🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
Artikels 8
Imagine
Imagine
Hoekom die moeilikste woord in John Lennon se bekendste lied dalk die heel eerste een is.
Riku Lätti 12 Jul 2026 149

Imagine

Hoekom die moeilikste woord in John Lennon se bekendste lied dalk die heel eerste een is.

Imagine

Daar is min liedjies wat soveel mense kan saam sing sonder om ooit werklik te luister, hetsy by die Olimpiese Spele, of gedenkgeleenthede, by rockkonserte, by troues het ek dit al gehoor, maar ook by begrafnisse.

Mense ken elke woord. Hulle neurie die melodie. Hulle hou hul selfone in die lug. Vir 'n paar minute voel dit asof die wêreld inderdaad nader aan mekaar beweeg. Maar ek wonder dikwels hoeveel mense al probeer het om te doen wat die eerste woord van die lied vra.

Imagine...

Verbeel jou.

Dit is al.

John Lennon begin nie met 'n opdrag nie. Hy begin nie met 'n politieke program nie. Hy vra nie dat jy met hom moet saamstem nie. Hy vra net dat jy vir 'n oomblik jou verbeelding gebruik.

Ironies genoeg is dit dalk een van die moeilikste dinge wat mense nog ooit gevra is om te doen. Want die mens verbeel homself maklik as die held van die storie. Hy verbeel homself maklik as die slagoffer. Hy verbeel homself maklik hoe die wêreld beter sou wees as almal net soos hy dink.

Maar om jouself in iemand anders se lewe te verbeel, vra iets anders. Dit vra dat jy jou eie middelpunt vir 'n oomblik prysgee. Miskien is dit waarom empatie altyd moeiliker is as oordeel. Verbeel jou jy word in Zimbabwe gebore. Nie omdat jy iets verkeerd gedoen het nie. Nie omdat jy minder hard werk nie. Nie omdat jy minder intelligent is nie. Net omdat jou ma op daardie dag toevallig aan die daardie kant van 'n lyn op 'n kaart gewoon het.

Verbeel jou die ekonomie stort ineen. Werk verdwyn. Hospitale raak leeg. Kos raak skaars. Jy sien hoe jou kinders honger raak. Ek onthou hoe my ma gesê het dat sy maklik sou steel as haar kinders honger was. Ek weet nie hoekom ek daardie woorde onthou nie, maar ek doen, en my ma was 'n wonderlike, ordentlike en gesiene mens. Maar die storie gaan nie oor my ma nie. Verbeel jou weer terug in Zimbabwe.

Iemand vertel jou dat daar Suid van die Limpopo dalk werk is. Miskien verdien dit nie baie nie. Miskien net genoeg. Jy vertrek. Nie omdat jy Suid-Afrika wil "vat" nie. Nie omdat jy iemand se werk wil steel nie. Jy vertrek omdat die alternatief erger is.

Hierdie verhaal is nie uniek nie. Dit is waarskynlik so oud soos die mensdom self. Mense beweeg nog altyd na plekke waar hulle hoop is.

Wanneer hierdie mense uiteindelik hier aankom, verander hulle egter dikwels in een woord.

"Illegal."

Dit is 'n interessante woord want dit beskryf 'n regsposisie. Dit sê iets oor dokumente, oor permitte, oor staatsgrense, maar dit sê byna niks oor die mens self nie. 'n Mens kan onwettig parkeer, of onwettig visvang. 'n Mens kan selfs onwettig oor 'n grens beweeg. Ek het al. Twee keer, maar dis 'n verhaal vir 'n ander dag.

Maar wanneer ons begin praat asof 'n mens 'n illegal ís, gebeur iets gevaarlik.

'n Regsstatus begin 'n identiteit word.

En sodra iemand net 'n etiket word, raak empatie maklik oorbodig. Want dan is daardie persoon geklassifiseer.

Dan hoef ons nie meer te wonder wat hy verloor het nie, of hoe moeilis sy lewe is, of waarvoor sy bang is nie.

Dan hoef óns nie meer te wonder hoe haar kinders vanaand gaan eet nie.

Een woord doen al die werk: Daardie persoon het nie die reg om ons (of ons gewete) se probleem te word nie.

Dit is natuurlik waar dat lande wette nodig het. Geen samelewing kan sonder reëls funksioneer nie. Maar daar is 'n verskil tussen die erkenning van 'n wet en die verlies van ons menslikheid. Die wette, myns insiens, is juis daar om mense in vrede te laat saamleef.

Vandag bepaal die wet wie 'n grens mag oorsteek. Maar wat is 'n grens anders as geweldpleging op die ou end? Die gewete behoort steeds te vra wat daardie grens aan 'n mens doen. Die grense maak ander mense ander probleme. Grense maak dat ons vir onsself kan sê dat ons niks kan doen om 'n volksmoor te stop nie. Grense maak hongersnood en al daardie dinge ander mense se probleme sodat ons lekker in ons eie bedjies kan slaap en dat ons slegs met ons eie mense oor ons eie vrede kan baklei.

Miskien lê die grootste gevaar van nasionalisme nie daarin dat dit grense het nie. Miskien lê die gevaar daarin dat dit ons leer om empatie by daardie grense te laat ophou. Dat ons onsself aanleer om te sê:

"Hulle."

Asof daardie een woord miljoene unieke lewens kan opsom.

Politici verstaan iets wat die meeste van ons nie altyd raaksien nie. Wanneer mense moed verloor, soek hulle antwoorde. En wanneer daar nie genoeg antwoorde is nie, werk 'n sondebok dikwels net so goed.

As daar nie genoeg werk is nie, wys iemand na immigrante. En Gayton sê ja, ek sal iets daaran doen, stem net vir my.

As daar nie genoeg huise is nie, wys iemand na buitestanders. En Mashaba sê hy sal hulle uitskop as jy vir hom stem.

As hospitale oorvol is, vra iemand wie uitgegooi moet word. Dit is 'n ou politieke tegniek en dit werk. Nie omdat dit noodwendig waar is nie, maar omdat dit eenvoudig is: 'n Vyand is makliker om te verkoop as 'n oplossing.

Ek skryf dit nie omdat ek glo immigrasie is eenvoudig nie.

Ek weet dit is nie.

Ek skryf dit omdat ek kan sien dat die arme underdog immigrante deur die fatcat politici uitgebuit word en ek vind dit afskuwelik.


Ek is nie 'n ekonoom nie. Ek weet nie presies hoeveel geld Suid-Afrika aan grensbeheer, deportasies en immigrasiebeheer bestee nie. Maar ek wonder dikwels hoeveel skole, klinieke, hoeveel ondernemings, hoeveel werksgeleenthede, met dieselfde politieke/ekonomiese energie gebou kon word.

Selfs al stem iemand nie met my saam nie, bly dit tog 'n vraag wat die moeite werd is om te vra.

Wat gebeur as ons dieselfde passie waarmee ons mense probeer uitsluit, gebruik om geleenthede te skep?

Miskien is die grootste ironie dat ons almal Imagine kan saam sing.

Ons hou van die melodie, die harmonie: Daardie pragtige C9 wat moeiteloos, ritmes die grens oorsteek na die F6 en dan met 'n parmantige chromatiese toonleer weer tuiskom na die C9. Soomloos dog grensverkuiwende komplekse harmoniese eenvoud.

Ons hou van die gevoel. Ons hou van die oomblik wanneer die skare saamsing. Maar sodra die lied verby is, keer ons terug na die wêreld soos ons dit ken.

Na "ons" en "hulle".

Na grense wat nie net lande skei nie, maar ook ons gewetes.

Ek dink nie John Lennon het verwag dat die wêreld eendag sonder grense sou wees nie. Of misken het hy want dis onrealisties om te dink dat daar altyd mense sal wees, en grense is mensgemaak en het mense nodig om te onderhou. Maar ek dink hy het iets moeiliker gevra: Hy het gevra of ons dit ten minste vir 'n oomblik kan verbeel dit was nie so nie.

Of ons kan verbeel dat 'n ander se menslikheid nie afhang of van my kan van die draad afkomstig is nie. Ons almal wil ons menslikheid beskerm, maar hoe menslik is dit om vir 'n ander mens te sê jy hoort nie hier nie.

Ek kry skaam vir die mens wat sy grense aanbid. Want grense is die ware oorsaak van xenofobie. Maar min mense wil die waarheid hoor, hulle wil liewer hoor wat of wie kan hul eie soort voortrek al is dit ten koste van jou medemens wat jy ontken.

Want elke daad van menslikheid begin eers as 'n verbeeldingsoefening.

Die volgende keer wanneer jy Imagine hoor speel, luister nie net na die melodie nie.

Luister na die eerste woord.

En vra jouself eerlik af:

Wanneer laas het ek my werklik in iemand anders se lewe probeer verbeel?

Miskien begin 'n beter wêreld nie by nuwe grense, nuwe regerings of nuwe slagspreuke nie.

Miskien begin dit by daardie een eenvoudige woord.

Imagine.

Bekyk op Profiel
Bagatelle, Bunsen Burners en Marie-beskuitjies
Bagatelle, Bunsen Burners en Marie-beskuitjies
Met haar kenmerkende mengsel van Graaffrikaans, humor en nostalgie neem Elise Bishop lesers terug na 'n kinderwêreld van Morris-stoele, bagatelleborde, Jewellex-horlosies, oupa se wetenskaplesse en ouma se middagtee. Dis 'n liefdevolle herinnering aan Graaff-Reinet soos dit eens was – waar die dae stadig verloop het, die radio klassieke musiek gespeel het en familie die middelpunt van die wêreld was. 'n Verhaal wat jou laat verlang na 'n tyd wat nooit weer sal terugkeer nie.
Elise Bishop 30 Jun 2026 130

Bagatelle, Bunsen Burners en Marie-beskuitjies

Met haar kenmerkende mengsel van Graaffrikaans, humor en nostalgie neem Elise Bishop lesers terug na 'n kinderwêreld van Morris-stoele, bagatelleborde, Jewellex-horlosies, oupa se wetenskaplesse en ouma se middagtee. Dis 'n liefdevolle herinnering aan Graaff-Reinet soos dit eens was – waar die dae stadig verloop het, die radio klassieke musiek gespeel het en familie die middelpunt van die wêreld was. 'n Verhaal wat jou laat verlang na 'n tyd wat nooit weer sal terugkeer nie.

Bagatelle, Bunsen Burners en Marie-beskuitjies

Since kleintyd al op Graaffernet, in my memories van oupa se study onthou ek die ou Morris-stoel just to the right van die desk. Ek kon altyd op die arm van die stoel sit as oupa my geleer het van the square on the hypotenuse is equal to the sum of the squares on the opposite two sides …

Jirre ek’t ge-rattle om daai resitasie te remember en dan raak oupa impatient, hoor! Sy ronde brilraam se lenses wasem skoon op van ongeduldigheid.

En van isosceles triangles en bunsen burners moet jy my niks question nie.

Ek het gelike van resepte en Fyngoud en Tryna du Toit se library books en ouma se somershuisie met die moss ferns, coleus en peace in the home plante wat so mooi groei onder die dak van mudsakke tied to long poles to make shade. Ouma het always gesê die Karooson skroei hulle blare.

Agter die glass door was die rak teen die muur vol van oupa se roers en kieries en op die ground die twee casies met sy bowls. Een van die greens van die bowling club het hulle na hom gedoop: die Barnard green. Hy’t championships gespeel. En dan was daar ’n huge bookshelf van top to bottom vol boeke van science en maths en geography and you name it. ’n Lang riempiesbank, die groot ou regop wireless wat net shortwave speel en die divan onder die venster.

Sometimes as hy die bottel Jewellex aside sit, na hy horlosies reggemaak het, sy miniature skroewedraaiers in die box bêre en al die homework books opsy stoot, dan het oupa gesê ek het nou genôg geleer en ek kan maar die bagatellebord uithaal onder die divan. But I must mind laat hy nie stamp en niks gedamage word nie.

Ek was dan omtrent excited.

Dit was vol klein spykertjies en vlak gaatjies met ysterballbearings in die slootjie by die spring wat jy one at a time skiet as jy die spring styftrek, backwards en los. Dan skop daai spring die ballbearing tot teen die top vannie board. Die bruin board was van soft light wood met skuinstes teen die sides, solaat jy so teen ’n skuinste die balls kan opskiet to the top of the board.

Ek kon hom maklik optel as ek hom uithaal onder die divan. It was very light. Maar darem nie soos balsahout wat oupa die aeroplanes mee gebou het nie. Dié board het aan die bokant ôk gelyk nes die archway by Muriel Nicol se entrance in Cypress Grove. So ’n ronde semi circle.  En die spykertjies was in curves by allie vlak holtes waarin die iron ballbearing moes val en every hole het ’n score gehad. Ever so dainty geverf, nogal in goue syfers nes Roman print. Oupa het score gehou.

Skiet mens té hard dan hol daai ball die hele board vol en jump in dié een gaat na die next gaat en nog een en skielik you find hy’t geval in die onderste voortjie wat nil score. Die ball rol dan ewe parmantig na die spring se kant toe en jy kan weer ’n chance kry vir skiet. Oe, oupa het nou gelike as ons dit speel. En dit was so exciting as jy groot gescore het. Ek kon sy valstande sien, wat geel word van al die cigars wat hy rook, as hy so lekker wyd en tevrede smile. Oupa het net met my gespeel en never met ouma. Maar hy’t ook maar vinnig bored en ongeduldig geraak, ‘cause ek kon nie die spring so lekker gewoond raak nie en skiet uneven of mostly te hard. Dan spring die ball sommer oor die rand vannie board af en ek moet kruip onder die stoel in om dit te gaan soek.

Ons twee kon lekker speel as hy in the mood was. Oppie bord so dwars gestel oor die Morris-stoel se armleunings. Die stoel het gestaan onder die family wapen vannie Barnards en oupa se graad certificate. Hy was B.Sc gequalify. G’n mens kon daai woord sê nie. Maar hy’t gesê hy’t gaan leer by die groot skool in Stellenbos.

Dan skrik ek skielik hard weer, ‘cause why hy vra sommer out of the blue mens moet die six times tables opsê. Dan kry ek skoon ritteltits… En recite ek nie reg nie dan’s oupa weer impatient! Mens het jou hande tog so vol to please everybody…

Ander dae het ons chess gespeel. En dit was a commotion, want elke slag as hy die houtboksie uithaal uit die drawer, kan mens sien hoe’t ek noughts en crosses gedraw oppie hout and always he had something to say about that.

Ons het min gespeel, ‘cause ek’t nooit remember waar die swart king en die wit king moet wees nie en forgot always was it knights of bishops eerste van die castle? En die pawns kon nou twee blokke move en dan weer net een-een. Dit was so confusing en oupa het my altyd getrump. But sometimes het hy moves gemaak on my behalf, soos hy my teach om te speel en dan het ek op en af gespring van excitement, want dan het ek gewen. Why, of course, I couldn’t care. Ek’t gewen so whê!

Thank the Lord dan is dit time dat ek ouma se tee kamer toe vat, want dis al quarter to four en sy moet klaar gerus kry nou en opstaan. Black tea met net ’n kwart lepel suiker.

Dis sulke tyd wat oupa disappear het in sy Mercury na die club toe daar oorkant die Groote Kerk om te gaan billiards speel met sy vriende. Dis glo baie same as bagatelle. Maar hulle skiet met stokke – niks springs nie, sê oupa. En dan drink hulle spots ôk! Kinders mag nie ingaan daar nie. Net vir grown ups. Ladies ook nie. Only men!

Meanwhile, terwyl ouma aantrek, het sy gesê kan ek twee Marie biscuits uit die biscuit mandjie in die sideboard vat en hop-scotch loop speel oppie koeltestoep tot mammie kom vannie job af. Maar ek moet versigtig wees by die glass door laat hy nie slaat nie. Sometimes het ek drie gevat,dit was darem so nice!

As mammie arrive het en almal klaar hallo gekiss het, het ons oppie sidestoep gesit en mammie het al die news vertel van by die werk en who all she saw en wie’s siek en wie’s dood, and so forth.

Ek moes dan solank gaan soda maak in die syphon innie pantry. Met tank water uit die kruik. Die swaar syphon was gebêre langs die broodblik by die bottels Milk of Magnesium, Sanatogen en ’n groot blik Klim. Ouma het boksies toothpicks in dié blik gebêre. En dan ook nog oupa se kali-fosfaat en ’n groot bottel Multivites. Hy’t sometimes vir my ook gegee, dan sê hy I won’t get colds.

Ek het dit niks gelike van dié soda water maak nie, ‘cause wanneer jy die pellet ingedraai het en finish gepuncture het, moes hy weer uitgedraai word, but slowly, and it’s thén wat hy just só hard geskiet net, soos ’n gun wat gefire word as oupa gaan koedoes skiet op die plaas!

Party smiddae mammie played piano in die sitkamer en you can then hear “Autumn leaves”, “As time goes by”, “Goodnight Irene” en still nog many more. Dan het ouma en mammie elkeen ’n spot gevat en ek het soppertafel gaan dek.

Dit was nie lank ôk nie, dan het ouma gesê sy gaan die club phone sodat Arthur sê oupa moet huistoe kom. Supper is on the table!

En lekkerste innie aand, na skottelgoed, kan ons by die wireless gaan sit en aandgodsdiens luister en afterwards was “Die du Plooy’s van Soetmelksvlei”. Die grown-ups kon so lekker lag vir ou Naas. Maar ek’t geluister vir die mooi tune wat die storie announce. Dit was nie boeremusiek nie. It was classical, 18th Variation on a theme by Pagannini. Whoever dié buitelander ookal was … But dit was vir my darem so beautiful.

Ja jong, those were the days toe mens nog kinders was op die Jewel of the Great Karoo en jou mense nog nie langs die grondpad Kroonvale toe gaan wegkruip het onder die sipresbome nie.

My se geliefde Graaffernet en sy dinge.

Ai, hoe long ek dan nou!

Bekyk op Profiel
Crossing the Water
Crossing the Water
Etienne Lombard 31 May 2026 223

Crossing the Water

Crossing the Water

Every child in the Colony knew the rule. You did not cross the channel. Not without permission, not without ceremony, and certainly not before your sixteenth year. She was fifteen and three months. Close enough, she had decided. But rules, Leila had learned, had a way of bending in the presence of a missing brother.

She had watched Ben disappear from the northern fort’s watchtower just before dawn. He had been there. She had seen his outline against the bruised sky, his small form leaning over the parapet as he always did when he couldn’t sleep. And then he wasn’t. By the time she climbed the worn stone steps herself, all that remained was his drawing stick, balanced on the ledge, pointing south toward the channel like an arrow.

Leila borrowed one of the flat-bottomed boats the farmers used to shift harvest between the fields and the fort. She told herself it wasn’t stealing if you left a note. The channel was narrow at this hour, the blue-grey water sluggish and cold, and she felt the strange weightlessness of crossing a line she had spent her whole life not crossing. The mountains of the north shrank behind her with each stroke of the oars. Somewhere to her left, the old volcano sat in silence. It had not rumbled in twenty years, but it never quite looked entirely asleep.

                                                  

The southern island was wilder. That was the first thing she noticed. The northern colony had its ordered rows, the blue-marked water fields, the dark patches of swamp kept carefully to the west, the forests the council had fenced and mapped and named. Here the air smelled different too, wetter, earthier, threaded with something she could not name. The south felt unfinished. Trees grew where they wanted. A small lake sat in a hollow with no road leading to it, no marker post. It was as though someone had begun a Colony here and thought better of it halfway through.

She found Ben sitting at the edge of that lake, his knees drawn up, his eyes fixed on the water.

“I knew you’d come,” he said, without turning.

“You left your stick,” she said.

He nodded. He had that look he had sometimes, the one their mother called his deep look, like he was hearing something the rest of them couldn’t. Leila sat beside him and waited. The grass here grew long and unpressed, as if no feet had walked this bank in years. A frog called once from the reeds and then stopped. The morning birds called from the unfenced trees. A heron landed at the lake’s edge and stood perfectly still, as if it had been placed there on purpose.

“There’s a third island,” Ben said finally. “Look.”

She looked. Beyond the southern shore, half-hidden by morning haze, was something she had never been shown on any of the Colony’s maps. A shape. Low and dark and forested, with what might have been a peak at its centre. It was too large to be a rock. It was too deliberate to be a trick of the light.

“The elders know,” Ben said. “I found a map. An old one, not the official one. It shows all three islands. And it shows who used to live there.”

Leila felt something move through her, not quite fear, not quite excitement. Something older than both. “Who?”

Ben pulled a folded square of paper from inside his coat. It was yellowed, the ink faded to the colour of weak tea. But the shapes were unmistakable, the northern island, the southern island, and the third. On the third island, drawn in careful lines, were the symbols she recognised from the Colony’s oldest documents. The same symbols that appeared above the gate of the northern fort. The same ones carved into the foundation stones.

Their founders hadn’t come from across the open sea, as the histories claimed.                                                 

  They had come from just over there.

Leila sat for a long time. The heron hadn’t moved. The third island sat on the horizon, patient as a secret that has waited a very long time to be found. She had always imagined the crossing would feel like a conclusion. The closing of childhood, the start of whatever came next. It felt more like a door opening onto another door.

“We have to go back,” she said. “And tell someone.”

“Tell who?” Ben asked. “The people who hid this?”

It was, she had to admit, a fair point. She looked at the boat she had borrowed. She looked at the channel. She looked at the third island.

The rite of passage, the elders always said, was about learning who you really were.

She hadn’t expected it to mean this.

Bekyk op Profiel
Sonnetkrans: Die Oeroue
Sonnetkrans: Die Oeroue
Etienne Lombard 29 May 2026 245

Sonnetkrans: Die Oeroue

Sonnetkrans: Die Oeroue

I

 

Die berge staan as bewakers in die nag,

Kraaineshoogte lê verlate, leeg en stil.

Sandra kom aan met vaste, eensame wil,

sy weet nie omtrent die dorpie se gedrag

watter geheime in sy heuwels sag

sal fluister. Die ou kliniek se skil

beskut waar dokters moes ontvlug, 'n kil

patroon van dertig jaar, van geslag na geslag.

Die straatligte brand skaars, verspreid en waar,

in die berge roer iets wat geen mens verstaan,

die nag lê swaar met dreigende gesug.

Geen logika kan dit verduidelik of verklaar,

geen rasionele pad bied ‘n veilige baan

die teenwoordigheid wat wag in elke vlug.

 

II

 

Die teenwoordigheid wat wag in elke vlug

kom nader in die eerste drome aan.

By haar bed versamel skaduwees, gaan staan

'n vorm wat alle lig uitsuig, ontstig.

Hy fluister name elke woord 'n ontvlug

van vreemde kennis. ‘Kom’, sy stem por aan,

‘Antwoord my’. Sy hoor wat sy tog verstaan,

al bied haar ratio van die droom geen wegvlug.

Maar Riana het gewaarsku voor sy sterf:

wie antwoord, verdwyn opgesluk deur stroom.

Sandra klou aan wetenskaplike norm,

weerstaan die roepstem, hou vas aan haar nerf.

Elke nag kom hy sy honger vul die droom.

Die donkerte is nie meer net oppervlak of vorm.

 

III

 

Die donkerte is nie meer net oppervlak of vorm

dis waar verdwynings hul oorsprong vind.

Riana kom nie terug nie, net 'n swerm

van asgrys stof, haar spoor verdwyn, verslind.

Dan Heini wat geantwoord het ook verslind

uit die lewe. Ses name nou 'n storm

van verdwynings. Mense lewendig en warm,

dan niks, net as. Die patroon het ontbind.

Sy grawe deur rekords, vind die raad:

elke dertig jaar verdwyn sewe sonder spoor.

Elizabeth, haar ouma, toon met heldersiende wat gebeur

in notas hoe sy die ritueel gestuit het haar daad

beskryf. Die artefak versteek, die deur voor

Sandra wys. Gewys as wag teen oeroue honger-sweer.

   

IV

 

Gewys as wag teen oeroue honger-sweer,

het Elizabeth gelaat wat Sandra moet voltooi.

Elsabé grawe op die heuwels, vind al meer

en meer verwondering die nisse uitgesprei

in klip. Pre-koloniale plek van offers, besproei

met bloed van ouds. Sewe artefakte elk 'n leer

van donker kennis. Spirale ingegraveer, vereer

in antieke rituele. Beeldjie, bene al vergroei.

Hulle absorbeer die lig, trek energie, trek krag,

elkeen 'n fragment van die Oeroue se wil.

Maar een ontbreek die sewende stuk se plek is stil.

Die artefak wat Elizabeth in haar wakende dag

versteek het met vaste hand, 'n geheime baan.

Sandra moet dit vind, al kos dit haar bestaan.

 

V

 

Sandra moet dit vind, al kos dit haar bestaan

die sewende artefak, dertig jaar versteek.

By die begraafplaas waar die ou grafte staan

is Elizabeth se steen, haar naam in klip ingebreek.

‘Sy het gewaak in die donker’ so lui dit, bleek

gegraveer. 'n Geheime holte gaan oop, 'n baan

na die verlede. 'n Brief lê binne, ontslaan

van tyd se las, haar ouma se laaste teken en spreek.

Die doos lê daar, die sewende stuk sy hou

dit vas. Sy lees die brief, die swaar gebod.

Haar ouma se woorde, duidelik en klaar:

‘Die binding word mettertyd vergroei. Vertrou

my nie. Kies die laaste opdrag voor die dood

tussen sewe dood of transformasie wat jou lewe vou.’

 

VI

 

‘Tussen sewe dood of transformasie wat jou lewe vou’

 lê die keuse swaar voor Sandra.

Sy gaan na die grot waar die waterval se skou

verberg wat wag. Daar staan Elsabé en Fourie, artefakte

uitgelê in kring. Die plek vertel sy storie, artefakte

wat eeue oud is, pre-menslik in hul bou.

Sewe nisse in die rotswand uitgekap hier moes hy hou,

gebind deur offers, rituele teen die honger se gebou.

Die maanlig val nou deur die skeur, verlig

so koud die altaar in sy silwer glans.

Sandra voel die Oeroue 'n fisiese slag

wat om haar sluit. Sy honger tasbaar, gedig.

'n Teenwoordigheid wat dreig met ‘n ewige dans.

‘Kom nader’, fluister hy. Sy stem lui sag:

‘kom nader, fluister hy, ‘ons kan 'n nuwe wêreld verken.

 

VII

 

‘Kom nader’, fluister hy, ‘ons kan 'n nuwe wêreld verken

'n orde, balans wat sal duur vir eeue lank.’

Sandra sien hom nou nie net skaduwee of skim,

maar blouswart vorm wat tril, wild en krank.

Nie bloot 'n skaduwee nie 'n wese, lank

van oerenergie. Hy wys homself so vreemd, so frem:

entiteit, ouer as geskiedenis, ouer as die stem

van menslike herinnering. Hy beweeg oor die bank

van tyd, tussen dimensies. Die spoor

van wêrelde lê oop vir hom. Hier in die kus

van Kraaineshoogte vind hy rus sewe siele, sy kos.

Maar die binding word swakker, breek sy deur,

die sirkel het 'n gat. Die honger bly, sy drang, sy lus.

Hy bied 'n verdrag aan, vermy die verlies, die lus:

twee wesens wat een word deur artefakte se kus.

 

VIII

 

Twee wesens wat een word deur artefakte se kus

dit is die oplossing, Elizabeth se sin

wat sy voorspel het. Maar sy kon nie, die pyn

te veel. Sandra staan nou voor die keuse, plus

die gewig van wat dit beteken meer as rus

of lewe. Sy kan weier, kan ontken

die pad, maar dan sal nog ses verdwyn

in die siklus of sy kan instem. Dis dus

nie net 'n offer nie, maar 'n transformasie van die denke,

'n verval in iets groter, 'n kosmiese oorgang sonder wete.

Sy sien: dit is nie bloot haar teen hom nie, nie kwaad

teen goed nie, maar 'n versmelting twee wat kragte skenk,

word een. 'n Orde buite begrip. Sy moet nou die regte

pad kies nie kwaad of goed nie, maar 'n nuwe raad.

Dis nie net teen haar nie dis tussen goed en kwaad.


IX

 

Dis nie net teen haar nie dis tussen goed en kwaad,

maar tussen wie sy is en wat sy word.

Die artefakte lê in sirkel sewe, elke saad

van die Oeroue se wese, elke woord

van die ou ritueel eggo in die grot. Die raad

gelees in tekste oud. Fourie se woord

bewe terwyl hy lees, vrees in elke koord

van sy stem. Elsabé plaas die artefakte elke daad.

Sandra hou die sewende stuk. Sy word die brug, die slag

tussen twee wêrelde. Die gewig druk hard

op haar. Die grot lê stil. Die maan lig nou

silwer skynsel vul die ruimte. Met haar laaste mag

gee sy haar woord, sy stem wat nie sal keer of verhard

nie. Sy vertrou haar ouma. Sy gee haar woord, hou nou

haar ouma se wysheid. Sy gee haar woord, sy stem volhard.

 

X

 

Haar ouma se wysheid. Sy gee haar woord, sy stem volhard

die ritueel begin, die maanlig stroom

deur opening bo in 'n silwer droom

wat die altaar verlig. Artefakte word hard

en gloeiend. Die Oeroue se anti-lig-draad

trek nader, om haar gevleg in die groot gebrom

van kosmiese energie. Hy kom, hy kom

sy vorm van donkerte teen die nag se kaart.

Sandra voel sy herinneringe invloei

landskappe vreemder as enige teorie kan beskryf.

Ander wêrelde, wese alles bly styf

verweef met haar. Nuwe dinge in haar groei.

En hy voel háár haar menslikheid, haar lyf,

haar pyn, haar hoop. Haar liefde, pyn, haar hoop alles wat haar lewe dryf.

 

XI

 

Haar liefde, pyn, haar hoop alles wat haar lewe dryf

vloei oor in hom, en hy weer in haar. Balans.

Twee perspektiewe wat een word, verdryf

waar vyandskap was. Nou kom ‘n simbiotiese dans

van energie. Sy voel die kosmiese weldadige glans

wat deur haar stroom. Sandra is nog Sandra, maar ook styf

verweef met hom uitgebrei, nie meer net lyf

nie, maar bewussyn oor grense, tyd, verskans.

Sy sien deur mure, deur tyd. Tale word ontsluit

idiome van die kosmos, voor-menslike domein.

Die Oeroue dra nou haar menslikheid, haar vuur, haar gloed.

Saam vorm hulle iets nuuts nie strydig, nie gesluit

‘n balans op die terrein van nuwe bestaan, so rein.

Voleindig deur die saamgevoegde bloed.

Die sirkel is voltooi met presiese refrein.

  

XII

 

Die sirkel is voltooi met presiese refrein

en tog is Sandra nog haar, net anders.

Sy staan in die grot, haar nuwe chemie

sigbaar vir Elsabé en Fourie wandelaars

tussen wêrelde. Hulle sien die metamorfie:

haar oë dieper, donkerder. Die silwer stralers

van lig op haar vel. Bewegings soos 'n filosofie

van vloeiendheid buite-menslik. Sy bestaan

hulle gerus: verdwynings verby, honger stil.

Die binding permanent geen bloeddors meer, geen stryd.

Ver voel sy ander entiteite wat gluur, hul wil

teen grense druk. Maar sy en Die Oeroue een hou hulle stil

met mag wat groei. Tog is die vraag wat bly

vir hoe lank? Daar is 'n skeur. 'n Onheilspellende tyd.

Hou hulle weg. Maar vir hoe lank? Daar is 'n skeur in hul wil.

 

XIII

 

Hou hulle weg. Maar vir hoe lank? Daar is 'n skeur in hul wil

twee wêrelde. Sandra staan op die rand.

Sy gaan terug na die dorp, haar voetstappe dun en stil

 Mense kyk weg, herken nie die band

tussen die dokter en hierdie wese nie. Verstand

kan dit nie omvat nie. Sy loop nou hier tussenin

lig en skaduwee, bekend maar vreemd, begin

van iets wat nog nooit was nie buite hulle se kennis-stand.

Die artefakte leeg, hul mag in haar opgetrek, gebou.

Maar daar's 'n groter gevaar ander soort wat lê

en wag. Hulle het respek getoon tot nou.

Maar nou dat die versmelting voltooi is, soek hulle die bou

die opening, die poort, die kans om deur te gaan, te tree

na hierdie plek. Die grense dun. Die baan.

Sandra moet leer, moet reis die paaie om die maan.

 

XIV

 

Sandra moet leer, moet reis die paaie om die maan

en ander wêrelde waar antwoorde lê.

Sy sê totsiens vir Elsabé kan

haar nie meer troos nie. Die berge sê

haar naam, of is dit die Oeroue? Hulle sê

haar naam met die stem van wind en klip. Die baan

is voor haar sy stap die nag in, verlaat die menslike span.

Haar vorm vervaag in donkerte, maanlig, mis wat laag lê.

Sy is nie meer net een ding, nie meer net vlees of siel.

Sy reis deur splete in werklikheid, deur elke dag.

Elsabé bly agter te menslik om te waag

die pad wat wag. In donkerte toon die profiel

van iets wat roer nie Sandra nie. lets nuuts 'n plaag

van dreiging wat wag. Die berge hou hul slag.

Die berge staan as bewakers in die nag.

  

XV: KROON

 

Die berge staan as bewakers in die nag,

Die teenwoordigheid wat wag in elke vlug

Die donkerte is nie meer net oppervlak of vorm

Gewys as wag teen oeroue honger-sweer,

Sandra moet dit vind, al kos dit haar bestaan

‘Tussen sewe dood of transformasie wat jou lewe vou’

‘Kom nader’, fluister hy, ‘ons kan 'n nuwe wêreld verken

Twee wesens wat een word deur artefakte se kus

Dis nie net teen haar nie dis tussen goed en kwaad,

Haar ouma se wysheid. Sy gee haar woord, sy stem volhard

Haar liefde, pyn, haar hoop alles wat haar lewe dryf

Die sirkel is voltooi met presiese refrein

Hou hulle weg. Maar vir hoe lank? Daar is 'n skeur tussenin

Sandra moet leer, moet reis die paaie om die maan.

Bekyk op Profiel
Die hond blaf vir die dood van die nag
Die hond blaf vir die dood van die nag
Etienne Lombard 28 May 2026 233

Die hond blaf vir die dood van die nag

Die hond blaf vir die dood van die nag

Die hond begin kort na middernag.

Marta lê in haar bed in die donker huis in Walmer Landgoed en tel die blaf soos 'n mens slae tel. Een. Twee. Drie. Dan stilte. Dan weer, vier, vyf, ses, asof die dier iets probeer bereik wat net buite sy bereik bly, iets wat hom nie loslaat nie.

Sy ken die hond. 'n Basterhond, swart met 'n wit kol op sy bors, wat elke middag teen die heining van die buurman se erf staan en die voetgangers aankyk met ooglede wat swaar lyk van al die jare. Sy het hom nog nooit 'n naam hoor noem nie. Die buurman, Daan Mostert, 'n pensioenaris met artritis in sy hande en 'n gewete wat seker ook pyn, praat selde met die bure. Groet met 'n knik. Ry sy ou Corolla in en uit soos iemand wat die wêreld op 'n veilige afstand hou.

Marta staan op. Trek haar kamerjas oor haar skouers en loop na die venster wat uitkyk oor die smal straat. Die straatlig is stukkend, al drie weke. Die straat lê in 'n soort blou duisternis onder die laat-Oktobermaan. Die berg, daar agter, is 'n swart masker teen die nag se gesig. Êrens in die verte, ver oor die dakke van die stad, klink 'n sirene en verdwyn.

Die hond blaf.

Sy sien hom nie, maar sy hoor hom: 'n hees, volgehoue roep wat klink asof dit nie meer vir mense bedoel is nie. Asof dit met iets anders praat. Die nag self, dalk. Of die stilte wat agter die nag wag.

Sy dink aan Neels, wat sewe jaar gelede in hierdie selfde slaapkamer gesterf het. Ook 'n nag soos hierdie, ook Oktober weer en 'n mond vol wind van die berg af. Die hond in die straat het ook geblaf, 'n ander hond, 'n ander nag. Sy het gedink: hoekom bly die ding nie stil nie, hoekom laat die bure dit toe? Maar toe Neels se asem opdroog soos water in 'n droë rivier, was die hond se stem die enigste ding wat haar gehou het. Iets het geweet. Iets het gesê: hier gebeur iets wat nie ongemerk mag verbygaan nie.

Sy sit die ketel aan. Die kombuis is klein en ruik na kaneel en ou hout, na al die jare wat ingekook is in sy mure. Buite blaf die hond. Die berg bly staan. Die nag  beweeg stadig na sy einde.

Teen halfvier besluit sy om aan te trek en buitentoe te gaan.

Die naglug prik in haar keelgat soos 'n eerste sluk koue water. Sy stap op die sypaadjie met sy gebarste teëls. Die munisipaliteit het beloof om dit reg te maak, maar die munisipaliteit beloof baie dinge. Sy staan voor Daan Mostert se hek. Die hond is in die agterkamer. Sy hoor hom agter die mure, saggies nou, byna 'n kreun, soos iemand wat al te lank alleen geskreeu het.

Sy klop aan die voordeur.

Niks.

Sy klop harder, en die hond se stem verander, korter, vinniger, 'n ander toon heeltemal.

Marta se hand reik na die hek se handvatsel. Dit is oop. Sy stap in.

Sy vind Daan Mostert in sy leuningstoel in die sitkamer. Die televisie is aan. 'n Stom herhalingsprogram oor die herstel van ou motors. Sy gesig is vreemd kalm, soos iemand wat net aan die slaap geraak het en dit self nog nie besef nie. Die hond sit aan sy voete en kyk op na haar met oë wat reeds weet. Reeds lankal weet.

Sy bel die nommer. Wag. Praat. Sit dan op die vloer langs die hond en sê niks.

Die ambulans kom eers vyfuur. In die tussentyd hou die hond op blaf. Hy lê sy kop op haar skoene en asem diep en stadig, soos iemand wat 'n lang taak voltooi het en rus nou kan vat.

Teen dagbreek, terwyl die son agter die Hottentots-Hollandberge begin brand en die eerste taxi's van Main Road hul enjins laat brom, dink Marta: ons het almal ons manier om die dinge te sê wat nie in woorde pas nie. Die hond het syne gehad. Sy het hare.

Sy stap huis toe in die straat wat nou rooierig gloei in die oggendlig. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd voel die stilte om haar nie leeg nie.

Dit voel vol.

 

 

Bekyk op Profiel
Die Rooiblom van Kepler-442b
Die Rooiblom van Kepler-442b
Etienne Lombard 24 May 2026 209

Die Rooiblom van Kepler-442b

Die Rooiblom van Kepler-442b

Die windpompe draai stadig in die dun atmosfeer, hul koolstofvesellemme glinster in die oranje aandgloed. Drikus Richter staan by die grensdraad van Kepler-Rus en kyk uit oor die vlaktes waar niks groei nie. Nog nie.

Veertig jaar. So lank is dit al sedert die Voortrekker III se bevrore passasiers ontwaak het, oneindig ver van Tafelberg se skaduwee. Nou, met sy sewe-en-sestigste verjaardag om die draai, besef hy dat hy nooit weer die Tafelberg sal sien nie. Hy sal hier sterf, tussen die rooibruin rotse en die vreemde lug wat te dun is om sonder 'n respirator asem te haal.

"Pa, kom kyk." Sy dogter se stem kraak oor die radio. Anneke werk by die biologiese laboratorium.

Die gang is stil. Die kolonie het net tweehonderd-en-tagtig mense – almal afstammelinge van die oorspronklike sestig. Die Aarde het hulle vergeet.

In die laboratorium vind hy Anneke by die kweekkassie. Sy's dertig, gebore hier, haar longe aangepas vir die dun lug. Sy't nooit die Aarde gesien nie, ken net stories van see en voëls en gras wat vanself groei.

"Kyk." Sy wys na die glas. Binne-in die temperature-beheerde ruimte, tussen die geneties-gemanipuleerde koring en die eksperimentele waatlemoene, staan iets wat nie daar hoort nie.

'n Vlammend-rooi blom met blare wat soos vleis lyk, dik en vlesig. Die stingel is verkeerd – te dik, met 'n tekstuur soos gevlegte koper. Dit groei uit 'n skeur in die rotsbodem.

"Het jy dit geplant?" vra Drikus.

"Pa, jy weet ons plant niks sonder goedkeuring nie. Dit het vanself gegroei. Oor drie dae."

Hy kom nader, sy hand teen die glas. Die blom beweeg effens, asof dit asem haal.

"Dis nie moontlik nie. Daar's geen plantegroei op Kepler-442b nie. Die planetêre skanderings het dit bevestig."

"Ja," sê Anneke sagkuns. "Voor ons geland het."

Drikus staar na die ding. Veertig jaar lank het hulle gesoek na tekens van lewe, enige lewe. Hulle het mikrobes gevind in die ys by die poolgletser, primitiewe dinge wat amper nie as lewend kwalifiseer nie. Maar dit... dit is kompleks. Dit is berekend.

"Het jy dit vir die raad gewys?"

"Nog nie. Ek wou jou eers raadpleeg." Sy kyk na hom met daardie blik wat hy ken – die een wat sê sy's bang maar wil dit nie wys nie. "Pa, daar's nog iets. Ek het 'n steekproef van die weefsel geneem. Die DNS... dis nie DNS nie. Dis iets anders. Iets wat werk soos DNS maar heeltemal met 'n ander basis."

Sy trek haar dataskerm nader. Die molekulêre strukture dans voor sy oë – bekend maar vreemd, soos 'n taal wat jy amper kan lees.

"Die wortelstruktuur groei. Dis al twintig meter onder die oppervlak."

"Roep 'n noodvergadering byeen."

Teen aandete is die raadsaal vol. Marna Viljoen, die kolonie se goewerneur, sit aan die bokant van die tafel. Sy's jonk vir die posisie – vyf-en-veertig – maar sy's die slimste persoon in die kolonie. Haar pa was die Voortrekker III se kaptein.

"Wys hulle," sê sy vir Anneke.

Die holografiese projeksie vul die sentrum van die kamer. Die rooiblom, nou groter, sy wortels uitgesprei soos are onder die kolonie se fondamente.

"Dit groei teen 'n tempo van vyf meter per uur," sê Anneke. "As dit so aangaan, sal dit binne ses dae die hele vallei dek. En ons weet nie wat dit doen nie, wat dit beoog nie."

"Wat beoog dit?" Dawie Rossouw, die hoofingenieur, lag bitter. "Dis 'n plant, Anneke. Dit wil niks hê nie."

"Is dit so?" Drikus staan op. "Ons het veertig jaar hier gewoon en nooit so iets gesien nie. En skielik, net nadat ons die nuwe diepboortuig begin het, net nadat ons dieper as ooit tevore gegaan het, verskyn dit."

"Jy sê ons het dit wakker gemaak?" vra Marna.

Stilte. Dan: "Ons moet dit vernietig." Dit kom van Tersia du Toit, die mediese dokter. "Voordat dit buite beheer raak."

"Nee." Anneke se stem is laag. "Dis die eerste teken van inheemse lewe. Komplekse lewe. Ons kán nie—"

"Ons moet," sê Tersia. "Ons oorlewing—"

"Ons oorlewing hang af van begrip," onderbreek Drikus. "Van weet wat ons in die gesig staar."

Marna hou haar hand op. "Vier-en-twintig uur. Ons bestudeer dit. Dan besluit ons."

Daardie nag slaap niemand nie. Drikus bly by die laboratorium, kyk hoe die blom groter word, hoe nuwe blomme begin verskyn in ander kweekkaste, in krake in die vloere, selfs tussen die voue van ou stoorsakke. Teen dagbreek – die kort, bloedrooi dagbreek van Kepler-442b – is daar honderde.

En dan gebeur dit.

Die blomme begin sing.

Dis nie 'n geluid wat ore hoor nie. Dis dieper. Drikus voel dit in sy bors, in sy bene. 'n Vibrering wat deur die hele kolonie gaan. En saam met die vibrasie kom beelde. Nie woorde nie, maar begrip.

Hy sien die planeet soos dit was, miljarde jare gelede. Oseane. Wêrelde van lewe, ryk en kompleks. En toe die ster wat neergestort het, die atmosfeer wat weggeblaas is, alles wat gesterf het. Behalwe iets. Iets wat diep gegaan het, onder die rots en die ys, wat geslaap het en gewag het.

"Dit vra of ons sal help." Anneke staan langs hom, trane oor haar wange. "Hulle wil weer groei. Hulle wil die planeet genees."

Drikus kyk na sy dogter, dan na die blomme wat nou oral is, hulle rooi blare soos vlamme.

"Ja," sê hy. "Ja, ons sal help."

Want dit, besef hy, is waarom hulle hiernatoe gekom het. Nie om te koloniseer nie, maar om te ontmoet. Om te leer dat lewe, waar dit ook al wortelskiet, 'n manier vind.

Buite begin die windpompe vinniger draai, en vir die eerste keer voel die lug minder dun.

Bekyk op Profiel
Why I Gave Up on Who I Thought I Was Meant to Be
Why I Gave Up on Who I Thought I Was Meant to Be
My journey to becoming a writer
Etienne Lombard 14 May 2026 256

Why I Gave Up on Who I Thought I Was Meant to Be

My journey to becoming a writer

Why I Gave Up on Who I Thought I Was Meant to Be

The desk was glass, long and cold, and on clear days I could see Table Mountain from where I sat on the fourteenth floor of a building in the Cape Town CBD. The mountain’s upper slopes go tawny in winter, patched with old burns and new growth pressing through. I barely noticed it then. I was reading an opposing counsel’s affidavit, making notes in the margin, and composing a different life in my head.

I was born in Windhoek, grew up in Bloemfontein and studied law at Stellenbosch. Between Stellenbosch and the profession, there was the army, and thirteen months in Angola. I came back different in ways I did not yet have language for, and I put on a suit and got to work, because work was the thing you did with what you came back carrying.

My father was an attorney in Windhoek. By the time I finished school in Bloemfontein, he had taken silk and was practising as a senior advocate. He ended his career as a Judge of the High Court. I grew up watching him move through those chambers in his black robe, measured and certain. Law was not a choice I made so much as a landscape I was born into. The identity was waiting for me before I had the words to question it.

For three decades I practised commercial litigation. I was good at it. Being good at something that was never entirely yours is its own trap: it removes the excuse to leave. So, I stayed, and I adapted and I got sharper, and the distance between who I was in court and who I was in my own head widened without my quite noticing it happening.

Then, on an unremarkable Tuesday, I read a Toni Morrison quote circulating online. ‘If you have some power,’ she said, ‘then your job is to empower somebody else.’ I had read it before without hearing it. That day it landed differently. I had been giving my power, my sharpest hours, my best arguments, to commercial disputes. I was sixty years old. I had spent thirteen months in a war I had not chosen, and thirty years in a profession that had been chosen for me long before I was old enough to choose. The arithmetic of what remained felt suddenly and uncomfortably clear.

I had known for years that something was wrong. On Signal Hill at sunset, watching the city go orange and small below me, I would feel it settle in my chest: the longing of having always known I was better at putting words on a page than at winning arguments, and never once having said it. I kept a notebook in my desk drawer at the office. I told myself it was for drafting notes. On Signal Hill, I knew it was not.

The fynbos burns because it has to. The Cape’s entire ecosystem is built on this: the protea’s seed pods crack only under extreme heat, releasing what was held back for years. I had spent three decades trying not to burn, maintaining a surface that looked intact, while underground, and long before that in the red dust north of the Cunene River, the pressure had been building the whole time.

I left the corporate world, though not the law. I work from home now, still an attorney, but with mornings that belong to me and a notebook that is no longer pretending to be something else. My parents did not live to see me resign. I have thought about that often, wondering what my father would have made of it. He was a man who moved steadily through every rank the law offered, and I think he would have been baffled. I think, given time, he might have understood. Sadly, I cannot ask him.

In January 2024 I enrolled in a novel-writing course, Skryf ‘n Roman Kursus, not entirely sure what I expected to find there. What I found was that I already had something to say, and a way of saying it. I began writing short stories in my home study, early mornings before the working day started. A Few were published, in Huisgenoot, on LitNet. I did not know what to make of that. I kept going anyway. Die Oeroue followed, then Die Walvisspeurder. The notebook that had spent years pretending to be a legal notepad had, without my quite noticing, become the most important thing on the desk.

At my book launch in Somerset West, my sister told me she was proud of me. In all the years, she had seldom said it. She was the one our family always assumed would write, and yet there she was, proud of the wrong sibling.

What I have instead of certainty is this: mornings in Sunset Beach with my wife Irina, coffee and a notebook, a body of work that is only beginning and the sensation of being almost exactly where I chose to be, many years later than I would have liked. Almost exactly, though.

The old shell is gone. What I did not expect was this: that writing would not just fill the space it left but change the shape of everything around it: the mornings, the silences, the way I move through a room. I did not expect to be surprised, at this age, by my own life. I am.

Bekyk op Profiel
Tjienkeriengtjees
Dit was eintlik 'n onverwagse affêre dat sy in die Weskus kom kuier het.
Elise Bishop 18 Oct 2025 46

Tjienkeriengtjees

Dit was eintlik 'n onverwagse affêre dat sy in die Weskus kom kuier het.

Oppad na Doringbaai stop Jean sommer so in die middel van die stofpad, klim uit terwyl die 4 x 4 nog luier en stap vinnig oor die walletjie wat ‘n stootskraper seker gestoot het, die veld in. Karien neem nie juis notisie nie en kan ook nie uitmaak wat hy doen nie. Seker maar gaan broek losmaak. Sy kyk maar vorentoe in die pad en see se koers op links dat sy hom nie dalk in verleentheid stel nie.

Met sy terugkoms loop hy hand agter die rug en spring onskuldig weer oor die walletjie en klim met ‘n wye smile in die kar en leun oor na Karien met ‘n piksoen en van agter sy rug bring hy ‘n  tjienkerientjees te voorskyn vir haar.

“Nou ja, noú kan jy sê jy’s in die Weskus kontrei! En boonop saam met my!” sê hy laf kordaat.

Sy leun oor na hom en rus haar arm op sy been om by te kom en gee hom ‘n langer soen in ruil. “Ek wou nog altyd weet hoe lyk en ruik ‘n tjienkerientjees…!” sê sy opgewonde.

Jean glimlag en sit die kar in rat om te ry terwyl hy haar betrag. Hy sit sy hand op hare en hou dit vas op sy been toe hy wegtrek.

En dis hoe dit begin het. 


Dit was eintlik ‘n onverwagse affêre dat sy op die Weskus kom kuier  het. Karien se ma, Elna, het ‘n ou skoolvriendin, Mercy, op die Woordfees in Stellenbosch teëgekom. Hulle was só bly. Hulle het mekaar jare laas gesien. Tannie Mercy het op Laaiplek gebly naby Velddrif. Haar twee seuns was op varsity in die Kaap. Die vroue was só bly om mekaar weer te sien en het land en sand aanmekaar gesêls en stories uitgeruil, so by so dat hulle gladnie by die Boeketent, enige boeke, skrywers en of bekendstellings uitgekom het nie en heeldag in Die Khaja net gesit en kuier het; geëet en gedrink en Martelize van RSG in die agtergrond gehoor het maar niks ingeneem het nie. Eenvoudig net mekaar se lewens-op-datum-bring gesêls.

Dis toe die dag einde se kant toe staan dat tannie Mercy haar ma nooi om te kom kuier op Laaiplek neffens Velddrif.

Ma was ook nie links nie want as weduwee was haar tyd haar eie. Sy was te eensaam op die plaas na pa se dood, die seuns wou beide medies swot op UCT en sy het dus toe maar met ‘n swaar hart vir Slechtsgenoeg verkoop. Met die opbrengs daarvan plus pa se polisse wat uitbetaal was, het ou Rossouw van die bank dit vir haar belê en was sy gemaklik met haar inkomste na sy die huis in Oranjezicht en ‘n nuwe Toyota gekoop het en permanent “dorp toe” getrek het. 

“Ag ja! Ma moet gaan. Julle het soveel in gemeen klink my en dit sal Ma goed doen om bietjie weg te breek van die roetine en vir ‘n slag  ander mense te ontmoet. Ek sal mos fine wees hier alleen en sorg dat die potplante gereeld water kry. Die African violets…!” Elna het later oortuig gevoel.

“Jean, Mercy se jongste seun, kom glo elke naweek huistoe na sy ma toe so as jy saam met my soontoe ry en met hom dalk ‘n lift kry huistoe dan’s ek ook tevrede jy’s nie alleen op die N7 nie. Jacques, die oudste, kom nie so dikwels kuier nie want sy kliniese internskap en sy meisie laat min tyd vir kuier toe”.

Nou ja dit was ook nie lank nie toe is die twee “oues van dae” se planne beraam en Elna sou die eerste naweek na maandeinde kom kuier. Ek gaan haar vergesêl Laaiplek toe en ‘n lift terug kry huistoe as Jean die Sondag na ete draai. Ek ken die man nog nie eens nie en hoop maar hy kan ordentlik bestuur.

Ons was voor Jean op Laaiplek die Vrydagmiddag en na ‘n opgewonde ontvangs, tannie Mercy se suster, Alie, wat op Velddrif gebly het was ook deel daarvan, het sy ons ons kamer gewys en na die bagasie versorg was is ons terug na binne.

Ons het net klaar tee gedrink en was nog besig om sonkamer toe te skuif toe Jean arriveer en sy tuiskoms weer begroet was deur die opgewonde “verwelkomings-brigade!”

Hy was nogal vors gebou en redelik langer as tannie Mercy met ‘n krulkop pikswart hare. Sterk kake met ‘n kuiltjie op die ken en diep stem.

“Hi, ek’s Jean” groet hy gemoedelik en sy antwoord met ‘n “ Hi,   Karien”. Hul skud nie hand nie maar glimlag net vir mekaar.

“Hoe lyk dit, het ma klaar tee gehad en lyk my niks vir ‘n droë keel gehou nie?”

“Man, loop switch aan die ketel en maak vir julle ‘n beker koffie of kyk in die yskas daar’s koue bier - jy kan mos… Ag Karien loop kyk tog” stuur sy my agterna. Almal hoe en ha en lag en hy’s skaam kombuis toe met my agterna.

Ons twee sit toe by die tafel en koffie drink terwyl hy ‘n beskuit ook eet. Gesêls sommer net oor beuselagtighede. Ek moet sê so bietjie skaam en selfbewus. Terwyl ek die teegoed alles by die wasbak pak roep hy na binne vir sy ma.

“Gaan ons braai vanaand Ma; moet ek solank die vuur pak?”

“Ja, jy kan solank. Ek het vars kabeljou gekry by Swiegelaars, klaar geskraap en oopgesny. Dis in die spens se yskas” roep sy terug. “Ek is so lus vir galjoen maar met al die wette van toepassing deesdae maak dit maar die lewe moeilik om in die hande te kry“ verduidelik tannie Mercy vir ma binne.

Met al die gesêls en opvang van die verlede, die lekker vis braaie, en staptogte op die kaai is die naweek sommer een twee drie verby.

Net na middagete het Jean en Karien hul bagasie gelaai en vertrek terug Kaap toe.

“Dis lekker om ‘n passasier te hê vir ‘n verandering” sê Jean terwyl hy die radio sagter stel. ”Wat doen jy? Ek besef nou eers ek weet nie”.

“Ek werk by die Akteskantoor oorkant die parlementsgebou in Parliamenstraat”.

“O so jy’s darem nie ver van die huis af nie. Oranjezicht nê?”

“Ja…en dis lekker om etenstye in die Tuine rond te loop of by die kunsmuseum ‘n draai te maak. Partymaal sit ek sommer by die kafee en kyk vir die eekhorings of blaai deur ‘n Huisgenoot”.

Dis nie lank nie toe stop hul by die huis. Jean help haar met haar bagasie die trappe op. Sy nooi hom in maar hy maak verskoning. Hy’t nog werk om voor te berei vir môre se klasse.

Sy voel heel alleen toe sy in haar kamer kom en die vensters oopmaak. Sy wens eintlik die naweek het nou eers begin. 

Die week het verbygegaan en die Saterdagmiddag vroeg  is daar ‘n klop aan die voordeur. Dis Jean!

“Dagsê - hoe’s dit” vra hy na sy gegroet het. “Ek dag ek kom verby en kyk of jy nie wil gaan fliek of in Seepunt op die promenade wil gaan stap nie…”. Dis hoe die vriendskap eintlik begin het en teen die tyd dat hulle haar ma moes gaan haal het, het dit gevoel hulle ken mekaar lankal reeds want hy het weer kom kuier die volgende week en hulle het gevind hulle belangstellings het baie in gemeen. Hulle het van enerse dinge gehou of nie en meesal saamgestem oor dinge soos  geloof, politiek en liefde.

Sy kuiers was mettertyd meer gereeld en Elna het naderhand gesien hier’s besig om ‘n ding te ontwikkel tussen Jean en Karien maar sy’t maar stil gebly dat dinge hulle eie koers gaan.

Dit was by die uitkykpunt op Clarence Drive een Saterdagmiddag dat hy haar hand gesoen het toe hy haar van die muurtjie afhelp. Maar die regte soen het gekom toe hul die aand op Seinheuwel al die liggies van die Kaap sit en bekyk. Hy’t haar nader getrek en omhels en ‘n sagte drukkie eers gegee voor dit ‘n druk word en hy haar sagte lippe teen syne voel. Hy wou haar nie los nie. Karien het toe oë terug gesoen en gevoel die liggies verander in sterretjies. 

Dieselfde het gebeur op Tafelberg toe hul die volgende dag op is met die sweefspoor. Haar kop het lighoofdig gevoel toe sy besef sy’s besig om verlief te raak op Jean. En dit wou blyk hy voel dan dieselfde…

Toe hul die volgende naweek op is Laaiplek toe is Elna weer saam en sy en Mercy het agter hul breiwerk geredekawel oor die twee wat nou besluit het om Doringbaai toe te ry om te kyk of hulle nie galjoen of kreef in die hande kon kry by die plaaslike vissers nie. “Daai twee is mos verlief“ sê Alie. “Stem julle nie saam nie?”.

“Ek wil niks sê nie maar Jean kom kuier gereeld in die Kaap vir Karien en ek’t ook die gedagte gekry al” sê Elna.

“Wel ek sal bly wees want ek hou baie van Karlien. Ek dink hulle pas goed by mekaar”.


Min wetend het die drie van hulle geweet dat toe die kinders die afdraend sak en Doringbaai in ry en die bakkies sien dobber op die see het Karien nog ‘n tjienkerientjees gekry… en ‘n lang soen vol passie daarby. “Jy’s myne!” verklaar hy sag in haar oor.



Bekyk op Profiel
Boeke 23
Die Bybel, Die Christelike Godsdiens en die waarheid

Die Bybel, Die Christelike Godsdiens en die waarheid

2026 Naledi Boek
Sakkie Spangenberg
R295.00
Die wêreldwye Covid-19-pandemie (2020–2021) het die vraag “Hoe weet ons wat die waarheid is?” opnuut na die oppervlak gedwing. Tydens die grendelperiode was daar uiteenlopende menings en hipoteses in omloop oor die oorsprong van die virus en hoe die siekte behandel behoort te word. In hierdie tyd skryf Barnard Beukman, redakteur van die oggendkoerant Beeld, ’n baie nugter artikel met die titel “Dink jou eie waarheid uit.” Hierin lê hy klem op rasionele denke en dat mense ag moet slaan op kundiges se standpunte. Elkeen kan nie maar net sy of haar eie waarheid uitdink en verkondig nie.

Hierdie artikel en die onderwerp wat dit bespreek, het die vonk voorsien vir die skryf van die boek Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid.

Daar is Christene wat ’n onderskeid tref tussen geloofswaarheid en wetenskaplike waarheid en dan argumenteer dat geloofstandpunte en -uitsprake nie aan rasionele ondersoek onderwerp kan word nie.
Sedert die ontstaan van die Christelike godsdiens het teoloë egter met rasionele denke en argumente die godsdiens verdedig en leerstellings geformuleer. Dit kan dus nie verkeerd wees om die waarheidsaansprake van die Christleike godsdiens rasioneel te beoordeel nie. Hierdie boek doen presies dít en vra gevolglik die kritiese vraag: “Kan ons alles presies só glo soos voorgeslagte dit geglo het?” Na vyftig jaar se betrokkenheid by die onderrig van Bybelkunde en die Teologie asook navorsing op hierdie terreine, gee die skrywer ’n eerlike en openhartige antwoord op hierdie vraag.
Taal:Afrikaans
Bladsye:278
ISBN:978-1-0672342-7-0
Uitgewer:Naledi
Jaar:2026
Vyf kleur blou

Vyf kleur blou

2026 Naledi Digbundel
Hein Viljoen
R260.00
In Vyf kleur blou speel Hein Viljoen met vyf skakerings van blou – bekendes soos indigo of asuur en minder bekendes soos saffloer en siaan. Die vyf skakerings dui die verhaal van die bundel aan. Van donkerte en leegheid beweeg dit teen weerstande in na helderheid en ekstatiese lig. Die ryk waardes en simboliese betekenisse van blou word veral in “Ode in blou” ontgin.

Tematies wissel die gedigte van fel persoonlike uitdrukking tot elegiese gedigte, die invloed van die koronavirus en indrukke van stede en lande. Bytende kommentaar op die sosiale probleme van die dag word gemeng met ʼn uitreik na die natuur en die interafhanklikheid van alles. Die skoonheid, kwesbaarheid en wreedheid van vroue vorm ook ʼn belangrike draad. Die bundel sluit die haikoes oor vroue en die twee variasies op Neruda in waarmee die digter Versindaba-kompetisies gewen het.

Vyf kleur blou is ʼn komplekse en boeiende bundel waarin die digter die lewe met begrip en deernis betrag, maar ook sinies en klinies ontmasker. Hy voer ʼn ryk gesprek met ander digters en kunstenaars. Dit bundel is vindingryk georganiseer en sterk betrokke by die hedendaagse wêreld.

resensie: https://versindaba.co.za/2023/06/29/resensie-vyf-kleur-blou-hein-viljoen/
Taal:Afrikaans
Bladsye:147
ISBN:978-1-77617-293-1
Uitgewer:Naledi
Jaar:2026
Resensies (1)
Joan Hambidge Jun 2023
“Resensie: “Vyf kleur blou” deur Hein Viljoen. Naledi, 2023. ISBN 978 1776 172931
Resensent: Joan Hambidge
In die metafoor iets vrugbaars skuilgaan
Hein Viljoen is ‘n bekende literatuurwetenskaplike. Hierdie bundel (uitgegee deur Naledi) verklap ‘n teoretiese besinning met gedigte oor die liefde en alles wat ons daagliks besorgd maak. Slegte nuus, pynlike ontdekkings, afleggings én ouerword. Reis en landskappe …
As teoretikus het hy ‘n uitsonderlike artikel oor Elisabeth Eybers geskryf: ‘Die choreografie van ontwyking’: Die poëtiese krag van negativering by Elisabeth Eybers.
Hy som op:
Hierdie artikel is ’n verkenning van die opvallende gebruik van woorde met die voorvoegsels on- en ont-, asook ander negatiewe, negativerende woorde, of terme van afstroping (soos die woord sonder en die agtervoegsel -loos, e.d.m.), in Elisabeth Eybers se poësie. Dit is ’n hermeneutiese ondersoek van die moontlikhede wat negativerende uitdrukkings bied, en na die rol wat hulle in haar poësie en poëtika speel. Eybers roep dikwels ’n alternatiewe wêreld deur negativering op. Dit is tekenend van haar digterlike ingesteldheid en haar poëtika.
https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/1138 Besoek 29 Junie 2023
Daar is Alkant olifant (Van Schaik, 1998) saam met Chris van der Merwe wat handel oor verskillende leesmoontlikhede. By kongresse het hy bydraes gelewer oor die metafoor en ‘n gedig van Cloete laat oopwaaier. Sy projek oor die Simbolisme is ‘n baken.
Sy bydrae is enorm. Veral agter die skerms met literatuurwetenskaplike kongresse.
II
Vyf skakerings van blou: indigo, asuur, saffloer, siaan … en middernagblou.
Gershwin se Rapsody in Blue is hier:
https://www.google.com/search?client=firefox-b-d&q=gershwin+rhapsody+in+blue#fpstate=ive&vld=cid:2c109879,vid:eFHdRkeEnpM
Ons onthou almal hoe dit Woody Allen se liefdesode aan Manhattan (1979) begelei het.
Daar is verskillende stylgrepe: erns teenoor lighartigheid; spel teenoor religieuse ontwakings; natuur en die dood. Die slegte nuus van die pers. Die broosheid van die menslike bestaan met die gedig as enigste verweer.
Blou as die kleur van melancholie. Blou moskees. Blou ook ‘n kleur van helderte.
As hy skryf oor Eybers se choreografie van ontwyking, is dieselfde op hierdie bundel van toepassing. Met elke gedig daag hy die leser se intertekstuele kennis uit soos in “dekonstruksie-horries” (28) met ‘n sleutel dat al die boeke uiteindelik metaforiseer. In hierdie gedig neem hy jou na Medusa en Kristeva; Derrida en Marx. En natuurlik Cixous se lag van die Medusa. Met Paglia (en Bloom).
Teoretici in ‘n bloeddorstige riel – inderdaad. Elke teoretikus skryf teen sy of haar voorgangers in.
Soos elke digter, in Harold Bloom se terme, sy “precursors” uitdaag. A map of misreading (Yale University Press, 1975) en al Bloom se tekste oor die agonistiese en die spel met die reeds geskryfde waarteen die digter sig opstel, word hier geaktiveer. “twee variasies op Neruda” bevestig dit waarskynlik ten beste.
Twee variasies op Neruda
Soutroos
No te amo como si fueras rosa del sal, topacio
o flecha de claveles que propagan en fuego

ek het jou nie lief soos ‘n soutroos of ‘n topaas nie
soos een of ander rinkelende halsketting nie

ook nie soos toermalyn of soos ʼn onvervangbare
superskaarse swart diamant nie

ek dra jou saam in my bloed
tot in die verste donkerste vesel
waar een sel stadig uitstulp na ‘n ander

my liefde vir jou vloei soos ‘n rivier
diep onder in ‘n onverkende grot
waar water druppeltjie vir druppeltjie
neerslaan in wit kalkformasies

soos ʼn alchemis stook my liefde
in die diepste stilste nag
uit swart poeiers en bitter konkoksies
swaar lood om tot silwer filigraan

tas ek na jou soos ‘n sonfakkel
in die verste buitenste donkerste ruimte
na die rand van ‘n gravitasiekolk

my liefde vir jou fluister in jou asemhaling
in my hand wat ek langsaam duim vir duim
uitstrek en om jou skouer vou
saam in die nag in ʼn donker kamer

Rivier

como en la piedra fresca
del manantial, el agua
abre un ancho relámpago de espuma,
así es la sonrisa en tu rostro,
bella

soos koel water stroom oor ‘n klip glimlag jy
die geur van water modder biesies en mos
die rivier is jy kabbelend sondeurdrenk
kaats jy skerwe son teen die bome op

biesies en watergras is jy
welig vasgesuig in die sagte modder
vislarwes krieseltjies grond
varswaterplankton klein garnaaltjies
dwarrel om jou wortels rond

boom is jy jou wortels diep in die nat wal
jou takke buig hoog maar deemoedig bo die gras
waar vinke aan jou takkies nessies kom weef
bye heeldag om jou blommeslierte zoem

die berg is jy groen van gras en doringbome
klippe rooi rotsvorms ruwe kranse
sagte rondings wat die vorms van jou bors herhaal
die kelk van jou heupe jou geheime vallei

as ek aan jou mond raak en in jou oë kyk
sien ek die aarde in jou oë water en lug
die son vlammend bo die horison oprys

https://versindaba.co.za/2021/11/30/hein-viljoen-twee-variasies-op-neruda-soutroos/

*
Die alchemistiese proses van intertekstualiteit soos hy dig via Neruda (waarmee hy tereg die Versindaba-prys verower het):

soos ʼn alchemis stook my liefde
in die diepste stilste nag
uit swart poeiers en bitter konkoksies
swaar lood om tot silwer filigraan

En via Uys Krige en al die ander vertalers en digters vir én oor Neruda. Vyf kleure of skakeringe of weergawes, want elke (her)digter is besig met ‘n interpretasie van ‘n gedig wat gelees is. Die mosaïek van intertekste (Kristeva).

As ‘n kenner van Jacques Lacan weet Viljoen hoe die “Sondag van ‘n kind” (Opperman) werk. Hy het immers die verskillende vlakke van die imaginaire, symbolique en Réel ondersoek. Die bestaan voor taal, die rape en klawergras (die simboliese orde) met die boek (die Réel) wat ‘n religieuse byeenkoms impliseer. Uit die oog van ‘n kind. (Indertyd iewers by ‘n kongres jare, jare gelede …)

En dit vind ons eweneens in die religieuse verse soos verwoord in “katedraalvensterlig” (124).

III

As Opperman met sy letterkundige laboratorium ‘n geslag digters beïnvloed het, kan ‘n mens hier die invloed van TT Cloete sien soos “in ‘n neutedop” (123).
By Cloete ook die “uit die hoek van my oog”, die tersyde, die satire en erns; die gesprek met voorgangers (Leopold, Nijhoff, ensovoort) soos die ontginning van klank.
Maar die digter Viljoen ondersoek die dinge in hul dinglikheid en betrek Freud (“vrou en moeder”, 114) – maar telkemale gee hy sy eie stem of weergawe.
Ook begeertes kom aan bod.

“Desire (fundamentally in the singular) is a perpetual effect of symbolic articulation. It is not an appetite: it is essentially excentric and insatiable” (Lacan, 1977: 278). Hierom verskillende verse oor vroue en begeerte soos haikoes vir vroue. Of gefnuikte vroulike begeerte in “vrou in diakensbank” (20).
Die manlike, fallologosentriese stem word gekritiseer (en verironiseer) in “mans om die braaivleisvuur” (67) en “(H)is (M)aster’s (V)oice” (99).
Stem en teenstem. Ironie en satire. Afstand en meelewing.

Bekende en minder bekende ruimtes: o.a. Antwerpen en Parys. In die ontluisterende “Parys” (65) gek geskeer met die beheptheid met kos.
In heerlike kwatryne weet die digter dat die emosie moet “gekoel” raak (“kwatryn”, 69) en Opperman word heilig-lekker opgestuur in “Stellenbosch” (69). Oor “inspirasie” (68) word ons vermaak met die digter voor ‘n urinaal:

ek pis maar my deeltjie by: ‘n dun geel straal
Daar is “n Smolletjie vir Small” (108) en ‘n puik “middelwêreldgedig” (100), ‘n aweregse ars poetica.
Blum is hier oor die “monnemente”(81) en satiries skerp is “Mzansi (onner innie syde)” (77).
Spreektaal, verhewe taal, digterlike taal in vele woordspeletjies.
Die koronavirus (en ander demone) is die bose ondergrond van die bundel met selfs ‘n moderne Raka en Koki (46).
‘n Lang “Ode in blou” (85) gebaseer onder meer op Michel Pastoureau se Bleu: histoire d’une coleur (Seuil, 2002).
Odes, kwatryne, ‘n amperse distigon, elegieë, haikoes …
En ‘n heil die leser (35) ook (ons hoor hier “Groot Ode”) …
“The meaning of a poem is another poem …”
En die digkuns is eweneens ‘n vorm van literatuurkritiek.

IV

Dit is ‘n belangrike bundel. Dit praat op verskillende vlakke. Vir my is die digter Hein Viljoen op sy beste in die korter verse soos die prag vergestaltings oor Noorweë – ‘n blou land as daar al ooit een was.

Bronne:

Bloom, Harold. 1975. A Map of Misreading. Yale University Press: New Haven.
– 1973. The Anxiety of Influence. Yale University Press: New Haven.
Lacan, Jacques. 1966/1977. Écrits – a Selection. Translated by Alan Sheridan. Londen: Tavistock.Ragland, Ellie. 1995. Essays on the Pleasures of Death. From Freud to Lacan. New York: Routledge.”
Lees volle resensie →
Taboek

Taboek

2024 Naledi Boek
Riku Lätti
R250.00
Riku Lätti se poësie-debuut is meer as net nog ’n oulike digbundeltjie in Afrikaans; ek sien dit as ’n monumentale en omvattende deurgronding van alle fasette van die moderne mens se soeke na betekenis en — hier kom die grootste verrassing — selfs ons opvattings oor die teologie.
– Koos Kombuis

Aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid. ’n Boek waarna ek telkens sal terugkeer om naby die aarde en werklikheid te bly om nie te gryp na die warm lug van dogma en onwetenskaplike verduidelikings van bestaan nie.
– Dana Snyman

Met ’n Taboek oor god lewer Riku Lätti ’n speelse pleidooi vir die aanvaarding van alles wat is omdat dit is.
– Danie Marais
Taal:Afrikaans
Bladsye:113
ISBN:978-1-991256-79-9
Uitgewer:Naledi
Jaar:2024
Anne van Green Gables

Anne van Green Gables

2024 Naledi Boek
Jackie Lätti
R295.00
Toe Lucy Montgomery middae in die laatstrale van die son by haar venster
gesit en skryf het aan haar storie oor die enigmatiese Anne, sou sy nooit as te
nimmer kon droom dat dié verhaal, meer as honderd jaar later, steeds die harte
van mense oor die aardbol heen sou steel nie. Anne of Green Gables is reeds in
meer as 36 tale vertaal. Daar is al vollengte films, radiodramas, televisieflieks en
-reekse, strokiesprente, musiekblyspele en teaterproduksies daarvan geskep ...
alles geïnspireer deur Montgomery se wonderskone verhaal oor die eksentrieke
klein weeskind met die rooi hare, flinke brein, vinnige humeur, sagte hart en
verbysterende woordeskat. Sy sou nooit kon voorsien dat Prince Edward Island,
Kanada, waar sy lewe in haar karakters geblaas het, in die geheue van kinders
en (oumas) grootouers / volwassenes van talle tonge en tale sou woon nie. Daar
is trouens jaarliks produksies van Anne of Green Gables in Europa en Japan.
Lucy Montgomery het heelparty opvolgverhale geskryf en meer as 67 jaar ná
haar dood is The Blythes are Quoted gepubliseer. In 2008 is ’n voorspel, Before
Green Gables, deur Budge Wilson geskryf om die 100ste jaar van die boekreeks
te gedenk. Die oorspronklike boek word vandag nog aan studente oor die wêreld
heen voorgeskryf.
***

When Lucy Montgomery wrote her novel about the enigmatic Anne, she would never have dreamed that this story, more than a
hundred years later, would still steal the hearts of people across the globe. Anne of Green Gables has been translated into more than
36 languages. There have been full-length films, radio dramas, television movies, television series’, comics, musicals and theatrical
productions... all inspired by Montgomery’s beautiful tale about the eccentric little orphan with the red hair, nimble brain, quick
temper, soft heart and astonishing vocabulary. Prince Edward Island, Canada, where she breathed life into her characters, would live in
the memory of children and grandmothers alike. There are, in fact, annual productions of Anne of Green Gables in Europe and Japan.
Lucy Montgomery has written follow-up stories about Anne’s life and more than 67 years after her death, The Blythes are Quoted,
which was written near the end of her life, was published. In 2008, a prelude, Before Green Gables, was written by Budge Wilson to
commemorate the centenary of the book series. The original book is still prescribed to students around the world today.
Mede-outeurs:Lucy Maude Montgomery (vertaal deur Jackie Lätti)
Taal:Afrikaans
Bladsye:460
ISBN:9781776172238
Uitgewer:Naledi
Jaar:2024
Brisant

Brisant

2019 Naledi Digbundel
Hein Viljoen
R220.00
Hierdie bundel is ‘n postmoderne spanningsverhaal in epiese digvorm in die voetspore van moderne tekste soos Awater en The Waste Land.

Dit vertel die verhaal van die verset van ‘n baie gewone man teen sy mislukkings en teen die magte wat sy lewe beheer – ‘n verset waarin hy hom gaandeweg laat verlei om ‘n bomplanter te word.

Die sentrale temas van liefde, verraad en vergelding word uitgespeel in ‘n ryk intertekstuele verwysingsveld.

Resensie: https://www.litnet.co.za/resensie-brisant-deur-hein-viljoen/
Taal:Afrikaans
ISBN:978-1-928426-66-0
Uitgewer:Naledi
Jaar:2019
Bybelstories in Perspektief

Bybelstories in Perspektief

2026 Naledi Boek
Sakkie Spangenberg
R200.00
Sakkie Spangenberg hervertel enkele bekende Bybelstories en probeer om op ’n nuwe manier iets te sê van die aarde waarop ons leef en die heelal waarvan ons deel is. Hy doen dit deur telkens twee stories te vertel – eers ’n baie ou Bybelse storie en dan ’n nuwe wetenskaplike een. Tussendeur verwys hy ook graag na David Kramer se lied getiteld “Die ou aarde”. Hy hoop dat die stories en die lied kinders met nuwe oë na die aarde en alles daarop sal laat kyk.

OUDERDOM: 12+

****

Sakkie Spangenberg retells a few well-known biblical stories and endeavours to say something new about the earth on which we live and the universe of which we are a part. He does this by narrating two stories each time – first a very old biblical story and then a scientific one. In between, he refers to David Kramer’s song “Die ou aarde” (‘The old earth’). He hopes that the stories and the song will assist children to look afresh at the earth and everything on it.

AGE: 12+
Taal:Afrikaans
ISBN:9781928530220
Uitgewer:Naledi
Jaar:2026
NEGE GESIGTE VAN MENSWEES

NEGE GESIGTE VAN MENSWEES

2026 Naledi Boek
Savnola Goldridge
R275.00
Ontdek die storie agter jou storie – in Afrikaans.

Nege Gesigte van Menswees is die eerste volledige Enneagram-
gids in Afrikaans wat die wysheid van ’n eeueoue raamwerk

verbind met ons kultuur, geloof en alledaagse lewe. Deur ryk,
kleurvolle stories en herkenbare karakters word die Enneagram
nie as teorie aangebied nie, maar as ’n lewende gids om jouself
en ander met groter insig, genade en doelgerigtheid te verstaan.

Die boek is in lewendige Afrikaans en neem jou op ’n betekenis-
volle reis van selfrefl eksie en groei – ’n boek waarna jy telkens sal

terugkeer en elke keer nuwe skatte ontdek.
Wat jy in hierdie boek gaan ervaar:
• Ontdek hoe jou persoonlikheid gevorm is deur jou lewensreis
en innerlike dryfkragte.
• Leer die nege Enneagram-tipes ken en die unieke storie wat
elkeen vertel.

• Beleef ryk, kleurvolle stories en praktiese insigte wat jou help om jouself en ander met groter begrip
te sien.
• Kry riglyne om met meer genade, selfbewustheid en doelgerigtheid te leef – ’n pad na groei en
transformasie.
Hoekom hierdie boek verpligtend is:
• Dis die eerste van sy soort in Afrikaans – ’n baanbrekerswerk.
• Kultureel relevant – stories en voorbeelde wat diep resoneer met Afrikaanse lesers en ons unieke
konteks.
• Wye aantrekkingskrag – ideaal vir korporatiewe omgewings, geloofsgemeenskappe, akademie, sport,
welstand en enigeen wat belangstel in persoonlike ontwikkeling.
• Die Enneagram is ’n wêreldwye fenomeen wat miljoene mense help om hul diepste motiewe, vrese en
begeertes te ontdek.
Mede-outeurs:Jacques Engelbrecht
Taal:Afrikaans
Bladsye:200
ISBN:9781997476160
Uitgewer:Naledi
Jaar:2026
Spotsanger (sewe woordwisselings met landskap Tyd)

Spotsanger (sewe woordwisselings met landskap Tyd)

2025 Imprimatur Digbundel
Bester Meyer (Die Naamlose Dors)
R200.00
As spotsanger vind Bester Meyer met hierdie bundel aansluiting by die hekelverse en satiriese digkuns wat in Afrikaans so ver terugstrek as A.G. Visser, C.J. Langenhoven en meer onlangs M.M. Walters.

Die bundel se eerste afdeling is gewortel in die Suid-Afrikaanse werklikheid en poëtiese tradisie. Dit word gevolg deur met “woordsweef” uit te reik na die “ander” en na die goddelike.

Die digter spreek kommer uit oor 21ste eeuse menslike probleme, wêreldvraagstukke, en die bedreiging van politieke en militêre magte wat as’t ware sit en kaart speel om die lotgevalle van mens en omgewing te besleg. Selfs die vergadering van die elite by Davos loop deur onder die spotsanger se tong. Hy tree ook in gesprek met Breyten Breytenbach se Oorblyfsel/Voice Over en met die Palestynse digter Magmoed Darwiesj.

Die tweede helfte van die bundel word ’n pleitrede vir “iets magies-menslik mooi”, vir suiwering en “vir die Woord wat sou kom”.
Taal:Afrikaans
Bladsye:89
ISBN:9781037016684
Uitgewer:Imprimatur
Jaar:2025
Uit die herberg van Alhambra - Khalil Gibran, Federici García Lorca en Yehuda Amichai

Uit die herberg van Alhambra - Khalil Gibran, Federici García Lorca en Yehuda Amichai

2024 Naledi Bloemlesing
Bester Meyer (Die Naamlose Dors)
R320.00
In Bester Meyer se nuutste antologie van vertalings betrek hy drie van die wêreld se vernaamste digters, te wete die klassieke Khalil Gibran, die liriese dog revolusionêre Frederico García Lorca (Spanje: Andalusië) en die enigmatiese Hebreeuse digter Yehuda Amichai (Israel). Elkeen eiesoortig, volledig geanker binne hul onderskeie tydsgewrig, dog met ’n universele boodskap wat die mens se emosionele landskap karteer.

Hierdie is waarskynlik die mees asembenemende, lywigste aanbod van vertaalde gedigte wat ooit tot publikasie gekom het in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde … Bester Meyer lewer hiermee ’n bloudruk tot die ervaring van ‘n vername deel van die poëtiese tradisie in die Westerse kanon – Carl-Pierre Naudé
Bester Meyer bring met hierdie [publikasie] vernuwing met sy vertaalpraktyk. As ’n eksponent van Walter Benjamin se vertaalpraktyk, volg hy ’n intuïtiewe en metafi siese vertaalstrategie, vry van die knellende keurslyf van vooropgestelde idees. Hierdie skeppende vertaalproses het ten doel om ’n suiwer vertaling in Afrikaans te lewer, getrou aan die brontaal – Nini Bennett-Moll

“Dit is asof Afrikaans vir die digkuns ontwerp is” – Gerrit Komrij

Met die lees van Meyer se omdigtings [in die publikasie] het dié gedurfde uitspraak telkens voor my opgedoem, want nog selde het Afrikaans só gesing soos in hierdie vertalings. Myns insiens is dit ’n onweerlegbare feit dat Uit die herberg van Alhambra ’n uiters belangrike toevoeging is tot ons letterkunde – Louis Esterhuizen
Taal:Afrikaans
Bladsye:263
ISBN:9781991256904
Uitgewer:Naledi
Jaar:2024
Resensies (1)
Neil Cochrane Oct 2024
Rebel Song

Rebel Song

2022 Naledi Digbundel
Bester Meyer (Die Naamlose Dors)
R240.00
Man is born free but he is everywhere in chains
– Jean-Jacques Rosseau.
Man was fashioned in His likeliness, but soon dwelled to the outer
regions of loneliness. It is time to break the chains and travel back to
the source. The route is known to the heart, but what about your mind?
Rebel Song is a bequest to a nameless reader.
What does it mean to become the god of our own destiny? Isn’t it
true that to become [G]od(s) would require us to accept crime? Albert
Camus once remarked: “On the day when crime puts on the apparel of
innocence, through a curious reversal peculiar to our age, it is innocence
that is called upon to justify itself.” Yet, it seems as though changing
times and their dark agents persistently prompt us, the collective, to say:
“Come down from the cross, and we shall believe in you.”
There’s presently an invitation to take stock of the direction we, worldly
citizens, have chosen to take. The investigation suggests that the status
quo should not be measured lightly but with scales in hand. Rebel Song
reiterates the invitation. To muster hope against the backdrop of a
seemingly senseless plight of liberating the us, and enjoining the us and
them with the kind of goodness that can only be set in motion through
a heart-centred and centering journey.
Rebel Song is a conceptual diptych consisting of this bundle as well as
the author’s English translation of André Brink’s timeless novel Lobola
for Life. It echoes past literary voices and applies them to our postpandemic reality.
Are you liberated enough to be free?
******

Bester Meyer was born in Alberton, Gauteng. He studied law at the University of Johannesburg
and completes his B. Com (LLB) in 2001. Meyer is a part time musician and songwriter and
released an EP with musician Albert Frost: Ontmoet jou onder ʼn Harvest Moon (2010). His
debut poetry bundle Die Testament (which is the Afrikaans counterpart of Rebel Song) was
released by Naledi in 2020. It was published with musical settings of the work of Breyten
Breytenbach, Ingrid Jonker and Gisela Ullyatt entitled: Musiek vir jou ure. In 2021, Naledi
published Meyer’s translations of the work of Palestinian poet Mahmoud Darwish entitled:
Die Vlug van ʼn Vreemdeling. Rebel Song is to be released with Meyer’s English translation
of the 1962 novel of André Brink: Lobola for Life, Die Testament, Rebel Song, Lobola for Life
and Musiek vir jou Ure forms part of a greater artwork, which can be dubbed: The Will and
Testament of a Nameless Citizen.
Taal:English
Bladsye:156
ISBN:9781776172092
Uitgewer:Naledi
Jaar:2022
Lobola for Life - André Brink

Lobola for Life - André Brink

2022 Naledi
Bester Meyer (Die Naamlose Dors)
R240.00
André Brink (29 May 1935 – 6 February 2015) is one of South Africa’s best-known writers.
He was one of the key figures in the significant Afrikaans literary movement known as Die
Sestigers. These writers sought to use Afrikaans as a language to speak against the erstwhile
South African apartheid’s regime and brought Afrikaans literature on par with contemporary
English and French trends. More than 20 novels in Afrikaans (and most of them self-translated
into English) were given life through his pen. Brink gained international success and has a
readership in more than 30 languages worldwide. He was the receiver of numerous literary
awards, including the Martin Luther Memorial Prize (1980) and Prix Médicis Estranger (1980)
as well as South African prizes (the Hertzog Prize in 2000 and 2001, the CNA Prize in 1965,
1978 and 1982), Chevalier de la Légion d’honneur (1982) and Officier de l’ordre des Arts et
des Lettres (1987) and no less than three nominations for the Nobel Prize for Literature
Taal:English
Bladsye:251
ISBN:9781776172122
Uitgewer:Naledi
Jaar:2022
Die Vlug van 'n Vreemdeling - Magmoed Darwiesj

Die Vlug van 'n Vreemdeling - Magmoed Darwiesj

2021 Naledi Digbundel
Bester Meyer (Die Naamlose Dors)
R240.00
Magmoed Darwiesj (1941-2008) se werk is letterkundig uitsonderlik.

Die krities bekroonde digter word gesien as een van die belangrikste digters in die Arabiese taal.

Meer as twintig digbundels en tien prosawerke verskyn uit sy pen.

Hy word beskou as die stem van sy mense en ’n legende.

Die Vlug van ʼn Vreemdeling is omdigtings van Darwiesj se belangrikste verse. Vir die eerste keer kan die Afrikaanse leser die trefwydte en impak van die werk van hierdie belangrike digter in sy spreektaal ervaar.
Taal:Afrikaans
Bladsye:302
ISBN:971928530206
Uitgewer:Naledi
Jaar:2021
Drol innie Drinkwater

Drol innie Drinkwater

2020 Naledi Digbundel
Churchil Naude
R240.00
Met sy briljante albums Kroeskop vol geraas en Kroesifaaid het Churchil Naudé hom in die voorste linie van Suid‑Afrikaanse rap gevestig en nuwe, opwindende dimensies van Afrikaans ontgin. Partykeer is sy woorde soos die kartetse van masjiengewere, ander kere is dit weer balsem vir die siel teen ’n wêreld wat van sy trollie af geraak het. Hy vlek nie net ongeregtighede, blinde vooroordele, maatskaplike probleme en die stommiteite van die mensdom vlymskerp oop nie, maar dring ook deur tot diep in die hart van gewone mense se swaarkry en drome. Die stories bly by ’n mens spook lank nadat jy dit gelees en gehoor het.

Churchil Naude se woorde sny soos ‘n lem deur die mees geharde harte. Hierdie unieke kunstenaar is nie net ‘n rymkletser wat sy eie ego streel met ongekunstelde woorde nie, nee, hy is ‘n digter in eie reg. Sy vlymskerp sosiale kommentaar draai nie doekies om nie. Hy spreek die waarheid soos hy dit sien. Sonder verskoning, sonder aansien des persoons. Sy kommentaar is onpartydig, maak nie saak of dit wit-, swart- of bruinmense aanspreek nie. Almal word oor dieselfde kam geskeer en soos hyself tereg sê, hy is gemeng en sy voorouers is beide die stigters van apartheid. sowel as die slagoffers van apartheid. Hy sien homself eerder as ‘n mens met ‘n opinie as ‘n mens met ‘n sekere velkleur wat ‘n opinie het.

Theunis Engelbrecht
Taal:Afrikaans
ISBN:9781928518853
Uitgewer:Naledi
Jaar:2020
Die Testament

Die Testament

2020 Naledi Digbundel
Bester Meyer (Die Naamlose Dors)
R240.00
Daar is nou, soos nog nooit tevore nie, ʼn uitnodiging in die gesig van die tye om saam te staan as wêreldburgers. Dié uitnodiging kom ontbloot homself in verskeie gedaantes en die huidige maskerade is seker maar die mees gepaste voorbeeld op almal se lippe. “die Testament” is ʼn oproep om die uitnodiging te aanvaar.

Die verse poog om oortuiging daar te stel. Om verder te soek as wat die rigtingwysers van vandag ons toelaat. Die padkaart van dit wat ons is, is, alvorens ons ʼn verskil kan maak, ʼn reis na binne. Camus praat van ʼn metafisiese revolusie. “die Testament” probeer daardie spoor volg. Soms is dit dan ook uiteraard nodig om weer die ritme van gister te volg; die aflosstokkie van onthou aan te gee. As sulks maak die digter gebruik van interaktiewe intertekstuele samespel om ʼn soort samehorigheid daar te stel

Te midde van kunsmatige intelligensie en die huidige inperkingsmaatreëls, asook die gevolge dáárvan, is dit wat in “die Testament” verwoord word ʼn herlewing van die eksistensieel nihilistiese beskouing van ʼn paar dekades gelede. En die vraag, op almal se lippe, bly steeds: (en) “die kind is nie dood nie? “
Taal:Afrikaans
Bladsye:167
ISBN:9781928518631
Uitgewer:Naledi
Jaar:2020
The Daisy Spy Ring

The Daisy Spy Ring

2026 Naledi Boek
Henning van Aswegen
R450.00
‘The Daisy Spy Ring’ is a definitive inside look at the most sensational and successful espionage operation conducted by South Africa’s intelligence services. In a daring and dangerous secret intelligence operation conducted from South Africa in multiple European countries, two intelligence agents and their sub-agents managed to infiltrate and thoroughly disrupt the activities of the South African Communist Party in Africa.
In this original and unique story, Henning van Aswegen, a former lecturer at South Africa’s National Intelligence Academy, and the historian Peter M. Swanepoel provide an in-depth analytical account of South Africa’s intelligence services and espionage operations.
Operatives in the Daisy Spy Ring reported on the fierce competition between Moscow and Liberal, socio-democratic Western governments to “capture the revolution” in South Africa in the 1970s and 1980s.
It is a story that has remained secret for forty years and has never before been told. Until now.

-----
Henning van Aswegen was born in Bloemfontein and served as a commissioned officer in the South African Defence Force (SADF), and South Africa’s civilian intelligence services. As a student at Potchefstroom University, he worked as a stringer for South African Associated Newspapers (SAAN), before joining the Perskor Group as a political correspondent. He is an intelligence historian and author, known for his books and articles on the South African civilian intelligence services. His most recent books are Spioenmeesters, The Spymasters of South Africa, Die Buro, Training Intelligence Officers, Russian Espionage in South Africa, and The Daisy Spy Ring.

Peter M. Swanepoel was born in Vryheid, South Africa. He attended St John’s College, Johannesburg, as a boarder before studying Political Science, Philosophy, and Historical Studies at the University of Johannesburg. He later pursued post-graduate studies in Intelligence and International Relations at King’s College London. His academic paper, The International University Exchange Fund (1977–1980) (2016), inspired his first book, he Daisy Spy Ring, coauthored with Henning van Aswegen. A former high-school history teacher, Swanepoel is now researching and writing on the history of cycling in South Africa.
Mede-outeurs:Peter M. Swanepoel
Taal:Engels
Bladsye:622
ISBN:9781067234645
Uitgewer:Naledi
Jaar:2026
Gertruida Gans

Gertruida Gans

2026 Naledi Boek
Halrika Breytenbach
R240.00
Gertruida Gans woon saam met haar ouers by Vygieboomdam.
Sy verontagsaam Pappa en Mamma Gans se reël, verdwaal en beland amper in groot moeilikheid. Gelukkig kom Hanna Hadida tot haar redding. Gertruida leer ‘n belangrike les: reëls is daar om ons te beskerm en ongehoorsaamheid het gevolge.
Hierdie pragstorie leer kinders die Bybelse beginsel om aan hulle ouers gehoorsaam te wees. Daar is ook ‘n feitegids met vrae agterin om die beginsel vas te lê.

Illustreerder
Monja Spies woon saam met haar man, kinders en troeteldiere. Hulle vertrek gereeld op avonture wat Monja se kreatiwiteit aanvuur. Die gesin draf graag en ry ook gereeld fiets.
Gertruida Gans leer ‘n les is die heel eerste kinderboek wat sy illustreer. Haar grootste droom is om deur haar kuns ‘n verskil in mense se lewens te maak.
Taal:Afrikaans
Bladsye:40
ISBN:9781067234973
Uitgewer:Naledi
Jaar:2026
Voorblad

Voorblad

2026 Naledi Boek
Hannes Visser
R290.00
Voorblad is ‘n misdaadroman vol intrige en afdraaipaaie wat die leser op die punt van sy stoel hou.

Wanneer die liggame van twee vooraanstaande sakemanne binne ‘n week na mekaar in hulle motors aangetref word, is die joernalis, Alex Rheeder, in albei gevalle eerste op die toneel. Die ondersoekbeampte, Kaptein Harold Beukes, wil weet waar Rheeder sy inligting kry, maar Rheeder is self in die duister oor die motiewe van die moordenaars wat hom van inligting voorsien. Binne ‘n aantal weke is daar nog vier moorde. Rheeder moet nie slegs die moordenaar of moordenaars ontmasker nie, hy moet ook die agterdog wat die ondersoekbeampte teen hom koester, besweer en twee aanslae op sy lewe trotseer.

Hy kry hulp uit ‘n onverwagte oord in die persoon van Vingertjies Mintoor, ‘n hawelose sakkrapper en rommel-entrepeneur wat belangrike inligting oor die moorde met hom deel.

‘n Keurder het die volgende gesê: “Die lakmoestoets vir hierdie genre is dat die leser nie die boek wil neersit as hy eers begin lees het nie. Die skrywer slaag hierdie toets. Hierdie skrywer kán skryf!”
Taal:Afrikaans
Uitgewer:Naledi
Jaar:2026
Tussen Asem

Tussen Asem

2026 Naledi Boek
Hannes Visser
R275.00
In sy tweede digbundel, tussen asem, besoek die digter die gedagte dat die heel eerste asem van ‘n lewe die begin van die heel laaste asem is. Tussen die eerste en laaste asem is ‘n reis wat onderneem word. Sy debuutbundel met gestroopte verse, die jaar toe pa … het in 2019 verskyn, positiewe resensies ontvang en is herdruk en in 2022 heruitgegee. Van die plekke en mense wat in die jaar toe pa … voorgekom het, word ook in sommige gedigte in die nuwe bundel herbesoek.

Die bundel is in drie dele verdeel te wete, Eerste asem, Asemhaal en Laaste asem waarin die digter besin oor kwessies soos verlies, vreugde, geboorte, dood en ander alledaagse dinge wat deel is van elke mens se asemhaal wat tussen ander se asems plaasvind.
Gedigte wat in hierdie bundel verskyn is oor ‘n lang tydperk geskryf en geskaaf; sommiges het reeds gestalte gekry voor die verskyning van die jaar toe pa … en van hulle het in bloemlesings en op poësieplatforms verskyn voordat hulle vir die nuwe bundel verwerk of herskryf is.
Taal:Afrikaans
Bladsye:116
ISBN:9781997476238
Uitgewer:Naledi
Jaar:2026
Resensies (1)
Marlies Taljard May 2026
“Met tussen asem bewys Hannes Visser dat groot poësie nie groot omvang nodig het nie. In hierdie indringende resensie ondersoek Marlies Taljard 'n bundel wat met eenvoud, mededoë en stil wysheid die reis tussen geboorte en dood verken – 'n digterlike meditasie oor herinnering, verlies, liefde en die asemteugte wat 'n lewe vorm. Lees waarom hierdie beskeie bundel so 'n diep indruk laat.”
Lees volle resensie →
Die Walvisspeurder

Die Walvisspeurder

2026 Malherbe Boek
Etienne Lombard
R229.00
Wanneer Sonya Langenhoven gedwing word om saam met haar ma na Hermanus te trek ná haar ouers se egskeiding, verwag sy niks meer as ’n vervelige kusdorp nie. Maar in hul nuwe huis ontdek sy iets wat alles verander: ’n geheimsinnige solder vol ou foto’s, dokumente en ’n dagboek wat aan haar ouma, dr. Corine Marais, behoort het. Corine was ’n briljante walvisnavorser wat dertig jaar gelede spoorloos verdwyn het nadat sy ’n magtige ontwikkelingsmaatskappy probeer keer het om Walker Bay se walvisse te bedreig. Nou beplan dieselfde maatskappy om weer die kus te ontwikkel. Met net maande voordat die projek goedgekeur word, begin Sonya die raaisel van haar ouma se verdwyning ondersoek. Maar hoe nader sy aan die waarheid kom, hoe duideliker word dit dat iemand steeds nie wil hê die verlede moet oopgekrap word nie. Tussen walvisse, geheime en gevaar ontdek Sonya dat sommige stories nooit werklik verdwyn nie, hulle wag net vir die regte speurder.
Mede-outeurs:Etienne Lombard
Taal:Afrikaans
Bladsye:183
ISBN:978199743266
Uitgewer:Malherbe
Jaar:2026
Resensies (1)
Alida de Bruyn ★★★★★ Jun 2026
“Ek was baie opgewonde om hierdie boek te lees, want ek is nou maar eenmaal iemand wat lief is vir speurverhale. En hierdie een het beslis nie teleurgestel nie.

Die verhaal begin wanneer Nicola en haar dogter, Sonya, na Hermanus verhuis om 'n nuwe begin te maak. Nicola wil pynlike herinneringe agterlaat en 'n vars hoofstuk saam met haar dogter begin. Wat sy egter nie vir Sonya vertel nie, is dat die huis waarin hulle gaan woon eintlik haar eie familiehuis is. Sonya is 'n tienermeisie wat glad nie van verandering hou nie. Sy mis haar vriende en sien nie kans vir 'n nuwe skool in 'n vreemde dorp nie. Haar frustrasie word nog groter wanneer sy ontdek dat sy wel 'n ouma gehad het waarvan sy nooit geweet het nie, en dat hulle nou in háár huis woon. Sonya se nuuskierigheid na haar ouma se lewe maak dat sy dagboeke ontdek wat wys dat haar ouma haar lewe toegewy het aan die beskerming van walvisse en moontlik selfs daarvoor vermoor is, begin sy onmiddellik ondersoek instel. Sy oorreed haar ma, wat aanvanklik niks daarmee te doen wil hê nie, om saam met haar haar ouma se werk voort te sit. Langs die pad ontmoet Sonya vir Jake Pieterse, 'n vriendelike seun wat haar help om haar voete in Hermanus te vind. Hy wys haar rond en tussen hulle ontwikkel daar 'n besondere vriendskap. Dit beteken baie vir Sonya om ten minste een bekende gesig by haar nuwe skool te hê. Hy begin dan ook dadelik haar help met haar ondersoek na haar ouma se dood. Maar die ondersoek verloop nie sonder probleme nie. Dieselfde maatskappy wat jare gelede vir haar ouma moeilikheid veroorsaak het, begin nou ook vir Sonya, Jake en Nicola te teiken. Tog laat Sonya haar nie afskrik nie. Met Jake en haar ma wat bankvas agter haar staan, is sy vasbeslote om haar ouma se nalatenskap te voltooi en die ontwikkeling te keer wat die walvisse se broeigebiede bedreig.

Etienne Lombard skryf 'n heerlike leeservaring. Hierdie is nie bloot 'n verhaal oor jongmense wat 'n geheim probeer oplos nie. Dit is ook 'n verhaal wat ons herinner aan die belangrikheid van omgewingsbewaring en die verantwoordelikheid wat ons teenoor die natuur en sy diere het. Die gevaar wat die karakters trotseer, word jou gevaar. Jy ondersoek saam met hulle, jy hoop saam met hulle, en wanneer hul lewens bedreig word, sit jy regop en lees verder. Dit voel asof die gevaar ook aan jou deur klop.

Etienne het 'n besondere vermoë om die leser deel van die storie te maak. Hy trek jou in by die soektog en hou jou vas tot die laaste bladsy. Wanneer geregtigheid uiteindelik geskied, voel jy saam met die karakters die verligting. Die Walvisspeurder is nie net 'n speurverhaal nie; dit is ook 'n sterk jeugroman. Op 'n subtiele en geloofwaardige manier sien ons die groeiende band tussen Sonya en Jake. Jong lesers sal hulle maklik met die karakters vereenselwig, maar volwassenes sal die verhaal net so geniet.

Etienne, jy het 'n lieflike storie geskryf — een wat nog lank nadat die laaste bladsy omgeslaan is, by die leser bly. Die Walvisspeurder is 'n Spannende, hartroerende en betekenisvolle verhaal wat avontuur, misterie en omgewingsbewustheid op 'n besonder toeganklike manier saamweef. Hierdie is meer as net 'n speurverhaal. Dit is 'n avontuur wat jou herinner dat een stem wel 'n verskil kan maak. As jy hou van spanning, misterie, vriendskap en die natuur, dan is hierdie boek beslis vir jou.”
Lees volle resensie →
The Keepers of Pinelands

The Keepers of Pinelands

2025 KDP Boek
Etienne Lombard
R75.00
The story follows Nick Uys, a hereditary guardian of an ancient power beneath Pinelands' garden suburb. When an archivist discovers plans revealing the suburb's true purpose, she uncovers a hidden world where forgotten waterways carry luminescent secrets and ancient gardens dream beneath modern streets.
The novellette reimagines Cape Town's garden city heritage through magical realism, weaving together indigenous knowledge, local geography, and contemporary urban development.
Mede-outeurs:Etienne Lombard
Taal:Engels
Bladsye:34
ISBN:9798312022056
Uitgewer:KDP
Jaar:2025
Resensies (1)
Pierre Durand ★★★★☆ Feb 2026
“I really had fun with this. Is novella / novellete length (never quite sure what the lengths are, but nevertheless it really had me enjoying myself. First I like magical realism and there is definitely a flavour of that in this. Also I used to stay in Pinelands when i went to Cape Town for work and the description really brought back memories...all those canals and pine trees!
Highly recommend this is you like quirky kind of fantasy fiction.”
Lees volle resensie →
Die Oeroue

Die Oeroue

2025 Naledi Boek
Etienne Lombard
R275.00
In die afgesonderde dorpie Kraaineshoogte arriveer dr. Sandra Venter, hoopvol op ʼn vars begin na ʼn traumatiese verlede. Maar onder die stil, mistige oppervlak van hierdie Karoo-dorpie skuil ʼn eeueoue geheim.
Wanneer inwoners begin verdwyn, laat hulle slegs vreemde swart as agter op hul lakens, en Sandra ontdek dat haar voorouers diep verweef is met ʼn oeroue entiteit wat elke dertig jaar uit sy sluimering ontwaak om sewe siele te eis.
Saam met die argeoloog Elsabé Marais en die geheimsinnige Tannie Griet volg Sandra die spoor van haar ouma se leidrade, wat lei na sewe vreemde artefakte – skerf-fragmente van ʼn entiteit wat ouer as menslike geskiedenis is. Die artefakte roep haar, die Oeroue fluister in haar drome, en die antwoorde lê verborge in die koue, donker waters van die tyd.
Maar tyd raak min. Die siklusse word korter, die binding verswak, en Sandra staan voor ʼn onmoontlike keuse: moet sy die tydelike binding aanvaar en die lewens van sewe mense opoffer, of moet sy die volmaakte sirkel voltooi en iets prysgee wat dieper as haar lewe strek?
In hierdie meesleurende bonatuurlike riller verweef Naledi se opwindende nuwe stem oeroue folklore, koloniale geskiedenis en moderne vrese tot ʼn verhaal oor opoffering, verraad en die prys wat mens betaal om die donkerte te bind.
“ʼn Asemrowende novelle wat ʼn nuwe standaard stel vir bonatuurlike spanning in Afrikaans.”
Mede-outeurs:Etienne Lombard
Taal:Afrikaans
Bladsye:172
ISBN:9781067235062
Uitgewer:Naledi
Jaar:2025
Resensies (1)
Nini Bennett-Moll ★★★★★ Feb 2026
“Naledi het inderdaad ’n wye verskeidenheid boeke in hul stal en is besig om naam te maak as een van ons heel voorste uitgewers. Nou, van ligte satiriese leesgenot na iets heeltemal anders: ’n bonatuurlike spanningsverhaal.
Ek het, sover ek kan onthou, nog altyd ’n belangstelling in esoteriese en in bonatuurlike literatuur gehad.
As hoërskoolkind het ek die baanbrekerswerk, Die raaisel hiernamaals (1967) deur BJF Laubscher, op my ma se rak ontdek en etlike weke spandeer om die boek indiepte deur te lees (eerder: deur te werk). In ’n sekere sin kan Laubscher beskou word as die vader van die parapsigologie; hy het insgelyks ook die leksikon vir die paranormale / parapsigologiese / bonatuurlike in Afrikaans gemunt. Laubscher was ’n psigiater (en word soms die Afrikaanse ekwivalent van Elisabeth Kübler-Ross genoem) wat sy professionele ervaring gebruik het om verskynsels soos nabydood-ervarings, geesteskommunikasie, heldersiendheid en ander paranormale verskynsels te ondersoek en te beskryf. Hy het wegbeweeg van die suiwer teologiese of dogmatiese diskoers van sy tyd en gepoog om ’n empiriese en waarnemingsgebaseerde benadering te bied, gewortel in gevallestudies uit sy eie praktyk en ander navorsing.
Die werk bevat talle outentieke vertellings en getuienisse van mense wat bonatuurlike ervarings gehad het, soos mediumisme, outomatiese skryfwerk en voorspellings, voorkennis en ander psigiese fenomene.
In die 1960’s was daar wêreldwyd ’n herlewing van belangstelling in die parapsigologie (dink aan boeke soos The Tibetan Book of the Dead, of Ian Stevenson se werk oor reïnkarnasie). In Suid-Afrika, binne die Afrikaanse gemeenskap, was sulke onderwerpe nog sensitief en omstrede weens die sterk Calvinistiese en Christelike agtergrond. Laubscher se boek was dus gewaagd: Hy daag die tradisionele siening uit dat die hiernamaals slegs deur die Bybel en kerk verklaar kan word, en stel voor dat wetenskaplike waarneming ook ’n rol kan speel. Nodeloos om te sê: Binne die benouende tydsgewrig van die sestigerjare het Laubscher nooit die erkenning geniet wat hy vir sy baanbrekerswerk verdien het nie. En dít was my eerste kennismaking met die bonatuurlike ...
Daarna het fiksie gevolg: C Louis Leipoldt, Eugène Marais, ID du Plessis, Edgar Allan Poe, François Bloemhof, Etienne van Heerden, Horace Walpole, Ingrid Winterbach en Reza de Wet, om net enkeles te noem. In die Afrikaanse letterkunde word die bonatuurlike nie altyd as skrikwekkend voorgestel nie, maar eerder as deel van die alledaagse lewe, dikwels met ’n poreuse grens tussen die natuurlike en bonatuurlike. Carl Jung se erkenning van die paranormale as empiries onbewysbaar, maar tog wérklik in die menslike psige, beïnvloed hierdie benadering.

In Suid-Afrika neig onlangse bonatuurlike literatuur meer na magiese realisme, waar die bonatuurlike geïntegreer word sonder sensasie, en waarin misterie, voorbodes, verlate landskappe, drome en visioene ’n rol speel om gefolterde karakters met ’n obsessie oor die dood uit te beeld.
Die teenwoordigheid van bonatuurlike elemente in die Afrikaanse letterkunde dien voorts as ’n spieël vir sosiale angs, kulturele identiteit en die menslike kondisie.
So ’n week gelede was daar ’n klop aan my voordeur. Die koerier het my jongste boeke gebring. Heel bo in die pakkie was Die Oeroue deur Etienne Lombard. Die agterflap het belowe: “’n Asemrowende novelle wat ’n nuwe standaard stel vir bonatuurlike spanning in Afrikaans.”
Die res is geskiedenis.
Ek het besluit om te gaan kers opsteek by die skrywer en ’n paar vrae aan hom gestuur.
Nini Bennett-Moll: Etienne, die lesers is nuuskierig: Vertel ons asseblief meer van jouself, jou agtergrond, loopbaan en stokperdjies. Wie is Etienne Lombard? Is daar iets interessants omtrent die man en skrywer wat lesers nie weet nie?
Etienne Lombard: Ek is ’n praktiserende prokureur in Kaapstad wat sedert 2018 publiseer – beide formele poësie en fiksie, eers kortverhale op LitNet en in Huisgenoot. Die kontras tussen regswerk en kreatiewe skryf hou my in balans. Gholf bied ’n totaal ander soort presisie as woorde. Wat lesers dalk nie weet nie: Ek het eers laat begin skryf, maar toe dit gebeur het, was dit met ’n intensiteit wat my verras het.
Vertel ons gerus meer van jou debuut, The Keepers of Pinelands.
The Keepers of Pinelands was my eerste kennismaking met die verweef van gewone mense se lewens met die bonatuurlike. Ek is ook ’n stedelike byeboer, en toe ek saam met ’n kundige byeboer van Pinelands gaan bye soek vir my tweede korf – in bome, onder brandkrane, in versteekte plekke – het dit my laat dink: Wat lê nog verborge onder hierdie stil voorstad se strate?
Jou tweede boek, Die Oeroue (’n bonatuurlike spanningsverhaal), het verlede jaar by Naledi verskyn. Hoe het jy besluit op die tema? Vertel ons asseblief meer.
Die Karoo het my altyd gefassineer – daardie uitgestrektheid waar geskiedenis en spookstories letterlik uit die grond opkom. Ek wou ’n kosmiese gruwel skryf wat eg Suid-Afrikaans voel, waar koloniale skuld en oeroue wesens mekaar ontmoet. Die verhaal volg ’n dokter wat in die fiktiewe dorpie Kraaineshoogte met iets baie ouer as die mensdom te doen kry. Dit is ’n karaktergedrewe verhaal oor keuses – transformasie eerder as vernietiging.

Jy is duidelik deeglik geskool in esoterika. Die gebruik van die simboliek in jou werk getuig daarvan – ook dat jy jou vergewis van ander bonatuurlike tekste, mites, die geskiedenis, volkskuns en dies meer. Vertel ons meer hiervan. Ook: Watter skrywers lees jy graag?
Ek lees wyd: HP Lovecraft vir kosmiese gruwelverhale, Stephen King vir karakterontwikkeling, Márquez vir magiese realisme. In Afrikaans inspireer Marlene van Niekerk en Etienne van Heerden my – veral hoe hulle landskap en geskiedenis as integrale storie-elemente gebruik. Die simboliek spruit voort uit bogemelde.
Op watter ouderdom het jy besef jy het skryftalent? Was daar enige mentors wat jou aangemoedig het? Hoe lank loop jy al met die droom om skrywer te word?
Laat – eers in my laat vyftigs. Ek het ’n paar skryfkursusse bygewoon. Die Afrikaanse literêre gemeenskap op LitNet en skryfwerkswinkels het ook gehelp. Die droom het eintlik begin met die daad: Ek het begin skryf en toe besef dis wat ek wil doen noudat ek meer tyd het. Die regsloopbaan het my presisie met taal geleer; skryf het my die vryheid gegee om daarmee te woeker.
Na watter boeke kan lesers volgende uitsien uit die pen van Etienne Lombard?
My Sonnetkrans is onlangs vir publikasie aanvaar. Verder werk ek aan ’n Romanza, Ubuntu tussen woorde. Daar is ook nog ’n gruwelfiksiestorie op pad, Rooidors. Ek bly geïnteresseerd in hoe gewone mense reageer wanneer die onverklaarbare hulle lewens binnedring.
Baie dankie vir ’n prikkelende onderhoud, Etienne!
In die afgesonderde dorpie Kraaineshoogte arriveer Sandra Venter, hoopvol op ’n nuwe begin na ’n traumatiese verlede as forensiese patoloog. Maar onder die stil oppervlak van hierdie Karoo-dorpie skuil ’n eeu-oue geheim. In ’n land waar die Karoo se vlaktes dikwels as stil en leeg beskou word, bewys Lombard met Die Oeroue dat daardie stilte nie leeg is nie – dit is gevul met iets ouer as tyd self, iets wat wag om wakker gemaak te word.
Wanneer inwoners begin verdwyn, laat hulle slegs vreemde swart as op hul lakens agter, of hulle gemummifiseerde oorskot word ontdek – en Sandra besef dat haar voorouers diep verweef is met ’n oeroue entiteit wat elke 30 jaar uit sy sluimering ontwaak om sewe siele te eis.
Saam met die argeoloog, Elsabé Marais, en die geheimsinnige Tannie Griet, volg Sandra die spoor van haar ouma se leidrade, wat lei na sewe vreemde artefakte – skerffragmente van ’n entiteit wat ouer as menslike heugenis is. Die artefakte roep haar, die Oeroue fluister in haar drome, en die antwoorde lê verborge in die ou dorpie met sy koloniale wortels en geboue.
Maar die tyd raak min. Die Oeroue se siklusse word korter, die binding verswak en Sandra staan voor ’n onmoontlike keuse: Moet sy die volmaakte sirkel voltooi en iets prysgee wat dieper – hoër en verder – as haar eie lewe strek?
In hierdie meesleurende bonatuurlike riller word oeroue volkskuns, geskiedenis en moderne persepsies verweef tot ’n verhaal wat uiteindelik handel oor opoffering, verraad en die prys wat mens betaal om die duisternis te bind.

Lombard se prosa is skoon en ekonomies, tog skep hy ’n atmosfeer van beklemming wat stadig, byna ongemerk, toeneem. Die boek se krag lê in die subtiele opbou van onheil. Lombard speel met die grense tussen die psigologiese en die bonatuurlike, en negeer vir geen oomblik die rasionele nie. In dié opsig herinner die boek aan die televisiereeks, The X-Files, met sy skitterende draaiboek en die opbou van ’n rasionele betoog (versus ’n bonatuurlike een). Maar Die Oeroue is volledig geanker in ’n Suid-Afrikaanse landskap met sy eie mitologie – die spoke van ou rituele, die rimpeleffek van koloniale en inheemse konflik en die prys wat betaal word om donker kragte, ook van oudsher, in die hede te bedwing. Bonatuurlike verhale lewer sosiale kritiek; in hierdie geval, kritiek teen ’n koloniale familie wat die Oeroue verraai het.
Die ondersteunende karakters – die ou dominee wat die sewe artefakte toeskryf aan die duiwel, en die stil, maar bedreigende dorpsoudstes – is eg en realisties. Die einde is nie net bevredigend nie, dit is ontstellend en bly sluimer: ’n herinnering dat sekere bindings nooit heeltemal verbreek word nie, en dat die prys vir vrede soms hoër is as wat ’n mens kan, of wil betaal.
Lombard se omgang met esoteriese simboliek is outentiek en op die merk: eerstens, die rol van okkultiese bindings.
In die wêreld van die esoteriese – daardie geheime, verborge kennis oor die spirituele realm – speel bindings ’n sentrale rol. Hierdie bindings verwys na die onsigbare bande of verbintenisse wat tussen mense en hoër entiteite gevorm word, of dit nou goddelik (soos engele of godhede), of diabolies (soos demone of donker geeste) van aard is. Sulke bindings kan beskou word as kontrakte, pakte of spirituele bande wat ’n invloed uitoefen op die individue se lewens, gedrag en selfs lot. Die rol van offers in hierdie proses is kritiek, en dien as ’n medium om hierdie bindings te vestig, te versterk, of te verbreek, deur die vrystelling van spirituele energie of mag.
In Die Oeroue word ’n spanning tussen diaboliese en goddelike bindings gevind. By die Oeroue, wat sy slagoffers absorbeer, is ’n meer sinistere dinamika betrokke, soos die besetting en psigiese en fisieke skade aan die slagoffers. Die verhaal het ’n oop einde: Watter prys het Sandra (regtig) betaal vir die binding én bevryding van die donker entiteit? Weer eens: Hierdie grens is poreus, en die leser slaap nié rustig nie. Die boek lewer bewys dat die grens inderdaad in ’n grys area lê en dat Lombard die newe(l)wêreld van die esoteriese goed verstaan. Bindings kan oorgeërf word deur bloedlyne, waar voorouers se pakte die nageslag bind. En Sandra is die sewende draer. Bindings kan insgelyks gesien word as ’n vorm van spirituele slawerny, en vanuit ’n sielkundige oogpunt geïnterpreteer word as die projeksiestelsels van die onderbewussyn, maar in esoteriese kringe is dit werklike entiteite wat voed op menslike energie. Want uiteindelik dui esoteriese bindings, soos verteenwoordig deur goddelike of diaboliese entiteite, op die ewige spanning tussen lig en duisternis.
Tweedens is Lombard se gebruik van numerologie “korrek”, byvoorbeeld die getal sewe, wat volop voorkom in die verhaal.
Die getal sewe word beskou as ’n heilige en een van die kragtigste getalle in die numerologiese siklus. Dit dui op volmaaktheid en voltooiing, byvoorbeeld God se skepping het ses dae geduur, en op die sewende dag het Hy gerus. Ander voorbeelde: Daar is sewe chakras, sewe kleure in die reënboog, sewe note in die musikale skaal, sewe dae in ’n week, sewe klassieke planete en sewe seëls in die Bybelboek, Openbaring. Dit is die universele patroon van heelheid.
Die getal sewe simboliseer insgelyks die onsigbare, die misterieuse en die verbinding met hoër kragte/magte, asook die brug tussen die fisiese en die goddelike.
Dan, derdens, gebruik Lombard die simbool van ’n spiraal, of konsentriese sirkel – ook die simbool van die Oeroue in die verhaal. Spiraalsirkels is antieke esoteriese simbole en is duisende jare gelede gevind op grotmure en tempels, en as graverings in klip. As verborge simbool, het dit sy merk gelaat in Egipte, Peru, China, Tibet, in Keltiese, Polinesiese en Kabbalistiese tradisies, en dui dit op siklusse van lewe, dood en hergeboorte, oftewel die ewolusie van die fisiese na die spirituele.
Lombard se debuut is inderdaad indrukwekkend. Vir lesers wat moeg is vir voorspelbare spoke en zombies en eerder ’n stadige, intelligente gruwelverhaal wil lees wat diep in die Suid-Afrikaanse psige begrawe lê, is dié ’n moet-lees. Die verhaal – en onheil – kruip onder jou vel in en blý daar.”
Lees volle resensie →
Vrystaatstories

Vrystaatstories

2024 Naledi Boek
Henning van Aswegen
R300.00
Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde grootwordjare langs Virginia se magtige Sandrivier teëgekom het.

In Vrystaatstories ontmoet die leser vir Mossieman en Geronkie die Donkie wat die niksvermoedende inwoners van die Vrystaat onderwerp aan avonture en poetse, meesal met onvoorspelbare en humoristiese gevolge.

Elke storie en elke skets is oorspronklik, uniek en humoristies – en is geskik vir kinders van 8-80 jaar.

Kinders leer om nie ander kinders af te knou nie (bullying); om kinders en diere met respek te behandel, om teen niemand te diskrimineer nie, en nie lelik en afbrekend met ander te praat nie.

Selfs die kleinste diertjies in die stories soos Mys die Muis, Spinne Spinnekop en ‘n Dowe Paddatjie word met respek en empatie behandel.

In Vrystaatstories word lesers deel van die karakters se koeterwaals en manewales!

-----
Henning van Aswegen is ‘n gebore en getoë Vrystater wat sy kinderverhale, volksverhale en avontuurstories uit die hartjie van Afrika skryf. Sy kinderboeke sluit in: 101 Slaaptydstories, Die Avonture van Mossieman en Geronkie die Donkie, die Mason in the Jungle-reeks, en nou Vrystaatstories. Hy woon en skryf in die kusdorp Strand naby Kaapstad, vanwaar hy sy gunsteling-tydverdryf beoefen nl. om die manewales van walvisse, vissermanne en dolfyne dop te hou.
Taal:Afrikaans
Bladsye:280
ISBN:978-1-991256-70-6
Uitgewer:Naledi
Jaar:2024
Twee Lewens

Twee Lewens

2022 Elise Bishop Boek
Elise Bishop
R300.00
Hoe weet ʼn klein seuntjie van skaars drie jaar oud dat hy in die verkeerde liggaam gebore is? Wat ervaar daardie seuntjie in die eerste twee dekades van sy lewe dat hy so oortuig raak van wie en wat hy moet wees, dat hy die lang pad van geslags-hertoewysing aanpak sodat hy sy droombestaan kan voer in die liggaam waarvoor hy gebore is. Min het Pierre van der Merwe daardie tyd geweet wat Elise van der Merwe alles in haar nuwe bestaan sal ontdek en ervaar.
ʼn Hartstogtelik eerlike en roerende verhaal wat ook baie sal beteken vir mense wat met hierdie dilemma gebore is.
Taal:Afrikaans
Bladsye:302
ISBN:9781998958870
Uitgewer:Elise Bishop
Jaar:2022
Etienne van Heerde Veld Soireè - Orde van die Windpomp
Resensies (1)
Theodore Rossouw ★★★★★ Nov 2022
“Wat beteken dit om uiteindelik jouself te word?

In sy aangrypende resensie van Elise Bishop se outobiografie Twee Lewens lees Theodore Rossouw veel meer as net die verhaal van 'n geslagstransisie. Dit word 'n eerlike ontmoeting tussen twee mense uit verskillende geslagte en generasies wat, ten spyte van hul verskille, dieselfde universele verlange deel: om gesien, verstaan en aanvaar te word. Met deernis, selfondersoek en pragtige beeldspraak wys hierdie resensie waarom Twee Lewens uiteindelik nie net oor een persoon se reis gaan nie, maar oor die menslike behoefte om tuis te kom by jouself.”
Lees volle resensie →
Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek