Lochner de Kock is ’n veelsydige Suid-Afrikaanse kunstenaar — akteur, skrywer, sanger én kosliefhebber — wie se werk oor dekades heen ’n besondere plek in baie mense se harte gevind het. Sy naam word veral verbind met die ikoniese kinderprogram Wielie Walie op die SAUK, waar hy gehelp het om ’n wêreld van verbeelding, warmte en onskuld vir jong kykers te skep. In ’n tyd toe televisie nog ’n nuwe venster op die wêreld was, het Lochner se teenwoordigheid op die skerm ’n gevoel van huislikheid en opregtheid gebring.
As akteur het hy ’n natuurlike vermoë gehad om eg en toeganklik te wees. Hy het verstaan dat kindertelevisie met respek en intelligensie hanteer moet word — dat kinders fyn aanvoel wanneer iets opreg is. Hierdie ingesteldheid het hom ’n geliefde figuur gemaak.
Maar Lochner se kreatiwiteit het nie by televisie opgehou nie. As skrywer het hy sy liefde vir taal en storievertelling verder uitgeleef — nie net in draaiboeke en lirieke nie, maar ook in die wêreld van kos. Kos en kookkuns is vir hom nie bloot ’n praktiese noodsaaklikheid nie, maar ’n kern-element van identiteit, kultuur en gemeenskap. Deur sy kookboeke het hy resepte omskep in verhale — elke gereg ’n herinnering, elke bestanddeel ’n draer van tradisie. Vir Lochner is kos ’n manier om mense om ’n tafel bymekaar te bring, om gesprekke te begin en om liefde tasbaar te maak.
Sy werk as kosskrywer weerspieël dieselfde warmte wat sy televisie- en musiekloopbaan gekenmerk het: eerlik, toeganklik en diep gewortel in Suid-Afrikaanse leefwêrelde. Hy vier die eenvoud van tuisgemaakte disse, die geure van die land en die stories wat van geslag tot geslag oorgedra word.
In die musiekwêreld het hy saam met Richard van der Westhuizen gewerk — ’n kreatiewe vennootskap wat gewys het hoe breed sy talent strek. Musiek, soos kos en storievertelling, was vir hom ’n manier om emosie en herinnering vas te vang.
Wat Lochner de Kock besonders maak, is die manier waarop al hierdie elemente — televisie, skryfwerk, musiek en kos — saamvloei in een menslike verhaal. In alles wat hy aanpak, staan verhoudings sentraal: die kind voor die televisieskerm, die luisteraar van ’n lied, die leser van ’n resep, die familie om ’n etenstafel.
Sy nalatenskap is dus nie net in programme of boeke vasgevang nie, maar in die hartklop van gedeelde ervarings — in laggende kinders, gesingde refreine en die geur van ’n kombuis waar liefde altyd die belangrikste bestanddeel is.
Ek onthou soveel songs toe ek nog jonk was
en nog meer toe ek later 'n bietjie dronk was,
want wie kan vergeet as jou kalwerliefdekys jou die wakkerword-note van 'n nuwe liefde wys.
Daar lê soveel onthou in elke nuwe wysie en jou kop verbind dit aan een of ander meisie.
Dan ry jou hart soos 'n motorbaaik op 'n ou bekende pad
met 'n girl wat jou vashou voor die skewe wind jou vat
Klim op my motorbaaik en hou my ou lyf vas.
Onthou ek het jou gelaaik toe ons twee jonger was.
Kom ons ry die pad tussen gister en vandag,
hou mekaar weer styf vas om oopbek te kan lag
Ek onthou hoe ons skugter gevat het aan mekaar,
drukkie en 'n soentjie, hart wat baljaar,
want wie sou ooit kon vergeet hoe seker ons toe was
van toekoms en van saamwees, als was so nommerpas.
Daar lê 'n berg onthou in elke woord en noot
wat ons verseker sal onthou voor wintertyd se laaste skoot.
Maar nou ry ons op ons motorbaaik op 'n ou bekende pad
Hou my vas my lief voor dit tyd ons huistoe vat
Klim op my motorbaaik en hou my ou lyf vas.
Onthou ek het jou gelaaik toe ons twee jonger was.
Kom ons ry die pad tussen gister en vandag,
hou mekaar weer styf vas om oopbek te kan lag
So sluk ons pille met bier en wyn
bietjie troos voor ons verdwyn.
Een vir die lewer, een vir die hart
een vir cholesterol en een vir verward.
En soos tyd se spinnerak ons gryp
drink ons pille teen verwyt en spyt,
want wie sal weet waarheen ons gaan
op ons reis na oggendster en donkermaan.
Sluk nooit pille met tee of water
hoe later mater, al hoe kwater.
Dan sal die muse my nie tugtig nie
of sê ek lewe nooit skigtig nie.
Pille keer my teen die groot onthou,
jou so lanklaas vas kon hou.
Al glo ons niks is ooit verniet nie,
die hart moet nooit die lyf verbied nie.
Daar's geen pille teen die Groot Vergeet nie.
Daar's geen pille teen die Klein Onthou nie.
Gee my woorde om te weet.
Gee my arms om jou vas te hou.
Wat ons is en wat ons was
is aweregs, is skuins uit pas.
Hoe ons steeds bly asemhaal
lê nommerpas op tyd se skaal.
Wat maak ons met die krummles?
Inderdaad, 'n goeie vraag punt.
Die ete was verruklik
en die wyn 'n goeie jaar.
Maar,
Wat maak ons met die krummels?
Die nagereg was heerlik soet
en die kaasbord was heel verkwiklik.
Maar,
Wat maak ons met die krummels?
Die 1940 Port was net mooi reg
en die sigare ook nie sleg.
Maar,
Wat maak ons met die krummels?
Ons het gaan slaap,
versadig en verkwik ons dors geles.
Die krummels was bloot oorskiet
in 'n asblik met die res.
En toe die son weer opkom
piep daar voëls in die oggendson.
"Waarom, waarom...?
Waar is die krummels
wat na ons moes kom?"
"My oë speel my parte"
Hyg Jean Paul Sartre
"Inderdaad ou pellie"
fluister Mary Shelly
"Dis sowaar soos Renoir
hier in jou boudoir.
En wie lê op my dubbelbed,
dis generaal de Fokken Wet!"
Is niks dan gewaarborg nie,
selfs nie aftree nasorg nie.
"Ja", sê Mary. "Bly in beheer
hou jou in met pasmarkeer.
Sartre laat veel te wense
met sy hel is ander mense."
"Kan ek jou dalk aanhaal?"
smeek die lange Roald Dahl
"Ja dis goed vir ons toerisme,
nadoodse eksistensialisme.
Dis nie De Wet nie,
dis Piet Joubert!"
besef die arme Flaubert.
"Ja, ek vind dit interessant",
prewel Guydemaupassant.
Die klok slaat 12 en insig daal
oor hierdie kerkhofkletskabaal
Kontak Lochner de Kock direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.