🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
Terug na Lede
Bester Meyer (Die Naamlose Dors)
Bester Meyer (Die Naamlose Dors)

Bester Meyer is ’n liedjieskrywer, digter en vertaler. Hy woon in Alberton, Johannesburg. Sy poësie is filosofies van aard. Meyer glo dat die kunstenaar daar is om die mense te oorreed om op te staan teen die geykte orde van die dag; die bourgeoisie wat nie bereid is om te erken dat daar ʼn beter manier is nie. Meyer is deurentyd in sy werk op soek na ʼn wêreld van broederskap. Iets wat volgens hom daargestel kan word deur ʼn innerlike revolusie en ʼn leefwyse waar liefde nie aan mense verkoop hoef te word nie, maar waar ons dit eerder gratis aan mekaar kan uitloof, deur Jesus – in al sy vorme – te weerspieël.


Vir Meyer het Pink Floyd die logos gebring en die groep se werk beïnvloed hom van jongs af. Terselfdertyd ontwikkel hy ʼn groot affiniteit vir die werk van Breyten Breytenbach en André P. Brink, saam met sy ikone in die musiekbedryf Valiant Swart en Koos Kombuis. Sy belangstelling in literatuur en musiek ontwikkel hand aan hand. Hierdie dubbele liefde – vir musiek en eksistensiële ondersoek aan hand van filosofiese tekste en die literatuur van iemand soos, byvoorbeeld, Albert Camus – word later ʼn kenmerk van sy eie kreatiewe werk. Vir Meyer is kuns nie bloot vermaak nie; dit is ’n vorm van ondersoek; ’n manier om vrae te stel oor waarheid en dit wat ons maak wat ons is én waarteen ons móét rebelleer.


Die Naamlose Dors


Die Naamlose Dors het sy oorsprong uit Die Dors, ʼn trio van Westdene, Johannesburg, (2006-2010) toe Meyer saam met Dave Williams (bas) en Tian Boshoff (dromme) geskaaf het aan – baiekeer – donkerder songs. Dié jare sou lewe gee aan songs soos Baby ʼn Cocaine en Oppikoppi wat nou nog deur Die Naamlose Dors gespeel word. ʼn Paar van die liedjies word in 2010 opgeneem in samewerking met Albert Frost en beskikbaar gestel as die kortspeler: Goofy met Albert Frost: Ontmoet jou Onder ʼn Harvest Moon.  


Net ná die publikasie van Meyer se debuutdigbundel, Die Testament, Naledi (2020), wat hy uitgee saam met ses toonsettings van gedigte van onder andere Breyten Breytenbach en Ingrid Jonker genaamd: Musiek vir jou Ure, word Die Naamlose Dors gevorm saam met twee Kapenaars: Jan-Daniel de Villiers (elektriese kitaar) en Steve Smit (perkussie), nadat die drie saam vertonings gedoen het om dié toonsettings en bundel te bemark.


In 2022 neem hulle die enkelsnit, Winterlady III, en ook die kortspeler Rebel Heart op, laasgenoemde word saam met Meyer se debuut Engelse digbundel, Rebel Song (2022), uitgee word.


In 2024 sien ʼn toonsetting van Antjie Krog se bekende gedig, Ma, die lig.


Die band is tans besig om ʼn vollengte Afrikaanse album op te neem.


Skrywer en Digter


Meyer se debuutbundel, Die Testament, word in 2020 deur Naledi uitgegee. Die bundel probeer wêreldburgers oorreed tot ʼn metafisiese revolusie. Die bundel se Engelse eweknie, Rebel Song en ʼn Engelse vertaling van André P Brink se Lobola vir die Lewe, word in 2022 deur Naledi gepubliseer. In 2021 word Bester se literêre omdigtings van die Palestynse digter, Magmoed Darwiesj, deur Naledi uitgegee. ʼn Antologie van omdigtings van die werk van Yehuda Amichai, Kahlil Gibran en Federico García Lorca, Uit die herberg van Alhambra verskyn in 2024 en ʼn tweede digbundel, Spotsanger sien in 2025 die lig.


Meyer se gedigte verskyn gereeld op die Versindaba en Litnet webruimtes.


Meyer is tans besig met ʼn MA-Graad in Kreatiewe Skryfkuns aan die UVS, waar hy deur manuskripontwikkeling werk aan sy finalisering van sy eerste roman.


Lys van Publikasies:


  • ·Die Testament, Naledi (2020) – gedigte 
  • · Die Vlug van ʼn Vreemdeling, Naledi (2021)

(literêre omdigtings van die werk van Magmoed Darwiesj) 

  • ·Lobola for Life, Naledi (2022) 

(vertaling van André P Brink roman) 

  • · Rebel Song, Naledi (2022) – Engelse gedigte
  • · Uit die herberg van Alhambra, Naledi (2024)

(literêre omdigtings van die werk van Khalil Gibran,

Federico Lorca en Yehuda Amichai)

  • · Spotsanger, Imprimatur (sewe woordwisselings

met Landskap Tyd) (2025) – gedigte

 


bestermeyer.co.za
Lid sedert 30 Nov -0001
1
Naledi
22 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
6
Die Testament
Naledi • 2020
Naledi 2020 ISBN: 9781928518631
Daar is nou, soos nog nooit tevore nie, ʼn uitnodiging in die gesig van die tye om saam te staan as wêreldburgers. Dié uitnodiging kom ontbloot homself in verskeie gedaantes en die huidige maskerade is seker maar die mees gepaste voorbeeld op almal se lippe. “die Testament” is ʼn oproep om die uitnodiging te aanvaar. Die verse poog om oortuiging daar te stel. Om verder te soek as wat die rigtingwysers van vandag ons toelaat. Die padkaart van dit wat ons is, is, alvorens ons ʼn verskil kan maak, ʼn reis na binne. Camus praat van ʼn metafisiese revolusie. “die Testament” probeer daardie spoor volg. Soms is dit dan ook uiteraard nodig om weer die ritme van gister te volg; die aflosstokkie van onthou aan te gee. As sulks maak die digter gebruik van interaktiewe intertekstuele samespel om ʼn soort samehorigheid daar te stel Te midde van kunsmatige intelligensie en die huidige inperkingsmaatreëls, asook die gevolge dáárvan, is dit wat in “die Testament” verwoord word ʼn herlewing van die eksistensieel nihilistiese beskouing van ʼn paar dekades gelede. En die vraag, op almal se lippe, bly steeds: (en) “die kind is nie dood nie? “
Die Vlug van 'n Vreemdeling - Magmoed Darwiesj
Naledi • 2021
Naledi 2021 ISBN: 971928530206
Magmoed Darwiesj (1941-2008) se werk is letterkundig uitsonderlik. Die krities bekroonde digter word gesien as een van die belangrikste digters in die Arabiese taal. Meer as twintig digbundels en tien prosawerke verskyn uit sy pen. Hy word beskou as die stem van sy mense en ’n legende. Die Vlug van ʼn Vreemdeling is omdigtings van Darwiesj se belangrikste verse. Vir die eerste keer kan die Afrikaanse leser die trefwydte en impak van die werk van hierdie belangrike digter in sy spreektaal ervaar.
Lobola for Life - André Brink
Naledi • 2022
Naledi 2022 ISBN: 9781776172122
André Brink (29 May 1935 – 6 February 2015) is one of South Africa’s best-known writers. He was one of the key figures in the significant Afrikaans literary movement known as Die Sestigers. These writers sought to use Afrikaans as a language to speak against the erstwhile South African apartheid’s regime and brought Afrikaans literature on par with contemporary English and French trends. More than 20 novels in Afrikaans (and most of them self-translated into English) were given life through his pen. Brink gained international success and has a readership in more than 30 languages worldwide. He was the receiver of numerous literary awards, including the Martin Luther Memorial Prize (1980) and Prix Médicis Estranger (1980) as well as South African prizes (the Hertzog Prize in 2000 and 2001, the CNA Prize in 1965, 1978 and 1982), Chevalier de la Légion d’honneur (1982) and Officier de l’ordre des Arts et des Lettres (1987) and no less than three nominations for the Nobel Prize for Literature
Rebel Song
Naledi • 2022
Naledi 2022 ISBN: 9781776172092
Man is born free but he is everywhere in chains – Jean-Jacques Rosseau. Man was fashioned in His likeliness, but soon dwelled to the outer regions of loneliness. It is time to break the chains and travel back to the source. The route is known to the heart, but what about your mind? Rebel Song is a bequest to a nameless reader. What does it mean to become the god of our own destiny? Isn’t it true that to become [G]od(s) would require us to accept crime? Albert Camus once remarked: “On the day when crime puts on the apparel of innocence, through a curious reversal peculiar to our age, it is innocence that is called upon to justify itself.” Yet, it seems as though changing times and their dark agents persistently prompt us, the collective, to say: “Come down from the cross, and we shall believe in you.” There’s presently an invitation to take stock of the direction we, worldly citizens, have chosen to take. The investigation suggests that the status quo should not be measured lightly but with scales in hand. Rebel Song reiterates the invitation. To muster hope against the backdrop of a seemingly senseless plight of liberating the us, and enjoining the us and them with the kind of goodness that can only be set in motion through a heart-centred and centering journey. Rebel Song is a conceptual diptych consisting of this bundle as well as the author’s English translation of André Brink’s timeless novel Lobola for Life. It echoes past literary voices and applies them to our postpandemic reality. Are you liberated enough to be free? ****** Bester Meyer was born in Alberton, Gauteng. He studied law at the University of Johannesburg and completes his B. Com (LLB) in 2001. Meyer is a part time musician and songwriter and released an EP with musician Albert Frost: Ontmoet jou onder ʼn Harvest Moon (2010). His debut poetry bundle Die Testament (which is the Afrikaans counterpart of Rebel Song) was released by Naledi in 2020. It was published with musical settings of the work of Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker and Gisela Ullyatt entitled: Musiek vir jou ure. In 2021, Naledi published Meyer’s translations of the work of Palestinian poet Mahmoud Darwish entitled: Die Vlug van ʼn Vreemdeling. Rebel Song is to be released with Meyer’s English translation of the 1962 novel of André Brink: Lobola for Life, Die Testament, Rebel Song, Lobola for Life and Musiek vir jou Ure forms part of a greater artwork, which can be dubbed: The Will and Testament of a Nameless Citizen.
Spotsanger (sewe woordwisselings met landskap Tyd)
Imprimatur • 2025
Imprimatur 2025 ISBN: 9781037016684
As spotsanger vind Bester Meyer met hierdie bundel aansluiting by die hekelverse en satiriese digkuns wat in Afrikaans so ver terugstrek as A.G. Visser, C.J. Langenhoven en meer onlangs M.M. Walters. Die bundel se eerste afdeling is gewortel in die Suid-Afrikaanse werklikheid en poëtiese tradisie. Dit word gevolg deur met “woordsweef” uit te reik na die “ander” en na die goddelike. Die digter spreek kommer uit oor 21ste eeuse menslike probleme, wêreldvraagstukke, en die bedreiging van politieke en militêre magte wat as’t ware sit en kaart speel om die lotgevalle van mens en omgewing te besleg. Selfs die vergadering van die elite by Davos loop deur onder die spotsanger se tong. Hy tree ook in gesprek met Breyten Breytenbach se Oorblyfsel/Voice Over en met die Palestynse digter Magmoed Darwiesj. Die tweede helfte van die bundel word ’n pleitrede vir “iets magies-menslik mooi”, vir suiwering en “vir die Woord wat sou kom”.
Uit die herberg van Alhambra - Khalil Gibran, Federici García Lorca en Yehuda Amichai
Naledi • 2024
Naledi 2024 ISBN: 9781991256904
In Bester Meyer se nuutste antologie van vertalings betrek hy drie van die wêreld se vernaamste digters, te wete die klassieke Khalil Gibran, die liriese dog revolusionêre Frederico García Lorca (Spanje: Andalusië) en die enigmatiese Hebreeuse digter Yehuda Amichai (Israel). Elkeen eiesoortig, volledig geanker binne hul onderskeie tydsgewrig, dog met ’n universele boodskap wat die mens se emosionele landskap karteer. Hierdie is waarskynlik die mees asembenemende, lywigste aanbod van vertaalde gedigte wat ooit tot publikasie gekom het in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde … Bester Meyer lewer hiermee ’n bloudruk tot die ervaring van ‘n vername deel van die poëtiese tradisie in die Westerse kanon – Carl-Pierre Naudé Bester Meyer bring met hierdie [publikasie] vernuwing met sy vertaalpraktyk. As ’n eksponent van Walter Benjamin se vertaalpraktyk, volg hy ’n intuïtiewe en metafi siese vertaalstrategie, vry van die knellende keurslyf van vooropgestelde idees. Hierdie skeppende vertaalproses het ten doel om ’n suiwer vertaling in Afrikaans te lewer, getrou aan die brontaal – Nini Bennett-Moll “Dit is asof Afrikaans vir die digkuns ontwerp is” – Gerrit Komrij Met die lees van Meyer se omdigtings [in die publikasie] het dié gedurfde uitspraak telkens voor my opgedoem, want nog selde het Afrikaans só gesing soos in hierdie vertalings. Myns insiens is dit ’n onweerlegbare feit dat Uit die herberg van Alhambra ’n uiters belangrike toevoeging is tot ons letterkunde – Louis Esterhuizen
3
Goofy met Albert Frost: Ontmoet jou onder 'n Harvest Moon

Collab saam Albert Frost

1 Cosmic Harlekyn
2 Johnny wil 'n rockter word
3 Oppikoppi
4 Dalai Lama
5 Baby 'n Cocaine
6 Ek soek jou oë
Musiek vir jou ure - Toonsettings


1 Grense - NP van Wyk Louw
2 Die Kind - Ingrid Jonker
3 Slaap Klein Beminde - Breyten Breytenbach
4 Urban Hymn - Gisella Ullyatt
5 Opdrag - Ingrid Jonker
6 Testament van 'n Rebel - Breyten Breytenbach
Rebel Heart

The EP was released with Bester Meyer debut English poetry bundle, Rebel Song.

1 Amazing Grace
2 Its Hard to be slain
3 Rebelheart
4 One
5 Blue Jeans of Freedom
6 The Mission
21
Amazing Grace
Rebel Heart •
Rebel Heart


Baby 'n Cocaine
Goofy met Albert Frost: Ontmoet jou onder 'n Harvest Moon •
Goofy met Albert Frost: Ontmoet jou onder 'n Harvest Moon


Blue Jeans of Freedom
Rebel Heart •
Rebel Heart


Cosmic Harlekyn
Goofy met Albert Frost: Ontmoet jou onder 'n Harvest Moon •
Goofy met Albert Frost: Ontmoet jou onder 'n Harvest Moon


Dalai Lama
Goofy met Albert Frost: Ontmoet jou onder 'n Harvest Moon •
Goofy met Albert Frost: Ontmoet jou onder 'n Harvest Moon


Die Kind - Ingrid Jonker
Musiek vir jou ure - Toonsettings •
Musiek vir jou ure - Toonsettings


Ek soek jou oë
Goofy met Albert Frost: Ontmoet jou onder 'n Harvest Moon •
Goofy met Albert Frost: Ontmoet jou onder 'n Harvest Moon


Grense - NP van Wyk Louw
Musiek vir jou ure - Toonsettings •
Musiek vir jou ure - Toonsettings


Its Hard to be slain
Rebel Heart •
Rebel Heart


Johnny wil 'n rockter word
Goofy met Albert Frost: Ontmoet jou onder 'n Harvest Moon •
Goofy met Albert Frost: Ontmoet jou onder 'n Harvest Moon


Ma - Antjie Krog Toonsetting

Toonsetting van Antjie Krog se gedig: Ma

One
Rebel Heart •
Rebel Heart


Opdrag - Ingrid Jonker
Musiek vir jou ure - Toonsettings •
Musiek vir jou ure - Toonsettings


Oppikoppi
Goofy met Albert Frost: Ontmoet jou onder 'n Harvest Moon •
Goofy met Albert Frost: Ontmoet jou onder 'n Harvest Moon


Rebelheart
Rebel Heart •
Rebel Heart


Slaap Klein Beminde - Breyten Breytenbach
Musiek vir jou ure - Toonsettings •
Musiek vir jou ure - Toonsettings


Testament van 'n Rebel - Breyten Breytenbach
Musiek vir jou ure - Toonsettings •
Musiek vir jou ure - Toonsettings


The Mission
Rebel Heart •
Rebel Heart


Unknown Soldier


Urban Hymn - Gisella Ullyatt
Musiek vir jou ure - Toonsettings •
Musiek vir jou ure - Toonsettings


Winterlady III


27

Stuur Boodskap

Kontak Bester Meyer (Die Naamlose Dors) direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek