🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
Back to Members
Piet Croucamp
Piet Croucamp
Founder

Prof. Piet Croucamp, PhD is ’n Suid-Afrikaanse politieke ontleder, joernalis, akademikus en meningsvormende skrywer wat ’n kenmerkende stem in politieke kommentaar en navorsing oor demokrasie, geweld, politieke risiko’s, media en samelewing is. Hy dien as Associate Professor in Political Studies and International Relations by die North-West University (NWU) in Suid-Afrika en het ’n lang akademiese loopbaan in politiek en internasionale verhoudinge, met ’n fokus op geweld, politieke risiko en demokratiese stelsels.

Croucamp is bekend vir sy diepgaande ontleding en opinieartikels in Afrikaanse en Engels-taal-media, waaronder bydraes op platforms soos Binne+Land, Netwerk24, Vrye Weekblad en ander publikasies waar hy sosio-politieke kwessies, identiteit, politiek en die hedendaagse Suid-Afrikaanse konteks bespreek.


Sy werk strek wyd oor die publikasie van meningsstukke, akademiese artikels, debatstukke, en optredes in media-interaksies, waarin hy dikwels fokus op hoe samelewings struktureel en politiek funksioneer — insluitend temas soos Afrikaneridentiteit binne die demokratiese Suid-Afrika.


Benewens sy skryfwerk is Croucamp ook politieke ontleder in televisie- en radiopanele, en hy verskyn gereeld as ‘n deskundige stem in debatprogramme en media-sonderhoude.

1
Afrikaners vir Suid-Afrika
Founder 1750 Members
<p><strong>Wie en wat ons is</strong></p><p><br></p><p>Hierdie forum het ontstaan uit ’n verklaring waarin 48 progressiewe Afrikaners hul kommer uitgespreek het oor disinformasie dat Afrikaners slagoffers van ’n beweerde volksmoord is en oor die algemeen in Suid-Afrika te na gekom word. Hierdie d...
Other Members
1
Piet aan Tim: Afrikaners durf nie Trump se ‘weekend special’ wees nie
Die twis tussen Afrikaners vir Suid-Afrika en die Solidariteit-beweging is so diep en toksies dat dit moeilik is om enige middelgrond tp identifiseer, skryf Piet Croucamp.
👁 147 lesers

Piet aan Tim: Afrikaners durf nie Trump se ‘weekend special’ wees nie

Die twis tussen Afrikaners vir Suid-Afrika en die Solidariteit-beweging is so diep en toksies dat dit moeilik is om enige middelgrond tp identifiseer, skryf Piet Croucamp.

Piet aan Tim: Afrikaners durf nie Trump se ‘weekend special’ wees nie

Hierdie brief deur Piet Croucamp is oorspronklik in Rapport gebubliseer as Piet aan Tim: Afrikaners durf nie Trump se ‘weekend special’ wees nie

Tim du Plessis en Frederik van Dyk het onlangs albei te velde getrek teen die groep bekend as Afrikaners vir Suid-Afrika (AvSA). Van Dyk verwys na AvSA as'n sogenaamde Afrikaner-elite wat voorskriftelik uit hoë torings praat; Du Plessis beweer weer dat hierdie elite verdoemende strooipoppe - soos die gewaande volksmoord-narratief - die wêreld instuur om AfriForum en Solidariteit te stigmatiseer.
Sowel Du Plessis as Van Dyk het normaalweg 'n meer interessante en gekompliseerde verstaan van dit waarmee hulle intellektueel gekonfronteer word as wat hul skrywes geimpliseer het.
Die noodsaak van gesprek
In hul onderskeie rubrieke stel Du Plessis en Van Dyk 'n baie belangrike vraag aan die orde: Hoe moet ons as Afrikaners met mekaar praat oor ons verkille? Die vraag op sigself is natuurlik 'n politieke senuweepunt wat tot verdere vrae lei. Daar is onskuldige vrae, soos: Hoekom is'n gesprek tussen Afrikaners belangrik en waaroor moet daar gepraat word? En dan is daar die meer sinistere vraag: Is die implisiete motivering vir so 'n gesprek dat wittes moet saamstaan eerder as om mekaar te ondermyn, al is die verkille en geskille ook geldig?
Dit is juis die primére probleem wat AvSA het met die aandrang dat daar 'n toenaderingsgesprek tussen hulle en die Solidariteit-beweging moet wees. AvSA wil, eerstens, met alle Suid-Afrikaners praat. En, tweedens, hulle weier om Afrikaner-nasionalisme te bevorder by die Withuis of om 'n eksklusiewe wit gesprek oor die lyding en lot van swart Suid-Afrikaners te voer. Misdaad en swak regering is nié'n wit kwessie nie; dit veroorsaak massiewe trauma vir alle Suid-Afrikaners, en meer spesifiek vir die mees kwesbare onder ons
Die diepte van ons verkille
Die verskil tussen hierdie twee verteenwoordigende stemme, AvSA en die Solidariteit-beweging, is tans so diep en toksies dat dit moeilik is om enige middelgrond te identifiseer. Ek het my bedenkinge oor sommige van AfriForum se strategieé wanneer hulle wederstrewige stemme probeer smoor.
In Desember 2025 het AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, in 'n mediaverklaring beweer dat hy oor inligting beskik dat minstens twee Suid-Afrikaanse joernaliste deur sowel die Staatsveiligheidsagentskap as die departement van internasionale betrekkinge en samewerking betaal word om AfriForum en die Solidariteit-beweging in oneer te bring. Kriel het nooit die name van die joernaliste of sy bron bekend gemaak nie, maar daar kan geen twyfel wees nie dat hy Donald Trump se strategie gebruik in 'n poging om die moeilike vrae van die media te stigmatiseer.
Kriel het ook gesé dat AfriForum formeel ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting by sowel die departement van internasionale betrekkinge en samewerking as die Staatsveiligheidsagentskap aansoek gedoen het dat die name van akademici, joernaliste en kommentators wat na bewering deur die staat betaal word, bekend gemaak sou word. Dit was niks anders as 'n poging om diegene wat van hom verskil te ondermyn nie, en Kriel weet dit.
Ek is seker hy sal dit ontken, maar ek het goeie inligting oor wie sy sogenaamde bron was. Ek was vriende met Vic McPherson, die voormalige hoof van die apartheidstaat se geheime propaganda-en-disinformasie-eenheid, Stratcom. Danksy hierdie vriendskap is ek bekend met die werk en lewe van die joernalis wat die ongegronde bewering teenoor Kriel gemaak het. McPherson het my in besoderhede vertel van die intelligensie-ondersoeke wat destyds daarop gemik was om joernaliste, veral by die SAUK en Afrikaanse korante, by subversiewe gedrag te betrek.
Kriel se bron was by name genoem in sy boek - wat toe uiteindelik nie gepubliseer is nie, want hy is kort daarna dood. Ek en Craig Williamson het agter in die kerk gesit tydens die begrafnisdiens. Ons laaste gesprekke sal my altyd bybly.
Die einde van dit wat normaal moes wees
Ek weet nie van een van AvSA se lede wat nié Julius Malema se misbruik van "Dubul'ibhunu" ('shoot the Boer") verag nie. Niemand het ooit ontken dat die ANC-regering korrup en misdadig is nie. Ons het nooit ontken dat die ANC 'n opportunistiese agenda het wat ras bewapen met goedkoop populisme nie. Maar eweneens bewapen die Solidariteit-beweging wit slagofferskap teen swart Suid-Afrikaners. Steeds, niemand ontken dat die ANC aan Kriel en kie al die skietgoed gee wat hulle nodig het om Suid-Afrika se werklikhede te verduister nie.
Max du Preez wy in sy jongste boek, The End of Normal: A Witness to the Unravelling of White Power in South Africa, sy slothoofstuk aan 'n kritiek op "AfriSol" (sy samevoeging vir AfriForum en Solidariteit). Sy hoofargumente is dat dié belangegroep 'n herlewing van Afrikaner-nasionalisme najaag. Du Preez beskryf hoe Flip Buys AfriForum en Solidariteit van 'n vakbond-basis opgebou het tot wat hy noem die magtigste groep georganiseerde Afrikaners, met 'n strategie gemodelleer op vroeg-20ste-eeuse Sionistiese nasiebou-organisasies.

Du Preez maak 'n argument waaroor ek en hy dit eens is: dat AfriSol plaasaanvalle oordryf tot 'n identiteitsbepalende narratief. Du Preez ontken nie dat plaasmoorde en -aanvalle 'n werklike probleem is nie; hy maak egter die geldige punt dat AfriSol die sielsvernietigende kwessie aan witheid en wit vrese koppel. Ons argument is dat die Solidariteit-groep landelike misdaad op 'n siniese wyse misbruik om die aanwas van hul ledetal te bevorder en Afrikaner-nasionalisme aan te wakker.
Du Preez se sentrale tesis, soos in die boek se titel uiteengesit, is dat baie Afrikaners hulselr nou sien as slagotfers van etniese vervolging en hy hou Atrisol verantwoordelik vir die herlewing van die internasionale beeld van Afrikaners as "selfsugtige, rassistiese boelies". Die belangriker bewering wat Du Preez maak, is dat, soos die EFF en MK-party, AfriSol die Grondwet wil verander. Hierdie bewering word ten dele bevestig deur AfriSol se verbintenis tot Orania, waar verskeie lede van dié Afrikaner-drukgroep eiendom besit. 'n Formele gesprek tussen die Solidariteit-beweging en AvSA kan die sogenaamde Groep van 44 skuldig maak aan die vergoeiliking van 'n historiese ongeregtigheid
Besoek aan Amerikaanse ambassade
Meer onlangs het die Solidariteit-beweging 'n fel openbare veldtog onderneem om AvSA se besoek aan die Amerikaanse ambassadeur, L. Brent Bozell III, te stigmatiseer.
Ek was aanvanklik op die gastelys na die ambassade, maar is afgehaal toe dit duidelik geword het dat daar net voorsiening gemaak kan word vir'n beperkte getal besoekers. Maar ek sou in elk geval wou onttrek omdat ek nie werklik 'n persoonlike belang sou vind in'n gesprek met Bozell nie.
Dit was egter belangrik dat AvSA die simboliese punt maak dat daar meer as een
standpunt is met betrekking tot die Amerikaanse president se opinies oor Afrikaners en Suid-Afrika. Vir sommige lede van AvSA, soos ek, was dit belangrik dat swart Suid-Afrikaners sou sien dat nie alle Afrikaners hul eie belange stel bo diegene wat die meeste ly onder die ANC se dwingelandy nie. Maar dit was ook belangrik vir AvSA dat die Amerikaanse president uitgewys word vir sy soms ongegronde uitsprake.

Ek het verskeie van die Solidariteit-beweging se senior lede gevra of hulle Trump se mistastings tydens hul besoeke aan die Withuis regstel; en nee, hulle het nie. Wat my betref, is die volksmoord-narratief, in 'n poging om hul eie saak te bevorder, op'n uiters sinise wyse en doelbewus deur die Solidariteit-beweging suurstof gegee sonder om dit by name te noem. Die ironie is dat sowel Du Plessis as Van Dyk AvSA daarvan beskuldig dat hulle die ongegronde volksmoord-narratief misbruik. Blaas my siel.
Die argument en die feite
Du Plessis versoek ook dat Afrikaners vir Suid-Afrika "die swaarkry van die nuwe generasie" sal erken. Niemand by AvSA het ontken dat sommige jong Afrikaners 'n geleefde ervaring van uitsluiting het nie. Ek maak dit my lewenstaak om sulke studente te help waar ek kan en het al baie by die agterdeur van tersiêre instellings ingesleep. Ironies genoeg het ek en Flip Buys soms saamgewerk om sistemiese uitsluiting te oorbrug. Daar was ook ander instansies en individue wat my gehelp het met finansiering vir wit Afrikaanse studente, van wie sommige bloot op grond van gebrekkige prestasie nie toelating tot universiteit gekry het nie. Terloops, nie een van die studente wat ons só "by die agterdeur" ingekry het, het ooit 'n vak gedruip nie, en die meeste het reeds'n graad gekry.
Maar feite en data skep konteks en is belangrik. Volgens Stats SA was 12% van Suid-Afrika se wit jeug (15-34 jaar) in 2025 werkloos, teenoor 49% van ons swart jong mense in dieselde ouderdomskategorie. In Brasilië is die vergelykbare syfer 14%, in Finland 23%. In Spanje is 24,2% van mense in die ouderdomskategorie van 15-24 jaar werkloos, in Brittanje is dit 16,2%, in Italië 20% en die gemiddelde in die Europese Unie is 15,2%.
Ek wil amper vra: Van watter swaarkry en uitsluiting praat jy. Tim, en wat is jou norm?
Du Plessis maak 'n verbysterende aanname in die vraag waarmee hy sy rubriek eindig.
Hy vra: "Het jy al ooit gewonder hoekom sekere Afrikaners huiwerig is om Trump te kritiseer en sommige hom selfs verdedig? Dis omdat hy hulle raakgesien laat voel"

Tim, Trump misbruik Afrikaners om sy eie kommer met die groeiende diversiteit in die Amerikaanse samelewing te bestuur. Suid-Afrika, en meer spesifiek die Afrikaners, kan nie Trump se weekend special wees nie. Jou argument herinner my aan my eie verarmde moeder wat soms gesé het: "Dis 'n goeie man daai, want hy slaan nie sy vrou nie."

Hierdie brief deur Piet Croucamp is oorspronklik in Rapport gebubliseer as Piet aan Tim: Afrikaners durf nie Trump se ‘weekend special’ wees nie

Stuur Boodskap

Kontak Piet Croucamp direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek