Wat maak oom Kallie daar? – ’n Lied, ’n Spieël, en ’n Keuse N.P. van Wyk Louw word 120 jaar oud
Louwhuis Sentrum vir Digkuns
Afrikaans Digkuns Louwhuis NP van Wyk Louw Poësie

Louwhuis Sentrum vir Digkuns

Dit woel en werskaf by die Louwhuis waar ‘n paar honderd digbundels en sekondêre werke soos biografieë uitgepak word.

Die bestuurder van die Louwhuis, Gerard Scholtz, sê dat hulle telkens verras is deur die eerste uitgawes en besondere bundels.

"Eerste wat ons doen is om te kyk watter druk dit is. Ons het al 'n handvol van die twee broers se eerste druk bundels wat waardevol is. Daar is ook 'n Duitse uitgawe van Raka. Ook besondere gedenk- en faksimileë uitgawes. Ons is die skenkers, en daar is baie, so dankbaar omdat hulle van waardevolle boeke kon afstaan.”

Die boeke word in tydelike kaste met glasdeure gepak tot daar permanente kaste later vanjaar gemaak word.

Scholtz sê dat hierdie Sentrum daar gaan wees vir navorsing, maar ook net om deur die boeke te blaai en daar in stilte te sit en gedigte lees.

Die Louwhuis behoort teen die einde van November klaar te wees. Tans werk prof Matilda Burden aan die uitstallings wat wêreldgehalte gaan wees met die nuutste tegnologie.

Intussen vind die jaarlikse ATKV Digskool in samewerking met Rogge Cloof van 27 tot 29 Maart 2026 plaas.

Eerskomende Maandag, 23 Februarie, besoek Japie Gouws, voorsitter van die Louwhuis se direksie Sutherland. 'n Plaaslike operasionele bestuur van die Louwhuis sal dan aangewys word. Belangstellendes met spesifieke vermoëns, soos bemarking en fondsinsameling, kan Scholtz kontak by 0833888209.

Vorige Wat maak oom Kallie daar? – ’n Lied, ’n Spieël, en ’n Keuse Volgende N.P. van Wyk Louw word 120 jaar oud