🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
Terug na Lede
Chris Heymans
Chris Heymans
Stigter Admin

Chris Heymans is 'n vryskut konsultant en adviseur wat spesialiseer in die politieke ekonomie van privaat en openbare sektor institusionele stelsels en verandering, met 'n fokus op water en sanitasie, plaaslike regering en openbare dienslewering. Sy institusionele rolle in politieke studies en ekonomie het gestrek van die Wêreldbank en bilaterale ontwikkeling organisasies en konsultasie firmas in meer as 20 lande, insluitende die Britse Departement van Internasionale Ontwikkeling (DFID), Suid-Afrika se Nasionale Tesourie en Ontwikkelingsbank en die eertydse privaat sektor gedrewe Stedelike Stigting, asook verskeie universiteite.


As onafhanklike adviseur fokus hy op die politieke ekonomie van stedelike bestuur ontwikkeling en infrastruktuur beplanning en bestuur. Sy onlangse werk sluit in die ontleding van water krisisse in groot Suid-Afrikaanse stede soos Johannesburg en Durban, waar hy die onderliggende bestuurs- en regerings probleme uitwys en help hervorm . Heymans se akademiese agtergrond strek politieke wetenskap en ekonomie, en ontwikkeling studies.


Hy is 'n aktiewe openbare sake kommentator, under andere in publikasies soos LitNet en Daily Maverick.en het die hervorming georiënteerde Afrikaners vir SA' verklaring in 2025 onderteken, gemik op die bou van ‘n inklusiewe Suid-Afrika, wat konstruktief werk om rasionele debat en samewerking te bevorder tussen alle Suid-Afrikaners, vry van die nalatingskap van apartheid se politieke en sosiale afsondering wat Suid-Afrikaners oor soveel jare bly verdeel het.

1
Afrikaners vir Suid-Afrika
Stigter Admin 1750 Lede
<p><strong>Wie en wat ons is</strong></p><p><br></p><p>Hierdie forum het ontstaan uit ’n verklaring waarin 48 progressiewe Afrikaners hul kommer uitgespreek het oor disinformasie dat Afrikaners slagoffers van ’n beweerde volksmoord is en oor die algemeen in Suid-Afrika te na gekom word. Hierdie d...
Ander Lede
3
Nog ’n jaar, nog ’n plan: Kan die nuwe waterinfrastruktuurplan vir 2026/27 werk?
R12,3 miljard. 411 projekte. Nog ’n nuwe waterplan. Maar kan Suid-Afrika se waterkrisis regtig opgelos word deur nóg infrastruktuur alleen? Chris Heymans ondersoek waarom die ware probleem nie net
👁 273 lesers

Nog ’n jaar, nog ’n plan: Kan die nuwe waterinfrastruktuurplan vir 2026/27 werk?

R12,3 miljard. 411 projekte. Nog ’n nuwe waterplan. Maar kan Suid-Afrika se waterkrisis regtig opgelos word deur nóg infrastruktuur alleen? Chris Heymans ondersoek waarom die ware probleem nie net gebarste pype en vervalle aanlegte is nie, maar swak bestuur, korrupsie, tegniese vaardigheidstekorte en finansiële wanbestuur. Die vraag is nie of ons nuwe infrastruktuur kan bou nie – dit is of ons die instellings kan herstel wat dit moet bestuur. Lees waarom die sukses van die regering se jongste waterplan uiteindelik van veel meer as net geld gaan afhang.

Nog ’n jaar, nog ’n plan: Kan die nuwe waterinfrastruktuurplan vir 2026/27 werk?

Oorspronklik gepubliseer op Litnet

Met landswye munisipale verkiesings om die draai in November gaan die watersektor1 gewis hierdie jaar in die kollig wees. ’n Spoedige salvo was die onlangse aankondiging van die minister van water  en sanitasie (WSS), Pemmy Majodina, dat haar departement beplan om R12,3 miljard aan 411 waterinfrastruktuurprojekte in 2026/27 te bestee. Dit sal  beleggings in pypleidings, waterverwerkingsfasiliteite en verspreidingstelsels behels, en institusionele hervorming ondersteun.

Tereg blyk dit dat die Departement van Water en Sanitasie (DWS) – deesdae meer bevoeg as vir etlike jare – besef dat waterprobleme nie net deur infrastruktuurbesteding opgelos kan word nie, en dat daar ’n bestuurskrisis is, nie bloot ’n infrastruktuurkrisis nie. Dit is ’n belangrike konseptuele verskuiwing, want in baie munisipaliteite het infrastruktuur nie agteruitgegaan weens onvoldoende befondsing nie, maar omdat instandhouding, finansiële bestuur en tegniese vermoëns verswak het.

Sean Phillips, direkteur-generaal van die DWS, het heelwat verbeterings geloods, maar waarsku dat baie munisipaliteite vasgevang is in ’n “afwaartse spiraal”. Waterlekkasies, diefstal en onakkurate meters suig munisipale inkomste op, en instandhouding word te lank uitgestel. Bekwame tegniese personeel verlaat munisipaliteite en word dikwels nie vervang nie, terwyl diensonderbrekings toeneem, openbare vertroue krimp, en finansiële herstel moeiliker word.

Die krisis het minstens vyf onderliggende dimensies:

  • Fisiese infrastruktuur verval en word swak onderhou.

  • Onvoldoende afvalwaterbehandeling dra by tot besoedeling van bronne, omgewingsagteruitgang en gesondheidsrisiko's.

  • Baie verbruikers betaal nie vir munisipale dienste nie, en as gevolg daarvan skuld munisipaliteite meer as R27 miljard aan waterrade, wat die finansiële volhoubaarheid van water- en sanitasiedienste ondermyn.2

  • Politieke onstabiliteit, korrupsie en swak aanspreeklikheid het baie munisipale administrasies verswak. Dit verpolitiseer aanstellings, verswak institusionele geheue, verhoog administratiewe kostes, en ondermyn langtermynbeplanning en instandhouding.

  • Daar is ’n gebrek aan goeie ingenieurs, projekbestuurders en ervare munisipale amptenare om die kwaliteit van tegniese dienste in die staatsdiens in stand te hou.

Die goeie nuus is dat die DWS se nuwe benadering blyk hierdie realiteite meer openlik as voorheen te erken. Straks die belangrikste verskuiwing wat hulle identifiseer, gaan oor die toenemende afhanklikheid van waterrade. Dit is ’n delikate saak, wat kort- tot mediumtermynverbetering kan verseker, maar nie noodwendig langtermynkapasiteit bou nie. Die bereidwilligheid om saam te werk met internasionale en Suid-Afrikaanse ontwikkelingsfinansieringsinstellings help vordering, maar baie munisipaliteite het doodgewoon nie die kapasiteit om groot infrastruktuurprojekte effektief op hul eie uit te voer nie. Die hulp van buite is dus nuttig, maar daar is steeds ’n behoefte om plaaslike verantwoordbaarheid en kundigheid te versterk.

Die Nasionale Tesourie se impak op munisipale hervormings dui veral op kommer oor die standaard en kundigheid om die kapasiteit van munisipale dienste en bestuur, veral water en elektrisiteit, te verskerp. Hul hervormings behels afkamping van waterinkomste, en verbetering van operasionele aanspreeklikheid en bestuurstelsels. Maar baie munisipaliteite – insluitend die meeste metro’s – is afhanklik van fiskale ondersteuning van die nasionale regering, en sukkel om tegniese personeel te werf en inkomste in te vorder. In verskeie  munisipaliteite is die plaaslike ekonomiese basis net te klein en broos om komplekse waterstelsels te onderhou.

Die gevolg is ’n groeiende verskil tussen die grondwetlike aannames wat plaaslike regering onderlê en die operasionele realiteite in die praktyk. Dit plaas ook toenemende klem op vennootskappe met die privaatsektor en ander finansieringsinstellings. Daar is wel groeiende erkenning in die regering dat die ondersteuning deur die fiskus nie op sigself voldoende sal wees nie, gegewe die omvang van opgehoopte infrastruktuuragteruitgang. Privaatsektorwatervoorsieners is ook nog maar dun gesaai in Suid-Afrika, en hul betrokkenheid bly polities kontroversieel.

Die beperkings wat privaatsektorbetrokkenheid in die gesig staar, word dikwels swak verstaan. Die vernaamste hindernisse is nie noodwendig ideologiese teenstand teen privaatsektorbetrokkenheid nie, maar privaatmaatskappye word dikwels afgeskrik deur munisipaliteite wat nie vir dienste betaal nie, politieke inmenging, korrupsierisiko’s en onsekerheid oor langtermyn-inkomsteherwinning. Infrastruktuuragentskappe voer dikwels aan dat Suid-Afrika se grootste probleem dikwels nie die gebrek aan befondsing is nie, maar swak projekvoorbereiding en -implementering.

Hierdie tendense bevestig die geldigheid van breër internasionale ontwikkelingsbenaderings oor die rolle van die privaatsektor, finansierders soos die Wêreldbank, en die bilaterale organisasies van ekonomies sterker lande. Suid-Afrikaanse beleidmakers lyk toenemend asof hulle soortgelyke gevolgtrekkings oorweeg, maar dit is nie konsekwent die geval nie. En vakbonde en sommige politieke groepe bly negatief oor privaatsektorbetrokkenheid. 

Die uitdaging wat die regering in die gesig staar, is kompleks. Dit moet tegelyk toegang tot dienste uitbrei en bekostigbaar wees, swak munisipaliteite stabiliseer, tegniese vermoëns verbeter, finansiële volhoubaarheid herstel en polities destabiliserende tariefverhogings vermy. Maar hierdie prioriteite bots dikwels met mekaar. Strenger finansiële handhawing kan aanspreeklikheid verbeter, maar munisipaliteite ook onder meer druk plaas. Om waterinkomste af te kamp kan volhoubaarheid versterk, maar munisipale fiskale buigsaamheid verminder.

In die 1990’s was die aanname dat munisipaliteite sou herstel as hulle bloot meer befondsing ontvang. Vandag is die probleme steeds nie opgelos nie. Die regering toon groter realisme oor die beperkings van munisipale kapasiteit en dat dit beide institusionele hervorming en infrastruktuurkonstruksie verg. Maar baie munisipaliteite sukkel steeds met onstabiele politieke leierskap, swak of te min ingenieurskapasiteit, lae inkomste-invordering en onvoldoende instandhouding van stelsels. Duidelik is die herbou van instellings baie stadiger as die bou van infrastruktuur.

Kan die politieke stelsel die langtermyndissipline volhou wat nodig is om daardie instellings konsekwent oor tyd te herbou? Suid-Afrika se waterhervormings het spronge vorentoe gegee sedert ’n paar jaar gelede, toe selfs watertenkwaens as ’n oplossing gesien is – ’n benadering wat aansienlike korrupsie en uitbuiting meegebring het. 

Die meer onlangse DWS-benaderings – insluitend die planne wat deur die DWS-leierskap bepleit word – gee toe dat hoewel infrastruktuur, pyplyne en behandelingsaanlegte herstel kan word, die herbou van effektiewe bestuur moeiliker kan wees. Dit lyk of die DWS darem hieraan werk, maar die pad bly lank en ver.

Eindnotas

1 Chris Heymans is ’n onafhanklike adviseur wat spesialiseer in die politieke ekonomie van stede, stedelike ontwikkeling en water- en sanitasiedienslewering.

2 Departement van  Water en Sanitasie, 2025/26. Third quarter performance report to parliament by Deputy Minister: https://pmg.org.za/committee-meeting/42686.

When everything is a "deal", almost nothing is governed
Die wêreld word al hoe meer regeer soos ’n saketransaksie: wie wen, wie verloor, en wie slaan die slimste “deal” toe. Maar wat gebeur met demokrasie wanneer politiek nie meer oor beginsels, vertroue e
👁 381 lesers

When everything is a "deal", almost nothing is governed

Die wêreld word al hoe meer regeer soos ’n saketransaksie: wie wen, wie verloor, en wie slaan die slimste “deal” toe. Maar wat gebeur met demokrasie wanneer politiek nie meer oor beginsels, vertroue en instellings gaan nie – net oor onmiddellike wins? In hierdie skerp ontleding word Donald Trump se “art of the deal”-benadering ontbloot as meer as bloot styl: dit is ’n gevaarlike skuif weg van verantwoordbaarheid na blote magspeletjies.

When everything is a "deal", almost nothing is governed

Soos oorspronklik verskyn op verskyn op Litnet


The elevation of the “deal” as a governing metaphor – à la Donald Trump rhetoric – warrants more reflection. With it in its most visible form as seen under the US president, politics is framed as a sequence of transactions struck, won or closed, where success is measured by leverage and immediate gain, rather than institutional purpose or public interest. This recasts politics as a marketplace of short-term outcomes, rather than a system of sustainable accountability.

Politics has always involved negotiation. In its constructive form, negotiated compromise is embedded in political, constitutional and legal frameworks that ensure fairness and accountability. But in the way that Trump operates and talks, the “deal” becomes the organising principle of politics itself, judged not by whether problems are solved, but by whether a “win” can be claimed.

This logic is most visible in the political style associated with Donald Trump. In trade, alliances and diplomacy, outcomes are framed as winners and losers. The emphasis shifts from institutional durability to extracting advantage in each interaction.

This approach has disrupted longstanding diplomatic arrangements. Relations with traditional allies of the US have been reframed in transactional terms – especially around defence and trade – introducing uncertainty into commitments previously anchored in institutional trust. In the Middle East, for example, bilateral deal-making over multilateral frameworks has contributed to volatility, even where agreements have been reached.

A similar dynamic appears in South Africa and other parts of Africa, where coalition politics, procurement or state-business relations are sometimes treated as negotiable bargains, rather than rule-bound processes. The risk is not only inefficiency, but unequal shifting of power, rather than stable rules supposed to facilitate sustainable relations with supposed friends and foes.

This shift reflects a deeper change in how authority is exercised. Hungarian political economist Karl Polanyi argued¹ that exchange systems function best when embedded in institutional frameworks that strengthen and sustain trust and accountability – not immediate advantage to the more powerful.

Similarly, German sociologist and political economist Max Weber contended that fair authority rests on formal rules, rather than personal discretion². When this is bypassed, authority shifts from systems to individuals.

Institutions are often slow in the making – and vulnerable to failing – making procedural politics feel remote. Citizens facing economic strain or service breakdowns may favour leaders promising immediate action, whether viable or not. Transactional politics thrives in these conditions. But the risks intensify here. When institutional weakness creates demand for shortcuts, governance can slide into personalised power. When everything becomes negotiable, even the rules of governance appear conditional.

In practice, this shows up in the bypassing of procurement rules, unstable coalitions and executive decisions overriding institutional checks. This may produce short-term gains, but it weakens predictability, investor confidence and public trust. For example, in both Donald Trump’s presidential terms, frustration with gridlocked institutions – especially Congress – has been repeatedly leveraged to justify leader-driven action. Trade policy is a good example: Tariffs on Chinese imports have been framed less as part of a coherent trade regime, and more as leverage in negotiation. In foreign policy, Trump’s approach to North Korea has hinged on leader-to-leader engagement with Kim Jong-un, sidelining traditional diplomatic channels.

The appeal in these cases was immediacy: to bypass slow processes by getting a “deal”. But the downside is that policy became contingent on personal relationships and short-term bargains, with limited institutional anchoring. When leadership changed from Trump to Biden after the 2020 US presidential election, much of Trump’s deals proved reversible, showing how weakly embedded such “wins” were.

More durable leadership has looked different. Leaders like Nelson Mandela, Angela Merkel and Barack Obama framed politics as the stewardship of institutions – where outcomes are constrained by process, even at the cost of speed.

In South Africa, the Jacob Zuma era was a strong illustration of the “everything becomes negotiable” point; the Zondo Commission found that formal procurement systems and governance rules were routinely bypassed through networks of patronage and institutional erosion. As service delivery faltered and public trust declined, the space for transactional politics widened, reflected in personalised bargains rather than rule-bound processes.

The limits of deal-making become clearer in structural crises. Climate change, inequality, migration and infrastructure failure cannot be resolved through isolated bargains. They require institutional capacity, coordination and trust. Deals may settle disputes, but they often defer underlying problems.

Political scientists Fiona Adamson and Kelly Greenhill contend that while deal-making in international politics might displace underlying conflicts, it often does not resolve them over time³. “Deals” reframe politics as something to be completed in the moment, rather than governed over time.

The critique of deal-making does not mean defending slow process at all costs. Procedural paralysis is real in many government systems, but urgency without institutional integrity produces inconsistency and enables patronage. When governance becomes a sequence of ad hoc bargains, public authority weakens. To this end, German philosopher Jürgen Habermas⁴ argued that democratic legitimacy depends on public reasoning, rather than bargaining strength alone. When politics is reduced to deal-making, legitimacy becomes thinner.

Thus, negotiation will always remain part of politics. But when the “deal” has become the dominant metaphor, it has proven often to displace obligation, accountability and public purpose. Politics and international relations cannot function as a marketplace alone.

Conclusion: Restoring politics

By framing politics as “the art of the deal”, Donald Trump elevates winning over stewardship and leverage over legitimacy. Rules and institutions become obstacles rather than safeguards.

Accountable governance depends on rule-bound authority and non-negotiable constraints. Public officials are custodians of power, not free agents. Legal equality, constitutional order and institutional integrity cannot be traded without weakening governance itself.

Restoring balance does not mean abandoning negotiation, but re-anchoring it in rules: strengthening oversight, enforcing transparency and embedding agreements in institutional frameworks. Negotiation will always matter, but when it becomes synonymous with deal-making, it ceases to secure sustainable governance in any meaningful sense.

Chris Heymans is an independent public policy analyst based in Cape Town.

Notes

1. Karl Polanyi, The great transformation (1944).

2. Max Weber, Economy and society (1922).

3. Fiona Adamson, “Crossing borders …” (2006); Kelly Greenhill, Weapons of mass migration(2010).

4. Jürgen Habermas, Between facts and norms (1996).

Plaasaanvalle: Werklike gevaar of politieke slagspreuke?
👁 530 lesers

Plaasaanvalle: Werklike gevaar of politieke slagspreuke?

Plaasaanvalle: Werklike gevaar of politieke slagspreuke?

LitNet-lesers se briewe oor plaasaanvalle raak aan die kernvraag: Is daar werklik ’n volksmoordaanslag op Afrikanerboere, of word ’n komplekse veiligheidskrisis vereenvoudig tot ’n politieke slagspreuk? Die onderwerp weerspieël werklike kommer onder baie boere. En internasionaal praat veral die Trump-administrasie sedert 2025 van “wit volksmoord” om Suid-Afrika in diplomatieke debatte te kritiseer.

Min mense sal ontken dat geweldsmisdaad ’n nasionale probleem is, en plaasaanvalle is deel van hierdie breër patroon. Maar die statistiek oor plaasaanvalle – en die volksmoord-idee – is ten regte omstrede. Sommige data sluit alle aanvalle in die landbou in, terwyl ander slegs moorde op kommersiële boere tel. Hierdie verskille beïnvloed hoe die omvang van die probleem verstaan word.

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) het byvoorbeeld in 2025–2026 die VSA se menseregteverslag bevraagteken, en voer aan dat alhoewel plaasmoorde deel van Suid-Afrika se breër geweldsmisdaadprobleem is, dit nie ’n bewys van ’n georganiseerde veldtog van rassistiese aanvalle is nie. Dirco beklemtoon dat slagoffers in landelike gebiede mense van verskillende rassegroepe insluit. Die Amerikaanse regering verwerp hierdie kritiek, en Trump hou vol dit is wit volksmoord.

Die statistiek oor plaasaanvalle is ingewikkeld en word selektief gebruik:

  • Ontledings deur die onafhanklike Africa Check toon dat plaasmoorde wel plaasvind, maar dat beskikbare data nie die bewering van ’n sistematiese rasgerigte veldtog bevestig nie.
  • Navorsers by die Instituut vir Sekuriteitstudies (ISS) in Suid-Afrika sien plaasaanvalle binne ’n breër patroon van landelike geweld en georganiseerde misdaad, insluitend roof, bendeaktiwiteite en swak polisiëring in afgeleë gebiede.
  • Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se misdaadstatistiek bevestig dat Suid-Afrika se hoë moordsyfer ’n sistemiese probleem is wat veral arm en werkersklasgemeenskappe raak. Plaasaanvalle is dus ’n probleem, maar die verskynsel moet binne die groter konteks van geweld verstaan word.
  • Internasionale media en politieke kommentators maak soms dramatiese stellings oor sogenaamde boeremoorde sonder om die breër konteks van misdaad en historiese ongelykhede in ag te neem. Die relevante statistiek word dikwels selektief gebruik, wat kritiese openbare debat bemoeilik.

Dit sou meer produktief wees om praktiese oplossings te soek as om die debat verder ideologies te polariseer. Navorsing oor landelike veiligheid dui op behoeftes om samewerking tussen die polisie en boere te versterk, reaksietye en intelligensie in afgeleë gebiede te versnel, en fermer veiligheidsaksies van alle landelike inwoners – insluitend plaaswerkers en boere – te beskerm. Sterker plaaslike veiligheidsnetwerke en gemeenskapsbetrokkenheid is nodig.

Die bedreigings en onsekerheid wat baie boere ervaar moet ernstig opgeneem word. Maar juis daarom help dit nie om ’n komplekse veiligheidskrisis te reduseer tot die slagspreuk van “volksmoord” nie. Só ’n benadering verskuil die werklike oorsake en aard van geweld en bemoeilik praktiese oplossings. Om landelike veiligheid te verbeter vereis skerp ontleding, betroubare data en samewerking – nie ideologiese oorvereenvoudiging nie.

Min mense sal ontken dat geweldsmisdaad in Suid-Afrika ’n nasionale krisis is, maar die statistiek oor plaasaanvalle is omstrede omdat definisies en databronne soms erg verskil. Sommige data sluit byvoorbeeld alle aanvalle op landbou-eiendomme in, terwyl ander slegs moorde op kommersiële boere tel. Boonop help die emosionele woede van politieke leiers soos Julius Malema en Jacob Zuma en hul volgelinge geensins om die kwessies meer beredeneerd en geloofbaar aan te pak nie.    


Internasionale perspektiewe en misverstande

Samewerking tussen die polisie en landelike gemeenskappe kan vinniger reaksie en beter intelligensie in afgeleë gebiede versterk, ter beskerming van boere, plaaswerkers en plaaslike veiligheidsnetwerke. Navorsers soos ISS beklemtoon dat veiligheid in landelike gebiede verseker kan word slegs as dit deel vorm van ’n breër projek oor sosiale stabiliteit, ekonomiese ontwikkeling en regverdige polisiëring.

Die vrees en onsekerheid wat baie boere ervaar, moet ernstig opgeneem word, sowel in beginsel as empiries en fisies. Plaasaanvalle gebeur inderdaad en te gereeld, maar die slagspreuke van volksmoord is nie geregverdig nie. Dit verg dat veiligheid, historiese bewustheid en sosiale samewerking ernstig opgeneem word om veiligheidsprobleme aan te spreek, en dit is nie op ’n aanvaarbare vlak nie. 

Daar is nie net ’n enkele perspektief in die landboubedryf nie. Johann Kotzé, uitvoerende hoof van Agri SA (die grootste assosiasie van boere in Suid-Afrika), beklemtoon dat plaasaanvalle wel ’n belangrike probleem is in die wyer konteks van Suid-Afrika se algemene misdaadsituasie. (Kyk https://agrisa.org.za/agri-sa/suid-afrikaanse-boere-volhard-te-midde-van-uitdagings.) Maar Agri SA onderskryf nie die rassemoordverwysingsraamwerk nie, en beklemtoon eerder dat praktiese maatreëls om landelike veiligheid en polisiëring te verbeter ’n meer konstruktiewe pad vorentoe is.

Maar die rasgebaseerde definisie van die probleem onder meer regse groepe verdoesel hierdie insig, en verdeel en verswak pogings om dit effektief aan te spreek. Die gebruik van die term “wit volksmoord”, veral in die Trump-kamp, ondermyn die soek na oplossings met ’n sinnelose intensiteit. Maar sommige Afrikaner-groepe, soos AfriForum en Solidariteit, bevorder hierdie narratief internasionaal en hits die Trump-administrasie aan om dit as basis van hul druk op die Suid-Afrikaanse regering te verhoog. Die woede en rasgebaseerde trant daarvan verswak die kanse vir skikkings en oplossings.

Hierdie kompleksiteit verklaar waarom die kwessie van plaasmoorde tegelyk as ’n plaaslike misdaadprobleem, ’n internasionale politieke debat, en ’n fokus van aggressiewe VSA-Suid-Afrika-interaksies voorkom. Die duidelikste gevolg daarvan is die aansporing van ’n misplaaste volksmoordretoriek. Suid-Afrika se strategieë en beleidsmaatreëls moet daarop gerig wees om geweld in alle gemeenskap te verminder, ongeag ras of ligging. Dit gaan nie oor volksmoord nie, maar oor insluitende versoening, verdraagsaamheid en rasionele samewerking.    

Chris Heymans

Onafhanklike politieke ekonomie en ontwikkeling ontleder en adviseur 


 

Verwysings en verdere perspektiewe

Africa Check: Are farm attacks or farm murders increasing in South Africa?

Bruce, D. 2023. Violence in rural South Africa: Understanding the context. Institute for Security Studies Policy Analysis. Pretoria.

Burger, J. 2024. South African crime statistics and rural safety analysis. Instituut vir Sekuriteitstudies (ISS).

Giliomee, H. 2023. Afrikaner politics and farming organisations post-apartheid. Universiteit Stellenbosch.

James, D. 2024. Media, race narratives, and rural politics in South Africa. Universiteit Kaapstad.

Newham, G en A Faull. 2023. Strengthening rural policing in South Africa. Instituut vir Sekuriteitstudies.

South African Police Service (SAPS). Annual Crime Statistics.

Stuur Boodskap

Kontak Chris Heymans direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek