🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
Terug na Lede
Izak de Vries
Izak de Vries

Izak Daniël de Vries is op 19 Januarie 1969 in Port Elizabeth gebore en het sedert sy vroeë jare ’n passie vir woorde, beelde en vertelling gedra. Sy skryfloopbaan het al voor sy tienerjare begin toe hy sy eerste stukke op skool gepubliseer het. Die kombinasie van fotografie en joernalistiek het hom vroeg reeds laat besef dat hy beide beeld en teks as sy kernmediums sal volg. 


Na skool het hy sy studies aan die Universiteit van Natal begin (waar hy filosfie, Afrikaans en Nederlands studeer) en later verwerf hy ’n honneurs in Skeppende Skryfwerk en ’n MA met lof aan die Universiteit van Kaapstad, met ’n spesifieke fokus op André P. Brink se werk. Hy het ook al met skryf- en joernalistieke kursusse werk geword en was tydens sy studentejare reeds aktief in die joernaal- en uitgewerswêreld. 


Izak se vroeë professionele jare as joernalis het hom gelei na ’n groot betrokkenheid by LitNet, een van Suid-Afrika se grootste aanlyn platforms vir literatuur, kulturele kommentaar en joernalistiek. Hy was ’n vroeë bydraer en redakteur daar, het webinhoud en artikels geskryf, maar het later sy onafhanklike loopbaan uitgebrei terwyl hy steeds vir LitNet skryf. Sy artikels en resensies verskyn gereeld – insluitend boekresensies, literêre kritiek, onderhoude, meningsartikels en verslaggewing oor taalkundige en kulturele temas. 


Sy skryfwerk spring uit deur ’n liefde vir gewone mens se stories, ’n smaak vir literêre kompleksiteit én ’n begeerte om goed te skryf wat mense wil lees. In sy persoonlike lewe is hy ’n entoesiastiese leser, fotograaf en natuurliefhebber wat graag tyd in die natuur spandeer, sy gesin waardeer en fiksheidsdoelwitte nastreef.

izakdevries.co.za
1
Afrikaners vir Suid-Afrika
1750 Lede
<p><strong>Wie en wat ons is</strong></p><p><br></p><p>Hierdie forum het ontstaan uit ’n verklaring waarin 48 progressiewe Afrikaners hul kommer uitgespreek het oor disinformasie dat Afrikaners slagoffers van ’n beweerde volksmoord is en oor die algemeen in Suid-Afrika te na gekom word. Hierdie d...
Ander Lede
1
Byna liefde
Catalyst Press / Powerssquared • 2008
Catalyst Press / Powerssquared 2008 ISBN: ISBN: 9780624046844
Hierdie bundel fokus op verskillende fasette van die liefde — van die opwinding van nuut-gevonde liefde tot die uitdaging van langdurige verhoudings, onvervulde begeertes en introspeksie oor hoe mense met liefde omgaan. Die verhale is tematies gesentreer rondom hoe liefde “byna” bereik word, maar nie altyd in die ideale sin vervul word nie — wat die titel se betekenis beklemtoon. Die verhale bring onder andere temas van romantiek, verhoudingsdynamika, begeerte en die soeke na betekenisvolle menslike interaksies na vore.
1
Woordenaar by die KKNK: die ware Afrikaner-verklaring
By die Klein Karoo Nasionale Kunstefees breek Churchil Naudé se Woordenaar die veilige grense van Afrikanerskap oop — rou, eerlik en sonder verskoning. Dis nie net ’n vertoning oor taal, geloof en ide
👁 307 lesers

Woordenaar by die KKNK: die ware Afrikaner-verklaring

By die Klein Karoo Nasionale Kunstefees breek Churchil Naudé se Woordenaar die veilige grense van Afrikanerskap oop — rou, eerlik en sonder verskoning. Dis nie net ’n vertoning oor taal, geloof en identiteit nie; dis ’n konfrontasie met armoede, rassisme en selfbedrog wat lankal in die Afrikaanse sitkamer wag om aangespreek te word. Terwyl sommige nog besig is om ’n “Afrikaner-verklaring” te skryf, vra Woordenaar ’n dringender vraag: wat doen ons vir ons mense? Hierdie is kuns wat byt, pla en wakker maak — en dis presies hoekom jy dit móét lees.

Woordenaar by die KKNK: die ware Afrikaner-verklaring

Resensie - soos geplaas op Litnet

Ek volg Churchil Naudé al lank.

Hy daag uit. Hy krap orals en laat ’n mens met ongemaklike vrae.

So hoort dit in ernstige kuns.

Roy Campbell het jare gelede ’n satiriese gedig geskryf oor “the firm restraint” waarmee Suid-Afrikaanse skrywers te werk gaan. Hy eindig die kort gediggie deur te sê dis alles goed en wel, “but where’s the bloody horse”? Bedoelende, kunstenaars is so besig om “restraint” te beoefen dat hulle nie by enige werklik belangrike goed uitkom nie.

Wel. Churchil Naude het nie daardie probleem nie. Hy saal ’n blerrie idee op en ry haar bloots, al die pad. Hy wys ons ook sommer waar die olifant in die kamer is (aangesien ons nou met Engelse metafore wil ploeg).

Woordenaar is ’n musikale reis deur armoede, tronke, rassisme en veel meer. Niks en niemand word ontsien nie. Ook nie kerk nie, al is dit ’n baie geestelike vertoning.

Agter ons het ’n groep skoolkinders gesit wat soms letterlike na hulle asems gesnak het as Naudé nou en dan kru woorde gebruik het.

Hy is relevant

So ’n ruk gelede het ’n groepie regses Afrikanerskap weer probeer wit maak met hulle lagwekkende “Afrikaner-verklaring”. Daarop het verskeie mense gereageer, Facebook-groepe is gestig, en briewe is geskryf.

’n Vertoning soos Woordenaar wys hoe verspot die debatte oor Afrikanerskap geword het. Dóén liewer iets, daar is soveel Afrikaners in nood, is wat die vertoning sê. Kyk wat ons moet doen om ons taal en die sprekers daarvan te red.

Naudé sê oor homself: Hy is drol in die drinkwater. Jy kan hom probeer ignoreer, maar hy sal nie verdwyn nie.

Die musiek en die gedigte

Die vertoning is gestroop. Naudé self verskyn in ’n kortbroek en kaalvoet.

Die musiek het ook ’n minimalistiese gevoel.

Wanneer Naude rap, is die musiek dikwels eenvoudige akkoorde ter ondersteuning van hom, hoewel Riku Lätti nou en dan sy vernuf op die vleuelklavier ten toon gestel het. Ander kere het die sang vervloei na “koortjies” – eenvoudige geestelike melodieë wat ons in kerke hoor. By tye sou Lätti een akkoord oor en oor speel op die trekklavier, net soos ’n mens in kerke hoor wanneer “koortjies” gesing word.

Jackie Lätti het Naudé bygestaan met sang en voorlesings; Riku het ook saam gesing; en Justy Witbooi was op die kitaar.

Dus?

Ek het die vertoning geniet, en ’n groot deel van die (te klein) gehoor het ook. Ná die tyd het iemand egter opgemerk dat die vertoning met die bekeerdes praat. Dis jammer. Veel meer mense moet Woordenaar kan hoor.

Stuur Boodskap

Kontak Izak de Vries direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek