Die Kaalkop Waarheid
Verklein

Komende optredes

Sien almal → →
07 Aug
Die AWB & DKW + Churchil by die Kalfiefees in Hermanus
Akkedis AJ Graham, Arthur Dennis, Churchil Naude, George Rautenbach, Hanru Niemand, Jackie Lätti, Kristoe Strauss, Nardus du Plooy, Riku Lätti Grobbelaarsaal, Hermanus 20:00 180

Die Kaalkop Waarheid

Welkom by Die Kaalkop Waarheid — ’n plek van stofpaaie, laatnagliedjies, wynvlekke, verlange en eerlike stories. Sit ’n rukkie langer. Luister stadig. Hier leef songs vir mense wat al iets verloor het, iets liefgekry het, of nog probeer sin maak van die wêreld tussen die stadsligte en die stilte van die Karoo.

DKW - Overbergblou - Die Kaalkop Waarheid - In die Kaap

#afrikaans #folk #music #musiek #roadtrip #wasgoedlyn @DieWasgoedlyn #indiekaap #overberg From the Album: "In die Kaap" available here: https://distrokid.com/hyperfollow/die... Met 'n swart suidooster agter my en weerlig blits dat dit soos dagbreek lyk As ek die overberge binnery In 'n oomblik van lig sien ek 'n gesig van lank terug wat vir my kyk Stomgeslaan oor hoe my hart nou lyk Lekker ry ek nou Overbergblou Met kanolavelde rondom my en die suidste see wat wink vir my Sien ek wat ek lank nie wou sien nie So vir jou my vriend wat om moes kom veels te vroeg bitterjonk Sing ek my lied van verdriet Lekker ry ek nou Overbergblou Wel die skoonheid slaap diep en stil in die berg en ek sal ver moet gaan draai in die woordlose baai Om te groet wat ek lank nie wou groet nie So vir jou my lief wat weg moes kom van my sodat jy weer kon leer om te blom Sing ek my afskeidslied Lekker ry ek nou Overbergblou