🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
Artikels 3
Imagine
Imagine
Hoekom die moeilikste woord in John Lennon se bekendste lied dalk die heel eerste een is.
Riku Lätti 21 Jul 2026 2,105

Imagine

Hoekom die moeilikste woord in John Lennon se bekendste lied dalk die heel eerste een is.

Imagine

Daar is min liedjies wat soveel mense kan saam sing sonder om ooit werklik te luister, hetsy by die Olimpiese Spele, of gedenkgeleenthede, by rockkonserte, by troues het ek dit al gehoor, maar ook by begrafnisse.

Mense ken elke woord. Hulle neurie die melodie. Hulle hou hul selfone in die lug. Vir 'n paar minute voel dit asof die wêreld inderdaad nader aan mekaar beweeg. Maar ek wonder dikwels hoeveel mense al probeer het om te doen wat die eerste woord van die lied vra.

Imagine...

Verbeel jou.

Dit is al.

John Lennon begin nie met 'n opdrag nie. Hy begin nie met 'n politieke program nie. Hy vra nie dat jy met hom moet saamstem nie. Hy vra net dat jy vir 'n oomblik jou verbeelding gebruik.

Ironies genoeg is dit dalk een van die moeilikste dinge wat mense nog ooit gevra is om te doen. Want die mens verbeel homself maklik as die held van die storie. Hy verbeel homself maklik as die slagoffer. Hy verbeel homself maklik hoe die wêreld beter sou wees as almal net soos hy dink.

Maar om jouself in iemand anders se lewe te verbeel, vra iets anders. Dit vra dat jy jou eie middelpunt vir 'n oomblik prysgee. Miskien is dit waarom empatie altyd moeiliker is as oordeel. Verbeel jou jy word in Zimbabwe gebore. Nie omdat jy iets verkeerd gedoen het nie. Nie omdat jy minder hard werk nie. Nie omdat jy minder intelligent is nie. Net omdat jou ma op daardie dag toevallig aan die daardie kant van 'n lyn op 'n kaart gewoon het.

Verbeel jou die ekonomie stort ineen. Werk verdwyn. Hospitale raak leeg. Kos raak skaars. Jy sien hoe jou kinders honger raak. Ek onthou hoe my ma gesê het dat sy maklik sou steel as haar kinders honger was. Ek weet nie hoekom ek daardie woorde onthou nie, maar ek doen, en my ma was 'n wonderlike, ordentlike en gesiene mens. Maar die storie gaan nie oor my ma nie. Verbeel jou weer terug in Zimbabwe.

Iemand vertel jou dat daar Suid van die Limpopo dalk werk is. Miskien verdien dit nie baie nie. Miskien net genoeg. Jy vertrek. Nie omdat jy Suid-Afrika wil "vat" nie. Nie omdat jy iemand se werk wil steel nie. Jy vertrek omdat die alternatief erger is.

Hierdie verhaal is nie uniek nie. Dit is waarskynlik so oud soos die mensdom self. Mense beweeg nog altyd na plekke waar hulle hoop is.

Wanneer hierdie mense uiteindelik hier aankom, verander hulle egter dikwels in een woord.

"Illegal."

Dit is 'n interessante woord want dit beskryf 'n regsposisie. Dit sê iets oor dokumente, oor permitte, oor staatsgrense, maar dit sê byna niks oor die mens self nie. 'n Mens kan onwettig parkeer, of onwettig visvang. 'n Mens kan selfs onwettig oor 'n grens beweeg. Ek het al. Twee keer, maar dis 'n verhaal vir 'n ander dag.

Maar wanneer ons begin praat asof 'n mens 'n illegal ís, gebeur iets gevaarlik.

'n Regsstatus begin 'n identiteit word.

En sodra iemand net 'n etiket word, raak empatie maklik oorbodig. Want dan is daardie persoon geklassifiseer.

Dan hoef ons nie meer te wonder wat hy verloor het nie, of hoe moeilis sy lewe is, of waarvoor sy bang is nie.

Dan hoef óns nie meer te wonder hoe haar kinders vanaand gaan eet nie.

Een woord doen al die werk: Daardie persoon het nie die reg om ons (of ons gewete) se probleem te word nie.

Dit is natuurlik waar dat lande wette nodig het. Geen samelewing kan sonder reëls funksioneer nie. Maar daar is 'n verskil tussen die erkenning van 'n wet en die verlies van ons menslikheid. Die wette, myns insiens, is juis daar om mense in vrede te laat saamleef.

Vandag bepaal die wet wie 'n grens mag oorsteek. Maar wat is 'n grens anders as geweldpleging op die ou end? Die gewete behoort steeds te vra wat daardie grens aan 'n mens doen. Die grense maak ander mense ander probleme. Grense maak dat ons vir onsself kan sê dat ons niks kan doen om 'n volksmoor te stop nie. Grense maak hongersnood en al daardie dinge ander mense se probleme sodat ons lekker in ons eie bedjies kan slaap en dat ons slegs met ons eie mense oor ons eie vrede kan baklei.

Miskien lê die grootste gevaar van nasionalisme nie daarin dat dit grense het nie. Miskien lê die gevaar daarin dat dit ons leer om empatie by daardie grense te laat ophou. Dat ons onsself aanleer om te sê:

"Hulle."

Asof daardie een woord miljoene unieke lewens kan opsom.

Politici verstaan iets wat die meeste van ons nie altyd raaksien nie. Wanneer mense moed verloor, soek hulle antwoorde. En wanneer daar nie genoeg antwoorde is nie, werk 'n sondebok dikwels net so goed.

As daar nie genoeg werk is nie, wys iemand na immigrante. En Gayton sê ja, ek sal iets daaran doen, stem net vir my.

As daar nie genoeg huise is nie, wys iemand na buitestanders. En Mashaba sê hy sal hulle uitskop as jy vir hom stem.

As hospitale oorvol is, vra iemand wie uitgegooi moet word. Dit is 'n ou politieke tegniek en dit werk. Nie omdat dit noodwendig waar is nie, maar omdat dit eenvoudig is: 'n Vyand is makliker om te verkoop as 'n oplossing.

Ek skryf dit nie omdat ek glo immigrasie is eenvoudig nie.

Ek weet dit is nie.

Ek skryf dit omdat ek kan sien dat die arme underdog immigrante deur die fatcat politici uitgebuit word en ek vind dit afskuwelik.


Ek is nie 'n ekonoom nie. Ek weet nie presies hoeveel geld Suid-Afrika aan grensbeheer, deportasies en immigrasiebeheer bestee nie. Maar ek wonder dikwels hoeveel skole, klinieke, hoeveel ondernemings, hoeveel werksgeleenthede, met dieselfde politieke/ekonomiese energie gebou kon word.

Selfs al stem iemand nie met my saam nie, bly dit tog 'n vraag wat die moeite werd is om te vra.

Wat gebeur as ons dieselfde passie waarmee ons mense probeer uitsluit, gebruik om geleenthede te skep?

Miskien is die grootste ironie dat ons almal Imagine kan saam sing.

Ons hou van die melodie, die harmonie: Daardie pragtige C9 wat moeiteloos, ritmes die grens oorsteek na die F6 en dan met 'n parmantige chromatiese toonleer weer tuiskom na die C9. Soomloos dog grensverkuiwende komplekse harmoniese eenvoud.

Ons hou van die gevoel. Ons hou van die oomblik wanneer die skare saamsing. Maar sodra die lied verby is, keer ons terug na die wêreld soos ons dit ken.

Na "ons" en "hulle".

Na grense wat nie net lande skei nie, maar ook ons gewetes.

Ek dink nie John Lennon het verwag dat die wêreld eendag sonder grense sou wees nie. Of misken het hy want dis onrealisties om te dink dat daar altyd mense sal wees, en grense is mensgemaak en het mense nodig om te onderhou. Maar ek dink hy het iets moeiliker gevra: Hy het gevra of ons dit ten minste vir 'n oomblik kan verbeel dit was nie so nie.

Of ons kan verbeel dat 'n ander se menslikheid nie afhang of van my kan van die draad afkomstig is nie. Ons almal wil ons menslikheid beskerm, maar hoe menslik is dit om vir 'n ander mens te sê jy hoort nie hier nie.

Ek kry skaam vir die mens wat sy grense aanbid. Want grense is die ware oorsaak van xenofobie. Maar min mense wil die waarheid hoor, hulle wil liewer hoor wat of wie kan hul eie soort voortrek al is dit ten koste van jou medemens wat jy ontken.

Want elke daad van menslikheid begin eers as 'n verbeeldingsoefening.

Die volgende keer wanneer jy Imagine hoor speel, luister nie net na die melodie nie.

Luister na die eerste woord.

En vra jouself eerlik af:

Wanneer laas het ek my werklik in iemand anders se lewe probeer verbeel?

Miskien begin 'n beter wêreld nie by nuwe grense, nuwe regerings of nuwe slagspreuke nie.

Miskien begin dit by daardie een eenvoudige woord.

Imagine.

Bekyk op Profiel
Die Gesigte Verander, Die Siekte Bly
Die Gesigte Verander, Die Siekte Bly
Byna sewentig jaar skei twee foto's van mekaar, maar die vraag bly dieselfde: Hoe ver het ons werklik gevorder? Tony Cox kyk na twee aangrypende oomblikke in die geskiedenis en waarsku dat haat nie verdwyn wanneer dit net van gesig verander nie.
Tony Cox 05 Jul 2026 155

Die Gesigte Verander, Die Siekte Bly

Byna sewentig jaar skei twee foto's van mekaar, maar die vraag bly dieselfde: Hoe ver het ons werklik gevorder? Tony Cox kyk na twee aangrypende oomblikke in die geskiedenis en waarsku dat haat nie verdwyn wanneer dit net van gesig verander nie.

Die Gesigte Verander, Die Siekte Bly

'n Afrikaanse vertaling wat die toon en emosionele gewig van Tony Cox se oorspronklike woorde behou:


Toe ek hierdie twee foto's die eerste keer sien – geneem dekades uitmekaar – het hulle my met presies dieselfde krag getref. Die ouer foto wys hoe Elizabeth Eckford in 1957 alleen na Little Rock High School stap, terwyl van die skool se uitblinkende leerlinge op haar skree terwyl sy bloot probeer het om klas by te woon. Die tweede foto, wat slegs 'n paar dae gelede in 2026 geneem is, wys 'n jong swart vrou wie se naam ek nie ken nie. Deur 'n tragiese sameloop van omstandighede het sy haarself op 'n bus bevind, omring deur Amerika se herlewende fasciste, die Patriotic Front. Hierdie manne – geestelike erfgename van die Ku Klux Klan – was op pad na 'n optog met hulle Konfederale vlae en hulle walglike ideologie.

Wat my opgeval het, is dat dit nie lyk asof enige van hierdie gemaskerde mans haar direk bedreig het nie. Vir hulle lyk sy amper onsigbaar. Ons weet nie wat op daardie bus gesê is nie, maar die afwesigheid van ooglopende fisieke geweld verklap tog iets. Hierdie manne besit nie die moorddadige ingesteldheid van hulle voorgangers nie. Hulle is 'n flouer, sagter nabootsing van die gewelddadige figure wat hulle bewonder. Hulle is nog nie heeltemal bereid om daardie laaste grens oor te steek nie. Vir daardie klein genade kan ons dankbaar wees, want sestig jaar gelede sou hierdie jong vrou byna seker nie veilig by die huis aangekom het nie.

Die lafhartigheid daarvan om jou gesig weg te steek en dan in die openbaar rond te paradeer, is 'n ironie wat hulle heeltemal ontgaan. Hulle dink hulle straal krag uit, maar al wat hulle werklik openbaar, is hoe swak en beklaenswaardig 'n volwasse man kan word. Elkeen van hierdie gesiglose manne het sy onverdraagsaamheid iewers by die huis geleer – oorgedra soos 'n familie-erfstuk van een geslag na die volgende.

Ek was drie jaar oud toe die eerste foto geneem is. Vandag is ek twee-en-sewentig. Dit is pynlik duidelik dat rasse-onverdraagsaamheid nie maklik uitgewis word nie. Die gesigte verander. Die slagspreuke verander. Maar die siekte bly voortbestaan – hardnekkig, oorerflik en van geslag tot geslag oorgedra – steeds in staat om in die jaar 2026 'n eensame jong vrou op 'n bus te omring.

Bekyk op Profiel
Wanneer 'n Kitaar Ook 'n Gewete Het
Wanneer 'n Kitaar Ook 'n Gewete Het
Tony Cox is wêreldbekend vir die stories wat hy met sy kitaar vertel. Maar soms vra die wêreld meer as musiek. In hierdie persoonlike stuk verduidelik hy waarom hy weier om stil te bly wanneer hy onreg sien – al kos dit hom aanhangers. (vertaal na Afrikaans met chatGPT)
Tony Cox 05 Jul 2026 155

Wanneer 'n Kitaar Ook 'n Gewete Het

Tony Cox is wêreldbekend vir die stories wat hy met sy kitaar vertel. Maar soms vra die wêreld meer as musiek. In hierdie persoonlike stuk verduidelik hy waarom hy weier om stil te bly wanneer hy onreg sien – al kos dit hom aanhangers. (vertaal na Afrikaans met chatGPT)

Wanneer 'n Kitaar Ook 'n Gewete Het

Soveel mense het al vir my gesê: "Hou eerder by kitaar speel, Tony." Hulle sê dit gewoonlik in reaksie op een van my plasings waarin ek mense aanspreek wat regs leun. Ander het weer gesê hulle was eens lief vir my musiek, maar het intussen elke CD wat hulle van my besit het, vernietig. Dit is hulle goeie reg. Ek is heeltemal tevrede as hulle nooit weer na 'n enkele noot van my luister nie. Om eerlik te wees, is hulle nie die soort mense wat ek in my gehoor wil hê nie.

Ek onthou hoe 'n mede-musikant my eenmaal gevra het: "Tony, het jy van jou verstand af geraak? Jy gaan 'n klomp aanhangers verloor." Miskien sal ek. Miskien hét ek reeds. Ek aanvaar dit as die prys wat 'n mens betaal wanneer jy die waarheid praat.

Ek kan nie my lewe leef deur my kop weg te draai van die skreiende onregte wat ek sien nie. Vir 'n lang tyd het ek probeer om met rede en logika te werk. Oor die jare het ek egter geleer dat rede nie die geldeenheid van vooroordeel is nie. Te dikwels ontmoet ek mense wat hulself doelbewus mislei en wat nie deur feite of argumente oortuig sal word nie. Wanneer rede misluk, sal ek my nie in stilte terugtrek nie.

Dit beteken nie dat ek geweld soek nie. Dit beteken dat ek wreedheid en skynheiligheid onomwonde sal uitwys. Ek sal elke sin tot my beskikking gebruik om die skade bloot te lê wat hierdie idees aanrig. Ek gaan nie my toon versag om mense wat reeds gemaklik is nóg gemakliker te laat voel nie. As my woorde net een persoon laat heroorweeg oor 'n vooroordeel, of iemand dwing om die gevolge van sy of haar oortuigings te oorweeg, dan was dit die moeite werd om te praat.

Ek het met my eie oë die gevolge van rassistiese beleid in Suid-Afrika gesien. Ek het gesien hoe gemeenskappe ly onder die las van wreedheid en skynheiligheid, dikwels afkomstig van mense wat daarop aanspraak maak dat hulle godvresend is. Daardie letsels bestaan steeds. En ek sien soortgelyke patrone van skade elders in die wêreld. Ek kan nie maak asof hierdie dinge nie gebeur nie.

Wat my verbaas, is die stilte van soveel kunstenaars. Hulle hou hul koppe laag, skep helder, treffende inhoud en vermy kontroversie. Ek verstaan die versoeking om stil te bly. Ek het dit self in die 1980's ervaar toe my woede begin groei het. Die keuse was nog altyd dieselfde: bly stil en "hou by jou kitaar speel, Tony," of gebruik die platform wat ek het om standpunt in te neem teen dit wat ek as 'n plaag beskou.

Ek kies om te praat, want stilte is medeplichtigheid. Wanneer mense met invloed swyg, maak hulle dit makliker vir vernietigende beleid om op die res van ons afgedwing te word. Ek sal nie my stilte leen aan die normalisering van wreedheid nie.

As my woorde my luisteraars kos, laat dit so wees. Ek wil 'n gehoor hê wat 'n verbintenis deel tot ordentlikheid en geregtigheid, of ten minste 'n gehoor wat bereid is om uitgedaag te word. Diegene wat my CD's weggooi omdat hulle met my verskil, oefen hul reg uit. Ek sal myne uitoefen deur aan te hou om onreg en skynheiligheid uit te wys.

Ek sal aanhou musiek maak, en ek sal aanhou praat. Die twee sluit mekaar nie uit nie. As my stem jou ongemaklik laat voel, doen daardie ongemak dalk juis die werk wat dit moet doen. En as dit selfs net een persoon aanspoor om anders te begin dink, dan is die risiko om 'n paar aanhangers te verloor 'n prys wat ek bereid is om te betaal.

Bekyk op Profiel
Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek