Terug na Lede
Shanie van der Merwe
Shanie van der Merwe
Admin

Shanie van der Merwe is ’n toegewyde leier en kreatiewe persoon, wat op 24 Maart 1974 in Tsumeb, Namibië gebore is. Met ’n sterk agtergrond in gemeenskapsleierskap, organisasiebestuur en sportadministrasie, bring sy passie, dissipline en uitstekende mensevaardighede na elke projek en rol.

Sy dien tans as Voorsitter van die ACVV en die VLV,se van die Noordkaap Unie Uithourit Vereniging. Vise voorsitter van die Transvaalse Landbou Unie, NoordKaap streek. Lid van ondermeer die plaaslike Boere Unie Bestuur sowel as die Louwhuis Bestuur. In hierdie rolle is sy verantwoordelik vir strategiese leiding, spanbou, die organisering van geleenthede en die bevordering van vroue- en gemeenskapsontwikkeling.

Shanie is ’n erkende FEI Endurance Tutor, Judge en Steward. Sy was ook Nasionale Kampioen in die Uithouritsport, ’n prestasie wat haar kennis van sportbestuur, reëls, opleiding en hoëprestasie-ondersteuning beklemtoon.

Sy is besonder lief vir tale en kommunikasie. Benewens Afrikaans en Engels, praat sy ook Portugees, Oshiwambo, Duits, bietjie Nama en Boesman. Hierdie taalkennis stel haar in staat om effektief met diverse gemeenskappe en kulture te skakel – ’n waardevolle bate in haar gemeenskaps- en verenigingswerk.

Benewens haar bestuursrolle is Shanie ’n passievolle skepper. Sy maak klere, skilder, skryf gedigte en het ’n besondere talent vir enige handwerk. Hierdie kreatiewe aktiwiteite versterk haar innoverende denke en vermoë om met oorspronklikheid oplossings te vind.

Sy is ’n entoesiastiese stapper met ’n diep liefde vir die natuur, en kranige hoenderboer. Dit help om haar om balans te handhaaf en met hernieude energie haar professionele en gemeenskapsverpligtinge na te kom.

Shanie van der Merwe word gekenmerk deur haar betroubaarheid, leierskap, veelsydigheid en opregte betrokkenheid by mense en haar omgewing. Sy is gedrewe om waarde toe te voeg in elke omgewing waar sy werk.

shanievandermerwe.com
2
Sentrum vir Digkuns
Admin 16 Lede Sutherland
<p>In die hart van Sutherland, tussen die stilte, klip en oop hemel van die Karoo, hou die Sentrum vir Digkuns by die Louwhuis &amp; Museum die erfenis van Afrikaanse poësie lewendig. Vanuit die geboortehuis van N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw word besoekers genooi om weer die krag van taal, sto...
Ander Lede
6
Na soveel jaar noem jy my steeds haar
👁 208 lesers

Na soveel jaar noem jy my steeds haar

Na soveel jaar noem jy my steeds haar

Na soveel jaar noem jy my steeds haar


Dit ruk in my, o die pyn

Ruk my vlees, pluk my hart

Dolke steek my borskas

Pyn! Verraad! Seer seer

Hoekom kan jy nie keer

Jou gedagtes vol van haar

Jou mond loop oor

Waar is jou hart?

Steeds by haar?

Wat wil jy sê wat in onbewaakte oomblik uiting kry met ‘n woord, 'n naam!

Versmagting van jou hart wat uitvloei in ‘n eggo van jou wese

Jy te skaam, maar ek verstaan

Moet ek stilbly, dit laat gaan

Baklei, stry, hartseer wees of net stort ‘n stille traan

Dis so seer hoeveel keer weer en weer

En jy vra o so onskuldig - is jy kwaad vir iemand?

Wat wil jy he 

Wat ek moet sê

Sodat jy die baklei se skuld na my kan lei?

 

Fyngevoelig, dramaties moet ek hoor

 

Kersfees kom en gaan

Valentyn en verjaardag

Geen verrassings pakkie met lint gebint

Maar ek hoor van geskenke in oordaad, ruikers so groot

 

Vir die een met haar naam wat telkens oor jou lippe stoot

 

 

 

 

3 x 3
👁 187 lesers

3 x 3

3 x 3

3 x 3

 

Die haan het gekraai

ek verraai

 

vir geld het jy ( en om burgerskap te kry)

 

my gewip,gevang, gering

verneder, mishandel, misbruik

 

Alles om jouself te verryk

 

In vreemde land

        jou ingewande knus, dik gevreet

jou oorskiet

           ek moet my land verlaat

 

jy die koekoek kuiken

            gesteel my herkoms, my toekoms

 

'n tydperk uit my lewensverhaal

            vernietig, verwoes, mot gevreet, kaal

Sal ek ooit vergeet
Gebore Namibïer, bly my hart daar, maar hier in Sitterland is my hart stil....
👁 211 lesers

Sal ek ooit vergeet

Gebore Namibïer, bly my hart daar, maar hier in Sitterland is my hart stil....

Sal ek ooit vergeet

Moederland, geboorteland jou het ek nie versmaad

omojovas's en kremetat

efukwa of bambara

parkiesveld en omuramba

makalani en omborongbongo

die efundja spoel ons almal skoon

daar teen die kaplyn..... daar sal my gedagtes ewig sy kuier loop

 

maar op die pad by Liefdood verby

 hier in die Rôeveld, neffens Sitterland het my hart sy stil gekry

 

waar die bossies groen in blom

maar die boom sonder blaar

jou oog vang in teenstrydigheid 

 

waar katbos, skaapbos en kruidjie-roer-my nie se reuke trou met kambro

gannabos en rooi kliprantjies in bos uitloop en fontein ontspring naby daubenia en tjiekerientjee

die vaal ribbok met sy wit stert pronk, en dassie skarrel weg van jakkalsvoël wat uit die lug duik

 

Hier, hier het my hart sy stil gekry

 

net 'n naam
Ek klim in die siel van 'n aangenome kind in
👁 215 lesers

net 'n naam

Ek klim in die siel van 'n aangenome kind in

net 'n naam

Optelkind, weggooikind

Neergesit, eens gelos

vir beter toekoms

of is dit ....

 

Mos?

 

Later sal ek jou leer ken

wanneer ek vergewe en wil

'n weggooikind, maar teen my wil...


jou 'n beter toekoms gee

Dis wat almal sê

 

Maar was ek ooit in jou hartswoning?

Was ek 'n flikker in my pa se oog?

Of was ek  in een nag gepoog?

 

Wat was my begin?

Hoe sal ek ooit besin?

Waar ek hoort? Wie ek is?

 

Hoe kry ek sin in onseker begin?

 

Waar is my wortel?

Hoe kry ek rede?

 

Vanne, familiename, grafte

Waar?

 

Waar hoort 'n kind sonder van?

Sonder bloed wat in my vloed

onseker herkoms

 

WEG GE GOOI

 

Is ek iemand, is ek niemand?

geen familie graf, geen van

 

EK....

 

Net 'n naam

120 jaar van NP van WYK LOUW
Ek het sommer gesit en paar woorde bymekaar gegooi na afloop van die viering van hierdie groot gees se verjaardag op 11 Junie tydens ons Louwhuis byeenkoms.
👁 436 lesers

120 jaar van NP van WYK LOUW

Ek het sommer gesit en paar woorde bymekaar gegooi na afloop van die viering van hierdie groot gees se verjaardag op 11 Junie tydens ons Louwhuis byeenkoms.

120 jaar van NP van WYK LOUW

Met woord en liriek bring ons hulde aan jou

120 jaar leef jy steeds

In ons harte

warm

Beleef ons goue woorde wat siele vul en voed

18 siele in jou voorhuis

kaggelvuur en wyn

Riku op trekklavier

Gerard en Rykie vertel...

Ons bring hulde aan jou

Op heilige grond luister ons

Gevleulde woorde uit jou pen

Dankie vir

Geluk met jou verjaardag Nicolaas Petrus van Wyk Louw

Arme ma
Gedig oor mishandeling van 'n ma
👁 424 lesers

Arme ma

Gedig oor mishandeling van 'n ma

Arme ma

Op die ritme van Ipitombi het jou water gebreek

jy, nog net 'n kind

kon jy weet wat die toekoms bring?

 

Blind was jy deur die pienk walm van verlief

gou en wreed is jy tot sinne gepluk

 

ek het jou lief! fel val die houe oor jou lyf

ek het jou lief! stamp jou dat jy trek

ek het jou lief! gooi jou met sy kos

 

sal jou kinders jou waarde ooit besef

jy die mamma, altyd daar

soveel pyn, vernedering en smaråt

 

op die ritme van Ipitombi moes jy weet

jou prins, geen ridder,

getrou aan sy sy het jy gebly

opgevreet, hy vet-gevreet-versorg

deur dik en dun

 

sal jou kinders jou waarde ooit besef

stil het jy gely

stil het jy gebly

1
Sonop in ons Karoo
Oil on canvas • 2025
Oil on canvas 50 x 80 2025
19
Trappe na nêrens
Trappe na nêrens
Vergete muur
Vergete muur
Tjienks
Tjienks

Stuur Boodskap

Kontak Shanie van der Merwe direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.