🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
Terug na Lede
Albert Du Plessis
Albert Du Plessis

Albert du Plessis is ’n Suid-Afrikaanse musiekentrepreneur en platemaatskappy-bestuurder, veral bekend as die stigter en dryfkrag agter Rhythm Records, ’n onafhanklike musieklabel wat in 2000 in Kaapstad begin is. Met ’n passie vir Afrikaanse en alternatiewe musiek het Albert ’n platform geskep waar kunstenaars kon floreer wat op daardie stadium nie altyd deur hoofstroomlabels gedek is nie.

Onder sy leiding het Rhythm Records ’n uiteenlopende katalogus gebou wat fokus op Afrikaanse rock, alternatiewe en literêre-gerigte musiekprojek. Die eerste vrystelling op die label was die live-projek Tassenberg All Stars – Live @ Tassenberg Stalteater, en die label het daarna uitgebrei tot omvattende uitgawes van bekende en grensverskuiwende kunstenaars.

Albert het nie net as etiket-stuurman gedien nie, maar ook ’n sleutelrol gespeel in die koördinasie en administrasie van projekgebaseerde musiek- en poësie-albums, insluitend die musiekprojek vir die bekende Suid-Afrikaanse digter Breyten Breytenbach.

Rhythm Records se loopbaan het ook internasionale elemente gehad – met die bevordering van kunstenaars en die ontwikkeling van digitale verspreiding in die vroeë 2000’s – alhoewel die etiket uiteindelik op 31 Desember 2012 sy deure gesluit het.

2
Afrikaners vir Suid-Afrika
1719 Lede
<p><strong>Wie en wat ons is</strong></p><p><br></p><p>Hierdie forum het ontstaan uit ’n verklaring waarin 48 progressiewe Afrikaners hul kommer uitgespreek het oor disinformasie dat Afrikaners slagoffers van ’n beweerde volksmoord is en oor die algemeen in Suid-Afrika te na gekom word. Hierdie d...
Ander Lede
Die Wasgoedlyn
59 Lede
<p><strong>Die Wasgoedlyn</strong>&nbsp;is die musiekprojek van&nbsp;Riku Lätti&nbsp;en&nbsp;Jackie Lätti&nbsp;— ’n oop uitnodiging aan Afrikaanse musikante om hul eie liedjies met trots te speel, maak nie saak waar hulle vandaan kom of hoe hul pad begin het nie.</p><p>Wat begin het as twee mense...
Ander Lede
6
Wat maak dat ons kant kies in ander lande se oorloë en politiek?
Van die Anglo-Boereoorlog tot vandag: Hoekom kies gewone mense so passievol kant in ander lande se konflikte? Die grootste slagveld is dalk nie die oorlog self nie, maar ons eie koppe
👁 141 lesers

Wat maak dat ons kant kies in ander lande se oorloë en politiek?

Van die Anglo-Boereoorlog tot vandag: Hoekom kies gewone mense so passievol kant in ander lande se konflikte? Die grootste slagveld is dalk nie die oorlog self nie, maar ons eie koppe

Wat maak dat ons kant kies in ander lande se oorloë en politiek?

Wat maak dat ons kant kies in ander lande se oorloë en politiek?

Dis nie 'n nuwe verskynsel nie. Tydens die Anglo-Boere oorlog was Europese lande se burgers ook vir of teen een van die kante in die oorlog. Koerante in Europa het elke dag nuwe nuus oor die oorlog publiseer en dan word dit die onderwerp onder bespreking by werkplekke, in kroë, en op straat. En die mense kies kant en probeer mekaar heeltyd oortuig dat "hulle kant" wen, of gaan wen, die morele hoëgrond het en bla bla bla.

Rusland, Ierland, België en Frankryk het kleurvolle avonturiers en moeilikheidmakers voorsien om die Boere te help om die British Empire te ondergrawe en die Queen op haar plek te sit.

En dan kies die publiek daar in die ver lande kant. Ons identifiseer met hierdie oorloë met 'n intensiteit en ekstremiteit wat verraai dat ons eie brose identiteit op die spel is.

Ekstremisme in enige rigting het 'n lui ontsnapping geword van die harde werk om jouself los te maak van ingeskoolde doktrines.

So, om nou 'n self-check te doen, die vraag is : Wat is die belangrikste faktore wat maak dat mense, ekself, kant kies in ander mense se oorloë?

Daar's een reël wat vir my nogal werk: Sodra jy die normartiewe faktore uitgefigure het, die trap waarin die meerderheid trap, dan weet jy wat dit is wat jy moet vermy om jou onafhanklikheid te behou.

So, vermy die volgende traps wanneer jy kant kies :

- identiteit

- nasionalisme

- Ideologie

- Historiese byle te slyp

- Persepsie dat daar 'n bedreiging is

- Media propaganda

- Eiebelang ekonomiese druk

Soos hulle sê:

"Die res is geskiedenis".

Stof tot stof
👁 236 lesers

Stof tot stof

Stof tot stof

Stof tot stof.

NG Kerk Voortrekkerhoogte. Geskenk deur die destydse staat aan die militêre establishment. 'n Militêre basis moet 'n kerk hê. 'n Kerk waarheen troepe op kerkparade in gelid gemarseer kan word. Waar kappelane hul staats-rites kan voltrek. In diens van 'n ideologie. 'n Kerk waaruit grensgevalle, grensgesneuweldes, jong offerhandes van die droom begrawe kon word. Ontroosbare ouerhuise. Kanonwaens met doodskiste op.

Tyd het sy loop geneem. Waardigheid het die gebou verlaat. Die klip en baksteen falinks het in onbruik verval. 'n verlate termiethoop "sonder 'n ge-janfiskaalde mossie se hoop op oorlewing of ontbinding."

Haweloses het in die gebou kom nesskrop teen die Hoëveld se winter. Hoe kouer, hoe groter die vlamme. En op die sewende dag het die vuur van vertering hemelwaards gebeur.

Die reëboog bring ook die belofte :
nie weer deur vloed, maar deur vuur.

Skaakmat vir Trump en Netanyahu?
“Skaakmat vir Trump en Netanyahu?” vra nie net ’n politieke vraag nie — dit vra of twee leiers bereid is om die realiteit in die oë te kyk ná ’n Midde-Oosterse strategie wat toenemend soos ’n historie
👁 315 lesers

Skaakmat vir Trump en Netanyahu?

“Skaakmat vir Trump en Netanyahu?” vra nie net ’n politieke vraag nie — dit vra of twee leiers bereid is om die realiteit in die oë te kyk ná ’n Midde-Oosterse strategie wat toenemend soos ’n historiese misrekening begin lyk. Terwyl diplomatieke alliansies verskuif, Arabiese state hul vertroue in Washington en Tel Aviv verloor, en Iran sy invloed met verrassende selfvertroue uitbrei, staan Donald Trump en Benjamin Netanyahu voor ’n gevaarlike kruispad: erken nederlaag, of verdubbel die geweld. Hierdie ontleding kyk na die geopolitieke domino-effek van hul Iran-avontuur — van die verval van die Abraham Accords tot Iran se nuwe strategiese dominansie in die streek — en vra of die wêreld nou nader aan vrede of aan ’n katastrofiese finale skuif beweeg.

Skaakmat vir Trump en Netanyahu?

Geen middelgrond nie. Hulle moet óf hul landsburgers in die oë kyk en erken hul Iran- en Midde-Ooste doelwitte het nie gerealiseer nie, óf hulle kan soos swak verloorders die skaakbord omkeer en al wat voorkom bombardeer. Net om dan self "kineties" vernietig te word. Wat sal dit wees? Op die oomblik, gegewe die twee leiers se persoonlikhede en ook hul lande se kollektiewe diplomatieke disfunksie, lyk dit of die bombardeer-opsie nog nie van die tafel af is nie.

En dit is min of meer dit. Dit is ook David Hearst van Middle East Eye se bestekopname van die realiteit in die Midde Ooste. https://www.middleeasteye.net/.../iran-has-won-war-trump...

Vroër vanaand het ek geluister na Chas Freeman, oud Ambassadeur na Saudi Arabië en ook oud assistent sekretaris van die VSA se departement verdediging. Sy ontleding kom neer op presies dieselfde as die van David Hearst.

Elke keer as Trump min of meer dink hy stuur af op 'n ooreenkoms met Iran, dan bel hy eers vir Bibi en dan dwarsboom Bibi hom. Veral op 1 aspek : Elke keer as Trump Israel se bombardering van Libanon by die ooreenkoms wil insluit, dan saboteer Netanyahu dit.

So wat is die eindresultaat van Trump en Netanyahu se ekskursie na Iran?

- Die Abraham Accords, waarin Israel 'n leidende rol sou speel in 'n alliansie van Midde Oosterse lande, is daarmee heen. Egipte vertrou nie die vrede met Trump se wankelrige Board of Peace planne met Gaza nie. Lande soos Qatar, Saudi Arabië en Bahrein weet nou die VSA kan hulle nie meer militêr beskerm nie. Vroeër vandzg het Trump in 'n telekonferensie met Arabiese lande voorgestel hulle moet almal eers 'n samewerkingsooreenkoms met Israel sluit. Sy voorstel was begroet met luide stilte....

Omtrent alle Arabiese lande, Oman, Bahrein, Saudi Arabië, Qatar, Yemen en Koeweit, het hul vertroue in die VSA/Israel verloor en is besig om diplomatieke en strategiese bande te smee met China, Rusland, Pakistan en Iran. Die UAE het op die verloorperd Israel gewed. Hier is nou 'n nuwe alliansie tussen Suni lande aan die ontstaan.

- Waar die seestraat van Hormuz voor die aanval van die VSA en Israel op Iran oop was vir handelsverkeer, is dit nou onder beheer van Iran en Oman - op hulle terme.

Die olieprys daal nou weer, nie omdat Trump vir die wêreld vertel hy is besig met 'n deal nie, maar omdat Iran nou gestruktureerd beheer uitoefen en die olie weer laat uitvloei vir lande wat die terme nakom en nie deelneem aan vyandighede teen Iran nie.

- Iran het met hul asimmetriese oorlogvoering eskalasie dominansie gevestig teenoor Israel en die VSA. Iran het nie 'n lugmag of vloot in die tradisionele sin van die woord nie, maar met 'n arsenaal van ultrasoniese geleide langafstand missiele, stealth hommeltuie, swerms gewapende spoedbote en mini duikbote kan hulle enige aanvallende militêre aksie sterk teenstaan en met geteikende presisie terugslaan. Tot in die hart van Israel. Om nou weer 'n aanval op Iran te loots sal selfmoord wees vir Israel, Amerikaanse basisse en vlootvaartuie in die omgewing.

So, kom ons gooi suiker voor die deur

en kyk wat gebeur. Oftewel, kom verby Doris Day.

Unipolêr vs Multipolêr
Amerika se era van alleenheerskappy begin krake wys — en Xi Jinping weet dit. In ’n wêreld waar China ekonomies en diplomaties al sterker staan, word die ou magsorde uitgedaag deur iets wat politieke
👁 539 lesers

Unipolêr vs Multipolêr

Amerika se era van alleenheerskappy begin krake wys — en Xi Jinping weet dit. In ’n wêreld waar China ekonomies en diplomaties al sterker staan, word die ou magsorde uitgedaag deur iets wat politieke denkers die “Thucydides-valstrik” noem: die gevaarlike oomblik wanneer ’n opkomende supermoondheid ’n bestaande een begin verdring. Terwyl Trump dreigemente, ego en oorlogspolitiek bring, speel Xi die lang spel van beheer, handel en strategiese druk. Is ons besig om die einde van die unipolêre wêreldorde te sien — en die geboorte van ’n nuwe multipolêre era?

Unipolêr vs Multipolêr

Vanoggend skarrel die nuuskieriges om te google wat “Thucydides-valstrik” beteken. Pres. Xi Jinping het Trump daarop gewys dat Amerika en China “vriende moet wees, nie mededingers nie”, en dat die twee lande moet vermy om in die Thucydides-valstrik* te trap. (Sien Meta AI se verduideliking van die Thucydides-valstrik hieronder.) Verder het hy gesê dat die twee lande vrede moet gaan maak dáár waar lande oorlog voer.

Xi Jinping is duidelik van aankoms tot handdruk tot media-klankgrepe in beheer. Hy is hoflik in sy verwysings na die VSA — geen woord oor Trump as persoon nie. Trump, daarenteen, is sy gewone narsistiese, kruiperig-vleierige self: “Wie wil jy hê moet ek wees? — ek sal dit vir jou wees. Vir die oomblik, totdat ek terugkeer na my (on)waarheid-sosiale media, dit is.” Want Amerika het China nodig, nie andersom nie. China is een van die grootste houers van Amerikaanse staatseffekte. En hulle beheer 90% van die wêreld se verwerking van seldsame-aarde-elemente. Amerika het dit nodig vir sy tegnologie en wapens.

Trump se rekord van blokkade-verhongering van Kuba, medepligtigheid aan Israel se volksmoord, dreigemente teen Groenland en aanvalle op Iran is nie die CV wat jy wil hê wanneer jy met China en Xi Jinping onderhandel nie.

My vermoede is dat Trump gaan wegstap met ’n vredesultimatum om sy nek, opgelê deur Xi Jinping. Amerika en Israel se aanval op Iran ontwrig ook China se sakebelange. Alles dui daarop dat China druk op Trump uitoefen om uit die Midde-Ooste pad te gee sodat die wêreld kan aangaan met sake soos gewoonlik. Amerika moet vrede maak, of … China het ’n paar kaarte — Trump nie.

Die druk op Amerika om Israel se oorloë te laat vaar, raak al hoe groter.

Amerika se unipolêre beleid om alles met mag te wil beheer, is besig om soos ’n boemerang in hul gesigte terug te slaan. Die internasionale konsensus is dat Amerika en Israel hul oorlog teen Iran verloor het. Hulle het geen van hul oorlogsdoelwitte bereik nie.

Die Thucydides-valstrik is die idee dat wanneer ’n opkomende mag ’n heersende mag dreig om te vervang, oorlog hoogs waarskynlik word.

Waar dit vandaan kom:

Thucydides, die Atheense geskiedskrywer, het in Geskiedenis van die Peloponnesiese Oorlog geskryf dat: “Wat oorlog onafwendbaar gemaak het, was die groei van Atheense mag en die vrees wat dit in Sparta veroorsaak het.” Die term “Thucydides-valstrik” is in 2012 deur die politieke wetenskaplike Graham Allison geskep.

Die meganisme:

  1. ’n Opkomende mag groei ekonomies en militêr.
  2. Die gevestigde mag sien sy oorheersing, veiligheid en status bedreig.
  3. Vrees en wantroue bou aan beide kante op. Die opkomende mag wil meer erkenning en invloed hê; die gevestigde mag wil die status quo behou.
  4. Wanberekening, ongelukke of druk vanuit binnelandse politiek dryf hulle na konflik.


Die wêreld is op 'n mespunt.
Die Midde-Ooste staan op ’n mespunt: ná aanvalle deur Israel en die United States op Iran, lyk dit of die verwagte regime-verandering nie gekom het nie—inteendeel, Iran slaan terug terwyl alliansies w
👁 265 lesers

Die wêreld is op 'n mespunt.

Die Midde-Ooste staan op ’n mespunt: ná aanvalle deur Israel en die United States op Iran, lyk dit of die verwagte regime-verandering nie gekom het nie—inteendeel, Iran slaan terug terwyl alliansies wankel, basisse ontruim word en politieke spanning rondom Donald Trump en Benjamin Netanyahu toeneem. Is dit die begin van ’n groter oorlog—of die oomblik waar magsdrome begin kraak? 🌍⚠️ Lees die ontleding op Die Gewete.

Die wêreld is op 'n mespunt.

In die VN staan al die lande wat VSA militêre basisse huisves saam om Iran te veroordeel nadat Israel en die VSA Iran aangeval het. As jy Amerika in jou sisteem het, kan jy nie anders nie.

Maar Iran staan vas. Na die sluipmoorde op hul leiers en na 3 weke se VSA Israeli bombardering en massamoorde op Iranese energiebronne, skole en hospitale, toon Iran geen teken van oorgee nie. Inteendeel. Van die verwagte regime change het dadels gekom. Die Iranese staan solied en slaan uitdagend terug. Hou vir hou.

VSA en VN magte vlug soos rotte uit Irak en ander Arabiese lande. Die VSA Israel alliansie se radar oë en ore vir die hele midde ooste is uitgehaal. Israelis kry nou slegs 90 sekondes kennis van inkomende Iranese missiele. En hul lugafweer ammo is op.

Geen Westerse land is bereid om Amerika militêr te help nie. Hulle weet wat hulle weet.

Trump vind nou op die harde manier uit jy kan nie een oomblik als en almal met tariewe straf, Europa en Groenland dreig en oral ou alliansievennote afpis, 'n oorlog sonder hul medewete begin en dan, wanneer dinge Suid gaan, verwag hulle sal kom help nie.

Israelis leef ondergronds in die atmosfeer van sirenes en stink chemiese toilette. Hul begin nou besef hul leiers het vir hulle gelieg. Murmurering en opstand dreig onder die ondergrondse Israeliete.

Trump en Netantahu is desperaat en verward. Taco jou hier, taco jou daar en siedaar..... niks werk nie.

Daar is wysheid en vrede in terugtrek en onderhandel, maar dit rym nie met Donald en Bibi se persoonlike chaos en hoogmoed nie. Hul plan is nou om Iran se ligte uit te skiet en onder die dekmantel van die donker, onder bomwerper beskerming, troepe in te stuur met aanvalshelikopters en alles wat hulle het om in hul mal stryd in te gooi. Die laaste stuiptrekkings van Sionistiese hoogmoed en Amerikaanse grootheidswaan? Of die einde van weerstand teen VSA inmenging?

Ons sal maar sien........ dalk werk dit vir hulle. Dalk nie. Iran wag vir hulle.

4 000 km se Hellevuur: Wanneer die 'Rooi Lyn' met Bloed Getrek Word
Die afstand tussen oorwinning en morele ineenstorting krimp vinniger as wat enige missiel kan vlieg. Terwyl ballistiese tegnologie die grense van die ruimte verskuif, bevind die mensdom hom vasgevang
👁 305 lesers

4 000 km se Hellevuur: Wanneer die 'Rooi Lyn' met Bloed Getrek Word

Die afstand tussen oorwinning en morele ineenstorting krimp vinniger as wat enige missiel kan vlieg. Terwyl ballistiese tegnologie die grense van die ruimte verskuif, bevind die mensdom hom vasgevang in die rou, digitale werklikheid van verwoesting wat nie meer deur koerantpapier gebuffer word nie. Van die puin in Gaza tot die skokgolwe in Arad, vervaag die behoefte om kant te kies voor die universele gelykmaker: die lyding van 'n kind. Is ons getuies van geregtigheid, of kyk ons bloot hoe die wêreld se 'off-ramp' na vrede in oranje vlamme verdwyn?

4 000 km se Hellevuur: Wanneer die 'Rooi Lyn' met Bloed Getrek Word

Weet ma hoe ver is 4000 kilometer?

(Selfs die vyand het hulle kinders lief)


4000 kilometer is hoe ver Iran se ballistiese missiele nou kan gaan. Omdat dit in die ruimte ingaan, waar daar geen weerstand is nie, kan dit teoreties nog baie verder gaan. Multi stadium missiel/vuurpyle wat ook ruimte-wentelbaan-tegnologie insluit. Om dan weer die atmosfeer in te sny waar dit op die teiken gaan hellevuur en skok saai. Skrikwekkend.


Dinge eksaleer nou vinnig in die Midde Ooste. Die wedersydse vernietiging en lewensverlies en mense-lyding raak nou moeilik om te assimileer. Aan alle kante van die oorlog.


Mens wil aanvanklik instinktief met schadenfreude reageer op jou "span" se missiel-suksesse. Soos wat ons so baie van die "Ek is vir Israel" partydiges gesien cheer het terwyl Gaza platgeskiet is. 


Mens voel ook : uiteindelik is daar geregtigheid vir al die weerlose kinders en oumense en diere wat deur die IDF in Gaza in tente met brandbomme bestook is. Geregtigheid vir die skoolmeisies in Iran wat deur die VSA vermoor is, of vir die feesgangers wat op 7 Oktober 2023 gedood is. 


Maar dan lees mens van kinders wat ook so pas in Israel met aanvalle op Noord Israel en Dimona en Arad beseer en gedood is.


Kinders en diere en weerlose oumense. Dit is die rooi lyn, die grens waar mens se emosionele toleransie-drempel soos 'n seer senuwee geskok word. Daar waar mens se menslike partydigheid en mens se wil om te moraliseer en regter te wil speel oor wie reg en verkeerd is verdwyn en plekmaak vir : Laat dit om hemelsnaam tog net ophou!


Vorige geslagte se emosies is gebuffer deur die tydsverloop van die volgende dag se gedrukte koerant. Dan word dit abstrak. Die foto van 'n Viëtnamese meisie wat brandend van die Saron-gas in 'n pad hardloop. Haar arms in die gekruisigde posisie langs haar uitgestrek en gesig vertrek van die pyn. Abstrakte wit en swart foto op koerantpapier. Hector Peterson in sy sussie se arms.


Nou is daar die real time, met klankbeelde van missiele en bomme wat tref. Oranje vlamme. Mense wat skree en rondval in die rommel en rook. Dit ruk mens in 'n ander dimensie in. 


Wat is volgende? Bid vir 'n off ramp, vir vrede. Andersins lyk dinge donker. Vir die hele mensdom. 


(This is a developing story......)

Stuur Boodskap

Kontak Albert Du Plessis direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek