dit. ,,Kom terug met

die vryheid,’”’ roep hulle.


    ,,As ons Botha en Smuts uitskop, sal ons sommer

die land onafhanklik verklaar ook,” dink Bart, ,,maar

nou gaan dit vereers net teen hulle.”


    Dis ’n lekker more. Die laaste wolke versmelt in

die blou van die lug en die son skyn warm op die nat

en verkluimde manne. Hoewel hulle al ’n paar uur

in beweging is, sit die koue nog in hulle en die warmte

van die son doen hulle goed. Vrolik sit hulle en gesels.

Die gras glinster van die nattigheid. ’n Wasem styg

van die grond op en ’n fris geur hang in die lug. Dis

bladstil, geen grashalm beweeg nie. Die meeste manne

het hul jasse nog aan en het hul komberse om hul

skouers gehang om hulle gouer te laat droog word, en

die damp wat daaruit opstyg meng met die rook uit

hul pype. ’n Seun sit en sing:


    ,,Daar is plek, daar is plek, daar is plek, daar is plek,


daar is plek op die donkiewa.


    Daar is plek, daar is plek, daar is plek, daar is plek,


daar is plek op die donkiewa.”


    ,,Plek genoeg,” sê Pieter, ,,maar daar is min wat

wil opklim.” Hy kyk Fransoois aan. ’n Vrou het

hulle die vorige dag toe hulle by een van die huise

wou aanry, met ’n geweer gedreig. ,,Onthou jy nog

van gister?”’ vra hy.


    ,,Meer skande vir haar as vir ons,’’ sê Fransoois.


[bl. 42]


    ,,Man, dat onder ons nasie altyd so baie moet wees

wat by die Engelsman onder die kombers wil kruip.”

    ,,Aag wat, alles sal nog regkom,” antwoord Pieter

lughartig. ,,Die Boere sal nog eendag algar Boere word,

jong. Gee hulle net tyd. Hulle is nog maar soos jong

hondjies, hul o€ begin nog maar pas oop te gaan.”

    Na ’n paar uur gaan hulle die spoor oor en kort

daarna kom hulle by ’n winkel. Bart gaan daarin.

    ,,Ons is rebelle,” sê hy vir die Jood, ,,en ons het

party goedjies baie nodig. Geld het ons nou nie, maar

ek sal jou ’n bewys gee en ons sal later alles uitbetaal.”

    Die winkelier aarsel, maar Bart wag sy antwoord

nie af nie, en roep een van sy manne. ,,Vra diê wat

iets nodig het om in te kom,” sê hy. ,,Skryf op,” sê

hy vir die Jood, ,,maar pas op dat jy nie probeer om

ons te verneuk nie, want dan vat ons jou hele winkel

verniet.”


    Toe teken hy en hulle ry verder. Nadat hulle ’n

ent weg is, sê oom Gawie: ,,Dis jammer dat jy nie

’n afskrif van die lys gevra het nie. Nou sal die Jood

mos party goed byskryf en pryse verander.”


    ,,Dis waar,” sê Bart, ,,dit moes ek gedoen het.” Tog

doen hy nie die moeite om ’n man terug te stuur nie.


    ,,Hy sal darem nie te veel kan verneuk nie,”’ sê hy.


Teen die middag kom daar twee persone hulle

tegemoet; twee jongmans, seuns van ryk Jan van der

Hoven. ,,Waar is die kommandant?” vra hulle.


    ,,Hier,” sê Bart. Hulle groet hom met die hand.


    ,,As jy ons wil hê, Kommandant, dan wil ons

aansluit,” sê hulle.


    ,,Goed,” sê Bart, ,,hoe meer hoe beter.”


    ,,Pa wil graag met die kommandant kennis maak,”

sê die oudste een. ,,As jy wil, kan ons almal by die

huis iets gaan eet.”


    ,,Dankie, dit sal ons graag doen.”


[bl. 43]


    Hulle pa, ’n deftige ou oom, wag die kommando

voor sy huis in. ,,Ek is bly dat julle my die eer aan-

doen om by my aan te kom,” sê hy hoflik. ,,Kom

binne. Jou manne ook; laat almal inkom.”


    ,,Dit is vir my ’n vreugde om te sien dat daar nog

manne onder ons volk is wat die moed het om op te

staan teen ons Engelsgesinde regering,” sê hy.


    ,,Net jammer dat ons so min is, Oom; maar beter

’n paar wat opstaan as glad niemand nie.”


    ,,Reg so, Kommandant, beter ’n klein klompie as

niemand nie; anders sou die skande te groot wees.

Maar daar is baie wat sal aansluit as dinge bietjie

goed gaan.”


    ,,Dit is die ongeluk, Oom; in so ’n tyd soos vandag

het jy mense nodig wat nie wag nie; wat alles wil

waag. Nou sit hulle op die draad om hulle te laat

afval na watter kant die wind waai.”


    ,,Ja,” sug Van der Hoven, ,,van diê soort het ons

teenswoordig baie. Toe ek jonk was, met die Vry-

heidsoorlog van taggentig, toe was die mense anders as

vandag. Toe was daar geesdrif onder die mense. Maar

vandag sit hulle en bereken wat sal die veiligste of

voordeligste vir hulself wees.”


    ,,As ’n nasie so word, gaan hy ten gronde,”’ vervolg

hy. ,,By Renosterkop is nog ’n kommando rebelle

onder Rooi Martiens Venter,” vertel hy toe.


    ,,Ek wonder of ons dan nie maar eers na hom toe

moet ry nie,” sê Bart.


    In die groot sitkamer word hulle verwelkom deur

mev. Van der Hoven. Haar oê€ wys dat sy gehuil

het. ’n Mooi donker meisie van ’n jaar of twintig

dra saam met ’n paar bediendes stapels gesnyde brood,

skottels vleis en gekookte eiers na die tafel.


    ,,Dis jammer dat ons nie tydig geweet het dat julle

sou kom nie, Kommandant,” verontskuldig die ou vrou


[bl. 44]


haar, ,,dan kon ons vir lekkerder kos gesorg het. Maar

ek hoop dit sal darem smaak.”


    ,,Dit is hard, Kommandant, om jou kinders na die

oorlog te sien gaan,” sê sy, ,maar my seuns wil ook

hul plig doen en ek mag hulle nie keer nie.—Nou moet

julle eet tot julle genoeg het,’ dring sy aan.


    Die mooi meisie kom na Bart toe. ,,Oom-hulle

is helde, nê?” sê sy.


    ,,Dit sal nog moet blyk,” lag hy. ,,Maar ’n begin

het ons darem gemaak.”


    Mnr. Van der Hoven lewer ’n kort toespraak.

,,Ek is trots op julle,” sê hy. ,,Vandag voel ek weer

jammer dat ek nie tien of twintig jaar jonger is nie.”


    Toe gaan hulle na buite en trek weg na waar in die

verte blou rante die grens van die bosveld aandui.


* * *


    Dit was enige dae daarna. Die son was byna aan

ondergaan en blougroen, met hier en daar ’n goudagtige

glans van die sakkende son, 1ê die veld onder die wit-

blou hemel. ’n Donker, kort ry ruiters, trek hulle

langsaam oor die skuinstes en waar hulle op die rug

van ’n bult kom, staan perde en manne fyn en swart

afgeteken teen die ligte westerlug; ’n swak bende

stryders, klein en onbetekenend in die wye uitgestrekt-

heid van die land.


    Magiel ry langs Bart. ,,Dinge loop anders as wat

ek verwag het,”’ sê hy.


    ,,Ja,” sê Bart somber.


    ,,Die rebelle moet spook,” sê Magiel. ,,Ons voer

niks uit nie; ons ry net rond. Ek het nie van my huis

weggegaan om perd te ry nie.”


    ,,Ja, jy is reg, maar meen jy nie ons moet eers gene-

raal Myburg of een van die ander kry nie?”


    ,,Seker. Maar ek meen die rebelle oor die algemeen.


[bl. 45] * Bart Nel - 4


Hulle is te dooierig, man. Ons is totaal aan die slaap.

As ons wakker skrik, is dit te laat; jy sal sien. Waar

het jy ooit ’n rebellie gesien soos hierdie een, dat die

rebelle net rondry en niks uitvoer nie. Jy hoor nie

van gevegte nie; ons neem nie plekke in nie; ons

stuur nie eers proklamasies uit nie. Wat moet die

kêrels, wat nie by ons is nie, dink? Hulle sal dink

ons 1ê iewers in die veld en slaap. Allawêreld, Bart,

dit kan nie so aangaan nie. Het ek die dinge so verwag,

dan het ek wragtie waar by die huis gebly.”


    ,,Dis waar,” sê Bart, ,ons doen niks nie, en die

regering maak hom klaar en hy sal ons naderhand

vang soos ’n klomp mak bokke. Maar sien jy, ons wil

graag dat ons sonder skiet die ding sal regkry. As

ons baie is, sal die regering met ons onderhandel. Ek

wil self ook nie graag onnodig Boere skiet nie. Ons is

darem broers, jong. Al is ons nou in twee kampe, die

mense wat by die regering staan, is darem ons broers.”’


    ,,Daardie broers sal vir jou en vir my netnou plat

skiet, glo vir my. Ons moet nie ’n ding half doen nie,

Bart. Oorlog is oorlog en nie ’n byeenkoms nie. Hulle

sal ons platloop, hulle sal ons doodskiet en verniel.

Aan al hul praatjies van ons moet bloedstorting vermy,

glo ek net niks. Dis maar net om tyd te wen en ons

in ’n val te lei. Ek weet watter soort mense hierdie

regering van ons is. My broer wat in Johannesburg

in die myn is, het my vertel wat dear in 1912 aangegaan

het.—Nee, ek sê ons moet hulle voor wees; ons moet

spook. As jy nou by kommandant Venter kom, praat

met hom, man. Moet nou nie maak dat ons netnou

soos ’n klomp skape is nie.”


    ,,Wat dink jy dan moet ons maak?”


    ,,Ons moet van ons laat hoor. Ons moet die

telefoondrade sny, die spore opbreek, proklamasies

uitstuur dat geen motorkar mag ry nie, en dat ons op


[bl. 46]


enige motorkar wat ons sien, sal skiet. Die motor-

karre spioeneer op ons en hulle weet presies waar ons

is. Ons moet die distrikte waar ons baas is as rebelle-

distrikte verklaar en daar moet ons regeer; ons moet

die kantore inneem en alles wat ons nodig het, kom-

mandeer en nie een laat ry sonder ’n pas nie. Dan sal

die land sien dat dit ons erns is, maar nou lyk die hele

affêre vir die mensdom belaglik.—Praat nou met Rooi

Martiens jong. As ek generaal was, sou ek anders

maak; dan loop die bloed netnou.”


    ,,Dit is juis wat ons wil voorkom.”’


    ,,Jy sal nie kan keer dat ons bloed sal loop nie.—

Ek het baie oor hierdie dinge gedink. Die dinge wat

my broer in Johannesburg my vertel het, het my baie

laat dink.”


    Bart swyg somber. Toe sê hy: ,,Ek het darem ook

die gevoel asof die strop al om ons nek gly.”


    ,,Juis,” antwoord Kort Magiel tevrede.


    Dit was tienuur toe hulle by die rebelle onder

kommandant Venter aankom. By ’n klein klip-

koppie, op die skuinste van ’n bult, 1ê hulle daar in die

donker en slaap. Die kommandant staan hulle en

inwag.


    ,,Laat jou manne nou eers afsaal,’”’ sê hy, ,,dan kan

ons gesels.”


    Teen ’n klip geleun, sit hulle en rook.


    ,,Wat se nuus hoor Oom nou?” vra Bart. _,,Is

generaal Myburg hier iewers?”


    ,,Hy moet daar in die buurt van Grootdam wees,

maar waar hy presies is, weet ek nie. Hy trek ook

maar bont, net soos ek. Dan trek jy diêkant toe en

dan na daardie kant. Vandag hoor jy altemit van ’n

klompie wat wil aansluit en dan ry jy daarheen en

mêre kry jy weer nuus van ’n ander klompie en dan

trek jy weer daarheen. So sal dit met generaal Myburg


[bl. 47]


seker ook maar wees. Maar soos ek verstaan, is hy

nou nie ver van ons af nie. Hy moet sowat vierhon-

derd man onder hom hê. Ons twee tesaam is amper

’n driehonderd; dus, as ons bymekaar is, sal ons

darem ’n mag wees wat iets kan doen.”


    ,,As ’n mens net sou weet wat ons moet doen,”

sê Bart.


    ,,Voorlopig moet ons net afwag of die regering met

ons wil onderhandel, dis al. Ons kan nie ’n aanval

gaan maak nie. Ons sal niks uitvoer nie, en ons sal

die publiek teen ons kry. Al wat ons nou kan doen,

is om die mense te beweeg om by ons aan te sluit

en as die regering dan sien dat ons baie is, sal hy

onderhandel.””


    ,,Ek meen darem dat ons iets moet doen; van ons

laat hoor op die een of ander manier; dit lyk vir my

of ons meer stof moet opgooi.”


    ,,Nee wat, neef Bart, dit gaan sê goed, dink ek.

Die ongeluk is net dat die mense so sleg aansluit.”


    ,,Dis ’n moeilike toestand,” sê Bart. ,,As dit oorlog

is, weet jy dis oorlog en jy handel daarna; maar hierdie

onsekerheid maak jou hande slap.”


    ,,Dit is waar, maar wag nou maar af. Die regering

sal nie die eerste wees om te skiet nie, glo vir my. Hulle

is ook lugtig. Ek dink wel dat alles nog sal regkom.”


    ,,Wat hoor Oom van Beyers en diê?”


    ,,Beyers is nog maar altyd in die buurt van Potchef-

stroom. Maar Kemp is glo op pad na Duits-Wes.”’


    ,,Dis verkeerd,” meen Bart. ,,Ons moet die Duitsers

daarbuite hou. Dit sou beter wees as hy hier sou

gebly het om vir ons te help. Met Manie Maritz is

dit net so. Het hy hier gebly, dan was dit beter,

dink ek.”


    ,,Die hele ding gaan ’n mislukking wees,” dink

Bart, ,,die voorkêrels het nie planne nie.”


[bl. 48]


    ,,Wat hoor Oom van generaal De Wet? Ek hoor

hy het Kroonstad ingeneem.”


    ,,Ja, ek hoor dit ook. Hy kan iets doen, sien jy,

want daar is duisende rebelle in die Vrystaat—Ou

president Steyn doen baie moeite om die regering te

beweeg om met hom te onderhandel.”


    So sit hulle en gesels tot die maan amper onder is.

Hy staan goudkleurig, kort bokant die veld.


    ,,Daar is weer water in die lug,” sê Rooi Martiens,

,,ons kan weer een van die dae reên te wagte wees.”

Hy staan op en rek hom uit, styf van die sit. ,,Ek

wil gaan slaap,” sê hy. ,,Mêre met sonop moet ons

weer verder.” Bart 1ê nog ’n tyd wakker. ,,Die Here

alleen weet wat gaan van ons word,” dink hy.


* * *


    Sodra dit lig word, begin die manne vuurmaak.

Hout was daar nie en veel droê mis was daar ook nie,

sodat hulle die nog nat perdemis moes gebruik waar-

deur dik wit rook uit elke vuurtjie opstyg. In die stil

lug bly die rook lank oor die omgewing hang en toe

die son uitkom, kry veld en manne en perde in die

wisselende lig ’n skilderagtige bekoring. Bart het daar

geen oog voor nie.


    Oom Gawie kom by hom. ,,Wat sê Rooi Mar-

tiens?”’ vra hy.


    ,,Die ou is vol moed.”


    ,,Jal”


    ,,Hy glo dat die regering met ons sal onderhandel.”


    ,,Dan glo hy meer as ek,”’ sê oom Gawie, ,,maar

mog dit waar wees.”


    ,,Die kêrels is te gerus,” sê Bart, ,,hulle meen glo

dat die rebellie ’n soort van stemmery is. Maar netnou

sal hulle skrik.”


    ’n Man roep hulle om te kom eet.


[bl. 49]


    ,,Jy moet baie eet, Oom Gawie,” sê Bart. ,,Mens

weet nou in die mêre nie of jy wel in die aand sal kos

kry nie. Ek laai nou in soveel as ek kan.”


    Toe hulle wegry, was daar ’n opgeruimde stemming.

Familie en bekendes ontmoet mekaar onder die ander

kommando en begroet mekaar vrolik en luid.


    Die weer dui egter op verandering, dik wolke begin

uit die blou van die lug te groei en skuif aan die

einders aanmekaar tot blou banke, en reeds vroeg in

die middag sien hulle onder aan die lug die blitse uit-

slaan. Die wind kom af en toe op.


    Bart het in ’n ander winkel nog meer klere gekom-

mandeer en met voldoening dink hy weer daaraan.

Rooi Martiens kom by hom. ,,Ons gaan nat reên,”

sê hy. ,,Jou kêrels het almal jasse, sien ek; party

van myne het nie.”


    ,,Daar het ek voor gesorg,” sê Bart.


    ,,Jy sal moet betaal, ou neef. Hulle sal jou aanskryf

vir al daardie goed.”


    ,,Dit kan ek nie help nie; ’n man kan nie sonder

’n jas in die veld wees nie.”


    Hulle sien ’n witgrys wolk oor die swartblou van

die hemel vinnig nader skuif en toe kom ’n reênvlaag

oor die veld op hulle af. Onder die ry maak die manne

hul jasse en komberse los. ’n Gedruis soos ’n watetval

kom van die bui af. ,,Hael ook,” dink Bart. Hy hang

sy geweer onderstebo, druk sy hoed vas op sy kop.

Op hom kan dit maar reên, sy jas en skoene is dig.

Maar wat van die ander kêrels? ,,Ons offisiere sorg

darem sleg vir ons mense,” dink hy. Die wind waai

die perde se sterte eenkant toe en ’n harde bui reên,

met hael gemeng, val op hulle. Die kommando hou

stil en die perde draai hul agterlywe na die wind.

Gehurk onder die koppe van hul perde wag die rebelle

tot die bui oor is.


[bl. 50]


    By ’n bloekomplantasie saal hulle af.


    Bart en Rooi Martiens sit bymekaar en gesels en

telkens kom daar manne na hulle toe om met hulle

te praat. Een kom vir Rooi Martiens vra of hy nie

kan sorg dat hulle ook algar jasse kry nie.


    ,,Goed,”’ sê Rooi Martiens, ,,ons sal daarvoor sorg.”


    Verkenners wat inkom, het veel bedrywigheid

opgemerk. Hulle het telkens van die regering se

spioene gesien en ook verskeie motorkarre. Een

daarvan het hulle voorgekeer; daar was ’n paar beken-

de Engelse uit die omgewing in, ook spioene natuurlik.

Hulle het hulle beveel om om te draai, maar dit was

al wat hulle kon doen.


    ,,Mens moet die vervloekte motorkarre belet om te

ry,” sê Bart.


    ,,Hoe?” vra Rooi Martiens.


    ,,Steek hulle aan die brand.”


    ,,A nee a, ou swaer,”’ sus Rooi Martiens, ,,jy wil

nou te kwaai aangaan.”’


    Op ’n kaal kar kom ’n ou man met sy ou vrou

aangery en Bart en Venter staan op en gaan hulle

tegemoet.


    ,,Ons het gekom om julle kêrels te kom waarsku,”

sê die man. Dit was bekende mense uit die omgewing

van Uitdraai, ’n ou man van seker by die sewentig en

sy vrou nie baie jonger nie. Die ou tante sit en beef

van opwinding en haar grou, gerimpelde gesiggie,

verskuil in die groot boerekappie, lyk droewig en

bekommerd. Op hul kaal, verflose kar, armoedig in

hul ou swart klere, wek hulle medelyde in jou op,

maar die ou oom met ’n fel blik in sy 08, lyk, ondanks

sy krom skouers en sy bewende, stywe hande, hoog-

moedig en astrant as hy praat.


    ,,Hoe het oom en tante dit reggekry om hiernatoe

te kom?” vra Rooi Martiens.


[bl. 51]


    ,,Ons het maar vir elkeen wat ons voorkeer, vertel

dat ek na my ou broer by Renosterkop ry wat gevaarlik

siek 1ê, en hulle het ons laat deurgaan.—Maar ek wil

julle uitdruklik sê om nie te gerus te wees nie, kêrels.

Die regering gaan julle skiet, dit is eenmaal. MHulle

1ê daar by die spoor met oor die tweeduisend man.

Ek raai julle, gee pad; gee pad na plekke waar julle

kan wegkruip, waar julle in alle geval posisie kan in-

neem, want wat kan julle maak hier op die kaal vlakte

teen so ’n groot oormag?” En toe die ander twee

swyg, vervolg hy. ,,As julle miskien dink dat die

regering met julle sal onderhandel, is julle onder ’n

totaal verkeerde indruk. Die regering sal nie met julle

onderhandel nie, neem dit van my aan; ek weet dit.

Hy gaan julle uitmekaar skiet.”


    ,,Ja, Oom, maar ons kan ook skiet,” sê Rooi Mar-

tiens.


    Toe word die ou kwaad. ,,Moet nou nie eiesinnig

wees nie, mense,”’ sê hy. ,,Die regering het te veel

troepe om te dink dat julle hom hier op die kaal vlakte

kan inwag. Die spreekwoord sê: As mens nie sterk

is nie, moet jy slim wees. Omdat ek die gevaar sien,

het ek gekom om julle te waarsku. Ons is oud en

die lank ry is vir my vrou ook nie spulletjies nie, en

daaraan kan julle wel sien dat ons werklik bekommerd

is oor julle. Ons het gemeen om generaal Myburg

hier te kry, maar toe is dit julle. Ons sien nie kans

om nou nog verder te soek nie, maar asseblief, kêrels,

stuur julle nou ’n rapportryer na generaal Myburg

om hom te sê hoe sake staan; om hom te beweeg

om hier pad te gee.”


    ,,Ons is self op pad na hom toe,” sê Rooi Martiens.


    ,,Nou ja, soveel te beter, dan kan julle hom self sê.

—Maar julle lyk vir my so gerus. Dit maak my so

bekommerd as ek dink aan die regering se mag van


[bl. 52]


mense en aan julle klein klompie en ek sien julle so

gerus deur die vlakte rondtrek asof daar geen gevaar

is nie. Ek mag verkeerd wees, maar ek kry die indruk

dat julle nie besef hoe haglik die toestand is nie.”


    ,,Nee, Oom,”’ sê Bart, ,,ek altans, voel net so onrus-

tig.”


    ,,Nou ja, dan het ons gedoen wat ons kan; dan

wil ek maar weer ry.”


    Die ou man trek aan die leisels om die twee klein,

ouerige en half flou perde weer in beweging te kry.


    ,,Trek nou hier weg, hoor,” roep die vrou met ’n

hoê swak stem toe hulle wegry. Sy waai met haar

arm, gebarend na die noorde. ,,Moet nou nie langer

hier bly nie. Trek vêr weg.”


    ’n Paar oomblikke staan hulle die kar en agternakyk.


    ,,Ja, die dinge word nou ernstig,” sê Rooi Martiens.


    ,,Maar generaal Myburg is nou naby. Mêreoggend

is ons by hom; dan sal ons besluit wat om te doen.”


    Die reên het al ’n tydjie gelede opgehou en stadig

dryf die hoê wolke uitmekaar. Op ’n rant na die

ooste toe skyn die son al weer.


    ,,Wat moet ek doen?” dink Bart. ,,Hier loop ons

ons rieme styf.”


    Dit was na die krygsraad. ’n Ouderling van Rooi

Martiens hou diens onder ’n klompie ou swarthout-

bome. Daar was vuurgemaak en dig daarby staan

’n bejaarde man en preek. Die rebelle sit voor hom

op die grond en ander staan daaragter, half in die

donker, hul grillig-verligte gesigte gerig na die man

wat hulle toespreek. Die donker en die vlammelig

teken hul gestaltes af in geheimsinnigheid of felle

openbaring. Hulle sing:


[bl. 53]


Zalig hij die in dit leven

Zonder hulp en zonder raat

Als hem alles wil begeven,

Steunt op God zijn toeverlaat.

En ook in den zwartsten nacht

Op den Heer alleen houdt wacht.


    Een van die agterstes, teen ’n boom geleun, is Bart.

Nou gaan hy weer weg van die kommando, gaan hy

weer sy eie pad. Op die krygsraad het hy nie met

Rooi Martiens kon ooreenkom nie. Hy wou weg uit

die omgewing, wil die bosveld in. Daar, tussen

bome en rante, was meer kans om jou teen ’n oormag

te verdedig. Deur die bosse wil hy deurtrek na Water-

berg, na Pienaar en Jopie Fourie. Dit is manne wat

woel. Lyk wat hy nou doen na vlug? Laat hy die

ander in die steek?


    Hy luister nie aandagtig nie, staan en dink aan die

afgelope besprekinge en aan sy planne vir die volgende

dag. Gelukkig was sy manne dit eens met hom. Kort

Magiel het gesê dat hy liewer huis toe gaan as na gene-

taal Myburg. Tog volg hy af en toe die spreker se

toespraak. Diê vergelyk die rebelle by die manne van

Gideon. Maar daar was ’n verskil. Hulle weet nie

wat die einde gaan wees nie; vir hulle het die Here

nie gesê dat die rebelle sal wen nie. Maar wat ook

die uitslag mag wees, hulle sal tog ten slotte, ondanks

moontlike nederlaag, geestelik die oorwinnaars wees.


    Bart was daarmee nie tevrede nie, en in plaas dat

die woorde hom moed gee, maak hulle hom nog swart-

galliger.


    Na die diens kies hy sy slaapplek op ’n klipplaat

’n entjie van die ander af weg. Dit was daar hard en

koud maar ten minste droog. Die hemel was nog toe

van die wolke, behalwe reg bo, waar sterre in plekke


[bl. 54]


sigbaar is. Aan die lugkimme slaan nog telkens blitse

uit en telkens kom dowwe gedonder oor die nat

veld aangerol. Op sy rug, met sy o€ oop, 1ê hy nog

’n tyd lank en dink.


    Tog bring die aand vir hom nog ’n troos, want

voor hy slaap, mompel hy:


    ,,Die ook in den zwartsten nacht


    Op den Heer alleen houdt wacht.”


* * *


    Die volgende mêre, nog voor dit lig word, ry hulle

weg; trek weg, skynbaar sonder dat die kommando

van Rooi Martiens hulle daaraan steur. Venter self

het ook bly 1ê. In die ooste verbleek die lug, maar

ook daar is die sterre nog helder te sien. Dit was

middag toe hulle Schoemansnek oorgaan en afgaan in

die bosveld. Daar was dit stil, want daar tussen die

bome en onderkant Schoemansnek se rante kan jy geen

wind voel nie. Die lug is vogtig en geurig. Die swart

brande begin al groen word en van ’n afstand lyk dit

of die yl gras aanmekaar staan soos jong koring. Deur

die vroeê reêns het die bome tydig uitgeloop en die

jong liggroen blaartjies is al so groot dat die boom-

krone reeds ’n aangename skaduwee gee. Behalwe so

nou en dan die gekwetter van ’n boom vol vinke of

spreeus en die aanhoudende gekier en gekoer van

duiwe of soms die spottende roep van ’n kwê-voêl, is

daar geen ander geluid nie.


    Die volgende dag kies hulle hul slaapplek in ’n ruie

tambotielaagte. Ou, swartstammige tambotiebome

staan daar tussen heinings donkergroen ghwarriebos.

’n Ent daarvandaan is ’n pad wat min gery word, en

daar het Bart twee wagte geplaas.


    Met middernag bring een van hulle twee manne

by hom.


[bl. 55]


    ,,Hier is twee kêrels van die kommando van kom-

mandant Venter,” sê hy.


    Bart was dadelik helder wakker. ,,Goeie nuus?”

vra hy gretig.


    ,,Nee, Kommandant,” sê die oudste een, ,,slegte

nuus. Ons hele kommando met diê van generaal

Myburg is uitmekaar geskiet en gevang.”


    Hulle staan vlak bymekaar, fluisterend; rondom

hulle, vaag die swart boomstamme en die lae donker

krone; ’n entjie verder die sterwende vure. Bart voel

dit alles meteens somberder, eensamer, aan.


    ,,Ons voormanne was te gerus, Kommandant,” ver-

tel die man droefgeestig verder. ,,Hulle het nie gedink

die regeringsmense was so nie. Ons het sommer oor

die oop veld gery, oop en bloot, die regeringskomman-

do tegemoet. Generaal Myburg het met ’n paar manne

vooruit gery om te onderhandel, maar hulle het gesê

dat ons moet oorgee of veg, en toe die generaal die

bevel gee om terug te trek, begin hulle te skiet. Daar

was geen kans om te veg nie; daar was geen plek

waar ons posisie kon inneem nie. Party van ons het

ons platgegooi in ’n klein rantjie, maar ons kon dit

nie lank hou nie, want die regeringsmense het die plek

dadelik begin omsingel. Toe moes ons maar weer

verder jaag. Orals sien jy net rebelle vlug en die

regeringsmense agter hulle aanjaag.”


    ,,Het daar baie van ons mense geval?”


    ,,Ek dink so, Kommandant. Ek self het ’n hele

paar sien val. Maar daar was baie erdvarkgate in die

stuk veld en dit kan wees dat meer as een perd daarin

getrap het. Met die wegjaag van die rantjie af het ek

ook ’n paar van ons mense sien 1ê. Ek het ook een

gesien wat met sy voet in die stiebeuel vasgesit het;

of hy dood was of gekwes, kon ek nie sien nie. Sy

perd het hom aangesleep en elke maal geskop.”


[bl. 56]


    So staan hulle en vertel, hul stemme dof van ver-

moeienis.


    ,,Ek en my maat het weggekruip in die riete van die

rivier, want ons perde was altwee doodgeskiet; en in

die nag het ons toe uitgekom. Ons het toe maar aan-

gestap die bosse in om te sien of ons julle altemit kon

kry.”


    Na ’n rukkie sê hulle. ,,Ons wil nou maar gaan

slaap, Kommandant, ons is baie moeg.”


    Hy gee een van hulle sy kombers en gaan sit toe by

die uitgebrande vuur. Onder die as is nog lewendige

kole en hy 1ê daar takke op en blaas hulle aan die

brand. Hy is rillerig en kan sy gedagtes nie op koers

kry nie.


    ,,Dit het dus so gekom soos ek gedink het,” dink

hy. ,,O, ek glo wel party regeringsmanne het opsetlik

misgeskiet, maar die ander het daar op die tebelle

verjaar, dit kan jy glo.” Hy vloek. ,,Nou moet hulle

weet. Met ons klompie sal dit nie so maklik gaan

nie; hulle sal ons nie met koue hande vang nie.”


    Oom Gawie kom by hom sit.


    ,,As ek nog net ’n klomp van hulle kan doodskiet,”’

sê Bart. Maar oom Gawie gee geen antwoord nie.

Na ’n paar minute sê hy: ,,Die Here wil dit seker nie

hê nie. Ons volk sal maar ten ewigen dae moet slawe

wees.”


    Dit was nog heeltemal donker toe almal reeds op

was en in bedrukte stemming by hul vure die slegte

nuus bespreek. Daar was een wat die ander probeer

opbeur. ,,Botha sal nog sy druiwe teêkom,” sê hy.


    Die volgende dag kom twee verkenners opgewonde

meedeel dat ’n trop regeringsmense van omtrent

tagtig man voor hulle posisie ingeneem het in ’n lae

rantjie nog geen halfuur van hulle af nie. Dit was of


[bl. 57]


die berig iets in Bart laat oopbreek en hom deurvloci,

soos ’n wyn.

    ,,Magtig kêrels,” roep hy, ,,sal ons hulle toelaat dat

ulle ons voorlê en bekruip? Kom ons skiet hulle

daaruit.”


    Haastig oorlê hulle, geesdriftig. ’n Vegbegeerte het

in hulle opgestaan en op ’n galop volg hulle die twee

verkenners.


    Midde-in ’n vlakte met lae doringbome 1ê die rantjie

daar soos ’n eiland. Hulle maak die aanval van vier

kante.


    Fransoois 1ê langs Bart. Hulle seil op hul maag van

boompie tot boompie en van miershoop tot miers-

hoop. Hul maats gewaar hulle nie meer nie, en daar

is ook niks wat die aanwesigheid van die regerings-

troepe laat blyk nie. Sou hulle nog nie vir hulle gesien

het nie? Daar hoor hulle aan die ander kant skiet.

»Bredenbach met sy klompie,’”’ dink Bart. Fransoois

sien op ’n plek die bome op die rantjie roer. ,,Daar

staan seker hul perde,” sê hy. ,,Sal ek skiet?” En

toe hulle aftrek, sien hulle ’n felle beweging van takke.

’n Paar opgesaalde perde hol die rantjie af, die vlakte

in, en hier en daar spring een van die regeringsmense

verskrik op om pad te gee of om die perde te keer;

tegelyk kraak die skote van die rebelle wat by Bart is.

Een van die perde kom reg op hulle af. ,,Skiet hom,”

sê Bart, ,hy gaan vir ons seermaak.” WHulle skiet

gelyk. Die perd swaai-swaai nog ’n twintig tree en

slaan toe neer. Toe hulle verbykom, sien hulle dat hy

al stil 18. ,,Hy is gelukkig dood,” het Bart nog die

tyd om te dink.


    Onverwags kom hulle op ’n sloot af en met ’n

sug van blydskap gly hulle daarin. Een vir een sien

hulle die ander kêrels daar ook inkom. Verder storm

sal nie gaan nie. ’n Paar soek met verkykers of hulle


[bl. 58]


iets van die vyand kan gewaar en beduie dan vir die

ander waar hulle moet skiet.


    Na ’n tydjie hou hulle daar op die rantjie ’n tak

met ’n lap aan omhoog en toe hou die geskiet op, net

enkele skote kraak nog agterna. Van die anderkant

kom die rebelle onder Bredenbach en Magiel met

geroep aangehardloop. In ’n ruie kol bome lê ’n hele

paar perde. Die meeste van hulle leef nog. _,,Skiet

hulle dood,” sê Bart. Hy druk sy manne opgewonde

die hand. Vyf van die rebelle is nie daar nie. Nie

lank nie en hulle het hulle gekry. Twee is al dood.

Hulle 1ê die twee gesneuweldes langs mekaar met hul

hoede op hul gesig en met die bajonette van die rege-

ringsmanne grawe hulle haastig ’n graf. Toe 1ê hulle

die twee dooies daarin, gooi die graf toe met grond en

dra groot klippe aan. Die regeringsmense staan op ’n

afstand dit alles stil en beskou. Bart hou ’n kort

toespraak en oom Gawie doen ’n gebed. Hulle sing:


    ,,Vest in bange en droeve dagen

Al uw hoop op Hem alleen.

Schroom niet Hem om hulp te vragen.

Vest in bange en droeve dagen

Al uw hoop op Hem alleen.

Hij kan helpen, Hij alleen.”


    Dit was al laat in die middag en teen die laag-

hangende son in, ry die rebellekommando na die

weste.


    Die regeringstroepe maak toe ook reg, lê die dooies

en gewondes op draagbare van takke en trek te voet

na die suide, ’n sombere skare van manne in die grys

skemering en stil en eensaam 1ê die rantjie weer in die

sterwende lig.


* * *


[bl. 59]


    Voor hulle die spoor Pretoria-Pietersburg bereik,

dwing die aanwesigheid van regeringskommando’s hulle

noordwaarts in die rigting van die Springbokvlakte,

maar daar was dit ook al onveilig, en daarom swenk

hulle toe af na die noord-ooste. Hulle ry toe in die

rigting van Sekoen se berge in die hoop om in Middel-

burg of Lydenburg ondersteuning te kry.


    Fransoois met Magiel was ’n uur te perd by die

ander vooruit om die veld te verken. Dit was middag.

,,Nou moet mens nie in die bosse wees nie,” sê Magiel.

,,Soe, maar dis warm.” Hy neem die hoed van sy

kop en veeg die beswete binneband met sy sakdoek

droog. In sy vierkantige, spekblanke gesig staan sy

Kein liggrys o€ fel turend. Van die koppie waar hulle

gesit en spioeneer het, lei hulle die perde na onder.

Dit maak in die klippe ’n geraas wat mens in die diep

middagstilte ver kan hoor. Net toe hulle weer opklim,

fluit ’n koeêl oor hulle; ’n skoot kraak.


    ,,Gou,” roep Fransoois en hulle jaag na ’n ruie lap

blouhaakdorings. Daar kan hulle nie gesien word nie,

en haastig haak hulle die perde vas en kruip onder

deur die lae bome om te kyk of hulle iets van die vyand

kan gewaar, nog betyds om te sien hoe twee perde-

tuiters op ’n galop tussen die bome verdwyn.


    ,,Hulle sal weer kom,” sê Fransoois. ,,Hulle sal

ons weer bekruip, dit glo ek.”


      Heel moontlik,” sê Magiel. ,,Ons moet versigtig

te werk gaan.”


Hulle ry verder en vermy soveel moontlik oop plekke

tot Fransoois sê: ,,Hulle sit nou seker van daardie

spitskoppie op ons en spioeneer.”’


    ,,Dis baie waarskynlik. Weet jy, Fransoois, ons

moet ’n plan maak met daardie twee. Hulle sal ons

nog doodskiet as ons nie vir hulle skrikmaak nie. Ek


[bl. 60]


dink ons moet nou so ry dat hulle ons kan sien, dat

hulle ons kan agterna kom en dan 1ê ons hulle voor.

Hoe dink jy Fransoois?”


    ,,Maar sal hulle op ons spoor ry, dink jy?”


    ,,Moontlik. Miskien waag hulle dit nie, maar ons

kan probeer.”’


    Hulle ry toe deur ou kafferlande waar net hier en

daar ’n jong doringboompie staan en waar mens hulle

van ver sal kan sien. As die twee regeringsmanne nou

iewers met hul verkykers sit en spioeneer, sal hulle die

ander seker in die oog kry. Van die ou kafferlande

hou hulle ’n stofgetrapte beespad en swaai toe af

in ’n seringbult. Daar sien jy ver onder die takke van

die yl bome deur. Maar daaragter is toe ’n tambotie-

laagte, ’n ruie mengsel van bome en struike.


    Daar maak hulle die perde vas en kruip ’n ent terug.

Toe gaan 1ê hulle elkeen agter ’n boom en wag.


    Rondom hulle staan die krom, gladde stamme van

die seringbome in hul ronde skaduwee op die kort, yl

gras. Na die vertes verdwyn die gange in ’n warrteling

van stamme en takke. Dis doodstil. Die gegons van

vlieê is al wat jy hoor. Die bos staan en wag. Die

bome, die grond, dit wag. ’n Paar kwê-voêls, donker-

grys, met kop en lyf soos papegaaie, sit op ’n boom

vlak by. ,,Kwê,” roep hulle soos ’n skelwoord. Toe

sit hulle weer stil en kyk. Hulle wag ook. Die manne

draai voortdurend hul koppe na links en na regs. Daar

kraak iets agter hulle en met ’n skok kyk hulle om.

’n Steenbok kom verby; wei-wei; sy dun bene beweeg

vinnig. Elke maal tel hy sy kop op om te luister. Hy

sien die twee manne wat daar lê nie raak nie. Vreet-

vreet stap hy verder.


    Na omtrent ’n uur sien hulle reg voor die bene van

perde en toe word in ’n gang twee perderuiters sigbaar.

Hulle kom reg op hulle af, stadig, op ’n stap. Hulle


[bl. 61] * Bart Nel - 5


sit met hul geweer reg en kyk skerp na al kante soos

jagters wat wild soek; volg die perdespore in die yl

gras. Al nader kom hulle. Mens kan die dowwe

geluid van die perde se pote hoor. ,,Kwê,” skree een

van die voêls. Die regeringsmanne word al duideliker;

twee manne op bruin perde, met groot hoede op, in

kakiehemde en met bruin kamaste. Hulle hou stil.

aarsel by die aanblik van die tambotielaagte, geen

honderd tree ver nie.


    ,,Ons hensop hulle,” fluister Fransoois, maar Magiel

skud heftig van nee. Hul bene gly meer agtertoe;

nog platter 1ê hulle en gelyk trek hulle af. Die een

val skuins vooroor en gly toe van sy perd af op die

grond, maar die ander een jaag in ’n rasende galop

die seringbult in en verdwyn agter die bome. Hulle

skiet nog na hom, maar sonder om te raak. Die ander

perd hol al runnikend sy maat agterna, maar bly toe

onseker met opgehewe kop staan en kyk.


    ,,Daardie een is weg,” sê Magiel. ,,Nou sal hy vir

sy kaptein gaan vertel waar ons is.—Gaan kyk jy,

Fransoois, dan vang ek solank daardie perd.”


    Fransoois stap na die gevalle regeringsman. Hy lê

half vooroor sodat hy die gesig nie goed kan sien nie,

en versigtig rol hy hom oor.


    ,,Morsdood,” sê hy. Dis amper nog maar ’n seun.

Hy bly ’n rukkie na die gesig kyk en gaan toe na Magiel

wat met die gebuite perd vir hom staan en wag.


    ,,Wat moet ons met hom maak, Magiel?”


    ,,Niks; laat hom so 1ê. Sy maat sal hom kom kry.”’


    ,,Hy het die koeêl deur die hart,” sê Fransoois.


    Magiel knik. ,,Sommer meteens morsdood.”—

    ,,Kom ons ry terug na die kommando. Ons weet nou

dat die regeringsmense weer ons spoor gekry het.’


    ,,Maar hoe het jy dan geskiet, man?” vra hy.


[bl. 62]


    ,,Ek weet self nie hoe het ek geskiet nie,” sê Fran-

soois.


    ,,Het jy tog nie moedswillig mis geskiet nie?” vra

Magiel agterdogtig.


    Fransoois gee verward antwoord. ,,Ek het nie juis

wou mis skiet nie, maar ek was tog ook nie baie

angstig om raak te skiet nie,” sê hy half beskaamd.

Ek wou hulle liewer gehensop het. Nou was ek so

half onbeslis; ek weet self nie wat ek wou toe ek skiet

nie.”


    ,,Ek het al so gedink,” sê Magiel minagtend.


    ,,Weet jy dit lyk darem naar om ’n man wat daar so

stil voor jou sit en van niks weet nie, dood te skiet.

Ons moes maar geskree het ,hensop’, en as hulle dan

wou omspring, kon ons geskiet het, maar dan het ons

hulle tog ’n kans gegee.”


    ,,Hulle sou ons nie die kans gegee het nie.”


    ,,Mens weet nie.”


    ,,Hoe het die regeringsmense gemaak met die

klompie van generaal Myburg wat hulle daar in Lang-

kloof gekry het?”


,,Ja, dis waar, maar daarom moet ons nie ook so

maak nie.”


Soos hulle aan ons doen, doen ek aan hulle—Soos

’n man my behandel, behandel ek hom.”


    ,,Ja, dit lyk party dae nog die beste politiek,” sê

Fransoois.


    ,,Dit is die beste politiek,” sê Magiel met nadruk.


* * *


    Dit was ’n paar dae daarna in die voornag. Die

maan was amper vol en staan reg bo. Sonder rimpeling

staan sy silwer beeld in die water van die Olifantsrivier.

Dit kan elfuur wees.


    In die swart skaduwee van waterhoutbome en vader-


[bl. 63]


landswilgers is die rebelle en hul perde op ’n afstand

onsigbaar. Die rivier stroom sonder geluid en die

wind 1ê stil. Helder val die diergeluide op die bewe-

ginglose lug. ’n Nagvoêl uit ’n reeks gerekte fluittone.

’n Hok-hok wat deur die maanlig half wakker is, roep

sag en welluidend sy dowwe hok-hok-hok-hok. Verder

weg gee ’n voêl ’n enkele skreeu soos die huilgeluid

van ’n klein kind, een enkele kreet. Gekwak, geratel

en geborrel van paddas smelt inmekaar tot ’n dowwe

gedawer. By die rivier, op die sand, hul voete amper

in die water, sit Bart en oom Gawie.


    ,,Ek verwag hulle stellig vannag terug,” sê Bart.


Hy sit en dink aan ’n gewonde wat hulle die vorige

dag moes agterlaat in die woning van ’n man wat daar

by die rivier ’n aanleg het. Hy het ook ’n paar man

afgestuur na ’n sendeling wat laer af woon om medisyne

en verbandmiddels te vra. Dan ook oor die vooruit-

sigte van in Middelburg of Lydenburg ondersteuning

te kry. As dit waar is dat daar in Sekoen se berge ’n

ander rebellekommando is, dan kan hulle miskien by

hulle aansluit en dit moontlik nog ’n ruk uithou.

Miskien kom daar dan op een of ander wyse nog ’n

oplossing. Waarvoor veg hulle eintlik nog? Hul saak

is tog verlore.


   Oorkant kom twee perderuiters, vaag sigbaar in die

matsilwer skemering, die hoê wal af en laat hul perde

suip.


    ,,Hier is hulle,” sê Bart.


    Die ruiters kom die rivier deur en Bart gaan hulle

tegemoet. Hulle is so moeg dat hulle, toe hulle afklim.

dadelik gaan 1ê.


    ,,Wat is nuus, kêrels?” vra hy.


    ,,Nee wat,” vertel die een mismoedig, ,,daar is geen

rebelle nie. Daar is niks van waar nie. Daar was ’n


[bl. 64]


begin van ’n kommando gewees, maar hulle het lankal

gaan wapen neerlê.””


    Hy vertel al die besonderhede wat hulle daaroor

gehoor het en sy maat voeg elke maal iets by. Maar

daar is wel regeringstroepe. As hulle daarheen sou

gaan, sou hulle net so moet rondvlug. Die wêreld was

daar wel bergagtig, met baie wegkruipplekke, maar

mens sou daar tog ook nie lank verskuil kon bly nie.

Dit lyk hulle amper beter om te bly waar hulle is.


    Oom Gawie het ook bygekom, maar sê niks nie.

Na ’n rukkie gaan die twee verkenners afsaal en Bart

en oom Gawie gaan weer sit, daar by die rivier. Die

vraag: ,,Waarom hou ons nog vol?” 1ê in Bart se

mond, maar hy is bang om dit uit te spreek.


    ,,Een van die dae is ons in die hande,’”’ sê oom

Gawie.


    Bart is bly dat oom Gawie dit sê; voel dadelik

wat die ou daarmee wil te kenne gee.


    ,,Ons is, lyk my, soos ’n vis in die net,’’ antwoord hy

moedeloos.


    ,,Net waar jy trek, is regeringstroepe,’’ sê oom

Gawie.


’n Tyd lank praat hulle nie; elkeen weet wat die

ander dink.


    ,,Die toestand lyk hopeloos,’


    ,,Dit is.”


    Weer swyg hulle ’n lang tyd, sit en luister na die

geluide van die nag. ’n Tier knor teen die berge

oorkant. ,,Die tier,’ sê oom Gawie.


    ,,Weet jy wat ek dink, oom Gawie?” sê Bart. ,,As

julle nou almal sou gaan wapen neerlê en ek bly alleen

buitekant, miskien sal julle loskom. Ek sal dan

probeer om my weg te steek tot die ding oor is.”


    ,,Die Naturelle sal jou verraai.”


[bl. 65]


    ,,Ek sal net in die nag ry, altemit kan ek deurkom

na Rhodesiê of Duits-Wes, of waar ook al.”


    ,,As hulle jou dan vang, is dit nog erger. As jy

oorgee saam met ons, is dit, dink ek, beter vir jou.”


    Bart gee geen antwoord nie. By sy manne bly en

die gevolge afwag, was dit nie manliker nie?


    ,,Sal ek mêre met die kêrels praat?” vra hy na ’n

tuk,


    ,,Ek dink dis die beste,’ sê oom Gawie.


    Lank sit hulle weer sonder woorde. Eindelik staan

oom Gawie op.


    ,,Dis, dink ek, die beste,” sê hy.


    ,,As die manne dit so wil,” sê Bart.


    ,,Natuurlik, as hulle ook wil.”


    Bart bly alleen agter. Dus, dit was die einde. Alles

verskyn weer voor hom, die gebeurtenisse van die

laaste tyd. Die hele regering agter Botha. Die volk te

pap om op te staan. Dit was nie die Boerenasie wat hy

ken nie; dit was ’n ander nasie. Hoe het hulle nie

afgesak nie. Dit was asof hy dit sien gebeur, profeties

soos in beeld; manne, ’n volk, ’n hele nasie, die

Boerenasie, loop; hulle loop eers hoog en seker en

dan al verwarder en swakker. ’n Agteruitgaande nasie,

’n volk van wag, van aarsel, oorlê, bereken. ’n Paar

loop soos vroeêr, trots en beslis, maar die groot menig-

te loop skuifelend en onseker. So sien hy hulle gaan

uit die lig in die nag.


    Hy sit daar, sy arms oor sy knieê, sy o€ op die water

van die rivier en staar na die manne, die volk, wat

wankel na die versinking. Sy voorkop sak op sy

arms.


    Dit was nog donker toe hy sy manne laat wakker

maak en die maan was nog op. Laag hang hy bokant

die bome en die skaduwees is dof en lank. In die ooste


[bl. 66]


het die hemel amper onsigbaar bleker geword. As hy

dan die besluit gaan uitvoer, hoe eerder hoe beter.


    Hulle staan daar, ’n donker groep van sestig manne,

met hul jasse aan, rillerig van die nag se slaap, in die

skemeragtige lig van die sakkende maan.


    Hy vertel dat daar geen rebelle in Middelburg is nie,

dat die berigte daaromtrent leuens was. Hy het tot

die oortuiging gekom dat dit nutteloos was om nog

langer vol te hou. Hulle kon nog een of twee keer veg,

maar die einde was seker. Waarvoor dan? As hulle

nou oorgee, kan hulle huis toe gaan. Hy alleen sou

tronk toe gaan; moontlik oom Gawie ook. Maar die

ander sou volgens die proklamasie in vrede na hul

huise kon teruggaan.


    Niemand was daar wat daarteen praat nie. ,,Dis al

wat oorbly,”’ sê hulle.


    Alleen Magiel sê: ,,Ek sou darem nog graag ’n

skoot geveg het.’


* *   *


Dit was nog donker toe Pieter en jong Van der

Hoven wegry na die regeringstroepe om die oorgawe

van die kommando aan te bied. Hulle ry met die pad.

,,Dis veiliger,” sê Pieter, ,,anders dink die Botha-iete

nog dat ons spioene is.”


    ,,Ek wou nog vir my ’n koedoe geskiet het en nou

moet ek my geweer vir die Tipperêries gaan afgee.”

klaag Van der Hoven met geveinsde lughartigheid, maar

Pieter gee geen antwoord nie.


    Gaandeweg word dit ligter. Die maan was al ’n

tydjie onder. Die takke word al hoe duideliker teen

die lug en op die verte afgeteken; die donker stamme

word beter sigbaar teen die grysheid van die agtergrond;

alles word stadigaan helder en in ’n koel, bleek lig 1ê

die bosveld en wag op die opkom van die son. Die


[bl. 67]


môre is daar, vreugdeloos en kommervol. Hulle ty

swygend, bedruk, bang vir die nuwe dag. Eindelik

kom die son op bokant die berge van Sekoen en vergul

in een oomblik die jongsomerse bos. Tussen die bome

deur sien jy nou en dan die wasigblou verte. Van

der Hoven het oog vir die skoonheid om hom heen.

Hy voel meteens opgeruimd. Hy skeur ’n lat af en

maak sy sakdoek daaraan vas. __,,Dit is die witvlag,””

sêhy. ,,Die rebelle gee oor. Die Boere maak vrede.”


    Maar Pieter vererg hom. ,,Vat weg,” sê hy nors.

,,Moenie ’n verbrande gek wees nie, man.”


    Maar Van der Hoven wil iets hê om sy gevoelens

te uiter. Hulle gaan wel oorgee, maar dis geen skande

nie. Die rebellie is misluk, maar hy het homself

manlik gedra; hy kan met trots by die huis kom en

sy moeder omhels en sy vader alles vertel en die vol-

gende dag al ry om vir sy nooi te gaan kuier. Hy haal

sy mondfluitjie uit sy sak en begin te speel. ,,Dan kan

die Botha-iete hoor dat ons kom,” sê hy, ,,anders is

daar miskien van hulle wat ons sommer van agter ’n

boom blits.””


    Hy speel:


  ,,lt is a long, long way to Tipperary,

It is a long way to go.”


    Pieter sit hom afkeurend en beskou. ,,Kon Bart

dan nie ’n ander man met my saamgestuur het nie as

hierdie piepkuiken?” dink hy.


    Van der Hoven sien sy gedagtes. ,,Ons gaan mos

nou na die Tipperêries,” sê hy.

    ,,Speel vir hulle ,God Save the King’,” sê Pieter.

    ,,Goed, maar dan wil ek wag tot ons hul kamp

im 2

    ,,Ek sal nou die ewige haat hê vir hierdie mense,”

sê Pieter.


[bl. 68]


    ,,Ek ook.”


    ,,Meer as vir die Engelse.””


    ,,Dit is seker,” s@ Van der Hoven. Hy laat hom

nie uit sy opgeruimde stemming trek nie.


    Na ’n paar uur se ry roep iemand van agter die

laaghangende geblaarte van ’n kareeboom: _ ,,Halt!’’

Twee manne kom te voorskyn.


    ,,Ons wil die kommandant sien,” sê Pieter.


    ,,Ry maar vooruit—Moenie aan jul geweers vat

nie,” dreig die een.


    Hulle gee geen antwoord nie, glimlag vir mekaar

en ry verder onderwyl die twee regeringsmanne opstyg

en hulle op ’n kort afstand volg. Na ’n halfuur kom

hulle in die regeringslaer. Daar kon sowat ’n drie-

honderd man wees. Die kommandant, ’n groot, mooi

kêrel met ’n krulsnor, loop deur die kamp en sien hulle

inkom. Elkeen kyk van sy werk op en die komman-

dant bly staan. Hy is breed en fris gebou, bietjie

plomp. Sy kop op sy dik nek sak ’n weinig vorentoe,

maar sy mooi blou oê bokant sy donker snor is die

oê van ’n man wat kan veg en beveel. Pieter ken hom

goed; hulle is verlangs familie.


    Toe hulle afklim, groet hy hulle met die hand.

,,Dis snaaks om jou hier te sien,” sê hy vir Pieter.


    ,,Ons kom van die rebelle af.”


    ,,O so?” lag hy. ,,Jy is ook rebel, nê? Dit kon ek

van jou dink. Jy is maar altyd by die minderheid.”

Hy wag ’n oomblik. ,,Stuur Bart Nel vir julle?”


    ,,Ja, hier is sy brief.”


    ,,Dis goed,” sê hy toe hy gelees het. ,,S@ maar vir

hom dat ons hier is en dat ons vir hom en sy mense

sal wag. Saal julle nou eers bietjie af dan sal ek gou

’n antwoord skryf.”


    ’n Paar minute later kom hy by hulle sit. ,,Bart

skryf dat hy wil oorgee op voorwaarde dat sy man-


[bl. 69]


skappe huis toe kan gaan, maar ek kan hom dit nie

waarborg nie.”


    ,,Maar dis mos volgens die proklamasie,” sê Pieter.


    ,,Ja, maar nadat die proklamasie uitgekom het, het

julle bly veg. Ek glo nie die proklamasie is vandag

nog van krag nie.”


    ,,Dan het ons verniet die ent gery.”


    ,,Hoe meen jy?”


    ,,Ons sal nou mos nie oorgee nie. Ek nie. As jy

ons nie die versekering kan gee dat ons kan huis toe

gaan nie, bly ek buite en die ander kêrels seker ook.”


    ,,O ja,”’ sê Van der Hoven.


    Die kommandant sit ’n paar minute ingedagte.

,,Nou goed,” sê hy, ,,dan sal ek maar die verantwoor-

delikheid op my neem. Ek sal dan daarby sit dat almal

met uitsondering van die offisiere kan huis toe gaan.”


    ,,En dat ons nie sal gekommandeer word vir die

krygstog teen Duits-Wes nie.”


    Die kommandant lag en kyk Pieter skuins aan.

,,Dink jy dan ons wil julle saamhê daarheen?”’ vra hy.


    ,,Mens weet nie. Vandag se Boere is nie meer

vanmelewe se Boere nie.”


    ,,Hoe was jy dan so haastig om te rebelleer, neef

Pieter? Ons moenie sulke dinge aanvang nie, man.

Dis net ’n bloedstorting, verniet. Ons kan die Vader

dank dat die rebellie so gou doodgeloop het.”


    ,,Was al die Boere gelyk gewees, dan kon ons iets

gedoen het.”


    ,,Nee, dan nog nie. En gelyk is ons nooit.—Maar

eet nou eers, dan sal ek die brief bietjie verander.”’


    ’n Man van Welgevonden kom by hulle sit. ,,Hoe

lyk die wêreld?” vra hy.


    ,,So-so,” sê Pieter.


    Die man sit ’n tydjie ingedagte, skyn nie te weet

hoe om te begin nie.


[bl. 70]


    ,,Dis ’n groot Boere-oorlog,” sê hy eindelik.


Pieter knik.


    ,,Wat is eintlik jul bedoeling met die rebellie?” vra

die man.


    ,,Ons wou nie Engelse tommies wees nie.” ~


    Die ander knik. ,,Het ek net kans gesien dat die

ding kon slaag, dan was ek ook by julle; maar ek het

dadelik gesien waar dit heen loop.”


    ,,Dis julle wat ons in die moeilikheid gebring het,”

sê Pieter. ,,Ons het gemeen dat die kêrels wat soos

ons dink ons sou ondersteun.”


    ,,Ja, maar, ou broer, verstaan nou mooi. As jy

nou voor jou siel sien dat dit ’n mislukking gaan word,

dan gaan jy jou tog nie in die ongeluk stort nie.—

Maar glo my, ou swaer, daar is onder ons baie wat

graag aan jul kant sou gestaan het. Die regering weet

goed en dis daarom dat hy so versigtig met julle werk.”


    Die man swyg neerslagtig. Pieter sê ook niks meer

nie, en toe die kommandant terugkom, gaan hy weg.


    ,,Ek is bly dat Bart eindelik rede verstaan,”’ sê die

kommandant. ,,Dit help niks; ons vergiet net Boere-

bloed en die Engelse lag ons uit.”


    Hy kyk Pieter en Van der Hoven agterna toe hulle

wegry, en sug. ,,Die kêrels dink niks van ons nie,”

dink hy. ,,Kyk hoe kyk hulle ’n mens aan. Dit sal

’n menseleeftyd neem om hierdie vyandige gevoelens

te laat uitsterwe.”


* * *


    Nog die einste dag kom die rebelle in die laer aan.

Daar moes vir elkeen ’n pas uitgeskryf word en tussen-

tyd sit hulle bymekaar in bedrukte stemming. Die

kommandant kom by Bart wat eenkant alleen sit.


    ,,Julle het ’n paar dae gelede een van my mense

geskiet,” sê hy, ,,weet jy wie dit gedoen het?”


[bl. 71]


    ,,Daar weet ek niks van nie,” sê Bart.


    ,,Dit was ’n paar van jou spioene gewees.’


    ,,So? Nee, ek weet niks daarvan af nie.’


    Die ander sê niks meer nie.


    ,,Nou bly ek alleen agter?” vra Bart.


    ,,Ja, en dan oom Gawie.”’


    ,,Hoekom dan hy ook?”


    ,,Fly was mos jou assistent?”


    ,,Nie juis my assistent nie. Ek is die enigste offisier,

sou ek dink. Dit sou nie reg wees om hom ook

tronk toe te stuur nie.”


    ,,Miskien kom hy los, maar ek is verplig om hom

voorlopig ook hier te hou.”


    ,,Ek het al gevrees dat jul proklamasie niks werd

is nie,” sê Bart kwaad.


    Die kommandant bly vererg stil en om toe ook iets

haatliks te sê, sê hy na ’n rukkie: ,,Volgens my opinie

is die hele rebellie net ’n Hertzogkwessie.”


    Bart kyk hom woedend aan. ,,Een moet wel ’n

groot gek wees om te meen dat dit ’n Hertzogkwessie

is,’ sê hy. Hy wou nog meer sê, maar die kommandant

staan op.


    ,, ‘n Man moet kan veg as hy los is en hy moet kan

stilbly as hy in die hande is,” sê hy. ,,Dit help nie om

jou parmantig te hou nie, neef Bart. As ’n man gevang

is, dan is dit vir hom beter om dit te onthou.”


    ,,Ek kan jou ook ’n goeie raad gee as jy dit wil hoor,”

sê Bart, maar die kommandant stap al weg.


    ’n Ent daarvandaan sit Fansoois en Magiel. ’n

Regeringsman kom by hulle staan en gee hulle die

hand. ,,Julle is gelukkig om te kan huis toe gaan,”

sê hy. Na ’n rukkie vra hy: ,,Wie was jul spioene

laaste Vrydag?”’


    ,,O, ’n hele trop seker,”’ sê Magiel. ,,Hoekom?”


[bl. 72]


    ,,Twee van hulle het diê dag een van ons mense

doodgeskiet.”


    ,,So? Nee, daar weet ek niks van nie.”


    ,,Waar was dit gewees?” vra Fransoois.


    ,,Op Uithoek.”


    ,,So? Nee, ons het niks daarvan gehoor nie.”


    Die man gaan effens later weer verder. Hy kom

by oom Gawie. Diê staan ingedagte en kyk hoe ’n

seun sy kamaste poets. ,,Blink kêreltjies kry jy hier,”

dink hy. Hy staan by homself en oorweeg watter kans

hy het dat hulle hom na sy huis sal laat gaan. Die

regeringsman kom by hom staan, skynbaar ook ver-

sonke in die beskouing van die blink skoene en kamaste

van die jong vent.


    ,,Jong seuns wil spog,


    Oom Gawie knik.


    ,,Ek hoor oom Gawie sal ook nog moet agterbly,”

sê die man.


    ,,Voorlopig, ja.”


    Die man swyg ’n oomblik. ,,Wie van Oom se

mense het laas Vrydag op Uithoek ons spioen ge-

skiet?”’ vra hy toe.


    ,,Nee daar weet ek nie van nie. Dit was seker

nie een van ons mense nie.”


    ,,Wie kan dit anders gewees het, Oom?’’


    ,,Nee, ek weet self ook nie. Miskien een van julle

eie mense.”


    ,,Ag nee, Oom.”


    ,,Sulke dinge kan maklik gebeur, weet jy?”


    Die man gaan weer weg en kort daarna begin die

rebelle op te saal. Dit was sterk skemer toe hulle

wegry. Hulle wil niks langer bly as wat nodig is nie, en

die hele nag deurry om die volgende dag vroeg al by

hul huise te wees. Een vir een kom hulle Bart en oom

Gawie groet, ernstig en bedruk. Almal het ’n woord


[bl. 73]


van bemoediging. ,,Die ding is netnou oor,” sê hulle,

    ,,en dan sal die regering julle los.”

    Die laaste van almal is oom Gawie se twee seuns.

    ,,Praat jul ma nou maar moed in, seuns,” sê hy.

,,Sê maar vir haar dat ek wel gou sal loskom.”

    Toe staan Bart en oom Gawie en die regeringsmanne

almal en kyk hoe die rebelle agter mekaar in die

skemering tussen die bome verdwyn.


[bl. 74]


📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…