🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
🌐 Afrikaans

Register

Become a member of Afrikaners vir Suid-Afrika

I am aware that my registration is automatically counted as an electronic signature of:

AvSA eerste verklaring: Nie in Ons Naam Nie

AvSA Eerste openbare verklaring: Nie-in-my-naam-nie, 23 Oktober 2025

As Suid-Afrikaners en Afrikaners reageer ons ten sterkste teen die Trump-regering se plan om aan wit Suid-Afrikaners voorkeur te gee vir vlugtelingstatus – dit terwyl die oorhoofse toelating van vlugtelinge na die VSA drasties verminder word. Hierdie stap het ons identiteit op ‘n ontstellende wyse in die kollig geplaas.

Ons verwerp die narratief wat Afrikaners uitbeeld as slagoffers van rassevervolging in post-apartheid Suid-Afrika. Hierdie voorstelling, wat tans gebruik word om die regse “Groot Vervangings”-teorie in die Verenigde State te voed, is nie net misleidend nie, maar ook gevaarlik. Dit verdraai die werklikhede waarmee Suid-Afrikaners te kampe het en gebruik ons geskiedenis as ‘n wapen. Dit reduseer ons komplekse sosiale konteks, en die noodsaaklikheid om historiese ongelykheid aan te spreek, tot ’n simplistiese simbool van wit agteruitgang.

Laat ons dit duidelik stel: Suid-Afrika staar ernstige uitdagings in die gesig – misdaad, ongelykheid, en die blywende nalatenskap van apartheid. Maar hierdie kwessies raak Suid-Afrikaners van alle rasse. Om wit lyding uit te sonder en dit bó ander te verhef is oneerlik en skadelik. Dit voed ekstremistiese ideologieë wat verdeeldheid bevorder en reeds tot werklike geweld gelei het, insluitend massa-skietvoorvalle.

Ons is nie pionne in Amerika se kultuuroorlog nie. Ons is Suid-Afrikaners, lede van ’n diverse, ontluikende nasie, wat steeds met sy verlede worstel en streef na ’n meer regverdige toekoms. Ons identiteit is nie monolities nie, en ook nie gedefinieër deur vyandigheid tussen historiese groepe nie. Afrikaners het skade aangerig in die verlede, en ons erken dit. As burgers van post-apartheid Suid-Afrika is ons toegewy aan die bou van ons land. Deur ons uit te sonder as slagoffers van veelrassigheid, word ons vervreem van ons mede-Suid-Afrikaners en word verhoudings wat oor die afgelope 30 jaar opgebou is, geskaad.

Wat ons die meeste bekommer, is die kaping van ons etniese identiteit deur randgroepe – beide in Suid-Afrika en in die buiteland. Projekte soos “Make Afrikaners Great Again” verteenwoordig ons geensins nie. Hulle verdraai ons geskiedenis en misbruik ons kultuur om eksklusiewe en rasgedrewe ideologiese agendas te bevorder. Ons weier om organisasies soos AfriForum en die Solidariteitsbeweging namens ons te laat praat – geen enkele organisasie het ’n duidelike of legitieme mandaat om namens alle Afrikaners te praat nie. Afrikaners soos ons, wat ons Suid-Afrikaanse wortels terugvoer na die 17de en 18de eeue, kies om onsself lede van ’n inklusiewe en diverse Afrikaanssprekende gemeenskap te noem. Ons deel ’n taal, en ons kulturele tradisies en godsdienstige wortels is dieselfde, maar ons gemeenskap huisves ’n verskeidenheid van sienings. Hierdie diversiteit is ingebed in ons geskiedenis en dit is ons krag, nie ons swakheid nie. Suid-Afrika se diversiteit verryk ons.

Die gedagte dat wit Suid-Afrikaners spesiale asielstatus verdien op grond van hul ras ondermyn ook die beginsels van vlugtelingbeskerming. Kwesbaarheid – nie ras nie – moet humanitêre beleid rig. Om wit lyding bo ander te verhef, versterk ’n rasgedrewe wêreldbeskouing wat witheid bo ander stel en wit identiteit as eksistensieel bedreig sien. Dit weerspieël nie ons waardes of ons daaglikse ervaring nie. Om misdaad in Suid-Afrika ‘wit volksmoord’ te noem, terwyl Gaza en Soedan wys hoe volksmoord werklik lyk, is kras en narsisties.

Hierdie reaksie is onderteken deur Afrikaners wat glo in waarheid, geregtigheid, en die belangrikheid daarvan om die misbruik van geskiedenis teen te staan. Ons doen ’n beroep op ons mede-Suid-Afrikaners en internasionale waarnemers om hierdie verdraaide narratiewe uit te daag en die waardigheid van alle mense te erken – nie net dié wat in ’n politieke agenda pas nie.

 

Ondertekenaars:

  1. Anneliese Burgess, joernalis en skrywer

  2. Rudi Buys, leierskap- en diversiteitskonsultant

  3. Prof. Wannie Carstens, buitengewone professor, Noordwes-Universiteit

  4. Ds. Andries Cilliers, Nederduitse Gereformeerde Kerk

  5. Prof. Fanie Cloete, emeritus professor, Universiteite van Johannesburg en Stellenbosch

  6. Prof. Piet Croucamp, medeprofessor in politieke studies en internasionale betrekkinge, Noordwes-Universiteit

  7. Frederik de Jager, skrywer

  8. Prof. Pierre de Vos, professor in grondwetlike reg, Universiteit van Kaapstad

  9. Louise du Plessis, Lawyers for Human Rights

  10. Dr. Stan du Plessis, ekonoom en uitvoerende hoof, Stadio

  11. Max du Preez, outeur en joernalis

  12. Prof. Louise du Toit, professor in filosofie, Stellenbosch Universiteit

  13. Louis Gaigher, samestellende redakteur, Wits University Press

  14. Rudolf Gouws, ekonoom

  15. Gert Grobler, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur

  16. Chris Heymans, vryskut-sakekommentator

  17. Gielie Hoffmann, bestuurskonsultant, skrywer

  18. Dawie Jacobs, voormalige ambassadeur en politieke kommentator

  19. Willem Kempen, joernalis

  20. Dr. Lindie Koorts, historikus, Universiteit van Pretoria

  21. Nick Koornhof, voormalige LP

  22. Regter Johann Kriegler

  23. Ruda Landman, joernalis en skrywer

  24. JP Landman, politieke en ekonomiese ontleder

  25. Barend La Grange, gemeenskapsontwikkelingspesialis

  26. Andrew le Roux, sakeleier en raadslid

  27. Prof. André le Roux, Universiteit van Kaapstad

  28. Dr. Cornel Malan, onafhanklike strategiese konsultant

  29. Dr. Pepe Marais, adjunkhoof, Joe Public

  30. Prof. Martin Oosthuizen, adjunk-visekanselier, Noordwes-Universiteit

  31. Chris Otto, medestigter van die PSG Groep en voorsitter van Zeder Investments

  32. Nina Overton-de Klerk, emeritus professor in strategiese kommunikasie, Universiteit van Johannesburg

  33. Hans Pienaar, skrywer

  34. Truida Prekel, innovasiekonsultant

  35. Dr. Jurie Schoeman, teoloog en predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk

  36. Mercia Schoeman, skrywer

  37. Dr. Marilet Sienaert, voormalige uitvoerende direkteur van navorsing, Universiteit van Kaapstad.

  38. Leane Spangenberg, regsadviseur

  39. Chris Spies, vredesbou- en bemiddelingspesialis

  40. Deborah Steinmair, skrywer

  41. Dr. Susan Steynberg-Perold, voormalige adjunkdirekteur van biblioteekdienste, Universiteit van Kaapstad

  42. Dr. Mareli Stolp, pianis en akademikus

  43. Dr. Petrus Strijdom, geestelike en teoloog

  44. Ds. Rudi Swanepoel, Nederduitse Gereformeerde Kerk

  45. Adv. Jacob van Garderen

  46. Prof. A.A. van Niekerk, emeritus professor in filosofie en emeritus direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek, Universiteit Stellenbosch

  47. Prof. Anthoni van Nieuwkerk, professor in internasionale betrekkinge, UNISA

  48. Ali van Wyk, joernalis


Credo

Ek is gewortel in Suid-Afrika en verweef met Afrika se mense.

Ek is gevorm deur my geskiedenis, maar word nie daardeur beperk nie.

Ek eer my taal en tradisies en gebruik dit om brûe te bou.

Ek staan vir geregtigheid en menswaardigheid.

Ek erken die onregte van ons verlede en die uitdagings van ons hede.

Ek neem verantwoordelikheid om te help bou aan ’n toekoms waar almal veilig is en floreer.

Ek onderneem om te werk vir versoening gegrond in die waarheid, en vir hoop wat sigbaar word in dade.

or
Register with Google
Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek