Wian Anders is die stem van die middel van die langpad – daardie plek waar goeie musiek, goeie mense en goeie tye bymekaar kom. Met ’n styl wat moeiteloos tussen moderne Afrikaanse pop en ligte alternatiewe klanke beweeg, maak hy musiek wat nie probeer om ingewikkeld te wees nie – net eg, lekker en eerlik.
Gebore uit ’n liefde vir storievertel en eenvoudige waarhede, skryf Wian oor die dinge wat almal verstaan: hoop, liefde, vriendskap en die klein oorwinnings van elke dag. Sy liedjies dra ’n positiewe energie – die tipe wat jou laat glimlag sonder dat jy eers agterkom hoekom.
Sy debuutvrystelling, “Soos ’n Held”, stel die toon vir wat aanhangers kan verwag: opbouende lirieke, aansteeklike melodieë en ’n gevoel dat elkeen van ons, op ons eie manier, ’n held kan wees. Dis musiek vir lang padritte, braais saam met vriende en daardie stil oomblikke wanneer jy net weer wil glo dat alles gaan uitwerk.
Wian Anders glo nie daarin om mense te probeer verander nie – hy wil hulle net herinner aan die beste dele van hulleself. Met ’n natuurlike charisma en ’n opregte liefde vir mense, bou hy stadig maar seker ’n klankbaan vir dié wat die lewe nie te swaar wil vat nie, maar dit tog ten volle wil leef.
Vir Wian gaan dit nie oor roem of groot gebare nie – dit gaan oor musiek wat bly hang, en ’n gevoel wat by jou bly lank nadat die lied klaar gespeel het.
Ek maak botterbome bymekaar in 'n kwekery. Ek plant graag en kyk hoe dinge groei
Min verhale in die Nuwe Testament laat moderne lesers so ongemaklik soos die verhaal van Ananias en Saffira in Handelinge 5.
Dit is 'n kort verhaal, maar die implikasies daarvan is enorm.
Volgens die Bybel het die eerste Christene alles met mekaar gedeel. Sommige het selfs hul grond en huise verkoop en die opbrengs aan die apostels gegee sodat niemand gebrek sou ly nie. Net voor Handelinge 5 word Barnabas geloof omdat hy sy grond verkoop en die volle bedrag aan die apostels oorhandig.
Toe kom Ananias en sy vrou, Saffira.
Hulle verkoop ook 'n stuk grond. Anders as Barnabas hou hulle egter 'n deel van die geld vir hulself terug, terwyl hulle voorgee dat hulle die volle bedrag gee.
Wanneer Ananias die geld bring, konfronteer Petrus hom.
Hy sê Ananias het nie bloot vir mense gelieg nie, maar vir die Heilige Gees.
Die teks vertel dat Ananias onmiddellik neerval en sterf.
Ongeveer drie uur later kom Saffira daar aan. Sy weet nie wat met haar man gebeur het nie. Petrus vra haar dieselfde vraag. Sy hou by dieselfde weergawe van die verhaal.
Sy val ook neer.
En sy sterf.
Die hoofstuk eindig met die woorde:
"Groot vrees het oor die hele gemeente gekom."
Vir eeue word hierdie verhaal verstaan as 'n voorbeeld van God se onmiddellike oordeel.
Maar hier ontstaan 'n vraag wat selde gevra word.
Wat het daardie dag fisies gebeur?
Die eerlike antwoord is eenvoudig:
Ons weet nie.
Nie een van ons was daar nie.
Ons beskik oor een antieke teks wat deur 'n mens geskryf is. Soos met enige ander antieke dokument kan ons nie die gebeure self waarneem nie; ons kan slegs die skrywer se beskrywing en interpretasie lees.
En dit bring ons by 'n belangrike onderskeid.
Die teks vertel nie net dat Ananias en Saffira dood is nie.
Die teks vertel ook waarom hulle dood is.
Dit is reeds 'n interpretasie.
As ons die verhaal met dieselfde historiese nuuskierigheid lees waarmee ons enige ander antieke dokument sou lees, ontstaan daar verskeie moontlikhede.
Die eerste moontlikheid is eenvoudig die een wat die verhaal self bied.
Die Heilige Gees het bonatuurlik ingegryp en albei onmiddellik doodgemaak as oordeel oor hul leuen.
Vir miljoene Christene is dit steeds die mees oortuigende verklaring.
Nog 'n moontlikheid is dat Ananias en later Saffira aan 'n natuurlike mediese toestand beswyk het.
Mense kan onder geweldige emosionele spanning hartaanvalle, beroertes of ander akute mediese noodtoestande ervaar.
In die eerste eeu sou so 'n gebeurtenis maklik as Goddelike oordeel geïnterpreteer kon word.
Daar is ook 'n derde moontlikheid.
Dit is moontlik dat hulle deur mense om die lewe gebring is, en dat die verhaal later die verantwoordelikheid by God plaas.
Daar is geen direkte bewys daarvoor nie.
Maar daar is ook geen beskrywing in die teks van hoe die sterftes fisies plaasgevind het nie.
Vir sommige lesers is dit eenvoudiger om aan te neem dat mense geweld gepleeg het as dat 'n onsigbare bonatuurlike mag twee mense summier laat sterf het.
Dit is nie 'n bewering dat dit gebeur hét nie.
Dit is bloot een van die histories denkbare verklarings.
Nog 'n moontlikheid is dat Lukas nie probeer het om 'n moderne historiese verslag te skryf nie.
Miskien wou hy eerder 'n teologiese punt maak oor eerlikheid, die heiligheid van die vroeë kerk en die erns van skynheiligheid.
In hierdie lees is die verhaal minder 'n joernalistieke verslag as 'n geloofsgetuienis.
Hier kan 'n mens die bekende beginsel van Occam se skeermes toepas.
Wanneer verskillende verklarings moontlik is, is die eenvoudigste verklaring – die een wat die minste nuwe aannames vereis – dikwels die waarskynlikste.
Maar selfs Occam se skeermes gee nie vir ons 'n finale antwoord nie.
Dit dwing ons bloot om eerlik te vra:
Watter aannames bring elke verklaring saam?
En waarom kies ons een verklaring bo 'n ander?
Wat hierdie verhaal vir my besonders interessant maak, is nie bloot hoe Ananias en Saffira gesterf het nie.
Die groter vraag is:
Wat doen ons wanneer 'n antieke teks vir ons vertel dat God iets gedoen het?
Aanvaar ons dit as 'n historiese beskrywing?
Of as die skrywer se interpretasie van 'n gebeurtenis?
Baie gelowiges antwoord dat die verhaal geïnspireerde teologiese literatuur is en nie noodwendig bedoel is as 'n moderne historiese verslag van presies wat fisies gebeur het nie.
Dit is 'n geldige standpunt.
Maar dit laat 'n volgende vraag ontstaan.
Hoe onderskei ons tussen historiese beskrywing en teologiese interpretasie?
Waar trek ons die lyn?
En wie trek daardie lyn?
As 'n leser self moet besluit watter gedeeltes histories gelees moet word en watter gedeeltes simbolies of teologies verstaan moet word, ontstaan 'n verdere filosofiese vraag.
Is die waarheid dan iets wat die Bybel objektief meedeel?
Of is dit uiteindelik iets wat elke leser, gelei deur sy of haar eie geloof, tradisie en interpretasie, self moet konstrueer?
Dit is nie noodwendig 'n kritiek op die Bybel nie.
Maar dit is wel 'n uitdaging aan die idee dat die betekenis van elke teks vanselfsprekend, letterlik en onproblematies vasstaan. As die Bybel aanspraak maak op metaforiese of teologiese waarheid wat verskil van ware waarheid, hoekom praat ons dan nog van waarheid in die eerste plek? Want net die reine waarheid is werklik waar.
Miskien is die belangrikste les van Handelinge 5 nie dat ons moet vrees dat God ons onmiddellik sal doodmaak as ons lieg nie.
Miskien is die belangrikste les dat eerlike mense moeilike vrae mag vra.
En dat geloof, soos waarheid, nooit bang behoort te wees vir eerlike ondersoek nie.
So wat is dit? Het die Heilige Gees gemoor? Of is met daai woorde deur die mens opgetoor? Wat het meer (morele) integriteit, God of die Bybel wat van God 'n moordenaar maak?
So breek die stilte tot ons deur
Ons laat die kilte maar regeer
Hoeveel jaar was dit nou weer
Sedert ons laaste woord of twee
Ons lees geskrifte teen die muur
En almal sien ons was al hier
Is die stilte dalk te duur
Vir nog 'n dag vir nog 'n uur
Sien jy voor jou jou oë uitvee
Loop al die jare in die se?
Jy skyn verskiet jy ster jy straal
Tot eendag deur die deur van jou verhaal
Steeds klop die stilte aan my deur
Maar voor my siel my hart wil leer
Is daar vrede anderkant
Al wat ek ken is hierdie land
Sien hierdie nuwe hemel kom
Die wêreld uit sy nate blom
Sonder 'n kommer of 'n kraai
Sonder die mense groot lawaai
Jy weet dis een ding om te weet
Maar 'n ander om te sêˆ
En ons vergeet om te vergeet
Tot niks meer weet ons het ooit hier betree
Ek sit hier vasgekluister, ek’s lus vir samesyn
vir rooiwyn saam met vriende al verkies hul almal brandewyn
Dag 5 van die pandemie, ons sigrets in sy moer
maar dis beter vir die longe, of dan rook ons net meer bonge
maar agter in die jaart groei daai boom van ons al baard
en sy lewer medisyne, vir die hart en vir die pyne
en al is daar medelye op Whatsapp en Youtube
is ons almal op ons eie deel ons almal met die blues
maar die son sal aanhou skyn en die voëltjies vlieg vry rond
dis die beste van die tye vir die wêreld buiten ons
meantime op die TV jaag die syfers op en op
almal bid tot alles vir die slagting om te stop
vir infection om te drop, vir medics om vet op te stock
almal bravely skuiling soek, jou duty om te doen
want ons is fokkenpowerful
as almal deel in wil
as almal werk vir elkeen werk elkeen vir almal
help dokters Covid gat toe skop, so bly ons opgekrop
moet almal maar hul hande skrop, daai perd gaan nog gallop,
o. corona jou pestelensie saaier
luister vir Cyril en doem jou uit ons are
o, corona jou dief van lewensjare
jy ignite in ons ‘n mensheid
wat jy nooit nie kan verstaan nie
So jy sit by die huis, maar die gawwerment die werk
selfs garbage manne vat jou shit en gooi dit op die werf
hul verdien ‘n fokken medal hul waag hulself vir jou
ek is net so fokken dankbaar ek is in mzanzi nou
die kosrakke die bult, koop toiletpapier op skuld
tjek Cyril Ramaphosa het Bill Gates op sy speed dial
Italië gesien, al die pyn en al die grief
Ons het toe al reeds besef
ons sal gou moet reageer
as ons spreiding wil beheer
as ons die touchy feely drop
maar trust my na die kwarantyn
9 month later baby boom
o. corona jou pestelensie saaier
luister vir Cyril en doem jou uit ons are
o, corona jou dief van lewensjare
ignite in ons ‘n mensheid
wat jy nooit nie sal verslaan nie
Soos ‘n Held
vat my hand, ma se kind
jou woorde sprankel,
jou glimlag laat my wankel
Somerdroom, sommer so
Die wind waai deur jou hare
stuur seine deur my are
Jy sweef hier in
soos ‘n vlinder in my hart in
selfs die woorde wat jy sê
dit laat my sing
Koor:
sit jou hand hier binne myne
kom genees my van my pyne
jy laat leef my
jy verlos my van myself
jou lyf hier reg langs myne
is my hart se medisyne
jy vergeef my
jy laat leef my soos ‘n held
wille ding laat my sing
kyk hoe lekker dans jy
as musiek jou liggaam beetkry
Sonneblom, kom my blom
kom lê hier in my hande
soos die sterre dit bestem het
Ingedring tot die diepste van my hart
Ja, selfs die woorde wat jy sê
dit laat my sing
Koor:
sit jou hand hier binne myne
kom genees my van my pyne
jy laat leef my
jy verlos my van myself
jou lyf hier reg langs myne
is my hart se medisyne
jy vergeef my
jy laat leef my soos ‘n held
Vat my nou en vergeet die tyd
Môre is daar weer tyd vir spyt
Vat my nou en vergeet die tyd
Môre is daar tyd vir spyt
Dat akkers op die sinkdak val
En vye op die ringmuur breek
Dat akkers op die sinkdak val
En vye op die ringmuur breek
Vat my nou en vergeet die tyd
Môre is daar weer tyd vir spyt
Vat my nou en vergeet die tyd
Môre is daar tyd vir spyt
Die katstert en die Angelier
Verlede jaar was die kind nog hier
Die swartrapuis en die besembos
Het jy my dan nou hier gelos?
Vat my nou (vat my nou) en vergeet die tyd
Môre is daar weer tyd vir spyt
Vat my nou (vat my nou) en vergeet die tyd
Môre is daar tyd vir spyt
Onder in die vlei staan 'n botterblom
Lank verwag en nooit gekom
Swaar is die berg en die hart is dom
Hy vir haar, sy vir hom
Onder in die vlei staan 'n botterblom
Lank verwag en nooit gekom
Swaar is die berg en die hart is stom
Hy vir haar, sy vir hom
Hy vir haar, sy vir hom
Die geelperske en die Langly-speer
Ai hoe het ek gistraand regeer
Die hout is op en die katel koud
Maandag is die hart weer oud
Die kolmerie met die eselvul
Die ou vrou is alweer gekul
Los haar uit, los haar uit
Haar stuitjie is verstuit
Vat my nou (vat my nou) en vergeet die tyd
Môre is daar weer tyd vir spyt
Vat my nou (vat my nou) en vergeet die tyd
Môre is daar tyd vir spyt
Gedigte deur NP van Wyk Louw uit "Klipwerk"
Hey hey hey, ek droom so baie sê
Sê sê sê, of is dit maar net ek?
Om om om, weer van voor af te begin
Elke keer as dit, dit was vir my
Ek staan alweer hier
Lekker lus vir probeer
Want dis asof man al leer
Dis die moeilikheid wat nou begin
En een sal hy weer verstaan
Weg kan sy kop weer gaan
Wie weet wat kyk hy hier?
Moet ek kom herinner ons beide weer
Baie goed wat die ding eindig
Jy sal jou wat verbeel hier kom staan en grootte speel
Maar daar's jou dagblad hier, rare scenario groot pilare
Ken jy my dan nie? Sê so, ken jy my nie?
Waarvandaan? Elke keer verras jy my
Wat vertel jy my? Sestien jaar getrou
Elke plek waar jy mag gaan, stap ek met jou saam
Sy kyk op ons onder die maan
Ons hou ons so verstandig
Ons wil graag uitvind wat die hel gebeur
Maar als gaan aan ten spyte
Van ons doen en late weer en weer
Ken jy my dan nie? Sê so, ken jy my nie?
Waarvandaan? Elke keer verras jy my
Wat vertel jy my? Sestien jaar getrou
Elke plek waar jy mag gaan, stap ek met jou saam
Sy kyk op ons onder die maan
Sy kyk op ons onder die maan
Skierig is die bure elke keer, elke keer
Vandag maak die lewe hoeveel seer, maak dit leer
Die skrif is teen die muur van die Kaap tot die kombuis
Hoop daai beeld laat ons die Here prys
Is jy wat my drome bly? Is jy? Dis altyd jy
Is jy wat my drome bly? Is jy? Dis altyd jy
As ek nou weer voorbaat
Om so op hoogte van dinge te wil wees
Maar eintlik is ons almal
Op die ou end niks behalwe stukkies vlees
Ek lyk by so, soos jy dit maak
Ek lyk by boot so aangeraak
Ek lyk by lewe, bietjie raar
Ek lyk by vrou, ek lyk by jou
Ek lyk by vrou, ek lyk by jou
Kontak Wian Anders direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.