🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
Terug na Lede
JP Landman
JP Landman
Stigter Admin

In ’n land waar politieke kommentaar dikwels tussen paniek en propaganda swaai, staan JP Landman bekend as een van Suid-Afrika se mees nugtere en betroubare stemme oor die toekoms. Hy is nie ’n sensasie-soeker nie. Hy is ’n trend-ontleder — iemand wat eerder na patrone kyk as na kopskrifte.

Landman werk al jare lank as ’n onafhanklike ontleder van politieke, ekonomiese en sosiale tendense. Sy fokus is eenvoudig maar kragtig: om te verstaan waar Suid-Afrika vandaan kom, waarheen dit beweeg, en waarom. Sy werk help besighede, beleidmakers en gewone burgers om sin te maak van ’n komplekse land in ’n veranderende wêreld. 

Hy dien as konsultant vir Nedbank Private Wealth en is ook ’n gasprofessor aan die Universiteit van die Vrystaat, waar hy sy insigte met ’n nuwe generasie studente deel. 

Maar sy invloed lê nie net in sy titels nie — dit lê in sy perspektief.

Waar ander kommentators Suid-Afrika se probleme as noodlottig sien, kyk Landman na langtermyn-data: demografie, infrastruktuur, onderwys, ekonomiese patrone en politieke stabiliteit. Hy herinner Suid-Afrikaners gereeld daaraan dat ’n land nie net deur sy krisisse gedefinieer word nie, maar deur sy trajek oor tyd.

Reeds in die era van president Thabo Mbeki het hy op nasionale vlak ekonomiese raad gelewer as deel van die Presidensiële Ekonomiese Adviesgroep — ’n rol wat sy geloofwaardigheid as ernstige denker oor beleid versterk het. 

Wat hom besonder maak, is sy styl: kalm, histories ingelig en sonder ideologiese bravade. Hy glo dat Suid-Afrika se verhaal nie een van onafwendbare verval is nie, maar een van stadige, ongelyke — maar werklike — vooruitgang.

Vir baie lesers en luisteraars het JP Landman oor die jare ’n soort kompas geword: nie iemand wat sê wat mense wil hoor nie, maar iemand wat help wys waarheen die land waarskynlik beweeg — en waarom hoop steeds ’n rasionele keuse kan wees.

www.jplandman.co.za/
1
Afrikaners vir Suid-Afrika
Stigter Admin 1750 Lede
<p><strong>Wie en wat ons is</strong></p><p><br></p><p>Hierdie forum het ontstaan uit ’n verklaring waarin 48 progressiewe Afrikaners hul kommer uitgespreek het oor disinformasie dat Afrikaners slagoffers van ’n beweerde volksmoord is en oor die algemeen in Suid-Afrika te na gekom word. Hierdie d...
Ander Lede
1
The Long View - Getting Beyond the Drama of South Africa's Headlines
• 2026
2026
Is South Africa going to make it? Are we going to become a modern society Are we going to be OK? Or are our worst fears going to become reality? That despite being a wonderful country, geographically and culturally, we're headed one way? That's the question South Africans fret about continually. That's the question I would like to answer in this book. My answer is not a thumb-suck or knee-jerk reaction. It is not optimistic or pessimistic. I am an analyst. That means I let the facts speak. I call it the Long View. The Long View is information that you can hold on to. It gives you the trend lines rather than the headlines. You can disagree with me if you like. But that is how I see things. Next time you're standing around a braai or sitting around the dinner table and someone starts gaaning aan about the latest drama, you don't need to go into a tailspin. Answer him with the facts. Then carry on making the most of your meal. And of this country. - JP Landman JP Landman is an analyst, renowned for his talks on South Africa. He has studied economics at Harvard and has an MPhil in future studies from Stellenbosch. He is a visiting professor at Free State University. In 2013, he was selected as a Public Policy Fellow at the Woodrow Wilson International Centre for Scholars in Washington DC. The Long View is available at all good bookstores as well as from www.jacana.co.za. You will receive a 20% discount when you order online. For more information, please contact Amy Flatau - [email protected]
1
VSA, China, SA – Quo vadis?
Te midde van groeiende spanning tussen Amerika, China en die Weste word Suid-Afrika al hoe meer gedwing om moeilike keuses oor sy ekonomiese en geopolitieke toekoms te maak. In hierdie skerpsinnige on
👁 419 lesers

VSA, China, SA – Quo vadis?

Te midde van groeiende spanning tussen Amerika, China en die Weste word Suid-Afrika al hoe meer gedwing om moeilike keuses oor sy ekonomiese en geopolitieke toekoms te maak. In hierdie skerpsinnige ontleding wys JP Landman hoe ’n stil maar ingrypende skuif in wêreldmag reeds besig is om Suid-Afrika se handelsverhoudings, nywerhede en strategiese ruimte te herteken — van China se tariefvrye toegang tot Afrikagoedere tot Amerika se toenemende druk en tariewe. Waarheen beweeg Suid-Afrika nou werklik? En wat beteken dit vir ons ekonomie, soewereiniteit en plek in die wêreld? Hierdie is ’n stuk wat help om die groter prentjie te verstaan.

VSA, China, SA – Quo vadis?

Te midde van oorlog, versplintering van geopolitiek en toenemende globale spanning het die nuwe Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika 'n paar verbale missiele afgevuur tydens sy eerste openbare verskyning in die land. Terselfdertyd het die Chinese president, Xi Jinping, 'n laeprofiel-aankondiging gemaak wat Suid-Afrika ingrypend kan raak.

Om hierdie uitsprake na waarde te beoordeel moet ons eers 'n tree terug gee. Ongeveer 14 jaar gelede, in 2012, het die Nasionale Beplanningskommissie, toe onder voorsitterskap van Trevor Manuel, die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) bekend gestel. Oor buitelandse betrekkinge het die NOP gepostuleer dat mag van die Weste na die Ooste verskuif en dat Suid-Afrika homself dienooreenkomstig moet posisioneer. Dit het beteken om verhoudings met die oue te handhaaf en terselfdertyd verhoudings met die nuwe te bou.

Oor die dekade en 'n half sedertdien het Suid-Afrika se handel daardie trajek gevolg. Nou gaan ongeveer 35% van ons uitvoere na Asië (China, Indië en ander lande in die streek); 25% na die Europese Unie (EU); 25% na Afrika – hoofsaaklik sub-Sahara en primêr die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG)-streek – 8% na Noord-Amerika; 4% na die Midde-Ooste; en 3% na Suid-Amerika en Australasië.

Dit is belangrik om te onthou dat dit nie die regering of 'n sentrale agentskap in een land is wat na 'n ander uitvoer nie. Talle individuele ondernemings, myne, fabrieke, boere, kunsmakers en dies meer besluit individueel om uit te voer.

En die syfers hierbo vertel ons dat die NOP se postulasie in 2012 gematerialiseer het: die "Ooste" het toenemend belangrik geword in ons uitvoermandjie.

China

In Februarie het pres. Xi Jinping van China aangekondig dat uitvoere van alle produkte uit alle Afrika-lande na China vanaf 1 Mei vanjaar tariefvry sal wees (behalwe Eswatini, hulle erken Taiwan). Binne net meer as 'n maand sal sowat 9 840 produklyne uit Suid-Afrika China dus tariefvry kan binnegaan. Tans het Suid-Afrika te doen met tariewe op baie uitvoere na China, sommige tussen 10% en 25%. Dit is 'n uiters belangrike besluit wat baie geleenthede vir Suid-Afrikaanse uitvoerders skep. China is onder geweldige druk om meer van oor die wêreld in te voer, en hierdie besluit mag daarmee verband hou.

Lesers sal ook die aankondiging opgelet het dat Nissan sy fabriek in Suid-Afrika sluit, maar dat die Chinese motormaatskappy Chery die fabriek en personeel sal oorneem.

'n Daaropvolgende aankondiging van die Great Wall Motor Company (GWM) het laat blyk dat hulle ondersoek instel na deelname in die Mercedes-Benz-fabriek in Oos-Londen om hul produkte in Suid-Afrika te vervaardig. Geen ooreenkoms is nog bereik nie, en GWM het gesê hulle praat ook met ander partye. 'n Ou hand in die motorbedryf het my vertel dat sy eerste motor, 'n Alfa, baie jare gelede gekoop, in daardie Mercedes-fabriek vervaardig is. Die deel van produksiegeriewe is nie nuut nie.

Onder die Trump-tariewe is alle motoruitvoere na Amerika onderhewig aan 'n 25%-heffing. Dit moet die lewe moeilik maak vir die C180's wat in Oos-Londen vervaardig word vir uitvoer na die VSA-mark. Om te deel met GWM mag 'n manier wees om die fabriek volhoubaar oop te hou. Vir GWM beteken dit "kapitaalligte" uitbreiding (om die jargon te gebruik).

Verbind hierdie kolletjies, en dit is duidelik in watter rigting ekonomiese betrekkinge met China beweeg.

Verenigde State

Hierdie prentjie staan in skerp kontras met betrekkinge tussen Suid-Afrika en die VSA.

Die Amerikaanse president het 'n vaste, langdurige oortuiging oor tariewe, en hy het dit wêreldwyd teen alle lande, vriend of vyand, ingestel. Hy het vyf regsinstrumente waaronder hy tariewe kan oplê (dalk meer, maar hy het tot dusver vyf gebruik). Die "wedersydse tariewe" wat onder een instrument opgelê is, is onwettig verklaar, maar Trump het onmiddellik tariewe onder ander regsinstrumente gehef.

Selfs lande wat handelooreenkomste met die VSA beding het, moes ingee en tariewe aanvaar. Tariewe sal deel van sy administrasie se beleid bly. Die geskiedenis leer ons ook dat tariewe taai is: eenmaal ingestel, word hulle nie maklik afgeskaf nie. Dit is verstandig om aan te neem dat VSA-tariewe die Trump-tydperk sal oorleef.

Soos die res van die wêreld betaal Suid-Afrika nou 'n algemene tarief van 10%, en op staal, aluminium en motors, 25%. Maar ongeveer die helfte van Suid-Afrika se uitvoere, wat hoofsaaklik minerale en sitrus behels, is vrygestel van tariewe. Trump is duidelik gretig om dié produkte te hê.

Wat hierdie tariewe betref, het Suid-Afrika in Mei verlede jaar 'n konsepooreenkoms met die VSA op die tafel geplaas, toe pres. Ramaphosa die Withuis besoek het. Amerika het 'n paar teenvoorstelle gemaak. Nie veel vordering met onderhandelinge is openbaar berig nie. Parks Tau, minister van handel, nywerheid- en mededinging, het in Januarie in Davos onthul dat Suid-Afrika op datums wag vir 'n vergadering om oor die ooreenkoms te onderhandel. 'n Paar vergaderings is skynbaar nou gereël; ons moet wag en kyk wat sal materialiseer.

Ek sal nie my asem ophou nie. Ongelukkig het die "Afrikanervolksmoord"-narratief VSA-beleidsdenke oorgeneem. Dit het gelei tot niehandelvoorwaardes wat vir 'n handelsooreenkoms gestel word. Dít hou verband met onteiening, plaasmoorde, BSEB, die "Kill the boer"-lied en geopolitiese belyning. Leo Brent Bozell III, ambassadeurhet dit duidelik gemaak dat aan hierdie eise voldoen moet word. Aan die ander kant sal dit vir die Suid-Afrikaanse regering baie moeilik wees om saam te stem. Dit lyk meer na 'n dooiepunt as 'n ooreenkoms.

Wat van Agoa?

Die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) het in September 2025 verval en is in Februarie hernu, maar slegs tot die einde van 2026. Die oplegging van verskeie (wettige) tariewe neem in elk geval voorrang bo Agoa. Vir alle praktiese doeleindes is Agoa irrelevant vir handelsbetrekkinge ná 2026.

Intussen …

Die lewe gaan aan.

Meer as 500 Amerikaanse maatskappye is bedrywing in Suid-Afrika. Vermoedelik sou hulle nie hier wees as hulle nie baat gevind het nie. Meer belê. Hierdie drie is onlangse voorbeelde:

Net verlede week het Spinnaker aangekondig dat hulle in vennootskap met Patrice Motsepe se ARC 'n kantoor in Suid-Afrika oopmaak.

'n Amerikaanse maatskappy doen laboratoriumtoetse by Mintek in Randburg om seldsame aardminerale in Phalaborwa te ontgin.

Amazon, in direkte mededinging met Starlink, maak gereed om sy lae-aardbaan (LEO)-satellietdiens later vanjaar in Suid-Afrika deur plaaslike, gelisensieerde vennote te loods.

Soos in die geval van uitvoere, neem individuele maatskappye besluite wat vir hulle werk.

SA–EU

Dit val buite die bestek van hierdie nota, maar dit is die moeite werd om kortliks te wys op die uitbreidende verhouding tussen Suid-Afrika en die EU.

Meer as 1 000 EU- en Britse maatskappye is bedrywig in Suid-Afrika. In 2025 het Suid-Afrika en die EU drie ooreenkomste onderteken oor 'n skoonhandel-en-beleggingsvennootskap, oor noodsaaklike minerale en oor beleggingsprojekte ter waarde van sowat €12 miljard (billion), waarvan sommige by die G20-beraad in November onderteken is.

Dus, wat verder?

Die antwoord op die "Quo vadis"-vraag is dat 'n herposisionering aan die afspeel is.

Die oorlog in die Midde-Ooste maak dit duidelik hoe belangrik dit is om te diversifiseer en veerkragtigheid te bou.

Die kontras tussen die benaderings deur die VSA en China teenoor Suid-Afrika is opvallend, asook die uitbreidende verhouding met die EU.

Dit is gepas vir Suid-Afrika om nouer betrekkinge met die VSA na te streef. Dit is steeds 'n belangrike handels- en beleggingsvennoot, maar nie ten koste van soewereiniteit of die polities onmoontlike nie.

Amerika (en sy Maga-ondersteuners in Suid-Afrika) sal moet aanvaar dat probleme in Suid-Afrika deur die mense en instellings van hierdie land opgelos sal word, hetsy deur die howe of politieke onderhandeling – nie deur eksterne diktat nie.

Die 2012 NOP-voorspelling van magverskuiwing is aan die materialiseer, massief beklemtoon deur die huidige globale versplintering.

Stuur Boodskap

Kontak JP Landman direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek