Suid-Afrika se kunstenaars het geen sosiale veiligheidsnet soos ‘n pensioen- of mediese fonds nie. Ver te veel van hulle eindig oud, alleen en arm.
Die TBF is in 1964 gestig om in hierdie behoefte te voorsien. Dit is Suid-Afrika se enigste hulpfonds vir die uitvoerende kunste, en is uniek in die wêreld omdat dit heeltemal gratis is (geen aansluitings- of ledegeld nie).
Hulle ondersteun tans 45 mense wat sonder enige inkomste is, met ‘n soort informele pensioen, en verleen in vele gevalle ondersteuning vir ernstige mediese onkostes (soos kankerbehandeling) en begrafniskoste vir kunstenaars en hul gesinne.
Enigeen wat professioneel in die vermaakbedryf werk (teater, film, TV, radio, sirkus, ens.) is outomaties deel van die fonds. Alle hulp word streng konfidensieel hanteer om die waardigheid van die begunstigdes te beskerm.
Die fonds is ’n geregistreerde PBO (met belastingvoordele vir skenkers). Dit word sonder kantore bedryf deur vrywilligers wat geen salarisse ontvang nie, sodat fondse direk na die noodlydendes gaan.
TBF BANKREKENING BESONDERHEDE :
FNB : LOPENDE REKENING NR : 202 439 8671 REKENINGHOUER : THEATRE BENEVOLENT FUND (PBO NO : 9300 000 322) FNB TAKNR : 250 117
WEBWERF : tbfsa .co.za
TWITTER : @TBFofSA
INSTAGRAM :
TBFof SA FACE BOOK : Theatre Benevolent Fund EPOS : [email protected]
TBF sekretaresse : [email protected]