Meestal programmeerder, soms trauma berader.
Ek het Bruin, Swart en Indiër kennisse en vriende wat my vertel van hul pyn, frustrasie en vrees vir hul eie, en hul kinders se menswees. En hoe hul woede al meer en meer raak.
Ek het wit vriende met mooi harte wat oortuig is dat Suid-Afrika se verlede agter ons is en dat die antwoord vir ons uitdagings lê in aanbeweeg.
Iewers in hierdie spanning hoop en werk ek vir 'n Suid-Afrika waar ons almal kan tuis kom en waarlik behoort. Met die wete dat ons nog nie naby daaraan is nie.
Kontak Helène Smit direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.