Ek is gewortel in Suid-Afrika en verweef met Afrika se mense.
Ek is gevorm deur my geskiedenis, maar word nie daardeur beperk nie.
Ek eer my taal en tradisies en gebruik dit om brûe te bou.
Ek staan vir geregtigheid en menswaardigheid.
Ek erken die onregte van ons verlede en die uitdagings van ons hede.
Ek neem verantwoordelikheid om te help bou aan ’n toekoms waar almal veilig is en floreer.
Ek onderneem om te werk vir versoening gegrond in die waarheid, en vir hoop wat sigbaar word in dade.