<p>Dialoog vir Aksie is nie ’n tradisionele organisasie met ’n kantoor, lidmaatskapkaarte of ’n hiërargiese bestuurstruktuur nie. Dit is eerder ’n groeiende burgerlike netwerk van Suid-Afrikaners uit uiteenlopende agtergronde wat saam glo dat die land se probleme nie net deur debat opgelos kan wo...