🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
Terug na Lede
Volgende optrede
Grobbelaarsaal
Vrydag 7 Aug. 2026 20:00 Hermanus
Sien plakkaat & besonderhede
Die AWB & DKW + Churchil by die Kalfiefees in Hermanus
Optrede
Die AWB & DKW + Churchil by die Kalfiefees in Hermanus
Wanneer
Vrydag, 7 Aug. 2026 om 20:00
Plek
Grobbelaarsaal, Hermanus
Kaartjies
R180.00
Een verhoog. Vier unieke stemme. Een onvergeetlike aand.
By vanjaar se Kalfiefees gebeur iets besonders.
Die Akkedis Wasgoedlyn Band (Die AWB) bring saam Die Kaalkop Waarheid en die legendariese Churchil Naudé bymekaar vir 'n aand waar rock, folk, blues, kletsrym en oorspronklike Afrikaanse musiek in mekaar vloei.
Dis nie net 'n konsert nie – dis 'n viering van stories, mense en die ongelooflike verskeidenheid van Afrikaans. Van diep lirieke en rou eerlikheid tot ritmes wat jou voete laat beweeg – elke kunstenaar bring iets uniek na die verhoog.
As jy hou van musiek wat eg is, kunstenaars wat iets het om te sê, en 'n atmosfeer waar almal welkom is, is hierdie aand vir jou.
📍 Kalfiefees – Hermanus
🗓 Vrydag 7 Augustus 2026
🕗 20:00
👨‍👩‍👧‍👦 Alle ouderdomme welkom
Kom ontdek waarom alternatiewe Afrikaanse musiek lewendig, relevant en sterker as ooit is.
🎟️ Kry jou kaartjies nou – ons sien jou daar!
#Kalfiefees #DieWasgoedlyn #Akkedis #DieKaalkopWaarheid #ChurchilNaudé #AfrikaanseMusiek #LiveMusiek #Hermanus
Kry kaartjies
Churchil Naude
Churchil Naude

Churchil Naudé is ’n selfgeleerde rymkletser en digter van Mitchell’s Plein wat homself as ’n Woordenaar beskou. Sy kuns is nie ’n tipiese straataanslag nie; dit is ’n diep digterlike ontleding van die samelewing, deurspek met politieke skerpte, geestelike diepgang en ’n rou, eiesoortige humor. Vir Naudé is die skeppingsproses ’n konstante jagtog na die "beter woord" om die gedagtes wat in sy gees ronddwaal, met presisie vas te pen.

As die dryfkrag agter sy eie eenmanveldtog, #dieontkakkingsveldtog, staan hy alleen. Hierdie veldtog het geen lede nie en hy preek vir niemand nie; dit is ’n nugter oproep tot selfrefleksie. Sy filosofie is eenvoudig: ons loop almal rond met "kak in die kop" en niemand gaan jou hand vashou of jou soebat nie—jy moet jouself ontkak.

Sy statuur as een van Suid-Afrika se mees deurdagte stemme word onderskryf deur sy werk saam met legendes soos David Kramer, Koos Kombuis, Spoegwolf, Hunter Kennedy en Riku Lātti. In September 2025 is sy bydrae bekroon met die Neville Alexander prestige-eerbewys.

Met drie albums—Kroeskop vol Geraas, Kroesifaaid, en Vir my ma se kinners—asook sy digbundel, Drol innie Drinkwater, bewys Churchil Naudé dat woorde nie net dryf nie, maar dat ’n ware Woordenaar dit kan inspan om die gemors in ons koppe oop te krap.

------ nog so paar dinge van Churchil ------

Koos Kombuis oor Churchil: “My gunsteling-rap-ster is ’n kalant van Mitchells Plain met die naam Churchil Naudé (met een “l” om hom van Winston Churchill te onderskei).  Hierdie ou kan nog groot gaan in ons taal se musiek; groter as Jack Parow, so groot soos Tafelberg.”

Churchil het onlangs met Anton Goosen saamgewerk.  'n Kollaborasie wat op kykNet se TV program met Coenie de Villiers te sien was en nou op die web is by:

Van sy vroeër werk het veral aandag getrek op MK (Musiek kanaal op sateliet TV):

Churchil se woorde word as uitstekende poëtiese tekste beskou, wat nie wegskram van belangrike sosiale kwelpunte nie, dog is dit gemik op 'n alledaagse gehoor en hoogs verstaanbaar.

“Verdriet is 'n guava juice bottel en genkem/ verdriet is us en them/ of dis my stem/ wat jy gaan hoor tot julle my tong uitsny met 'n lem/ steel die ink in my pen/ maar die liefde gaan wen/ tot iemand my tyres pap steek/ en ek my wind uitblaas/ maar ou melk raak kaas/ die boy raak 'n baas/ hulle sê hulle is moeg vir my gekerm want ek maak net geraas/ maar daai bliksems kan gaan doppies blaas

"Churchil se lirieke raak `n verskeidenheid onderwerpe aan. Hy rap oor iets so werklik kwellend soos die kultuur van huishoudelike geweld in ons land in sy treffer "Meisie":   tot iets so groot soos die mens se eie eksistentialisme in sy lied "As" wat hy saam met Frazer Barry van Tribal Echo doen: "maak oop jou mind en raak onstlae van jou las / want as ons dood gaan is ons maar net as."  En alhoewel hy ernstige sosiale probleme aan die strot gryp, is sy lewensuitkyk nietemin positief en sê hy aan 'n gekwelde jeug: Daar is iets jy aan jou eie omstandighede kan doen.

Wasgoedlyn Produksies het 'n Afrikaanse Musiekdokumentêre TV-reeks geskiet, waarin Churchil sterk na vore tree met onderhoude en optredes wat hom met gemak aan 'n breë publiek bekend stel.  Hy is ook die gesig agter die dokumentêre film Voice behind the wall

Churchil se debuutdigbundel, Drol innie Drinkwater het in 2020 die lig gesien.

Churchil is een van die wenners van die Neville Alexander eerbewyse.

Die Media oor Churchil Naude:

Henry Cloete op Litnet:

http://www.litnet.co.za/churchil-naude-hoe-skei-mens-jou-vel-van-jou-gesig/

Koos Kombuis op Netwerk24:

http://www.netwerk24.com/vermaak/musiek/2015-06-27-die-jj-cale-van-afrikaanse-kletsrym

https://www.netwerk24.com/huisgenoot/bekendes/tuis-by-kaapse-rapper-wat-sy-brood-as-skrynwerker-verdien-20190705

https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/feeste/woordfees/resensie-dokkie-oor-afrikaanse-musiek-praat-met-eie-stem-20220713

https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/aktueel/afrikaans-100-poesie-kry-nog-n-lewe-deur-lieflike-toonsettings-20250506

6
Afrikaners vir Suid-Afrika
1719 Lede

Wie en wat ons is

Hierdie forum het ontstaan uit ’n verklaring waarin 48 progressiewe Afrikaners hul kommer uitgespreek het oor disinformasie dat Afrikaners slagoffers van ’n beweerde volksmoord is en oor die algemeen in Suid-Afrika te na gekom word. Hierdie d...
Ander Lede
Die AWB
Stigter Admin 21 Lede

Nee, nie daardie AWB nie.

Hierdie AWB staan vir

Die Akkedis Wasgoedlyn Band

Na drie jaar van verjaarsdagvieringe, verhoogdele, laatnaggesprekke, liedjies, stories en die soort musikale kamera...
Ander Lede
Die Wasgoedlyn
59 Lede

Die Wasgoedlyn is die musiekprojek van Riku Lätti en Jackie Lätti — ’n oop uitnodiging aan Afrikaanse musikante om hul eie liedjies met trots te speel, maak nie saak waar hulle vandaan kom of hoe hul pad begin het nie.

Wat begin het as twee mense...
Ander Lede
Naledi
Die Meneer 19 Lede

Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
SOIL
Admin 3 Lede Strand

The richest heritage of any nation lives in its people. SOIL works alongside communities across South Africa to preserve stories, languages, music, knowledge, and cultural memory, ensuring that the voices of today remain part of tomorrow's history.

Ander Lede
Wasgoedlyn Woorde
31 Lede

Welkom by die plek waar Afrikaanse digkuns nie net gelees word nie — maar gesing, gefluister, geskree en soms half dronk om ’n kombuistafel onthou word. Wasgoedlyn Woorde is ’n verlengstuk van Die Wasgoedlyn se liefde vir lirieke, stories en die mense wat taal laat asemhaal.

Hie...
Ander Lede
1
Drol innie Drinkwater
Naledi • 2020
Naledi 2020 ISBN: 9781928518853
Met sy briljante albums Kroeskop vol geraas en Kroesifaaid het Churchil Naudé hom in die voorste linie van Suid‑Afrikaanse rap gevestig en nuwe, opwindende dimensies van Afrikaans ontgin. Partykeer is sy woorde soos die kartetse van masjiengewere, ander kere is dit weer balsem vir die siel teen ’n wêreld wat van sy trollie af geraak het. Hy vlek nie net ongeregtighede, blinde vooroordele, maatskaplike probleme en die stommiteite van die mensdom vlymskerp oop nie, maar dring ook deur tot diep in die hart van gewone mense se swaarkry en drome. Die stories bly by ’n mens spook lank nadat jy dit gelees en gehoor het. Churchil Naude se woorde sny soos ‘n lem deur die mees geharde harte. Hierdie unieke kunstenaar is nie net ‘n rymkletser wat sy eie ego streel met ongekunstelde woorde nie, nee, hy is ‘n digter in eie reg. Sy vlymskerp sosiale kommentaar draai nie doekies om nie. Hy spreek die waarheid soos hy dit sien. Sonder verskoning, sonder aansien des persoons. Sy kommentaar is onpartydig, maak nie saak of dit wit-, swart- of bruinmense aanspreek nie. Almal word oor dieselfde kam geskeer en soos hyself tereg sê, hy is gemeng en sy voorouers is beide die stigters van apartheid. sowel as die slagoffers van apartheid. Hy sien homself eerder as ‘n mens met ‘n opinie as ‘n mens met ‘n sekere velkleur wat ‘n opinie het. Theunis Engelbrecht
3
Kroesifaaid

1 Intro
2 Kroesified
3 Sand in jou oog
4 Sand in jou oog (KAKMix)
5 Syg My Samoesa
6 Die Varke
7 Slat my met jou pyn
8 My Wêreld
9 Wonderlike ding
10 Sê vir Mamma - David Kramer & Churchil Naudé
11 Hotnot Life
12 Die Bloed
13 Senzenina
Kroeskop vol geraas

1 As
2 Bruin Bliksem
3 Die Wêreld word stil
4 Fokkol
5 Hou jou ding uit gatte
6 Kroeskop1
7 Lewe net om vrek te gaan
8 Meisie
9 Staan Nader
10 Verdriet
11 Waar's die liefde
Vir my ma se kinners

1 Anne Man se Kis
2 As Dit Pap Reen
3 Blikkie se Boem
4 Ek Is
5 Ek's 'n Mitchells Pleiner
6 Kalm Dagga Walm
7 Kla Waar Dit So Is
8 Lus Kee
9 Peter Pumpkin Eater
10 Saam Met Jou - Anton Goosen & Churchil Naudé
45
Anne Man se Kis
Vir my ma se kinners •
Vir my ma se kinners
As
Kroeskop vol geraas •
Kroeskop vol geraas
As Dit Pap Reen
Vir my ma se kinners •
Vir my ma se kinners
Blikkie se Boem
Vir my ma se kinners •
Vir my ma se kinners
Bruin Bliksem
Kroeskop vol geraas •
Kroeskop vol geraas
Die Bloed
Kroesifaaid •
Kroesifaaid
Die liefde is

Die Varke
Kroesifaaid •
Kroesifaaid
Die Wêreld word stil
Kroeskop vol geraas •
Kroeskop vol geraas
Die Woord

Ek Is
Vir my ma se kinners •
Vir my ma se kinners
Ek vloei soos die water Ek skyn soos die son Ek brand soos die vure Ek waai soos die wind Ek is die hoop, ek is die stem Ek is volk, ek is die rede Die mens eie ek eers was is my verlede Hierdie plek is hard maar ons grind en hoop Ons werk onsself dood Ons werk onsself dood Ons groei, maak dinge, deel dinge, sien visies Ons werk onsself dood Ons werk onsself dood Ek is Soos die goed wat in my bek is Soos die wonde wat gelek is Soos die tafels wat gedek is Soos respek is lankal vrek is Soos die crackers in my plek is Soos die monkey op my back is Ek is die hoop, ek is die stem Ek is volk, ek is die rede Die mens wie ek eers was is my verlede Ek is die boer, ek is die taal Ek is die bloed, ek is die waarheid Die grond waarvan jy kom ek kom ook daar uit Defences, defend ons nie Ons bou ons eie tronkies uit vibacrete Bang bang bang gooi hom innie sloot Ons werk onsself dood Ons werk onsself dood En ons bid – kan iemand ons hoor My batteries is flat hoe’s die opvangs daar bo Hier onner wil my eie skaduwee my versmoor Hierdie plek is hard maar ons grind en hoop Ons is Almal met pyn deurboor Veronderstel om bietjie kop te verloor en dis goor kan j hoor As ons so skarrel om die pyn te vermy en ons ly en ons stry en ons bly gewy In die stille geveg Tussen goed en die sleg Tussen links en regs Tussen koning en kneg Tussen fake en eg Terwyl ek stil sit probeer ek al my sinne kry Ek is nie heilige nie ek’s ook maar net n sinner j Ek is die hoop, ek is die stem Ek is volk, ek is die rede Ek vloei soos die water Die mens wie ek eers was is my verlede Ek skyn soos die son Ek is die boer, ek is die taal Ek is die bloed, ek is die waarheid Ek brand soos die vure Die grond waarvan jy kom ek kom ook daar uit Ek waai soos die wind Ek is die hoop, ek is die stem Ek is volk, ek is die rede Die mens wie ek eers was is my verlede Ek is die boer, ek is die taal Ek is die bloed, ek is die waarheid Die grond waarvan jy kom ek kom ook daar uit Ek is die hoop, ek is die stem Ek is volk, ek is die rede Die mens wie ek eers was moet vergewe Ek is die boer, ek is die taal Ek is die bloed, ek is die waarheid Die grond waarvan jy kom ek kom ook daar uit
Ek is - Hunter Kennedy, Churchil Naudé, Riku Lätti
Ek vloei soos die water Ek skyn soos die son Ek brand soos die vure Ek waai soos die wind Ek is die hoop, ek is die stem Ek is volk, ek is die rede Die mens eie ek eers was is my verlede Hierdie plek is hard maar ons grind en hoop Ons werk onsself dood Ons werk onsself dood Ons groei, maak dinge, deel dinge, sien visies Ons werk onsself dood Ons werk onsself dood Ek is Soos die goed wat in my bek is Soos die wonde wat gelek is Soos die tafels wat gedek is Soos respek is lankal vrek is Soos die crackers in my plek is Soos die monkey op my back is Ek is die hoop, ek is die stem Ek is volk, ek is die rede Die mens wie ek eers was is my verlede Ek is die boer, ek is die taal Ek is die bloed, ek is die waarheid Die grond waarvan jy kom ek kom ook daar uit Defences, defend ons nie Ons bou ons eie tronkies uit vibacrete Bang bang bang gooi hom innie sloot Ons werk onsself dood Ons werk onsself dood En ons bid – kan iemand ons hoor My batteries is flat hoe’s die opvangs daar bo Hier onner wil my eie skaduwee my versmoor Hierdie plek is hard maar ons grind en hoop Ons is Almal met pyn deurboor Veronderstel om bietjie kop te verloor en dis goor kan j hoor As ons so skarrel om die pyn te vermy en ons ly en ons stry en ons bly gewy In die stille geveg Tussen goed en die sleg Tussen links en regs Tussen koning en kneg Tussen fake en eg Terwyl ek stil sit probeer ek al my sinne kry Ek is nie heilige nie ek’s ook maar net n sinner j Ek is die hoop, ek is die stem Ek is volk, ek is die rede Ek vloei soos die water Die mens wie ek eers was is my verlede Ek skyn soos die son Ek is die boer, ek is die taal Ek is die bloed, ek is die waarheid Ek brand soos die vure Die grond waarvan jy kom ek kom ook daar uit Ek waai soos die wind Ek is die hoop, ek is die stem Ek is volk, ek is die rede Die mens wie ek eers was is my verlede Ek is die boer, ek is die taal Ek is die bloed, ek is die waarheid Die grond waarvan jy kom ek kom ook daar uit Ek is die hoop, ek is die stem Ek is volk, ek is die rede Die mens wie ek eers was moet vergewe Ek is die boer, ek is die taal Ek is die bloed, ek is die waarheid Die grond waarvan jy kom ek kom ook daar uit
Ek is djits

Ek's 'n Mitchells Pleiner
Vir my ma se kinners •
Vir my ma se kinners
Fokkol
Kroeskop vol geraas •
Kroeskop vol geraas
Good man

Heil mamma huil

Hotnot Life
Kroesifaaid •
Kroesifaaid
Hou jou ding uit gatte
Kroeskop vol geraas •
Kroeskop vol geraas
Intro
Kroesifaaid •
Kroesifaaid
Its a shame

Kalm Dagga Walm
Vir my ma se kinners •
Vir my ma se kinners
Kla Waar Dit So Is
Vir my ma se kinners •
Vir my ma se kinners
Kroesified
Kroesifaaid •
Kroesifaaid
Kroeskop1
Kroeskop vol geraas •
Kroeskop vol geraas
Lewe net om vrek te gaan
Kroeskop vol geraas •
Kroeskop vol geraas
Lus Kee
Vir my ma se kinners •
Vir my ma se kinners
Meisie
Kroeskop vol geraas •
Kroeskop vol geraas
My Volk

My Wêreld
Kroesifaaid •
Kroesifaaid
Peter Pumpkin Eater
Vir my ma se kinners •
Vir my ma se kinners
Praat saam my

Saam Met Jou - Anton Goosen & Churchil Naudé
Vir my ma se kinners •
Vir my ma se kinners

Sand in jou oog
Kroesifaaid •
Kroesifaaid
Sand in jou oog (KAKMix)
Kroesifaaid •
Kroesifaaid
Sê vir Mamma - David Kramer & Churchil Naudé
Kroesifaaid •
Kroesifaaid

Senzenina
Kroesifaaid •
Kroesifaaid
Slat my met jou pyn
Kroesifaaid •
Kroesifaaid
Staan Nader
Kroeskop vol geraas •
Kroeskop vol geraas
Suip tottie law kom

Syg My Samoesa
Kroesifaaid •
Kroesifaaid
Verdriet
Kroeskop vol geraas •
Kroeskop vol geraas
Waar's die liefde
Kroeskop vol geraas •
Kroeskop vol geraas
Wakker skrik

Wonderlike ding
Kroesifaaid •
Kroesifaaid
20
1

Drol in die Drinkwater

💳 R120.00 Poësie 2020 📖 2 hoofstukke
Met sy briljante albums Kroeskop vol geraas en Kroesifaaid het Churchil Naudé hom in die voorste linie van Suid‑Afrikaan… Lees meer →
Met sy briljante albums Kroeskop vol geraas en Kroesifaaid het Churchil Naudé hom in die voorste linie van Suid‑Afrikaanse rap gevestig en nuwe, opwindende dimensies van Afrikaans ontgin. Partykeer is sy woorde soos die kartetse van masjiengewere, ander kere is dit weer balsem vir die siel teen ’n wêreld wat van sy trollie af geraak het. Hy vlek nie net ongeregtighede, blinde vooroordele, maatskaplike probleme en die stommiteite van die mensdom vlymskerp oop nie, maar dring ook deur tot diep in die hart van gewone mense se swaarkry en drome. Die stories bly by ’n mens spook lank nadat jy dit gelees en gehoor het.

Churchil Naude se woorde sny soos ‘n lem deur die mees geharde harte. Hierdie unieke kunstenaar is nie net ‘n rymkletser wat sy eie ego streel met ongekunstelde woorde nie, nee, hy is ‘n digter in eie reg. Sy vlymskerp sosiale kommentaar draai nie doekies om nie. Hy spreek die waarheid soos hy dit sien. Sonder verskoning, sonder aansien des persoons. Sy kommentaar is onpartydig, maak nie saak of dit wit-, swart- of bruinmense aanspreek nie. Almal word oor dieselfde kam geskeer en soos hyself tereg sê, hy is gemeng en sy voorouers is beide die stigters van apartheid. sowel as die slagoffers van apartheid. Hy sien homself eerder as ‘n mens met ‘n opinie as ‘n mens met ‘n sekere velkleur wat ‘n opinie het.

Theunis Engelbrecht

Churchil Naude se woorde sny soos ‘n lem deur die mees geharde harte. Hierdie unieke kunstenaar is nie net ‘n rymkletser wat sy eie ego streel met ongekunstelde woorde nie, nee, hy is ‘n digter in eie reg. Sy vlymskerp sosiale kommentaar draai nie doekies om nie. Hy spreek die waarheid soos hy dit sien. Sonder verskoning, sonder aansien des persoons. Sy kommentaar is onpartydig, maak nie saak of dit wit-, swart- of bruinmense aanspreek nie. Almal word oor dieselfde kam geskeer en soos hyself tereg sê, hy is gemeng en sy voorouers is beide die stigters van apartheid sowel as die slagoffers van apartheid. Hy sien homself eerder as ‘n mens met ‘n opinie as ‘n mens met ‘n sekere velkleur wat ‘n opinie het.

Churchill Naude’s words are like a sharp razor, that will cut through the hardest of hearts. This unique artist is not only a rapper that uses unsophisticated words to stroke his own ego, he is also a poet in his own right. His cutting social commentary does not beat around the bush and he tells the truth exactly the way he sees it. Without any excuse, without caution. His commentary is unbiased, whether it addresses white, brown, or black people. He treats everyone equally, as he himself states, he is biracial and his grandparents are both instigators and victims of Apartheid. He sees himself as an individual with an opinion, rather than someone from a specific racial group with an opinion.

Eerste uitgawe 2020
[email protected] www.naledibooks.co.za
Teks © Churchil Naudé
Eerste uitgawe © Naledi 2020
Alle regte voorbehou.
Geen gedeelte van hierdie werk mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige ontsluitingstelsel bewaar of weergegee word, hetsy elektronies of meganies, deur fotokopiëring, die maak van opnames of andersins nie.
Indien beplan word om enige gedeelte van hierdie werk vir opleidings-doeleindes te gebruik, moet vooraf toestemming van die uitgewer verkry word.
Omslaguitleg deur Karen Cronje
Geset in 12 op 15 pt Adobe Garamond Pro
Eerste druk:Oktober 2020
Gedruk deur: Print on Demand Bpk.
ISBN 9781928518853 toon minder
🏢 Naledi
💳 Koop & Lees — R120.00

Stuur Boodskap

Kontak Churchil Naude direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek