Die Kaalkop Waarheid (DKW) is almal wat weet se gunsteling oorspronklike Afrikaanse ‘folk’ band wat sy ontstaan in Pretoria het. Die lede bestaan uit Nardus du Plooy (liedjieskrywer), Christo Strauss (mandolien), Hanru Niemand (banjo), George Rautenbach (kitaar) en Christo Groenewald (kontrabas). Hul lied "In My Lewe" is al deur meer as miljoene geluister. SAMA nominasies en suksesse agter die blad is die groep al lank aan die gaan en stoom steeds voort soos hul treffer "Wegholtrein" die wye wêreld in.
Hanru Niemand is ’n veelsydige Afrikaanse sanger-liedjieskrywer afkomstig uit die Boland. Sedert 2003 het hy stil-stil vir homself naamgemaak onder musiekkenners en spog hy vir amper twee dekades reeds met ’n klein kultus-aanhang van musikale fynproewers wat strek van die Kaap tot die Noorde.
Van sy werke is ook al na Fins en Russies vertaal deur vooraanstaande vertalers vir die genot van oorsese gehore.
Die Wasgoedlyn se Jackie en Riku Lätti gaan ook optree. Saam met die Wasgoedlyn het Riku al dosyne albums opgeneem. Riku Lätti is bekend vir treffers soos Hoofstroom, Op die Maan en Smoorverlief. Met die Wasgoedlyn is Jackie en Riku bekend daarvoor dat hulle Alternatiewe Afrikaanse musiek 'n platform bied. Gaan luister gerus nou na die Wasgoedlyn daar is definitief honderde kunstenaars wat jy van sal hou op die Wasgoedlyn soos David Kramer, Anton Goosen, Piet Botha, Koos Kombuis en nou natuurlik ook Die Kaalkop Waarheid

Nee, nie daardie AWB nie.

Hierdie AWB staan vir

Die Akkedis Wasgoedlyn Band

Na drie jaar van verjaarsdagvieringe, verhoogdele, laatnaggesprekke, liedjies, stories en die soort musikale kamera...

Die Wasgoedlyn is die musiekprojek van Riku Lätti en Jackie Lätti — ’n oop uitnodiging aan Afrikaanse musikante om hul eie liedjies met trots te speel, maak nie saak waar hulle vandaan kom of hoe hul pad begin het nie.

Wat begin het as twee mense...
Debut album met Dan Roberts as producer. Gaste Michael Canfield. Brenda Burnit, Jaco Lotter, Reenen Biddulph, Wimpie Biddulph, Wynand Davel, Lize Wiid, Rian Malan, Ian Roberts, Piet Botha, Mel Botes
Woestyn se rivier
Produced by Dan Robert, met Michael Canfield. Brenda Burnit, Jaco Lotter, Reenen Biddulph, Wimpie Biddulph, Wynand Davel, Lize Wiid, Rian Malan, Ian Roberts, Gert Vlok Nel, Christo Groenewald
Stuur Boodskap
Kontak Die Kaalkop Waarheid direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.
Boodskap Gestuur!
Dankie vir jou boodskap. Die Kaalkop Waarheid sal so gou as moontlik reageer.