🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
Terug na Lede
Kobus Kotze
Kobus Kotze

Kobus Kotze is ’n Suid-Afrikaanse digter, dramaturg en spoken-word-kunstenaar wat uit beweging skryf. Maar alles begin en eindig by Habitus — ’n kartografie van bestaan, geskryfoek na hoe plek, geskiedenis en ervaring in die liggaam vestig — hoe ’n mens gevorm word deur die ruimtes wat jy bewoon en verlaat. Die gedigte beweeg tussen Suid-Afrika, Viëtnam, Korea en Groenland en teken ’n bestaan wat nooit staties is nie. Habitus is ’n boek oor behoort en ontheemding, oor geheue en landskap, oor die stille maniere waarop die wêreld in ons bly.

Kotze het bygedra tot Merang, ’n bloemlesing van Afrikaanse poësie uitgegee deur Naledi, en het ook geskryf vir Kleintji en Die Taalgenoot. As dramaturg het hy die Afrikaanse herwerking van Athol Fugard se Blood Knot (Bloedbroers) geskryf, onder regie van Zane Maes en vertolk deur Hennie Jacobs en Christo Davids. Hy is ook die skrywer van Splinterster, geskep vir die Aardklop Nasionale Kunstefees in samewerking met Johan Jack Smith en Franco Prinsloo.

Op verhoog werk hy oor dissiplines heen. Met Dooie Diere bring hy spoken word na feeste soos Oppikoppi en Aardklop. In Viëtnam tree hy saam met verskeie kunstenaars op as Free State Gothic. Saam met die kitaarspeler Jaco Mans het hy die tweetalige spoken-word-album Sounds Like Words deur Virgin Music uitgereik. In 2026 volg The Lost Property Office, ’n internasionale projek saam met sy suster Marike Kotze en Dawn Lintern van die Duits/Londonse groep Das Fluff.

Benewens sy literêre werk het hy ook advertensies geskryf vir onder meer kykNET, SuperSport en M-Net.

Kobus woon tans in die afgeleë nedersetting Kangaatsiaq in Groenland, waar hy klasgee en skryf.

Maar alles begin en eindig by Habitus — ’n kartografie van bestaan, geskryf uit beweging.

Lid sedert 30 Nov -0001
1
Naledi
22 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
1
Habitus
Naledi • 2026
Naledi 2026 ISBN: 9781997476269
Habitus is Kobus Kotzé se digtersdebuut waarin hy op ’n oorrompelende manier verwoord hoe jy gevorm word deur die strukture van klas, geskiedenis, taal en ruimte. Kotzé karteer ’n bestaan wat oor kontinente strek, maar steeds nou verweef is met grootwordgrond en familiegeskiedenis. Plek word liggaam, migrasie word aanpassing en taal behels erfenis sowel as skeuring. Die bundel bevat gedigte oor vaders en seuns, verslawing, middelklashuise en koloniale nalatenskap.
1
Habitus
• Afrikaans Poetry
Afrikaans Poetry

Habitus is ’n musikale en klankmatige verwerking van Kobus Kotze se poësie, in samewerking met Neil Sandilands en Jaco Mans. Die album bring gedigte, stem, musiek en atmosfeer bymekaar in ’n donker, intieme klanklandskap waar die grens tussen poësie, spoken word en musiek vervaag.

1

Habitus

💳 R200.00 Poësie 2026 📖 8 hoofstukke
Habitus is Kobus Kotzé se digtersdebuut waarin hy op ’n oorrompelende manier verwoord hoe jy gevorm word deur die struk… Lees meer →
Habitus is Kobus Kotzé se digtersdebuut waarin hy op ’n oorrompelende manier verwoord hoe jy gevorm word deur
die strukture van klas, geskiedenis, taal en ruimte.
Kotzé karteer ’n bestaan wat oor kontinente strek, maar steeds nou verweef is met grootwordgrond en familiegeskiedenis.
Plek word liggaam, migrasie word aanpassing en taal behels erfenis sowel as skeuring.
Die bundel bevat gedigte oor vaders en seuns, verslawing, middelklashuise en koloniale nalatenskap. toon minder
🏢 Naledi
💳 Koop & Lees — R200.00

Stuur Boodskap

Kontak Kobus Kotze direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek